S v Gnade (CA & R 125/04) [2004] ZANCHC 88 (1 November 2004)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Assault and crimen iniuria — Appellant convicted of assault for using tear gas against complainant and crimen iniuria for derogatory remarks — Appellant claimed self-defense and provocation — Complainants testified to the appellant's aggressive behavior — Court found no merit in the appellant's defenses, affirming the credibility of the complainants and the correctness of the trial magistrate's findings — Appeal against conviction dismissed, convictions and sentences upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 88
|

|

S v Gnade (CA & R 125/04) [2004] ZANCHC 88 (1 November 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
CA & R 125/04
Datum
gelewer: 2004-11-01
In
die appél van
:
JACOBUS
JOHANNES GNÄDE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
WILLIAMS
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
appellant het tereggestaan in die landdroshof op twee aanklagte, te
wete aanranding en
crimen
iniuria
.
Hy is na ‘n verhoor skuldig bevind op beide aanklagte en gevonnis
op die aanrandingsklagte tot R600 of 90 dae gevangenisstraf
wat
voorwaardelik opgeskort is vir vier jaar en op die aanklag van
crimen
iniuria
tot R1500 of 150 dae gevangenisstraf wat eweneens voorwaardelik vir
vier jaar opgeskort is. Die appellant kom nou in hoër beroep
teen
die skuldigbevinding op beide die voormelde aanklagte.
Op
die aanklag van aanranding is van Staatsweë beweer dat die
appellant op 27 Julie 2003 wederregtelik en opsetlik vir die klaer,
Samuel Gzima, aangerand het deur hom te spuit met traangas. Op die
crimen
iniuria
aanklag het die Staat beweer dat op dieselfde datum die appellant
wederregtelik en opsetlik aan die klaer, Vuyisile Williams, gesê
het dat hy ‘n kaffer is met die opset om die klaer in sy eer en
waardigheid aan te tas en waardeur die klaer se eer en waardigheid
aldus aangetas is.
Die
appellant was regsverteenwoordig deur ‘n prokureur en is voorgehou
namens hom tydens pleitverduideliking dat op die aanrandingsklagte
die verweer een van noodweer is omdat die klaer op ‘n dreigende
wyse op die appellant afgestorm het en dat hy genoodsaak was
om ter
selfverdediging met traangas na die klaer te spuit. Op die
crimen
iniuria
aanklag was die appellant se verweer op rekord geplaas dat daar ‘n
oor-en-weer gevloekery tussen hom en die klaer aldaar was.
Hy het
hom ook beroep op die verweer van sogenaamde kompensasie.
Beide
die klaers het getuienis gelewer tydens die Staat se saak. Dit blyk
dat die klaers saam op die betrokke dag aangedoen het
by die
appellant se besigheidsperseel, met die naam van “
Koos
se plek
”
te Van der Kloof. Volgens die getuie, Mnr. Gzima, het hy nadat hy
betaal het vir sy aankope opgemerk dat Mnr. Williams buitekant
hardop lees wat die kafee se naam is, te wete
Koos
se plek
.
Die appellant het toe vir die klaer, Mnr. Williams gesê: “
Ja,
kaffer
.”
Mnr. Gzima het toe, volgens sy getuienis, vir die appellant gevra
waarom het hy nou só gereageer op dit wat Williams buite
gelees
het. Volgens hom het die appellant toe vir hom gevra: “
Soek
jy dit?
”
en het hom toe met traangas in die oë gespuit. Hy en Williams is
daar weg en hulle het albei klagtes by die polisiestasie
gaan lê.
Mnr.
Williams, die klaer op die
crimen
iniuria
aanklag, het hierdie getuienis van Mnr. Gzima in breë trekke
bevestig. Hy het getuig dat alhoewel hy trots voel daarop om ‘n
swart man te wees, hy gekrenk gevoel het deur die toevoeging van die
gewraakte woorde deur die appellant. Dit is na my mening
nie nodig
om in groot besonderhede te handel met Mnr. Williams se getuienis
nie, aangesien dit uiteindelik gemene saak geword het
tydens die
verhoor dat die appellant wel dié woorde teenoor die klaer gebesig
het, alhoewel hy beweer dit in ‘n ander konteks
gesê was.
Die
appellant het self getuig en het bevestig dat die klaer Mnr. Gzima
sekere aankope gedoen het terwyl sy twee vriende, insluitende
die
klaer op die ander klagte, Mnr. Williams, binne-in die winkel
rondbeweeg het. Volgens die appellant was al drie dié mans
uiters
luidrugtig. Nadat Mnr. Gzima betaal het vir die aankope, het Mnr.
Williams vir hom (die appellant) gesê: “
Dankie,
Koos hotnot
”.
Volgens die appellant het hy hom hieroor bloedig vererg en het hy
sondermeer uit woede en frustrasie die klaer, Mnr. Williams,
toegesnou met die woorde: “
Ja
kaffer
”.
Hy het verder getuig dat die drie mans uit die winkel beweeg het en
het een van hulle (klaarblyklik die klaer, Mnr. Gzima)
dadelik
teruggedraai met ‘n dreigende houding en het die appellant ter
selfverdediging traangas in die klaer se oë gespuit.
Die appellant
het verder getuig dat hy 66 jaar oud is.
Namens
die verdediging is ook die getuienis voorgehou van Me Dehard. Sy
het getuig dat sy op die betrokke dag stilgehou het by
die appellant
se kafee, want haar kind wou roomys gaan koop. Daar het twee swart
mans by die kafee uitgekom wat gelag en gesels
het met mekaar –
hulle het glad nie ongelukkig gelyk nie volgens haar. Kort na hulle
het ‘n langerige swart man ook uitgekom
by die kafee. Hierdie man
het teruggedraai asof hy weer die kafee wil binne-gaan en haar
dogtertjie het onmiddellik daarna uitgekom
en gesê: “
Oom
Koos spuit die man met traangas
”.
Sy het toe dadelik vertrek van die toneel, aangesien haar
dogtertjie allergies is vir gas en dies meer.
Namens
die appellant het Mnr. Schreuder uitgebreide submissies gemaak in sy
betoogshoofde aangaande die meriete van die appél teen
skuldigbevinding. Dit gaan grootliks daaroor dat die landdros
gefouteer het deur die verkeerde toets toe te pas by die bepaling
van die bewyslas wat op die Staat rus, dat die landdros gefouteer
het deur die Staatsgetuies as geloofwaardig te aanvaar en laastens
dat die landdros gefouteer het deur die appellant se weergawe as
vals bo redelike twyfel te verwerp.
Dit
is wel so dat die landdros hier gekonfronteer was met twee botsende
weergawes, veral ten aansien van die aanrandingsaanklag.
Wat betref
die skuldigbevinding op
crimen
iniuria
het ek alreeds uitgewys dat dit gemene saak was hierin dat die
appellant inderdaad die gewraakte woorde aan die klaer toegesnou
het. Die enigste geskilpunt is die omstandighede waarin dit geskied
het.
Ek
handel vervolgens eerste met die appél teen die skuldigbevinding op
aanranding. Die beperkte bevoegdhede van ‘n hof van appél
vir
soverre dit geloofwaardigheidsbevindinge aanbetref is welbekend en
behoef geen herhaling hierin nie. Die verhoorlanddros was
in die
baie meer gunstige posisie om self die getuies waar te neem en hulle
geloofwaardigheid te bepaal. Daar is na my mening
geen aanduiding
op die oorkonde dat die geloofwaardigheidsbevindinge wat die
landdros gemaak het foutief of aanvegbaar is nie.
Verder het die
prokureur wat namens die appellant tydens die verhoor verskyn het,
groot gewag gemaak van die verskille tussen
die Staatsgetuies se
viva
voce
getuienis
en hul getuieverklarings aan die polisie. Ek is die mening
toegedaan dat die verhoorlanddros korrek was in sy bevinding
dat dié
afwykings nie wesenlik van aard was nie. Ten minste dui dit daarop
dat daar nie ‘n samespanning was tussen die twee
klaers om hul
weergawes só aan te pas dat dit presies ooreenstem in die
besonderhede daarvan nie.
Die
landdros het die ongelukkige opmerking gemaak in sy uitspraak dat:
“
en
die getuies gesamentlik geneem, is die Staat se weergawe vir die Hof
meer aanvaarbaar en voel die Hof dat die Staat sy saak bo
redelike
twyfel bewys het.”
Mnr.
Schreuder het aan die hand gedoen dat hierdie dui op ‘n oorwig van
waarskynlikhede maatstaf. Dit mag op die oog af so voorkom,
maar
wanneer die res van die uitspraak oorweeg word, is dit baie duidelik
dat die landdros deeglik bewus was van wat die bewysmaatstaf
was en
het hy die betrokke bewysmaatstaf na my mening korrek toegepas. Van
groot belang hierin is dat die weergawe van die appellant
dat die
klaer op aanklag 1, te wete Mnr. Gzima, ‘n dreigende houding
ingeneem het en dat die appellant homself toe moes verdedig,
direk
teenstrydig is met die van sy eie getuie, Mev. Dehard. Op
laasgenoemde se weergawe kan daar geen sprake wees daarvan dat die
klaer ‘n aggressiewe of dreigende houding kon inneem nie, want hy
is met die traangas gespuit nét nadat hy terugbeweeg het in
die
kafee. Verder is dit hoogs onwaarskynlik dat hierdie selfde
aggressiewe aanvaller die hasepad sou kies net nadat hy met traangas
gespuit is.
Ek
is derhalwe die mening toegedaan dat die skuldigbevinding op
aanranding regtens in orde is.
Wat
die
crimen
iniuria
aanklag aanbetref, het die appellant toegegee dat hy die gewraakte
woorde toegevoeg het aan die klaer. Dit is solank gelede as
in 1976
alreeds beslis deur ons howe dat die term “
kaffer”
neerhalend is en dat dit
crimen
iniuria
daar sou stel indien dit gebesig word teen ‘n ander persoon; sien
in die verband:
Ciliza
v Minister of Police and another
1976(4) SA 243 (N) te 247 C-H.
Sien ook:
S
v Steenberg
1991(1) SASV 594 (N) te 597 c-d.
Die
misdryf van
crimen
iniuria
kan ook met
dolus
eventualis
as opsetvorm gepleeg word. Sien
S
v Steenberg
,
supra
,
te 597 e-g.
Die
appellant het sy pleitverduideliking bevestig in sy mondelinge
getuienis, naamlik die sogenaamde “
kompensasie
”
verweer. Hy het, soos alreeds aangedui, beweer dat die klaer,
Mnr. Williams, vir hom gesê het:: “
Dankie
Koos hotnot”
en het hy hom toe die gewraakte woorde toegevoeg. Ek stem met die
verhoorlanddros saam dat dit heeltemal onwaarskynlik is dat
die
klaer vir die appellant “
hotnot”
sou noem, ‘n neerhalende term wat veral in die vorige
apartheidsbedeling gebruik is teenoor sogenaamde kleurlinge (‘n
aspek
wat die appellant toegegee het tydens kruisondervraging),
terwyl die appellant ‘n blanke man is. Die weergawe soos
voorgehou
deur die klaer is eerder meer waarskynlik dat hy bloot die
naam van die plek gelees het as “
Koos
se plek
”
en toe die woorde toegesnou is.
Ek
is derhalwe die mening toegedaan dat die verhoorlanddros die
appellant korrek skuldig bevinding het aan
crimen
iniuria
op aanklag 2.
Bygevolg
word die appellant se appél teen skuldigbevinding afgewys. Die
appellant se skuldigbevindings en vonnisse word bekragtig.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CC
WILLIAMS
REGTER
Namens Appellant : Adv JJ
Schreuder
Namens
Respondent : Adv E Kammies
Datum
van Uitspraak :