About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 89
|
|
S v Khumalo (CA & R 180/04) [2004] ZANCHC 89 (12 November 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:CA
& R 180/04
Datum
verhoor: 2004-11-11
Datum
gelewer: 2004-11-12
In
die appél van
:
LONDEN
KHUMALO APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
MUSI
WnR
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
appellant kom in hoër beroep teen sy skuldigbevinding op aanklagte
van verkragting en van aanranding met die opset om ernstig
te beseer
waarvoor hy gevangenisstraf van onderskeidelik twaalf jaar en drie
jaar opgelê is. Dit was gelas deur die verhoorhof
dat die drie
jaar gevangenisstraf op aanklag 2 samelopend uitgedien word met die
vonnis op aanklag 1, met die gevolg dat die
appellant
effektiewelik twaalf jaar gevangenisstraf opgelê is.
Namens
die appellant het Mnr. Cloete in sy betoogshoofde toegegee dat daar
absoluut geen meriete in die appél is nie. Dit is gevolglik
nie
nodig om in groot besonderhede te handel met die feite hierin nie.
Op aanklag 1 (verkragting) was dit die appellant ten
laste gelê
dat hy die klaagster, Sophie Rooibaadjie, verkrag het op 13 Desember
1998 by die Kimberley asgate. Op aanklag 2 was
dit die appellant
ten laste gelê dat hy op dieselfde dag en by dieselfde plek die
klaagster se mansvriend, Donovan Greeff, aangerand
het met die opset
om hom ernstig te beseer deur hom met ân mes te steek.
Die
klaagster op aanklag 1 sowel as die klaer op aanklag 2 het
getuienis afgelê namens die Staat. Volgens die klaagster is
die
appellant bekend aan haar en was hy op die dag van die voorval ook
by die asgate. Hy het op ân stadium kom water vra en
is toe weg
van haar en van haar kêrel Donovan Greeff af. Op ân stadium het
die appellant teruggekeer en vir Donovan gesê dat
hy lus is vir
omgang en het hy onwelvoeglike taal gebruik. Hy het toe vir Donovan
ân aanduiding gegee dat daar niemand is waarmee
hy omgang kan hê
nie en het die appellant ân voorstel gemaak, weereens in
onwelvoeglike taal, dat Donovan vir die klaagster
beskikbaar stel
aan hom sodat hy met haar gemeenskap kan hê. Donovan het toe die
appellant tereggewys op sy taalgebruik en het
hy dit ook in geen
onsekere terme aan hom oorgedra dat hy glad nie daartoe sal toestem
dat die appellant met die klaagster gemeenskap
het nie. ân
Struweling het tussen hulle ontstaan en die appellant het vir
Donovan twee keer met ân mes gesteek. Donovan het
daar
weggehardloop en die appellant het die klaagster gedwing om saam met
hom te stap die veld in. Hy het deurgaans die mes in
sy hand gehad
waarmee hy haar gedreig het. In die veld het die appellant haar
gelas om haar klere uit te trek, wat sy gedoen het.
Die appellant
het daarna teen haar sin met haar gemeenskap gehad. Hy het haar ook
gedwing om sy penis, wat bloederig was, te
lek. Sy het getuig dat
hy haar daarna beveel het om vooroor te buk, waarna hy weer met haar
gemeenskap in dié posisie van agter
gehad het. Op ân stadium het
sy daarin geslaag om weg te hardloop en het sy ân verbyganger
versoek om die polisie te laat
kom.
Die
klaer op aanklag 2, Donovan Greeff, bevestig in breë trekke die
eerste deel van die weergawe voorgehou deur die klaagster in
aanklag 1, Sophie Rooibaadjie, met ander woorde tot by die punt
waar hy, volgens haar weergawe, weggehardloop het nadat die
appellant hom met die mes gesteek het. Hy het ook die klaagster se
getuienis gestaaf aangaande die onwelvoeglike taal wat die
appellant
daar gebruik het.
Die
appellant, wat onverteenwoordig was, het in kruisondervraging nie
vrae gestel aan dié twee getuies nie. Hy het aan die klaagster
op
aanklag 1 gestel dat sy met hom gemeenskap gehad het met haar
toestemming en sy het dit heftig ontken. Ten aansien van
aanklag 2
het hy dit aan Mnr. Greeff gestel dat hulle twee in ân geveg
betrokke was en het hy ontken dat hy die klaer met ân
mes gesteek
het.
Ten
spyte van die sterk
prima
facie
-saak
teen hom het die appellant verkies om nie getuienis af te lê nie en
het hy ook geen getuies geroep nie. Sy regte in dié
verband is
deeglik aan hom verduidelik en het die landdros inteendeel navraag
gedoen by die appellant of hy sy regte deeglik in
dié verband
verstaan, waarop die appellant bevestigend geantwoord het. Dit het
natuurlik tot die gevolg dat die Staat se
prima
facie
saak onweerspreek staan. By gebrek aan enige antwoord daarop, word
dié
prima
facie
bewys natuurlik afdoende bewys. Sien in die verband:
S
v Brown en ân ander
1996(2) SASV 49 (NK) te 65 f-g.
In
die omstandighede dus is ek die mening toegedaan dat die
skuldigbevinding van die appellant op die twee aanklagte regtens in
orde is en het Mnr. Cloete namens die appellant tereg na my mening
toegegee dat daar geen meriete in hierdie appél is nie.
Die
appellant se appél word afgewys. Die appellant se
skuldigbevindings en vonnisse word bekragtig.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CJ
MUSI
WAARNEMENDE
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV PJ CLOETE (Regshulpsentrum)
NAMENS RESPONDENT :
DATUM VAN VERHOOR : 2004-11-11
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-11-11