Van Wyk v GWK Beperk (437/2004) [2004] ZANCHC 90 (11 November 2004)

45 Reportability

Brief Summary

Employment Law — Variation of Employment Contract — Applicant, an insurance manager, sought specific performance of an agreement for a fixed monthly salary and commission. Respondent contended that it had the right to unilaterally alter the applicant's remuneration structure under clause 22.1 of the employment policy. The core issue was whether the respondent's unilateral modification of the applicant's compensation was valid. The court held that the applicant failed to establish that the respondent's reliance on clause 22.1 was unjustified, thus dismissing the application for specific performance.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 90
|

|

Van Wyk v GWK Beperk (437/2004) [2004] ZANCHC 90 (11 November 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: 437/2004
Datum
Verhoor: 2004-10-22
Datum
Gelewer: 2004-11-05
In
die saak van
:
FRANS
HENDRIK VAN WYK EISER
versus
G
W K BEPERK VERWEERDER
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
1.1 Die
applikant vra die volgende regshulp aan by wyse van mosieprosedure:
“
Dat
die
respondent
gelas
word om met ingang van 5 Maart 2004 applikant te vergoed
ooreenkomstig die bepalings van Aanhangsels â€œA” en “B”
tot die funderende beëdigde verklaring asook die mondelingse
ooreenkomste van April 1997 en Junie 1998 ingevolge waarvan applikant
‘n vaste maandelikse salaris van R13 957 .00 asook
kommissie van 16% op oesversekering en 20% op korttermynversekering
ontvang.”
1.2 Daar
word ook ‘n kostebevel aangevra en die gewone allesomvattende
“verdere en/of alternatiewe regshulp”.
1.3 Die
respondent bestry die aansoek.
2. Die
feite hierin is redelik eenvoudig en kan bondig as volg uiteengesit
word op die basis dat hierdie feite gemene saak is of ten
minste nie
ernstig in geskil geplaas is deur die respondent nie:
2.1 Die
applikant is in diens van die respondent as ‘n
versekeringsbestuurder en werk alreeds sedert 1983 daar (aanvanklik
by respondent
se voorganger in titel – Griekwaland Wes Koöperasie).
2.2 Gedurende
1997 is daar mondelings ooreengekom tussen die partye dat applikant,
bo en behalwe sy maandelikse salaris, kommissie
sou verdien teen 16%
op alle versekeringskontrakte, maar die kommissie is later skriftelik
gewysig na 16% op alle oesversekeringskontrakte
en 20% op alle
korttermynversekeringskontrakte. Die voormelde vaste maandelikse
salaris was inderwaarheid eintlik maar ‘n voorskot
op die applikant
se kommissieverdienste elke maand. Die mondelinge ooreenkoms is
later beliggaam in ‘n skriftelike diensooreenkoms
wat saam met die
bepalings vervat in respondent se personeelbeleid gelees moet word.
2.3 Gedurende
Februarie 2004 het die respondent aan die applikant laat blyk dat hy
van voorneme is om die applikant se vergoedingstruktuur
te wysig na
‘n vaste salaris as vergoeding en is die applikant se vaste salaris
eers op R300 000.00 en toe op R330 000.00
per jaar
vasgestel deur die respondent.
2.4 Die
applikant beskou die voormelde wysiging van sy vergoedingstruktuur as
‘n aanbod, welke vir hom onaanvaarbaar is, terwyl
die respondent
aan die ander kant hom daarop beroep dat klousule 22.1 van die
diensvoorwaardes hom magtig om eensydiglik die applikant
se
vergoedingstruktuur te wysig. Die applikant betwis dat die klousule
die respondent sodanig magtig.
Soos
blyk uit paragraaf 2.4 hierbo, is die kerngeskilpunt tussen die
partye die respondent se eensydige wysiging van applikant se
vergoedingstruktuur en die vraag of klousule 22.1 van die
diensvoorwaardes dié optrede van die respondent magtig.
Namens
die respondent het Mnr. Freund aan die hand gedoen dat die regshulp
aangevra deur die applikant, soos weergegee in par. 1
hierbo,
in die aard van ‘n gebiedende interdik en verklarende bevel is.
Na my mening is dit eerder ‘n gebiedende interdik
ten einde
spesifieke nakoming van ‘n ooreenkoms af te dwing.
Dit
is uiteraard hoogs ongewoon dat waar regshulp vir spesifieke
nakoming van ‘n ooreenkoms gevorder word, soos hier,
mosieprosedure
aangewend word. Dit sou myns insiens slegs kon
geskied waar hoegenaamd geen feitegeskille op ‘n wesenlike
aspek/te in die vooruitsig
gestel word deur ‘n litigant nie.
Dit
is verder korrek, soos wat Mnr. Freund betoog het, dat
eedsverklarings in mosieprosedure beide die pleitstukke en getuienis
daarstel. ‘n Applikant se eisoorsaak(e) en die getuienis ter
ondersteuning daarvan moet derhalwe duidelik blyk uit sy
eedsverklarings;
sien:
Radebe
and others v Eastern Transvaal Development Board
1988(2) SA 785 (A) te 793 C-F;
Die
Dros (Pty) Ltd and another v Telefon Beverages CC and others
2003(4) SA 207 (K) te 217 B-C.
Mnr.
Freund het versoek dat die aansoek van die hand gewys word omrede
die applikant nie die saak wat hy gevoer het in argument,
enigsins
uitgemaak het in sy stukke nie. Hierdie is ‘n belangrike aspek
wat glad nie aangespreek is in die advokate se betoogshoofde
nie,
aangesien Mnr. Freund sy aanvanklike betoogshoofde opgestel het
voordat hy dié van Mnr. Danzfuss wat vir die applikant
verskyn,
onder oë gehad het. Ek het gevolglik ná die aanhoor van betoë
die advokate versoek om aanvullende betoogshoofde aangaande
hierdie
aspek af te lewer, wat hulle toe gedoen het.
8.1 In
Academy
of Learning (Pty) Ltd v Hancock and others
2001(1) SA 941 (K) te 955 H het Brand R (soos hy toe was)
as volg verklaar aangaande hierdie aspek:
“
In motion
proceedings the affidavits serve not only to place evidence before
the Court but also to define the issues between the parties.
A party
to motion proceedings is therefore required to define the relevant
issues and, if the onus regarding such issues should
rest upon it, to
set out the evidence upon which it relies to discharge such onus.”
8.2 Regsargument
wat voortvloei uit die stukke self mag uiteraard voorgehou word deur
‘n party, met die belangrike voorbehoud dat
die teenparty nie
daardeur benadeel moet word nie.
Vgl:
Minister
van Wet en Orde v Matshoba
1990(1) SA 280 (A) te 285 E-G:
“
Hierdie Hof het
al dikwels beslis dat ‘n regspunt wat nie pertinent in ‘n
appellant se aansoek geopper word nie maar wel uit die
bewese feite
ontstaan, deur die Hof oorweeg mag word en die basis van sy uitspraak
vorm ..... Hierdie beginsel word egter gekwalifiseer
deur die
voorbehoud dat die Hof alleen so kan optree as daar geen onbillikheid
teenoor die respondent geskied nie.”
Sien
ook:
Acadamy
of Learning (Pty) Ltd v Hancock and others
,
supra
te 956 A-C.
8.3 ‘n
Belangrike faktor wat oorweging verg by hierdie aspek is die kwessie
van die bewyslas. In sy betoog het Mnr. Danzfuss aan
die hand gedoen
dat die respondent die bewyslas dra om te bewys dat hy by magte is om
die partye se ooreenkoms te wysig uit hoofde
van klousule 22.1 se
bepalings. Hierdie betoog gaan nie op nie. Dit is immers nou al
geykte reg dat ‘n party die kontrak waarop
hy steun moet bewys en
ook die bepalings daarvan. Waar die teenparty ‘n bykomende
bepaling of ‘n wysiging tot die ooreenkoms
opwerp as verweer, rus
die bewyslas steeds op die eersvermelde party – al sou dit behels
dat hy ‘n negatief moet bewys; sien:
Topaz
Kitchens (Pty) Ltd v Naboom Spa (Edms) Bpk
1976 (3) SA 470 (A) te 474 A;
Stock
& Stocks (Pty) Ltd v TJ Daly & Sons (Pty) Ltd
1979(3)
SA 754 (A) te 765 A-G.
Aan
die hand van die voormelde regsbeginsels moet die applikant se
funderende en repliserende eedsverklarings nou van nader beskou
word
ten einde te probeer vasstel of daar meriete in Mnr. Freund se
betoog is, naamlik dat die applikant nie die saak wat hy tydens
argument gevoer het, uitgemaak het op sy stukke nie.
10.1 In
sy vestigende eedsverklaring voer die applikant aan dat hy kragtens
‘n ooreenkoms met die respondent ‘n inkomste ontvang
het
“bestaande uit ‘n vaste komponent asook kommissie”. In
dieselfde asem egter word aangevoer dat dié voormelde ooreenkoms
beliggaam is in twee dokumente, te wete die skriftelike kontrak en
die respondent se personeelbeleid, onderskeidelik aanhangsels
“A”
en “B” tot die vermelde vestigende eedsverklaring. Die
skriftelike kontrak bevat die volgende bepaling ten aansien van
die
applikant se vergoeding:
“
9. Tot
ale
pakket per jaar: R145 059.98
Vergoeding geskied op ‘n pakket
stelsel wat werknemers ‘n keuse bied om hul pakkette self te
struktureer. Alle werkgewerbydraes
word op ‘n salarisprysgawe
basis gedoen”
Klousule
3.8.1 van die personeelbeleid lê die beginsel van kommissie as
vergoeding neer as volg:
“
Alle
werknemers wat op ‘n kommissie basis vergoed word ontvang ‘n
minimum gewaarborgde pakket gelyk aan die markwaarde (mediaan
minus
5%) minus 40% van die spesifieke posgraad. Alle voordele word op
hierdie bedrag bereken.
Kommissie
word slegs ontvang nadat die minimum pakket ten volle gediens is.
Die persentasie kommissie verdienste wissel na gelang van
omstandighede tussen 15% en 70% van die netto kommissie onkoste van
GWK
wat deur die werknemer gerealiseer is, minus alle direkte kostes
wat pakketvergoeding insluit.
Individuele
ooreenkomste word ...... binne bogenoemde beginsels met elke
werknemer aangegaan.
(Die
beklemtoning is my eie).
10.2 Ek
wys nou alreeds daarop dat:
(a) Applikant
nie “’n vaste maandelikse salaris ..... asook kommissie ...”
verdien het kragtens die dokumente waarop hy self
steun in sy
vestigende eedsverklaring nie (vergelyk daarenteen die aan-gevraagde
regshulp wat ek kripties aangehaal het en wat meer
volledig verskyn
in paragraaf 1 van hierdie uitspraak).
(b) Daar
nêrens sprake is in applikant se vestigende eedsverklaring dat daar
bykomende mondelinge ooreenkomste buite om die voormelde
aanhangsels
“A” en “B” was waarvolgens die applikant geregtig sou wees op
kommissie plus vaste salaris nie.
10.3 Die
probleem wat nou ontstaan uit hoofde van wat in paragrawe 10.1 en
10.2 hierbo uiteengesit is, is dat die submissies wat Mnr.
Danzfuss
gemaak het aangaande applikant se kommissie betaling, nie vervat is
in die stukke of dan ten minste nie strook met dít
wat in die
vestigende eedsverklarings aangevoer word nie. Mnr. Danzfuss steun
juis in sy betoog op ‘n mondelingse ooreenkoms aangaande
kommissie
wat buite aanhangsels “A” en “B” gesluit is.
10.4 In
sy betoogshoofde het Mnr. Danzfuss onder andere die punt geneem dat
die “gepoogde” wysiging van die ooreenkoms deur die
respondent
nie geldig is nie – ‘n mens soek egter tevergeefs in die
vestigende eedsverklaring na feitelike beweringe wat dié
submissie
ondersteun. Ek is dit eens met Mnr. Freund dat die applikant, toe hy
besluit het om by wyse van mosie prosedure te litigeer
hierin,
deeglik bewus was daarvan dat respondent hom sou beroep op die
bepalings vervat in klousule 22.1 van die diensooreenkoms
vir sy
optrede. Inteendeel, die applikant heg by sy vestigende
eedsverklaring aan as aanhangsel “D” ‘n skrywe van die
respondent
gedateer 13/2/2004 wat pertinent verwys na klousule 22.1
as basis vir die wysiging van sy vergoedingstruktuur. Die applikant
se
aansoek is uitgereik deur die Griffier op 22/4/2004. Boonop maak
Mnr. Danzfuss self die punt in sy betoogshoofde dat die respondent
van meet af aan, nog voordat die aplikant sy aansoek gebring het,
gesteun het op die bepalings verval in klousule 22.1. Daar is
dus
geen goeie rede waarom die vestigende eedsverklaring swyg
hieraangaande nie.
10.5 Op
dieselfde basis kan verwys word na Mnr. Danzfuss se betoë aangaande:
(a) die
feit dat klousule 22.1 nietig is – hierdie is as ‘n alternatiewe
argument aangevoer. Nêrens word ‘n grondslag hiervoor
gelê in
die eedsverklaring nie. Vir soverre dit aangevoer is dat hierdie ‘n
suiwer regsargument is wat blyk uit die klousule
self, is ek dit eens
met Mnr. Freund dat die respondent beslis hierdeur benadeel sal word.
Indien ek byvoorbeeld die applikant op
hierdie argument gelyk sou
gee, sou dit beteken dat die respondent, sonder dat hy hoegenaamd
vooraf daarop attent gemaak is sodat
hy volledig daarop kan reageer
in sy antwoordende stukke, ‘n finale bevel teen hom sal hê.
Hierdie is duidelik een van daardie
gevalle wat vierkantig ressorteer
onder die voorbehoud voorgehou in die
Matshoba-
en
Academy
of Learning
-sake,
supra
.
(b) ‘n
Verdere argument wat voorgehou is is dat kommissie nie ‘n voordeel
is nie. Die konteks waarin dié submissie gemaak is,
is as
volg:
Klousule 22.1 lees:
“
22.1 Die Raad
hou hom die reg voor om na gelang van omstandighede,
personeelvoorwaardes en –voordele soos uitgespel in die
personeelbeleid,
hierdie dokument en dissiplinêre kode in
heroorweging te neem met die doel om dit na oorleg te wysig met
minimum dertig dae kennisgewing.”
Mnr.
Danzfuss het ‘n aantal arbeidsreg gewysdes aangehaal as gesag
daarvoor dat ‘n kommissie nie ‘n voordeel is soos bedoel
in
klousule 22.1 nie. Die feit van die saak is egter dat hierdie aspek
eweneens nie te berde gebring is in applikant se stukke nie.
Die
kwessie van benadeling kom ook hier te sprake as dit aangevoer sou
word dat hierdie ‘n suiwer regsargument is.
(c) ‘n
Verdere submissie het gegaan oor die vraag of dit inderdaad die Raad
is wat die besluit geneem het. Die posisie aangaande
die gebrek van
só ‘n bewering in die aansoekstukke is presies dieselfde hier.
(d) Verdere
argumente is voorgehou aangaande die betekenis van die woord
“uitspel” in klousule 22.1, die toepassing van die sogenaamde
“
contra
proferentem”
-reël
by die uitleg van klousule 22.1 en die vraag of daar inderdaad
“oorleg gepleeg” was, soos wat klousule 22.1 bepaal. Die
gemene
deler tussen hierdie argumente, soos wat die geval is met dié wat ek
alreeds hierbo bespreek het, is dat dit nie in die eedsverklarings
geopper is nie en dat dit, as moontlike suiwer regsargumente, getref
word deur die benadelings voorbehoud.
Alles
in ag genome is ek die mening toegedaan dat Mnr. Freund gelyk gegee
moet word met sy betoog dat die applikant nie die saak
uitgemaak het
in sy stukke waarop hy steun in betoog nie. ‘n Litigant wat in
omstandighede waar hy deeglik bewus is van wat
die kernfeitegeskille
in voorgenome litigasie gaan wees, tog desnieteenstaande doelbewus
mosie prosedure aanwend, doen so op sy
eie risiko. Dit val my
vreemd op dat die applikant hierdie weg ingeslaan het. Die aansoek
is op die gewone (lang) prosedure gebring,
klaarblyklik omrede daar
geen basis was om dringendheid aan te voer nie – tereg so. Die
applikant het deur sy besluit sy eie
graf gegrawe en op die koop toe
nog verder heeltemal ontoereikende eedsverklarings voor die Hof
geplaas. Na my mening moes die
applikant, ten einde die geskilpunte
hierin behoorlik geventileer te kry, eerder dagvaarding uitgereik
het teen die respondent.
Die
applikant se aansoek word van die hand gewys met koste.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
ADVOKAAT
NAMENS APPLIIKANT : Adv FWA Danzfuss SC
ADVOKAAT
NAMENS RESPONDENT : Adv AJ Freund
PROKUREUR NAMENS
APPLIKANT : Haarhoffs
PROKUREUR
NAMENS RESPONDENT : Hugo Mathewson & Oosthuyzen
DATUM VAN VERHOOR : 22 Oktober
2004
DATUM
VAN UITSPRAAK : 05 November 2004