About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 39
|
|
S v Antonie (CA&R86 /04) [2004] ZANCHC 39 (1 November 2004)
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R86 /04
DATUM:
-11-2004
In
die Appèl van:
PHILLIP
ANTONIE APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
C C WILLIAMS R: et OLIVIER
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
Die
Appellant is op 7 Oktober 2003 in die Landdroshof te Kimberley
skuldig bevind op ân aanklag van bedrog en gevonnis tot 12 (twaalf)
maande gevangenisstraf wat voorwaardelik opgeskort is vir ân
tydperk van 5(vyf) jaar.
Die
Appellant kom in hoër beroep slegs teen die skuldigbevinding.
Hiermee
saam bring die Appellant eerstens ân aansoek om kondonasie vir die
laat liassering van die Kennisgewing van Appèl sowel
as ân aansoek
om wysiging van die Kennisgewing van Appèl.
Dit
blyk uit die beëdigde verklaring van Prokureur Titus, wat
gepaardgaan met die aansoek om kondonasie en wysiging, dat die
hoofrede
vir die versuim te wyte is aan die prokureur en dat die
Appellant deurgaans begerig was om die appèl voort te sit.
Die
Kennisgewing van Appèl moes voor of op 27 Oktober 2003 geliasseer
word. Die Appellant het sy prokureur op 14 Oktober 2003 opdrag
gegee
om appèl aan te teken, op 20 Oktober 2003 van fondse voorsien en op
27 Oktober 2003 die nodige volmag aan sy prokureur verskaf
om die
appèl voort te sit.
Prokureur
Titus in sy eedsverklaring verduidelik dat hy dit nodig geag het om
eers na die bandopname van die verrigtinge te luister
voor hy die
Kennisgewing van Appèl opgestel het aangesien hy nie self die
verdediging van die Appellant waargeneem het nie. Dit
het blykbaar
nooit gebeur nie as gevolg van die nie beskikbaarheid van ân
bandmasjien op tye toe die prokureur beskikbaar was en
die
nie-beskikbaarheid van die prokureur toe daar wel ân bandmasjien
beskikbaar was.
Hoe
dit ookal sy die Kennisgewing van Appèl en die gronde daarin
uiteengesit is uiteindelik opgestel na aanleiding van konsultasies
met die Appellant en die staatsaanklaer.
DIt
blyk duidelik uit die oorspronklike gronde van appèl dat prokureur
Titus die feite van die saak wesenlik misverstaan het wat
dan ook nou
aanleiding gee tot die aansoek om wysiging van die Kennisgewing van
appèl.
Die
versuim om die Kennisgewing van Appèl te liasseer kan dus nie voor
die Appellant se deur gelê word nie. Hoe dit ookal sy, by
oorweging
van ân aansoek om kondonasie moet ook die vooruitsig op sukses op
appèl oorweeg word.
Die
verhoorhof het die Appellant skuldig bevind aan bedrog deurdat hy ân
eis ingedien het by die Departement Maatskaplike Dienste
(die
Departement) vir reiskoste aangegaan met ân BMW motorvoertuig met
registrasie nommer BWM 426 EC vanaf De Aar na Kimberley,
terwyl hy in
werklikheid nooit met gemelde voertuig vanaf De Aar na Kimberley
gereis het die betrokke dag nie.
Die
hoof geskilpunt tussen die partye is of die Staat bo redelike twyfel
bewys het dat Appellant nie met die betrokke voertuig gereis
het
Kimberley toe vanaf De Aar op 6 Augustus 2002 nie.
Die
feite is kortliks as volg. Die Appellant, ân werknemer by die
Departement moes vanaf De Aar reis na Kimberley om ân vergadering
met amptenare van die Departement by te woon om 10h00 die betrokke
oggend. Die Appellant het ân eis ingedien vir reiskostes aangegaan
met ân BMW voertuig met registrasienommer BWM 426 EC in die bedrag
van R1 412.11. ân Amptenaar van die Departement, ân mnr
Keerns,
het egter gedurende ân breuk in die vergadering vir die Appellant
gesien gesels met sy vrou by ân Polo Playa motorvoertuig,
buite die
Departement se kantore. Keerns, ân getuie in die saak het toe
ondersoek ingestel en uitgevind dat die betrokke BMW voertuig
waarvoor die Appellant reiskostes geëis het, om 09h47 op 6 Augustus
volgemaak is by ân vulstasie te Noupoort en dus nie terselfdertyd
op Kimberley kon wees nie. Die kinkel in die kabel is egter dat daar
betaal is vir die brandstof met ân petrolkaart en die
registrasienommer
van die voertuig op die petrolstrokie is aangeteken
as BMW 426 EC, en nie BWM 426 EC nie.
Namens
die Appellant word daar aangevoer dat die redelike moontlikheid
bestaan dat die voertuig se registrasienommer korrek weergee
is op
die petrolstrokie, en dat dit dus nie dieselfde voertuig is waarmee
Appellant Kimberley toe gereis het nie. Alternatiewelik,
dat daar
ook ân moontlikheid bestaan, soos in die verlede al gebeur het, dat
die kaarttrekmasjien by die betrokke vulstasie stukkend
was op die
dag wat die voertuig wel volgemaak is en dat die transaksie eers ân
paar dae later verwerk is, op 6 Augustus, toe die
masjien herstel is.
Die
Staat se hoofgetuie was ân Mnr. Hermanus, die petroljoggie aan
diens by die vulstasie in Noupoort, die betrokke dag. Sy getuienis
is dat hy die oggend een van Mnr. Nissiotis se voertuie, ân
donkerblou BMW, met registrasienommer BWM 426 EC, volgemaak het. Hy
getuig dat hy die voertuig goed ken, omdat dit die enigste van sy
soort in Noupoort is. Die brandstof is voor betaal met ân
petrolkaart
en hy het, moontlik in sy haas, die registrasienommer
verkeerdelik op die strokie aangebring. Hy getuig ook dat die
masjien die
dag nie stukkend was nie en dat die transaksie dieselfde
dag voltooi is.
Die
Appellant se weergawe is dat hy op 6 Augustus sy huis te De Aar
verlaat het om ongeveer 06:00 om ân vergadering by te woon
in
Kimberley en het ongeveer 09:30 sy bestemming bereik. Die BMW
voertuig waarmee hy gery het was een van ân vloot voertuie wat
behoort aan die Noupoort Christian Care Sentrum (die Sentrum), waar
hy as konsultant gewerk het. Mnr. Nissiotis, die hoof van die
Sentrum, het hom toestemming gegee om die motor te gebruik en hy het
dit alreeds op 5 Augustus afgehaal vir sy reis op 6 Augustus.
Volgens die Appellant het hy sy vrou die oggend by die huis
agtergelaat aangesien sy eers tussen 07:30 en 08:00 begin werk. Haar
werksvoertuig is ân blou Polo Playa. Hy getuig ook dat hy bewus
was daarvan dat sy vrou die dag in Hopetown sou aandoen as deel
van
haar werksverpligtinge en dat hy nie veel meer van haar werkskedule
vir die betrokke dag geweet het nie.
Tydens
ân breuk in die vergadering wat die Appellant te Kimberley bygewoon
het, nog gedurende die oggendure voor 12:00, het hy na
buite gegaan
om te rook toe hy toevalliglik sy vrou se motor (die Polo Playa)
gesien het op die parkeerarea van die Poskantoor en
het toe met haar
gaan gesels. Hy het sy vrou ook dieselfde dag op ân tweede
geleentheid gesien by die NEHAWU kantore en gee toe
dat Keerns hom
wel op een van hierdie twee geleenthede met sy vrou kon sien gesels.
Volgens
die Appellant het sy vrou aan hom gesê dat sy die betrokke dag ook
by haar werkgewer se kantoor te Kimberley moes wees.
Hy ontken dan
ook dat hy en Mev. Antonie saamgereis het Kimberley toe met die Polo
Playa.
Mev.
Antonie het ook getuig en haar weegawe verskil in verskeie aspekte
van dié van die Appellant. Volgens Mev. Antonie het sy die
betrokke
oggend ná sy eers in Hopetown aangedoen het besluit om Kimberley toe
te ry om ân belangrike aangeleentheid met haar ampshoof
te
bespreek. Haar hoof, Mnr. Weiss was egter per vliegtuig Johannesburg
toe en het sy toe slegs hul kantoor te Kimberley besoek.
Gedurende
die etensuur (tussen 13:00 en 14:00) het sy besluit om na die
parkeerarea van die Poskantoor te gaan, aangesien sy geweet
het dat
die vergadering wat haar man bygewoon het, in die Poskantoorgebou
plaasgevind het en sy gehoop het dat hy die gebou sou verlaat
gedurende die etensuur. Sy het hom toe egter nie daar gesien nie en
het eers later, na sy en die Appellant telefonies in verbinding
was,
met hom ontmoet by die NEHAWU kantore. Sy ontken ten sterkste dat sy
vir die Appellant ontmoet het by die parkeerarea van
die Poskantoor
waaroor beide Keerns en die appellant getuig het.
Mnr.
Nissiotis van die Sentrum het ook getuig en in wese is sy getuienis
dat die Appellant vrylik toegang gehad het tot die betrokke
BMW
voertuig. Hy getuig egter dat hy nie bewus was daarvan dat die
Appellant die betrokke dag die voertuig gebruik het nie omdat
hyself
nie op daardie stadium in Noupoort was nie. Volgens hierdie getuie
beskik die sentrum oor een en twintig motorvoertuie, waarvan
vyf BMW
voertuie is. Dit is slegs die betrokke donkerblou BMW wat ân
Oos-Kaapse registrasienommer het. Hy getuig voorts dat
daar omtrent
vier pertrolkaarte is vir die vloot voertuie, en dat enige van die
werknemers van die sentrum dit kon gebruik om die
voertuie vol te
maak.
Die
finansiële sekretaris van die sentrum, ân Mnr. Lindeque is ook
deur die verdediging geroep om te getuig. Hierdie getuie is
in
beheer van die petrolkaarte by die sentrum en die petrolstrokies word
ook by hom ingedien. Hy getuig dat daar met hierdie betrokke
BMW
voertuig nie streng rekord gehou was wat betref kilometerlesings en
magtiging om te gebruik soos die ander motors nie, aangesien
dit een
van Nissiotis se privaat voertuie was en nie ân sentrum motor nie.
Hy
getuig wel dat die kaarttrekmasjien by die vulstasie op tye nie
gewerk het nie, en dan was dit sy plig om toe te sien dat die
brandstof
so gou as moontlik betaal word.
Na
die sluit van die verdedigingsaak het die Hof gevra dat Mnr.
Hermanus, die petroljoggie, teruggeroep word met dokumentêre bewys
daarvan of die masjien die betrokke dag gewerk het of nie.
Die
eienaar van die vulstasie het egter getuig in stede van Hermanus, ân
sekere mnr Vorster. Vorster se getuienis is dat hy die
vulstasie vir
twee jaar besit het op die betrokke stadium en dat die masjien in
daardie tyd net twee keer gebreek het. Hy het dan
so twee of drie
dae later ân nuwe masjien gekry. Die geleenthede wat die masjien
gebreek het was gedurende Februarie 2002 en Julie
2002. Sy getuienis
is dat die masjien in werkende toestand was op 6 Augustus 2002. Hy
getuig ook dat daar nie op die betrokke dag
ân oorskot geld op die
vulstasie se boeke was in vergelyking met die brandstof uitgeneem
nie, soos verwag sou wees indien daar
op 6 Augustus betaal is vir
brandstof wat op ân vorige geleentheid uitgeneem is nie.
Inteendeel, is daar ân tekort van R45,50
die spesifieke dag
aangeteken. Die vulstasie se kontrolelys vir 6 Augustus 2002 waarop
hierdie inligting verskyn, is ingehandig
as ân Bewysstuk.
Wat
betref hierdie been van die appellant se verweer (dit is dat die
brandstof vroeër reeds ingegooi is en eers op 6 Augustus betaal
is,
aldaar die strokie), is daar na my mening dus geen meriete in nie en
het die landdros tereg so bevind.
Die
vraag wat dus oorbly is of daar bo redelike twyfel bewys is dat dit
hierdie spesifieke BMW voertuig waarvoor reiskostes geëis
is, wat
volgemaak is te Noupoort die betrokke oggend.
Namens
die appellant is groot gewag gemaak van die betroubaarheid van
Hermanus as ân enkelgetuie. Sy getuienis staan egter nie
sonder
stawing nie. Hy beweer dat hy ân donkerblou BMW voertuig volgemaak
het wat behoort aan Nissiotis. Die getuienis is dat
Nissiotis ân
donkerblou BMW voertuig het as een van sy privaat voertuie. Die
registrasienommer wat Hermanus op die strokie aangebring
het is een
van ân motor wat in die Oos-Kaap geregistreer is. Nissiotis het
net die spesifieke BMW wat in die Oos-Kaap geregistreer
is. Die
enigste verskil tussen die registrasienommer op die strokie
aangebring en dié van die voertuig waarmee appellant beweer
hy
gereis het, is die letters BMW in stede van BWM. Hermanus se
verduideliking dat hy hierdie letters moontlik in sy haas verkeerdom
afgeskryf het, is na my mening ân heeltemal aanvaarbare
verduideliking.
Die
deurslaggewende faktor, wat my aanbetref, is egter die feit dat die
BMW voertuig wat deur Hermanus volgemaak is se brandstof
betaal is
met ân petrolkaart wat behoort aan die sentrum. Die
waarskynlikheid dat Hermanus die betrokke oggend, te Noupoort, ân
wildvreemde BMW voertuig volgemaak het, wat toevallig ook donkerblou
is en waarvan die registrasienommer amper identies is as dié
waarmee
die appellant sou gery het en boonop betaal is met ân petrolkaart
wat aan die sentrum behoort, is na my mening bykans nul.
Die
enigste redelike afleiding wat gemaak kon word uit die feite, met
inagneming ook van die weersprekings in die getuienis van die
appellant en mev Antonie, is dat die betrokke BMW voertuig waarvoor
die eis vir reiskostes ingedien is, nie in Kimberley kon wees
op die
tye wat die appellant beweer nie, en derhalwe dat die appellant nie
hierdie voertuig bestuur het Kimberley toe nie.
Alles
inaggenome het die staat na my mening sy saak bo redelike twyfel
bewys en is die appellant se weergawe tereg as nie redelik
moontlik
waar, verwerp.
Daar
is myns insiens geen meriete in die appèl teen die skuldigbevinding
nie.
Die
volgende bevel word dus gemaak:
Die
aansoek om kondonasie word van die hand gewys.
____________________
C.C.
WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
______________________
C
J OLIVIER
REGTER
Namens
Appellant : Adv F van Heerden
Namens
Respondent : Adv P S C Calitz
Datum
van verhoor : 23 Augustus 2004
Datum
van uitspraak :