S v Assegaai (KS 51/02) [2004] ZANCHC 87 (29 October 2004)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Burglary — Evidence of fingerprints — Appellant found guilty of burglary and other charges — Appellant's fingerprint found on window of victim's house — State provided expert testimony linking fingerprint to appellant — Appellant's explanation for presence of fingerprint rejected as implausible — Conviction upheld based on strong circumstantial evidence linking appellant to the crime.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 87
|

|

S v Assegaai (KS 51/02) [2004] ZANCHC 87 (29 October 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: KS
51/02
Datum
verhoor: 2004-10-25
Datum
gelewer: 2004-10-29
In
die appél van
:
KAGISO
CECIL ASSEGAAI APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
LACOCK
R
et
OLIVIER
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
appellant is skuldig bevind in die Kalahari Rondgaande Plaaslike
Afdeling van hierdie Hof te Kathu op vier aanklagte te wete
:
a) Aanklag
1: huisbraak met die opset om te steel en diefstal,
b) Aanklag
2: poging tot moord,
c) Aanklag
3: onwettige besit van ‘n vuurwapen, en
d) Aanklag
4: onwettige besit van ammunisie.
Die
appellant is gevonnis op die voormelde aanklagte as volg:
a) Aanklag
1: 2 jaar en ses maande gevangenisstraf,
b) Aanklag
2: 10 jaar gevangenisstraf,
c) Aanklag
3: 2 jaar gevangenisstraf,
d) Aanklag
4: 6 maande gevangenisstraf.
Die
voorsittende regter het gelas dat die vonnisse op aanklagte 3 en 4
samelopend uitgedien moet word. Die appellant kom nou in hoër
beroep teen sy skuldigbevindings soos voormeld.
Op
aanklag 1 het die Staat beweer dat die appellant op 27 April
2001 die woonhuis van ene Landile Mgqola oopgebreek en binnegegaan
het met die opset om te steel en toe ‘n vuurwapen, ‘n 9 mm
Tanfoglio-pistool met reeksnommer ZQ5983 en sekere klere van
die
klaer gesteel het. Ten einde dié ten laste gelegde misdryf te
bewys het die Staat die getuienis gelei van ‘n vingerafdruk
deskundige, te wete inspekteur Shaun Jacobs van die SAPD te Kuruman.
Hy het getuig dat hy ‘n dag na die beweerde inbraak ‘n
vingerafdruk aangetref het op ‘n vensterruit wat ongeveer 1.85 m
bo die vloeroppervlak is, aan die binnekant van die woning
van die
klaer . Inspekteur Fortuin, ook ‘n vingerafdrukdeskundige van die
SAPD, Kuruman, het getuig dat hy die voormelde vingerafdruk
wat
inspekteur Jacobs gelig het, vergelyk het met ‘n stel
vingerafdrukke van die appellant. Hy het sewe punte van
ooreenstemming
gevind tussen dié afdruk en die linker ringvinger
van die appellant. Hy was gevolglik bo redelike twyfel tevrede dat
die vingerafdruk
dié van die appellant is. Dit was gemene saak
tydens die verhoor dat op grond van die getuienis van inspekteur
Jacobs en dié
van inspekteur Fortuin soos voormeld, daar
prima
facie
-bewys
is dat die appellant op een op ander stadium voor 28 April 2001
(d.w.s. toe die afdruk gelig is) toegang tot die klaer se
perseel
verkry het. Die getuienis van inspekteur Jacobs was verder dat die
vensterruit langs dié waar hy die vingerafdruk van
gelig het,
gebreek was. Dit is algemeen aanvaar dat die inbreker toegang tot
die klaer se huis verkry het deur dié betrokke venster.
Ter
weerlegging van hierdie
prima
facie
-bewys,
het die appellant self getuig dat hy by twee of drie geleenthede wel
by die klaer se huis aangedoen het en dat sy vingerafdruk
op ‘n
onskuldige wyse op die vensterruit kon beland het. Hy het ter
stawing die getuienis van sy niggie, Elda Boorman wat destyds
met
die klaer ‘n verhouding gehad het, aangebied. Volgens haar
getuienis was die appellant by drie geleenthede by die klaer
se
woning. Dit is egter baie duidelik uit haar getuienis dat die
appellant op geeneen van dié drie besoeke aan enige van die
vensterruite daar geraak het nie.
Vingerafdrukke
as bewysmateriaal teen ‘n beskuldigde persoon verskaf nie slegs
prima
facie
-getuienis
nie, maar kan heel dikwels ook beslissend wees; Sien:
S
v Van Wyk
1982(2) SA 148 (NK);
S
v Legote en ‘n ander
2001(2) SASV 179 (HHA) te 182 c-d;
S
v Nzimande
2003(1)
SASV 280 (O) te 283 c-f.
Ten
einde te bepaal of sodanige getuienis beslissend is ten aansien van
die bewys van die skuld van ‘n beskuldigde bo redelike twyfel,
word
na veral 2 aspekte gekyk, te wete
(a) die
ligging van en die omstandighede waarin die vingerafdruk aangetref
is, en
(b) die
beskuldigde persoon se verduideliking vir die vingerafdruk se
teenwoordigheid.
In
die onderhawige geval is dit insiggewend dat die vingerafdruk op ‘n
vensterruit wat 1.85 m bo die vloeroppervlak sit, aangetref
is.
Na my mening is dit onteenseglik duidelik dat daar geen manier is hoe
die appellant se vingerafdruk op ‘n onskuldige wyse
daar kon beland
het nie. Na my mening is die appellant se verduideliking heeltemal
tereg deur die verhoorregter verwerp as vals
bo redelike twyfel. Nie
net is die appellant se verduideliking heeltemal teenstrydig met dié
van sy getuie Elda Boorman se getuienis
nie, maar ontbreek dit aan
enige oortuigingskrag, gegewe die ligging van die vingerafdruk.
In
die omstandighede meen ek dat die Staat bo redelike twyfel bewys het
dat die vingerafdruk van die appellant by die vensterruit
aangebring
is toe die appellant by die klaer, Mnr. Mgqola, se woonhuis
ingebreek het op 27 April 2001 en is die verhoorregter
se
bevinding in dié verband heeltemal korrek.
Mnr.
Fourie wat namens die appellant verskyn het, het uiteindelik tydens
mondelinge betoog geredelik toegegee dat hierdie bevinding
beswaarlik aanvegbaar is. Soos ek mettertyd hierin sal aantoon het
die betrokke bevinding, naamlik dat die appellant die persoon
is wat
by die klaer se woonhuis ingebreek het en ondermeer die vuurwapen
waarvan ek reeds melding gemaak het gesteel het, verreikende
implikasies in hierdie appél aangesien dit uiteindelik tot gevolg
het dat die appellant se appél teen sy skuldigbevinding op
die
ander aanklagte heeltemal ontdaan is van enige meriete.
7.1 Op
aanklag 2 het die Staat beweer dat die appellant op 3 Mei 2001 te
Erika Kafee te Olifantshoek gepoog het om ene Mnr. CAJ van
der Linde
(die klaer op aanklag 2) te vermoor deur hom met ‘n vuurwapen te
skiet. Op hierdie aanklag het die klaer self getuig
dat hy op die
betrokke datum en plek genader is deur ‘n voornemende kliënt wat
lekkers wou koop en toe die klaer buk om die lekkers
uit te haal het
hy ‘n ontploffing gehoor en later ontdek dat hy deur sy kakebeen
geskiet is. Hy kon sy aanvaller nie identifiseer
nie, maar het hom
beskryf as ‘n swart man wat ‘n blou oorpakbaadjie aangehad het.
Volgens die klaer het hy agter dié persoon
aangehardloop maar het
dié verdwyn in die straat.
7.2 Inspekteur
Jacobs, na wie ek alreeds hierin verwys het, het na die skietvoorval
die toneel deursoek vir bewysstukke en het afgekom
op ‘n afgevuurde
projektiel binne-in ‘n insekdoder blikkie. Hy het ook foto’s van
die toneel geneem by die klaer se kafee.
7.3 Superintendent
LW Visser, ‘n ballistiese deskundige van die SAPD se forensiese
laboratorium in Pretoria, het getuig dat hy ná
toetse op ‘n
9mm-parabellum kaliber Tanfoglio pistool met reeksnommer ZQ5983 en
die afgevuurde projektiel tot die slotsom gekom
het dat die betrokke
projektiel afgevuur is deur die vuurwapen. Dit is gemene saak dat
die vuurwapen waarna ek so pas verwys het
en wat ingehandig is as
bewysstuk 1 voor die verhoorhof, dieselfde vuurwapen is wat op
27 April 2001 uit die klaer in aanklag 1
se woonhuis
gesteel is na die inbraak deur die appellant.
7.4 Verdere
getuienis op hierdie aanklag is dié van ‘n petroljoggie wat aan
diens was by ‘n vulstasie verder af in die straat
waarin Erika
Kafee geleë is in Olifantshoek, te wete Mnr. Ezekiël Monabe.
Volgens Mnr. Monabe het hy twee persone sien stap gedurende
die aand
van die voorval op ‘n tydstip net na die geraamde tyd wat die klaer
voorgehou het as die skietvoorval. Die twee persone
het op ‘n
stadium binne 25 treë voor Mnr. Monabe verby beweeg en hy het een
van hulle herken as die appellant. Hy ken die appellant
goed omdat
hulle saam skoolgegaan het. Volgens hom het die appellant ‘n blou
oorpak aangehad.
7.5 Die
Staat het ook die getuienis gelei van reservis konstabel Appollis wat
getuig het dat hy gedurende die aand van die voorval
op ‘n stadium
in ‘n polisievoertuig was met sersant Witbooi (wat die bestuurder
van die voertuig was). Hulle was op pad uit vanaf
Olifantshoek op die
nasionale pad in die rigting van Kathu toe hy ongeveer 5 km
buite die dorp ‘n ryloper opgemerk het wat
vir hom voorgekom het
soos die appellant. Nadat hy sersant Witbooi op die man se
teenwoordigheid attent gemaak het en dié die voertuig
teruggedraai
het in ‘n u-draai, het die persoon egter laat spaander en ‘n sak
klere agtergelaat. Die sak is later as gevonde
eiendom ingehandig by
die SAP 13.
7.6 Sersant
Witbooi het die getuienis van Appollis in breë trekke bevestig.
Die
appellant het in sy getuienis as verweer voorgehou op aanklag 2 dat
hy nooit op die datum en tyd vermeld in die akte van beskuldiging
by
die klaer se kafee was nie en het hy ook ontken dat hy die klaer met
‘n vuurwapen geskiet het en sodoende gepoog het om hom
te vermoor.
Indien
die getuienis as ‘n geheel beskou word, is die afleiding
onafwendbaar dat dit inderdaad die appellant is wat die klaer
op die
betrokke datum en plek geskiet het. Hierdie skietvoorval het
plaasgevind net meer as ‘n week na die inbraak by die klaer
op
aanklag 1 se woonhuis waar sy vuurwapen gesteel is. Die
gevonde vuurwapen se afgevuurde projektiel is aangetref op die
perseel waar die klaer op aanklag 2 geskiet is, en word die
appellant verder positief geïdentifiseer deur Mnr. Monabe as een

van die persone wat kort na die skietvoorval by sy werkplek verby
gestap het. Na my mening is hierdie omstandigheidsgetuienis en
Mnr.
Monabe se uitkenning van die appellant absoluut verdoemend teen die
appellant en was hy tereg skuldig bevind op aanklag 2
deur die
verhoorregter.
Wat
aanklagte 3 en 4 aanbetref, hou dit verband met die besit van
bewysstuk 1 voor die Hof, die vuurwapen wat die appellant
uit
die klaer Mnr. Mqgola se huis gesteel het, sowel as ammunisie wat
die appellant onwettig in sy besit gehad het. Behalwe die
voormelde
getuienis wat die appellant inkrimineer ten aansien van die besit
van die vuurwapen is die getuienis deur die Staat gelei
van die
volgende getuies:
a) Tebogo
Eshane - ‘n Lid van die SAPD wat getuig het dat hy gedurende April
2001 die appellant ontmoet het en hulle vriende geword
het waarna die
appellant hom meegedeel het dat hy as soldaat in die weermag ‘n
vuurwapen besit, maar dat hy sy magasyn verloor
het. Hy het toe die
getuie gevra om sy leë magasyn vir hom te leen en het die getuie
daartoe toegestem. Volgens Mnr. Eshane het
sy meisievriend, ene
Dipuo Pule, die appellant vergesel na sy huis om aan die appellant ‘n
leë magasyn te oorhandig.
b) Me
Dipuo Pule - Die meisievriend van die vorige getuie wat bevestig het
dat sy op haar vriend se versoek ‘n magasyn aan die appellant
oorhandig het. Sy het, teenstrydig met Eshane se opdrag soos
voormeld, ‘n magasyn bevattende 4 patrone aan die appellant
oorhandig
omrede laasgenoemde beweer het dat hy met Eshane
ooreengekom het dat hy die patrone ook kan leen.
c) Mapaseka
Kok – Sy het getuienis gelewer dat sy gedurende Mei 2001 die
appellant teëgekom het by ‘n snoepwinkel te Seodin waar
hy haar
versoek het om ‘n vuurwapen vir hom te berg. Sy het geweier.
Later het sy weer die appellant met ene Thabo sien verbyloop
in die
rigting van die veld. Die daaropvolgende Dinsdag het die polisie
haar genader by haar werkplek, ‘n skool, en haar uitgevra
oor die
appellant en die feit dat hy ‘n vuurwapen by haar gelos het. Sy
het ontken dat sy ‘n vuurwapen in haar besit het maar
het aan die
polisie aangedui dat ene Thabo saam met die appellant was en het sy
dan ook Thabo se huis vir die polisie gaan uitwys.
Daarna het Thabo
die polisie vergesel na die veld waar hy ‘n toneel uitgewys het.
Sy self was nie teenwoordig met die uitwysing
nie aangesien sy in die
voertuig bly sit het, maar het opgemerk dat die polisie met ‘n
plastieksak teruggekeer het uit die veld
saam met Thabo. Sy het uit
hul gesprekke verneem dat daar ‘n vuurwapen binne-in die
plastieksak is.
d) Thabo
Setgalemo - dié getuie is ook te Seodin woonagtig en het bevestig
dat die appellant en hy op ‘n stadium vriende geword
het. Hy het
getuig dat hy op ‘n Sondag na 20 Mei 2001 met die appellant ontmoet
het en die appellant in die veld waar ‘n klomp
motorwrakke was ‘n
vuurwapen versteek het. Die vuurwapen was binne-in ‘n
plastieksak. Die polisie het hom daarna genader in
die
teenwoordigheid van Mapaseka Kok, die vorige getuie, en het hy aan
die polisie die vuurwapen uitgewys. Die getuie het aangedui
dat die
vuurwapen wat hy dié dag in die appellant se besit gesien het en wat
hy aan die polisie uitgewys het, soortgelyk is aan
dié een voor die
Hof (bewysstuk 1.)
e) Inspekteur
Mecwi – Hierdie getuie is verbonde aan die SAPD te Mothibistad. Hy
het Kok en Setgamelo se getuienis bevestig dat
laasgenoemde die
ligging van ‘n vuurwapen aan hom en ander polisiebeamptes uitgewys
het. Volgens inspekteur Mecwi was die vuurwapen
saam met vier
patrone, ‘n magasyn asook ‘n holster binne-in ‘n plastieksak.
Hy het die vuurwapen uitgeken as bewysstuk 1
voor die Hof. Die
magasyn wat bewysstuk 2 voor die Hof is, het hy ook uitgeken,
asook die holster, bewysstuk 3 voor die
verhoorhof. Hy het dié
vuurwapen oorhandig aan kaptein Malati. Op 20 Mei 2001 is die
appellant gearresteer en is daar ‘n inskrywing
in dier voege gemaak
in die voorvalleboek. Later is hy teruggeroep na die aanklagkantoor
en is meegedeel deur ene inspekteur Moseki
dat die appellant ontsnap
het vanuit die selle. Die appellant is egter later daardie selfde
dag (20 Mei 2001) weer gearresteer.
f) Inspekteur
Moseki – Hy is ook verbonde aan die SAPD te Mothibistad. Hy was op
20 Mei 2001 aan diens as aflosbevelvoerder. Hy
het bevestig dat die
appellant in aanhouding geplaas is, maar het beweer dat hy nie in die
polisieselle geplaas is nie. Terwyl hy
besig was met die appellant
het dié versoek om ‘n telefoonoproep te maak en het hy daartoe
ingestem. Terwyl die appellant egter
besig was op die telefoon het
daar ‘n oproep ingekom op ‘n ander telefoon wat die getuie gaan
beantwoord het en met sy terugkeer
het dit geblyk dat die appellant
ontsnap het. Hy het aan sy bevelvoerder gerapporteer aangaande
hierdie ontsnapping. Die getuie
het erken dat hy nie die ontsnapping
en herarrestasie van die appellant in die voorvalleboek of die
saakregister aangeteken het nie,
omdat hy bevrees was dat hy
dissiplinêr aangekla sou word vir sy nalate in dié verband.
g) Inspekteur
K. Itumeleng – Hy is verbonde aan die SAPD te Mothibistad. Hy en
ene inspekteur Segano is per polisieradio in kennis
gestel deur
inspekteur Moseki op 20 Mei 2001 dat ‘n verdagte ontsnap het. Hy
het die appellant tussen 4 en 5 namiddag op daardie
selfde dag
gearresteer en hom teruggeneem na die polisiestasie.
h) Mev.
Baikayi – Hierdie getuie woon te Seodin. Sy ken die beskuldigde.
Sy bevestig dat hy by haar huis gearresteer is op 20
Mei 2001, ‘n
Sondagoggend. Net voordat sy na die kerk toe sou gaan om 12 uur het
die polisie daar opgedaag en aan haar rapporteer
dat die appellant
ontsnap het en hulle het haar huis deursoek. Die polisie het weer
die appellant by haar huis gearresteer toe hy
later op dieselfde dag
daar opgedaag het.
Op
die voormelde aanklagte het die appellant ontken dat hy ooit in
besit was van die vuurwapen en ammunisie. Hy het as verweer
verder
voorgehou dat hy op 20 Mei 2001 nie deur die Staatsgetuies wat aldus
getuig het gesien kon gewees het nie, aangesien hy
in aanhouding
verkeer het. Ook hierdie verweer is eweneens tereg deur die
geleerde verhoorregter as vals bo redelike twyfel verwerp,
aangesien
dit duidelik blyk uit die getuienis dat die appellant vir ‘n
tydperk op vrye voet verkeer het op 20 Mei 2001 nadat
hy uit
aanhouding ontsnap het by die polisiestasie. Dit is verder baie
duidelik uit die getuienis op die oorkonde dat verskeie
polisiebeamptes van die SAPD te Mothibistad saamgespan het om die
appellant se ontsnapping en herarrestasie te verbloem, ten einde
hulleself te beskerm. Dit is die rede waarom daar geen inskrywings
in die voorvalleboek of sakeregister aangaande hierdie twee
gebeure
gemaak is nie.
Die
prokureur wat namens die appellant verskyn het by die verhoor het
aansienlike gewag gemaak van hierdie voormelde afwesigheid
van
inskrywings deur aan te voer dat die appellant inderdaad nooit
ontsnap het op dié betrokke dag nie soos wat die appellant
self ook
getuig het. Ek meen dat hierdie aspek wel deeglik verduidelik kan
word aan die hand van die polisie se toesmeerdery
waarna ek alreeds
verwys het.
Wanneer
die getuienis as ‘n geheel beskou word het die Staat bo redelike
twyfel bewys:
a) Dat
die appellant op 27 April 2001 by die klaer op aanklag 1, Mnr. Mgqola
ingebreek het en onder andere ‘n vuurwapen, bewysstuk 1
voor
die verhoorhof, gesteel het.
b) Dat
die appellant op 3 Mei 2001 met die vuurwapen, bewysstuk 1, die
klaer in aanklag 2, Mnr. Van der Linde, probeer vermoor
het deur
hom deur die kakebeen te skiet.
c) Dat
die appellant gedurende die tersaaklike tye in onwettige besit was
van die vuurwapen, bewysstuk 1, en die ammunisie, bewysstuk 2
voor die verhoorhof.
Die
bewyswaarde van omstandigheidsgetuienis is welbekend. In die
leidende beslissing van
R
v Blom
1939 AD 288
te 202-203, het Watermeyer AR na die twee kardinale
reëls van logika verwys wat so welbekend is dat dit nie hierin
herhaling
behoef nie. In die onderhawige geval meen ek dat dit
vasstaan dat die afleiding wat die verhoorhof gemaak het dat die
appellant
die vuurwapen (bewysstuk 1) gesteel het na ‘n
inbraak, toe Mnr. Van der Linde daarmee geskiet het, en aldus in
onwettige
besit was van die vuurwapen sowel as die ammunisie,
heeltemal konsekwent is met die bewese feite. Dit staan na my
mening ook
vas dat die bewese feite alle ander redelike afleidings,
behalwe die een soos voormeld, uitsluit.
Gevolglik
is ek die mening toegedaan dat die Staat die appellant se skuld op
al vier aanklagte bo redelike twyfel bewys het en dat
die
verhoorregter heeltemal korrek was in haar bevinding tot dien
effekte.
Die
appellant se appél teen sy skuldigbevindings word afgewys. Die
appellant se skuldigbevindings en vonnisse word bekragtig.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
HJ
LACOCK
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CJ
OLIVIER
REGTER
NAMENS
APPELLANT : Advokaat T. Fourie
NAMENS
RESPONDENT : Advokaat CF Nekosie
DATUM
VAN VERHOOR : 2004-10-25
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-10-29