About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 86
|
|
S v Chakela and Another (CA & R 9/03) [2004] ZANCHC 86 (21 October 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA
& R 9/03
Datum
verhoor: 2004-10-21
Datum
gelewer: 2004-10-21
In
die appél van
:
WILLIAM
CHAKELA EERSTE APPELLANT
ZONISELE
SILWANYANA TWEEDE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
MUSI
WnR
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
appellante kom in hoër beroep teen hul skuldigbevindings en
vonnisse. Hulle is skuldig bevind aan roof met verswarende
omstandighede
en is beide gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf.
Namens
die appellante het Mnr. Fourie in sy hoofde van betoog aangedui dat
hy na deurgaan van die oorkonde die mening toegedaan
is dat daar
geen meriete in die appél teen skuldigbevinding en vonnis is nie.
Dit is na my mening derhalwe nie nodig om in groot
besonderhede met
die meriete van die appél te handel in hierdie uitspraak nie.
Die
appellante se skuldigbevindings spruit uit ân voorval op 9 Oktober
1999 by ân besigheid met die naam van
Mimosa
Juice Den
waar die eienaar daarvan, ene Mnr. Faizal Wookey (hierna verwys as
die
klaer
)
gedreig is met ân mes, rondgestamp is deur die appellante en van 2
pakkies
Rothmans
sigarette ter waarde van R15.00 en kontant van R100.00 beroof is.
Die
vernaamste getuies namens die Staat was die klaer self sowel as sy
assistent, Mnr. David Mpolokeng. Hierdie twee getuies se
weergawes
het in breë trekke ooreengestem, alhoewel daar merkbare en
beduidende verskille tussen die twee weergawes was. Volgens
hulle
het die twee appellante, wat aan beide van hulle bekend is, op die
dag van die voorval die besigheidsperseel binnegekom waarna
die
eerste appellant die klaer vir geld gevra het en toe dié aangedui
het dat hy nie geld het nie, het beide appellante ân dreigende
houding ingeneem. Volgens die klaer het die tweede appellant ân
mes te voorskyn gebring waarmee hy die klaer gedreig het. Daarna
het die eerste appellant die sigarette en kontant geneem en die twee
appellante het die winkelperseel verlaat. Volgens die getuienis
is
die appellante kort daarna terug en was hulle selfs meer aggressief
as vroeër en het hulle by die tweede geleentheid weer ân
dreigende houding ingeneem en nog kontant geneem daar.
Die
appellante se verweer was dat hulle sekere werk verrig het vir die
klaer, te wete dat hulle grond gaan laai het by ten minste
drie
geleenthede, terwyl hulle nie daarvoor vergoed was nie. Volgens
hulle het hulle op die dag van die voorval die klaer gevra
vir
vergoeding en het hy aan hulle die sigarette en die kontant
oorhandig as vergoeding.
Die
appellante was regsverteenwoordig deur ân prokureur (klaarblyklik
van die regshulpsentrum). Dit blyk baie duidelik uit die
oorkonde
dat dié prokureur uiters onbeholpe en onervare was en het sy in
verskeie opsigte op onbekwame wyse te werk gegaan met
die voorhou
van die appellante se verweer in die hof
a
quo
.
So het dit by meerdere geleenthede gebeur, veral tydens die stadium
toe die appellante getuienis afgelê het, dat die prokureur
op
rekord moes plaas dat sy stellings óf verkeerdelik gemaak het, óf
op onvoldoende wyse voorgehou het aan die staatsgetuies
in
kruisondervraging. Die belangrikste van hierdie betrokke aspek is
die feit dat die prokureur vreemd genoeg dit nooit duidelik
gestel
het tydens kruisondervraging aan die staatsgetuies, veral aan die
klaer, dat die grond wat die appellante na bewering vir
die klaer
sou gaan laai het, inderdaad diamantdraende gruis was wat op
onwettige wyse by ân De Beers mynhoop opgelaai is en by
die klaer
se huis in
Homestead
afgelaai is. Ek wys daarop dat die klaer se besigheidsperseel waar
hy beroof is geleë is in
Galeshewe
woonbuurt. Hierdie was uiteraard ân verbasende en feitlik
onverskoonbare nalate aan die kant van die prokureur en het dit
daartoe
gelei dat die klaer sowel as sy wederhelf teruggeroep is om
getuienis daaraangaande te kom aflê tydens die verhoor. Die
verdediging
is ook ân geleentheid gebied om verdere getuienis ter
weerlegging af te lê en is ene Ernest Kaptein geroep om getuienis
af te
lê. Die verhoorlanddros het heeltemal tereg die prokureur
ernstig vermaan aangaande hierdie en ander nalates aan haar kant.
Die
landdros het ân weldeurdagte uitspraak gelewer. Hy het kennis
geneem van die verskille tussen die getuienis van die klaer
en die
staatsgetuie David Mpolokeng. Volgens die getuienis was beide
hierdie twee getuies aanwesig tydens die rooftog. Hulle
weergawes
verskil egter beduidend van mekaar in sekere belangrike opsigte,
byvoorbeeld die feit dat David Mpolokeng nooit ân
mes gesien het
in die besit van enige van die appellante nie, terwyl die klaer
getuig het dat die tweede appellant ân mes tevoorskyn
gebring het
en hom daarmee gedreig het. Die landdros het bevind dat die klaer
ân baie goeie getuie was en het gewys op sy indrukwekkende
voorkoms en gedrag in die getuiebank. Hy het dan ook die klaer se
getuienis aanvaar sonder voorbehoud.
Mnr.
Mpolokeng aan die anderkant is deur die landdros as ân minder
bevredigende getuie aangemerk en het die landdros bevind dat
hy
slegs sy getuienis sou aanvaar waar dit deur dié van die klaer en
deur die objektiewe waarskynlikhede gestaaf word.
Die
landdros het verder, gegewe die prokureur se onbeholpenheid, die
standpunt ingeneem dat hy nie die weersprekinge tussen die
appellante se
viva
voce
getuienis en die stellings wat namens hulle gemaak is deur hulle
prokureur aan die staatsgetuies, in aanmerking sou neem teen hulle
nie. Hy het op dieselfde basis ook die standpunt ingeneem dat hy
nie die formele erkenning wat tydens die artikel 115-verrigtinge
op rekord geplaas is teen die beskuldigdes in ag sou neem nie. Wat
laasgenoemde aanbetref het die prokureur naamlik erken dat
dit as ân
formele erkenning ingevolge die bepalings van artikel 220 van
die Strafproseswet aangeteken kon word dat die appellante
inderdaad
twee pakkies sigarette en R100 kontant van die klaer ontvang het as
vergoeding. Dit het toe uiteindelik geblyk uit die
appellante se
getuienis dat die appellante twee pakkies sigarette en slegs R40
kontant ontvang het as vergoeding vanaf die klaer.
Ek
kan kwalik fout vind met die landdros se benadering hierin. Hy was
uiters toegeeflik teenoor die appellante, inaggenome hulle
prokureur
se onbeholpenheid wat aan onbekwaamheid gegrens het, waarna ek
alreeds verwys het hierin.
Verder
is dit geykte reg dat ân hof van appél in ân baie minder
gunstige posisie is as ân verhoorhof wanneer dit kom by
geloofwaardigheids-bevindinge. ân Treffende voorbeeld hiervan in
die onderhawige geval is die feit dat die landdros in sy uitspraak
daarvan melding maak dat, alhoewel die oorkonde dit nie weerspieël
nie, die landdros duidelik kon opmerk dat die klaer ongemaklik
was
met die beantwoording van vrae in Afrikaans. Dit het toe
uiteindelik geblyk dat die klaer se eerste taal Engels is,en toe
die
landdros dÃt agterkom het hy die klaer toegelaat om in Engels sy
vrae te beantwoord. Die landdros sê in sy uitspraak dat
hierdie
verandering in taalgebruik aan die klaer se kant ook ân merkbare
verbetering in sy voorkoms en gedrag in die getuiebank
meegebring
het. Dit is ân aspek wat vir ân hof van appél nooit sou blyk
uit die oorkonde nie en onderskraag die benadering
van ons howe dat
slegs in uitsonderlike gevalle met ân verhoorhof se
geloofwaardigheidsbevindinge ingemeng sal word.
Gevolglik
is ons gebonde aan die landdros se geloofwaardigheids-bevindinge, by
ontstentenis van enige ooglopende mistastings op
die feite soos blyk
uit die getuienis. Na my mening was die landdros ook korrek in sy
verwerping van die appellante se weergawes
as vals bo redelike
twyfel, gegewe die etlike weersprekings daarin, sowel as die
onwaarskynlikhede van hulle weergawes. Die treffendste
onwaarskynlikheid is die feit dat, volgens die appellante, die klaer
sou geswig het voor hulle dreigemente van afpersing, naamlik
dat
hulle hom aan die owerhede sou verklap dat hy onwettig
diamantdraende gruis verwyder het, tensy hy hulle sou vergoed vir
die
werk wat hulle vir hom gedoen het. Tog gaan die klaer volgens
hulle onmiddellik daarna heen en lê ân
vals
klagte
van roof teen die twee appellante. Dit maak tog glad geen sin dat
die klaer só te werk sou gaan indien hy bevrees was dat
hy aan die
owerhede verklap sou word vir die beweerde onwettighede nie.
Gevolglik
meen ek die toegewing is korrek gemaak dat daar geen meriete
hoegenaamd in die appél teen skuldigbevinding is nie.
Wat
vonnis aanbetref het die landdros bevind dat daar inderdaad
wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat ân afwyking van
die minimum vonnis in artikel 51 van Wet 105 van 1997 voorgeskryf,
regverdig. Die landdros het naamlik bevind dat hierdie ân
sogenaamde â
sagteâ
roof was, dat die waarde van die goedere wat beroof is relatief laag
is, dat die appellante onder die invloed van drank verkeer
het en
dat daar geen vooraf beplanning was nie. Ek is van mening dat die
opgelegde vonnis van tien jaar gevangenisstraf ân uiters
billike
vonnis in die omstandighede van hierdie saak is. Die vraag is
uiteraard nie welke vonnis hierdie Hof sou opgelê het nie,
maar of
die vonnis skokkend onvanpas is en of die landdros in sy
vonnisoplegging enige growwe mistastings begaan het. Nie een
van
dié twee faktore is teenwoordig hier nie. Gevolglik is daar geen
basis waarop met die vonnis ingemeng kan word nie.
Die
appél word afgewys. Die appellante se skuldigbevindings en
vonnisse word bekragtig.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam.
_____________
CJ
MUSI
WAARNEMENDE
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV T FOURIE
NAMENS
RESPONDENT : ADV CG JANSEN
DATUM
VAN VERHOOR : 2004-10-21
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-10-21