S v Kat (CA & R 92/03) [2004] ZANCHC 85 (21 October 2004)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Minimum sentences for serious offences — Appellant convicted of multiple serious offences including robbery and housebreaking — Sentenced to a cumulative term of 22 years and 9 months imprisonment — Appeal against sentence dismissed as no substantial and compelling circumstances found to warrant deviation from minimum sentences prescribed by law — Previous convictions considered in sentencing.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 85
|

|

S v Kat (CA & R 92/03) [2004] ZANCHC 85 (21 October 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA
& R 92/03
Datum
verhoor: 2004-10-21
Datum
gelewer: 2004-10-21
In
die appél van
:
KAREL
KAT APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
KGOMO RP
et
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
appellant het as beskuldigde 3 met twee medebeskuldigdes tereg
gestaan in die streekhof en is op sy aangebode pleit van skuldig,
soos nader toegelig deur ‘n artikel 112(2) skriftelike
pleitverduideliking, skuldig bevind aan ‘n verskeidenheid van

aanklagtes naamlik:
Aanklag
1: Oortreding van die bepalings vervat in artikel 48(a)(i) van Wet 8
van 1959 (ontsnapping);
Aanklag 3: Roof met verswarende
omstandighede soos omskryf in artikel 1 van Wet 51 van 1977;
Aanklag
4: Roof met verswarende omstandighede soos omskryf in artikel 1 van
Wet 51 van 1977;
Aanklag 5: Huisbraak met die opset om te steel
en diefstal;
Aanklag 6: Opsetlike saakbeskadiging;
Aanklag 7:
Huisbraak met die opset om te steel en diefstal;
Aanklag 8:
Oortreding van die bepalings vervat in artikel 48(a)(i) van Wet 8 van
1959 (ontsnapping);
Aanklag 9: Veediefstal.
Op
aanklag 2 het slegs die appellant se twee medebeskuldigdes
tereggestaan.
Die
appellant is as volg gevonnis op die voormelde aanklagte:
Aanklag
1: ses maande gevangenisstraf;
Aanklag 3: vyftien jaar
gevangenisstraf;
Aanklag 4: vyftien jaar gevangenisstraf;
Aanklag
5: vyf jaar gevangenisstraf;
Aanklag 6: drie maande
gevangenisstraf;
Aanklag 7: ses jaar gevangenisstraf;
Aanklag
8: een jaar gevangenisstraf;
Aanklag 9: drie jaar
gevangenisstraf.
Die
verhoorlanddros het gelas dat die vonnisse op aanklagte 3, 4 en 5
hierbo samelopend uitgedien moet word en ook dat die vonnisse
op
aanklagte 7 en 9 samelopend uitgedien moet word. Die appellant is
dus effektiewelik ‘n vonnis van 22 jaar en 9 maande gevangenisstraf
opgelê ten aansien van al hierdie misdrywe.
Dit
is nie duidelik of die appellant ook wil appelleer teen sy
skuldigbevindings nie. In elk geval het sy regsverteenwoordiger
‘n
volledige pleitverduideliking op skrif gestel waarop die appellant
sy regterduimafdruk aangebring het (die appellant is klaarblyklik
ongeletterd) en sy regsverteenwoordiger het dit onderteken. Dié
dokument is as bewysstuk C opgehandig tydens die verhoor
en het
die appellant ook die inhoud daarvan as korrek bevestig op navraag
van die verhoorlanddros.
4.1 Wat
die vonnis aanbetref is dit so dat die appellant ‘n baie swaar
vonnis opgelê is. Dit is egter duidelik dat die appellant
en sy
makkers, nadat hulle uit wettige aanhouding ontsnap het (aanklag 1),
tot ‘n ongekende misdaadorgie oorgegaan het en
‘n vlaag van
misdrywe gepleeg het in ‘n kort tydsbestek.
4.2 Dit
blyk uit die appellant se skriftelike pleitverduideliking dat, na
ontsnapping, hy en sy medebeskuldigdes die misdryf in klagte 3
gepleeg het deurdat hulle op die
Woltemade
plaas
in die distrik van Carnarvon die klaer, Mnr. Albertus Visser, gedreig
het met ‘n mes en vuurwapens, hom gerig met die vuurwapens
en
daarna vasgebind het waarna hulle sekere items ter waarde van R727.00
van die klaer geroof het.
4.3 Op
klagte 4 het hulle op dieselfde datum by dieselfde plaas ene Mnr.
Francois Jooste, die klaer, wat daar opgedaag het by die
plaas,
gedreig met vuurwapens, hom rondgestamp, geklap en ook sy hande
vasgebind waarna hulle hom beroof het van ‘n aantal items,
die
belangrikste waarvan sy
Isuzu
2.8
liter
-bakkie
ter waarde van R55 000 is.
4.4 Op
klagte 5 het die appellant en sy makkers op dieselfde datum en by
dieselfde plaas die plaashuis van Mnr. Albertus Visser oopgebreek,
binnegegaan met die opset om te steel en toe daar ‘n aantal items,
meestal horlosies en juweliersware, gesteel van die klaer.
4.5 Op
klagte 6 het die appellant skuldig daaraan gepleit dat hy en sy
makkers ‘n foksterriërhond van die klaer, Mnr. Albertus
Visser,
doodgeskiet het en hom aldus skuldig gemaak het aan opsetlike
saakbeskadiging.
4.6 Op
klagte 7 het die appellant skuldig daaraan gepleit dat hy en sy
makkers op die daaropvolgende dag, na die pleging van die misdrywe
in
aanklagte 3-6 voormeld, die plaashuis van Mnr. Gerrit Vermeulen, die
klaer, by die plaas
Kleinkareebos
in die distrik van Carnarvon oopgebreek het en binnegegaan het met
die opset om te steel en daar toe ‘n aantal items met ‘n totale
waarde van R465.00 van die klaer gesteel het.
4.7 Op
klagte 8 het die appellant skuldig gepleit daaraan dat hy uit
aanhouding ontsnap het by die SAPD-selle te Carnarvon.
4.8 Op
aanklag 9 het die appellant skuldig gepleit aan veediefstal
deurdat hy en sy medebeskuldigdes na die ontsnapping soos
voormeld in
klagte 8, by die plaas
Klerefontein
‘n dorperskaap van die klaer Thomas Buys gesteel het, welke skaap
se waarde gestel is op R300.00.
Uit
die voormelde is dit duidelik dat die appellant en sy
medebeskuldigdes, nadat hulle uit die polisieselle te Carnarvon
ontsnap
het by die eerste geleentheid, verskeie misdrywe in die
kontrei gepleeg het waarby geweld en oneerlikheid betrokke was.
Daarna
is hulle klaarblyklik in hegtenis geneem, maar het
ontstellend genoeg, kort daarna weer uit die Carnarvon polisieselle
ontsnap
waarna hulle die misdryf op klagte 9, te wete
veediefstal, gepleeg het. Behalwe vir die feit dat dit verstommend
is dat die
owerhede dit kon toelaat dat die appellant en sy
medebeskuldigdes, wat uiteraard gevaarlike persone is, ‘n tweede
keer van die
polisieselle ontsnap, is dit baie duidelik dat die
appellant en sy medebeskuldigdes ‘n gevaar vir die samelewing is.
Die appellant
het verder nie minder nie as sewe vorige veroordelings
wat tersaaklik is in die onderhawige geval, te wete ses van
huisbraak met
die opset om te steel en diefstal en een van diefstal.
In die laaste geval van huisbraak wat gepleeg is gedurende 2000 is
die
appellant gevangenisstraf van drie jaar opgelê. Wat aanklagte
3 en 4 betref het die streekslanddros geen wesenlike en dwingende
omstandighede bevind nie en het hy die appellant tot vyftien jaar
gevangenisstraf, d.w.s. die minimum voorgeskrewe vonnis ingevolge
die bepalings vervat in Wet 105 van 1997, gevonnis.
Ons
het geen hoofde van betoog van die appellant se advokaat ontvang
nie. Aangesien die appellant ook buite tyd was met sy kennisgewing
van appél, is daar voor ons ook ‘n aansoek om kondonasie. Die
appellant voer aan in sy eedsverklaring dat hy nie geld gehad
het om
‘n regsverteenwoordiger aan te stel nie. Volgens hom het hy toe
die Regshulpraad genader en die Raad is steeds in afwagting
van die
prokureur wat vir die appellant verskyn het tydens die verhoor, se
verslag. Dit wil verder ook voorkom dat die appellant
se appél teen
vonnis grootliks gemik is op die vonnisse opgelê op aanklagte 3 en
4.
Namens
die appellant is daar wat die aansoek om kondonasie aanbetref, slegs
die volgende submissie gemaak aangaande die vonnisse op
aanklagte 3
en 4 deur sy advokaat:
“
Wat aanklagtes
3 en 4 betref het die landdros nie genoegsaam inaggeneem dat die
lewens van die klaers gespaar is nie en daar is ‘n
redelike kans
dat die applikant op hierdie klagtes op appél kan slaag wat
vermindering van vonnis betref.”
Hierdie
is ‘n verbasende submissie. Die appellant het tereggestaan saam
met sy medebeskuldigdes op ‘n aanklag van roof met verswarende
omstandighede. Op beide klagtes het hulle die klaers met vuurwapens
gedreig en vasgebind. Die klaer op klagte 4 is ook fisies aangerand.
Daar is toe ‘n hele aantal items van die klaers beroof. In
hierdie omstandighede verbaas dit my kwalik dat die streeklanddros
geen wesenlike en dwingende omstandighede bevind het nie. Daar word
ook geen redes voorgehou waarom dié bevinding verkeerd is nie.
Dit
is verder uiters teleurstellend dat bovermelde die somtotaal van die
submissies is wat ten aansien van die meriete namens die
appellant
gemaak is. Hierdie kwalifiseer hoegenaamd nie eens naastenby as
betoogshoofde nie. Dit verleen geen hulp aan hierdie
Hof nie en nog
minder aan die appellant.
In
die afwesigheid van enige mistastings aan die kant van die
verhoorhof kan ek geen rede sien waarom ingemeng behoort te word met
die bevinding dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede
bestaan nie. Die vonnis is bepaald voorgeskryf deur die wetgewer
as
‘n minimum vonnis in daardie gevalle waar geen wesenlike en
dwingende omstandighede bestaan nie. Die verhoorlanddros het
deeglik inaggeneem dat die appellant nie ‘n eerste oortreder is en
hy het ook sy verskeie vorige veroordelings waarna ek alreeds
verwys
het, deeglik inaggeneem. Die appellant is inderdaad, soos wat Mev.
Jansen tereg namens die Staat gesubmitteer het, toegeeflik
behandel
deur die howe in die verlede en die verskeidenheid vonnisse wat hy
opgelê is om hom ‘n geleentheid te bied tot rehabilitasie,
het
geen effek gehad nie.
Bygevolg
is ek die mening toegedaan dat daar geen meriete hoegenaamd in
hierdie appél is nie.
Die
volgende bevel word uitgereik:
Die
appellant se aansoek vir kondonasie word van die hand gewys. Die
appellant se skuldigbevindings en vonnisse word bekragtig.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam en dit word so beveel.
_____________
FD
KGOMO
REGTER-PRESIDENT
NAMENS
APPELLANT :
NAMENS
RESPONDENT : ADV CG JANSEN
DATUM
VAN VERHOOR : 2004-10-21
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-10-21