Cabinet of the Interim Government for South-West Africa and Another v Katofa (375/85) [1986] ZASCA 156 (1 December 1986)

70 Reportability
Constitutional Law

Brief Summary

Constitutional Law — Detention — Unlawful detention — Respondent sought the release of his brother from custody, alleging unlawful detention under Proclamation AG 26 of 1978 — Appellants, the Cabinet of the Interim Government and the Officer Commanding Windhoek Prison, appealed against the High Court's order for release and costs — Legal issue centered on the validity of the detention and the respondent's right to access legal representation — Court upheld the High Court's decision, confirming the detention was unlawful and ordering the release of the detainee.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 156
|

|

Cabinet of the Interim Government for South-West Africa and Another v Katofa (375/85) [1986] ZASCA 156 (1 December 1986)

Saak nommer 375/85 E du R
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPêLAFDELING
)
In die saak
tussen:
THE CABINET OF THE INTERIM
GOVERNMENT
FOR SOUTH WEST AFRICA
Eerste
Appellant
THE OFFICER COMMANDING
WINDHOEK
PRISON
Tweede
Appellant
en
NIKODEMUS KATOFA
Respondent.
Coram
: RABIE, HR, JANSEN, TRENGOVE,
BOTHA et
VAN HEERDEN, ARR.
2
UITSPRAAK
RABIE HR
:
Die appellante appelleer teen die
bevel wat die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika op 26 Augustus 1985 in die saak
Katofa v. Administrator-General for South West Africa and Another
1986(l)
SA 800 gegee het. Die bevel het hulle gelas om Josef Katofa, die broer van die
respon-dent in hierdie appél, uit aanhouding
in die gevangenis op
Windhoek te bevry en om die respondent se koste te be-taal. Besonderhede van die
aanhouding en van die geskil
tussen die partye oor die geldigheid al dan nie van
die aanhouding word hieronder vermeld. Met die uitreik van die gemelde bevel
het
die hof 'n bevel
nisi
bekragtig wat hy op 20 Junie 1985 op aansoek van
die huidige respondent
verleen/
3 verleen het. Die uitspraak wat die hof op 20
Junie 1985 gegee het, is ook gerapporteer: kyk
Katofa v.
Administrator
-
General for South West Africa and Another
1985(4) SA
211. Daar is ook 'n teenappêl deur die respondent. Hy appelleer teen die
bevel van die hof a
quo
wat sy aansoek om sekere aanvullende
beëdigde verklarings aan die hof voor te lê met koste afgewys het.
Soos uit die gemelde
hofverslae blyk, is die hoofuitspraak van die hof in albei
gevalle deur Levy R geskryf en het Berker R P albei kere, in 'n aparte
uitspraak
deur hom geskryf, met die uitspraak van Levy R saamgestem.
Die saak waaruit hierdie appèl voortvloei,het op 4 Junie 1985
begin toe die respondent in hierdie appèl aan die Administrateur-Generaal
van
Suidwes
Afrika, as eerste
respondent/
4 respondent, en die
bevelvoerende offisier van die Windhoekse gevangenis, as tweede respondent,
kennis gegee het dat hy die Hooggeregshof
van Suidwes-Afrika op 10 Junie 1985 in
'n dringende aansoek sou vra om die
volgende bevele (soos gewysig op die dag toe die aansoek
aangehoor is) uit te reik, nl. dat -
"1. This Honourable Court dispenses with the form and service provided
for in the Rules of Court in terms of Rule 6(12)(b).
That the Respondents produce the person of JOSEF KATOFA to this
Honourable Court on a date and time to be fixed by the Honourable
Court.
Directing the respondents to grant access by attorney David Frank Smuts
to JOSEF KATOFA
forthwith.
3.
bis
. Directing the Respondents to apply and
enforce the peremptory requirements of Sections 5(1) and 6(1) of
Proclamation AG 26 of 1978 (as amended).
4/
5
4. That a
rule nisi
do hereby issue, calling
upon the
Respondents to show cause before this
Honourable Court, on a date to
be determined
by it why:-
JOSEF KATOFA should not forthwith be re-leased from custody;
The Respondents should not furnish infor-mation to this Honourable Court
as to whether:
(i) thê said JOSEF KATOFA is under arrest; (ii) on what charges he
was arrested; (iii) why he is being detained;
(c) JOSEF KATOFA should not be granted access
to attorney
David Frank Smuts forthwith.
That prayer 3(c) operate as an interim positive interdict pending the
aforesaid return day.
Directing that the costs of this application be borne by the
Respondents."
Die respondent het twee beëdigde verklarings by sy kennisgewing van
mosie aangeheg. Die een is deur homself gemaak, en die ander
deur sy prokureur,
die boge-
melde/
6 melde Smuts. Die inhoud van die respondent se
verklaring kan soos volg saamgevat word. Hy (die respondent) is teen die einde
van
Mei 1984 uit aanhouding vrygelaat en hy het toe verneem dat sy broer (Josef
Katofa) vroeër daardie maand in Ovambo aangehou
is. Toe hy teen Februarie
1985 niks verder van sy broer verneem het nie, het hy Smuts gevra om ondersoek
in te stel. Smuts het toe
vasgestel dat sy broer ingevolge die bepalings van
Proklamasie AG 26 van 1978 in die gevangenis op Windhoek aangehou word, en op
3
Junie 1985 het hy en Smuts na die gevangenis toe gegaan. Hy het daar met sy
broer gepraat, maar hy is nie toegelaat om aantekeninge
van die gesprek te maak
nie. Smuts is nie toegelaat om met sy broer te praat nie. Sy broer het aan hom
(die
respondent)/
7
respondent)vertel dat hy op 7 Mei 1984 in Ovambo aangehou
is; dat hy daar (op Oshakati) in aanhouding gebly het
tot Desember 1984; dat hy tydens sy aanhouding aldaar
ver-
skeie male deur lede van die Veiligheidspolisie
aangerand
is, en dat hy in Desember 1984 na die gevangenis op
Windhoek
oorgeplaas is. Hy het verder gesê dat hy
sedert Desember 1984 nooit deur enigeen ondervra is nie;
dat
hy gedurende die hele duur van sy aanhouding nooit
deur 'n landdros
besoek is nie, en dat hy slegs een keer
in 'n maand deur 'n geneesheer besoek is. In die slot-
paragraaf van sy verklaring sê die respondent die
volgende:
"7. My brother further told me that he was distressed at being detained
against his will, which I verily believe to be true, and expressed
the desire to
be released forthwith. I refer to the affidavit of DAVID FRANK SMUTS and have
been advised by the said Smuts that my
brother's detention
is/
8
is unlawful and I verily believe that he is being unlawfully detained and
accordingly pray that it may please this Honourable Court
to grant the relief
set out in the Notice of Motion."
Smuts sê in sy beedigde verklaring dat
die
Administrateur-Generaal hom skriftelik meegedeel het
dat
die aangehoudene kragtens Proklamasie AG 26 van 1978
in
die Windhoekse gevangenis aangehou word en dat hy daar
deur
sy broer (die respondent) besoek kon word, maar dat hy
(Smuts) nie toegelaat sou word om die aangehoudene te
spreek
nie. Hy (Smuts) het nogtans op 3 Junie 1985 saam met
die
respondent na die gevangenis toe gegaan. Hy wou daar met
die
aangehoudene praat, maar 'n gevangenisbeampte, ene kaptein
Nel, het
hom verlof geweier om dit te doen. Nel het aan
hom gesê dat hy op instruksies van die Administrateur-
Generaal handel. Smuts sê verder in sy verklaring dat
artikels/
9 artikels 5 en 6 van Proklamasie AG 26 van 1978
bepaal dat 'n aangehoudene minstens een maal elke drie dae deur 'n ge-neesheer
besoek
moet word, en minstens een keer elke veertien dae deur 'n landdros, en
dat dit (volgens wat die aangehou-dene aan die respondent
gesê het) in die
geval van die aangehoudene nie gebeur het nie. Gevolglik, betoog Smuts, is die
aangehoudene se aanhouding
ultra vires
die bepalings van die gemelde
Proklamasie en dus ongeldig. Smuts sê verder dat die aangehoudene sy
vryheid ontneem is, dat
hy teen sy sin aangehou word en dat hy nooit van enige
oor-treding aangekla is nie. Ten slotte voer Smuts aan dat Proklamasie AG
26 van
1978 nie die Administrateur-Generaal magtig om 'n aangehoudene te belet om sy
regsadviseur te
raadpleeg/
10 raadpleeg nie en dat die Administrateur-Generaal se weiering om hom,
wat die aangehoudene se regsadviseur is, toe te laat om die
aangehoudéne
te spreek, onwettig is.
In sy beantwoordende beëdigde
verklaring sê die Administrateur-Generaal dat hy op 30 Mei 1984, nadat die
aangehoudene reeds
tevore ingevolge art. 4(2) van Proklamasie AG 9 van 1977 in
Ovambo aangehou is, 'n bevel vir die aanhouding van die aangehoudene
kragtens
art. 5
bis
van dié Proklamasie uitgereik het. Op 14 November 1984
het hy ingevolge art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978 'n lasbrief
vir die
inhegtenisneming en aanhouding van die aangehoudene uitgereik en gelas dat hy na
die gevangenis op Windhoék oorgeplaas
word. Die Administrateur-Generaal
sê in hierdie verband:
"Ek/
11
"Ek was toe, en is nog daarvan oortuig dat die
aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in
Artikel 2 van die proklamasie."
En ook:
"Ek is steeds oortuig dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in
Artikel 2 van die gemelde Proklamasie en het besluit om nie
sy vrylating te
gelas nie."
Art. 2(1) van die gemelde Proklamasie lui soos volg:
"2. (1) Indien die Administrateur-Generaal oor-tuig is -
(a) dat die vreedsame en ordelike staatkundige
ontwik-
keling van Suidwes-Afrika verhinder, belemmer
of
bedreig word deur geweld teen of intimidasie
van, of die bedreiging of bevordering van geweld teen of intimidasie van,
'n bepaalde persoon of persone wat lede van 'n bepaalde
klas, groep of
organisasie is, of persone in die algemeen; en
(b) dat iemand sodanige geweld of intimidasie gepleeg
of
probeer pleeg het of die pleging daarvan op
enige wyse bevorder of
bevorder het,
kan hy 'n lasbrief vir die inhegtenisneming en aanhouding van daardie
persoon uitreik."
Hy/
12
Hy sê verder ook:
"Tot op datum het die aangehoudene nog nie my skriftelik versoek om aan
hom redes vir sy aanhouding te verstrek nie. Indien so 'n
versoek tot my gerig
word sal redes ter vol-doening van Artikel 4(2) verstrek word."
Art. 4(2) van die Proklamasie lui soos volg:
"Indien 'n aangehoudene die Administrateur-generaal skriftelik versoek om
aan hom die redes vir sy aanhouding en die gegewens wat
die
Adminis-trateur-generaal beweeg het om die lasbrief vir sy inhegtenisneming en
aanhouding uit te reik, mee te deel, dan moet
die Administrateur-generaal aan
die aangehoudene die redes vir sy aanhouding en soveel van daardie gegewens as
wat, na sy oordeel,
sonder benadeling van die openbare beleid bekend gemaak kan
word, skriftelik meedeel."
Met betrekking tot die vraag van toegang tot 'n
aangehoudene deur 'n regsverteenwoordiger, sê die
Administra-
teur-Generaal dat art. 3(2) van die Proklamasie (AG 26 van
1978/
13. 1978) aan hom die bevoegdheid gee om voorwaardes
vir die aan-houding van 'n aangehoudene te bepaal; dat hy kragtens hier-die
bevoegdheid
o.m. bepaal het dat (behoudens die bepalings van art. 5(1) en 6(1)
en enige voorwaardes bepaal in art. 3(2)(b) van die Proklamasie)
die
aangehoudene "deur niemand behalwe 'n persoon in diens van die Staat wat sy
amptelike werksaamhede verrig, of 'n persoon aan
wie die Administrateur-Generaal
toestemming daartoe verleen het, besoek (mag) word nie", en dat hierdie bepaling
ook op regverteenwoordigers
van toepassing is. (Art. 5(1) en 6(1) het betrekking
op besoeke deur geneeshere en landdroste, en art. 3(2)(b) het betrekking op
die
ondervraging van 'n aangehoudene deur 'n vrederegter. Kyk 1985(4) SA op 218 F-G
en 219 B-D.) Hy sê verder in hierdie verband
dat die aangehoudene geen
vertoë
oor/
14
oor 'n besoek deur 'n regsverteenwoordiger tot
hom gerig het
nie, en dat indien hy so 'n versoek sou ontvang, hy dit
volgens meriete sou oorweeg.
Met betrekking tot besoeke aan die aangehoudene
deur geneeshere en landdroste, verwys die
Administrateur-
Generaal na opgawes wat daaroor aan hom verstrek is.
Daar-
uit blyk dat, wat geneeshere betref, daar gedurende
die
tydperk 19 November 1984 tot 5 Junie 1985 op 5
geleenthede
meer as 3 dae tussen besoeke aan die aangehoudene
verloop het.
Die tussenpoos was in twee gevalle 5 dae, in twee
ander
gevalle G dae, en in die vyfde geval 7 dae. Wat
besoeke
deur landdroste betref, blyk dit dat daar in die
tydperk
19 Desember 1984 tot 7 Februarie 1985 geen besoeke aan
die
aangehoudene was nie. (Die hooflanddros van Windhoek,
van
wie daar 'n beëdigde verklaring by dié van die
Administrateur-
Generaal/
15 Generaal geheg is,
sê dat hy hierdie versuim nie kan ver-duidellk nie.) Dit blyk dat daar op
5 ander geleenthede ook meer
as 14 dae tussen besoeke verloop het. Die versuim
in daardie 5 gevalle was onderskeidelik 1,2,3,7 en 8 dae.
Kapt. Nel,
na wie daar in die bogemelde beëdigde verklaring van Smuts verwys word,
sê in 'n beëdigde verkla-ring wat
by dié van die
Administrateur-Generaal aangeheg is, dat hy die hoof is van die
sekerheidsafdeling waar persone ingevolge Proklamasie
AG 26 van 1978 in die
Windhoekse gevangenis aangehou word en dat hy die bepalings van art. 4(2) en (3)
en art. 7(l)-(6) van die Proklamasie
onder die aandag van die aangehoudene
gebring het toe hy in die gevangenis opgeneem is. Die aangehoudene, sê
Nel, het aangedui
dat hy dit "verstaan en begryp". (Art. 4(2) is
hierbo/
16 hierbo aangehaal. Art. 4(3) bepaal dat die
persoon in beheer van 'n plek waar 'n aangehoudende aangehou word, op versoek
van die
aangehoudene sy eggenoot (eggenote), ouers of kind per brief van sy
aanhouding en die plek van aan-houding moet laat weet. Art. 7
het betrekking op
die hersieningskomitee wat ondersoek na aanhoudings instel. Die Engelse teks van
hierdie artikels verskyn in 1985(4)
SA op 218 I-J en 219 E-220 B.) Nel sê
verder dat die aangehoudene hom nooit versoek het om vertoë tot die
Administrateur-Generaal
te rig nie, en ook nooit versoek het om die
Administrateur-Generaal om die redes vir sy aanhouding aan te vra nie. Nel
ontken die
bewering van die respondent (hierbo genoem) dat hy (Nel) op 3 Junie
1985 die respondent belet het om aantekeninge van sy ge-
sprek/
17 sprek met die aangehoudene te maak. Nel sê
dat die respon-dent wel "enkele notas" van die gesprek gemaak het, dat hy (Nel)
die tolk gevra het om die aantekeninge vir hom te lees, en dat hy die respondent
toegelaat het om dit te behou aangesien daar niks
"onwettigs of verdág"
daarin voorgekom het nie.
In 'n kort repliserende verklaring herhaal
die respondent sy vroeëre bewering dat Nel hom belet het om aantekeninge
van sy gesprek
met die aangehoudene te maak. Hy verwys na die beëdigde
verklaring van prokureur Smuts, wat hy by syne aanheg, en sê dat
die
aanhouding van die aangehoudene, asook die weiering om Smuts toegang tot die
aangehoudene te verleen, onwettig is.
Wat/
18 Wat Smuts se beëdigde verklaring betref, hoef
net die volgende gesê te word. Hy betoog daarin dat
Proklamasie AG 26 van 1978 nie aan die
Administrateur-
Generaal die bevoegdheid verleen om 'n aangehoudene
te
belet om sy regsadviseur te raadpleeg nie en dat
die
Administrateur-Generaal se weiering om hom (Smuts)
toe-
gang tot die aangehoudene te verleen dus ongeldig
is.
Verder sê hy die volgende met betrekking tot die
beëdigde
verklaring van die Administrateur-Generaal:
"I note the said Van Niekerk asserts that he
is still convinced that the detainee is a
person as defined in Section 2 of the Proclamation
notwithstanding the unchallenged statement in
applicant's founding affidavit that the detainee
has not been questioned since December 1984.
Nor/
19
Nor does the said Van Niekerk seek to advance any reasons for the view he
purports to have held and still to hold."
Die respondent se aansoek, waarvan die besonder-
hede hierbo
gegee is, is op 10 Junie 1985 verhoor en die hof
het sy beslissing
op 20 Junie 1985 gegee. Dit het die
respondent in die aansoek gelas
om prokureur Smuts toegang
tot die aangehoudene te verleen en om die
koste van die
aansoek te betaal. (Daar is geen appél teen
hierdie bevel
nie.) Verder het die hof 'n bevel
nisi
uitgereik wat die
eerste respondent in die aansoek (die
Administrateur-
Generaal) gelas het om op 1 Augustus 1985 redes aan
te
toon waarom -
"3.(a) Josef Katofa should not forthwith be released from
detention;
(b) why there had not been strict and punctual compliance with sections
5(1) and 6(1) of Proclamation AG
26/
20
26 of 1978;
(c) why respondents should not be ordered to pay the costs incurred in
this matter as from date hereof."
Die korrektheid al dan nie van die beslissing om die
bevel
nisi
uit te reik, word later bespreek. In hierdie
stadium wys
ek net daarop dat albei regters bevind het dat
daar 'n las op die
Administrateur-Generaal gerus het om aan
te toon waarom die
aangehoudene sy vryheid ontneem is en
dat hy gevolglik die redes
waarom, en die inligting op grond
waarvan, hy besluit het om die
aangehoudene te laat aanhou
aan die hof moes openbaar het en dat, aangesien hy dit
nie
gedoen het nie, die hof nie kon bevind dat daar
redelike
gronde bestaan het vir sy beweerde oortuiging dat
die aangehoudene 'n persoon is soos in art. 2 van Proklamasie
AG 26 van 1978 bedoel nie. Kyk 1985(4) SA op 221 A-C,
221/
21 221 G-222 E en 223 I-225 A.
Enkele dae voordat die hof
sy pas gemelde beslissing gegee het, het daar 'n verandering in die
regeringstelsel van Suidwes-Afrika
gekom. 'n Proklamasie van die Staatspresident
van die Republiek van Suid-Afrika - Proklamasie No. R 101 van 1985 - wat
ingevolge
art. 38 van die Wet op die Konstitusie van Suidwes-Afrika No. 39 van
1986 uitgevaardig is en wat op 17 Junie 1985 in werking getree
het, het 'n
Wetgewende Vergadering vir die gebied ingestel(art. 2) en vir die samestelling
van 'n Kabinet uit die lede van daardie
liggaam voorsiening gemaak (art. 23).
Die Kabinet sou uit 'n aantal Ministers, van wie een die voorsitter sou wees,
bestaan. Volgens
art. 29(1) van hierdie Proklamasie het elke bevoegdheid, plig
of werk- .
saamheid/
22
saamheid wat voorheen by die
Administrateur-Generaal berus
het vanaf 17 Junie 1985 by die Kabinet
berus. As ge-
volg van hierdie verandering het die voorsitter van
die
Kabinet, mnr Bezuidenhout, en nie die
Administrateur-
Generaal nie, 'n beëdigde verklaring gemaak om
te antwoord
op die bevel
nisi
wat deur die hof uitgereik
is.
Mnr Bezuidenhout sê in sy verklaring (gedateer
15 Julie 1985) dat hy dit in sy hoedanigheid as
voorsitter
van die Kabinet, en "duly authorised by the Cabinet",
maak.
Met betrekking tot die aanhouding van die aangehoudene

hy die volgende in paragraaf 3 van sy verklaring:
"3. 1 I have received from the Administrator-General for the Territory of
South West Africa all the documents relating
to/
23
to the arrest and detention of the detainee, Josef Katofa. I have perused
the reports from various persons relating to the grounds
for the detention of
Katofa.
3.2. In the interests of the
security
of the state and of the public interest I do not deem it advisable to make
known either the identity of the persons who made the reports
or of the nature
of the reports themselves.
3.3. I am, however, satisfied that the
nature of the reports
themselves and
the reliability of the persons who
made
them are such that the then
Administrator-General for
the
Territory of South West Africa was
entitled to be
satisfied that Josef
Katofa was a person who committed
or
attempted to commit or promoted
the commission of
violence or in-
timidation of persons as envisaged
in
section 2 of Proclamation AG 26
of
1978.
3.4/
24
I am advised that inasmuch as there is no attack
in the application or in any of the affidavits upon the BONA FIDES of the then
Administrator-General
for the Territory of South West Africa or upon his motives
in issuing the warrant concerned, there is no reason at law to give further
information in regard to the detention of Josef Katofa.
Inasmuch further as the duration of the detainee's detention is now in my
discretion and inasmuch as I am satisfied on reading of
all the available
information that the release of Josef Katofa at this time is not advisable, I
respectfully ask the court to discharge
the rule in paragraph 3(a) of the
order."
Wat daardie gedeelte van die bevel
nisi
betref wat op
besoeke aan die aangehoudene deur geneeshere
en landdroste
betrekking het, sê mnr Bezuidenhout dat
die/
25 die bevel op so 'n wyse geformuleer is dat dit net
op die verlede slaan; dat Proklamasie AG 26 van 1978 nie aan die
Administrateur-Generaal
die bevoegdheid verleen het -en ook nie aan hom
(Bezuidenhout) verleen - om oor besoeke deur geneeshere en landdroste aan
aangehoudenes
toesig te hou nie; dat die mediese beampte en landdros wat die
verantwoordelikheid het om aangehoudenes te besoek, nie partye by
die aansoek is
nie, en dat hy (Bezuidenhout) nie kan verklaar waarom daar nie aan die bepalings
van art. 5 en art. 6 van die Proklamasie
voldoen is nie.
Op 25 Julie
1985 is daar namens die respondent kennis gegee dat hy op die keerdag van die
bevel
nisi
(1 Augustus 1985) aansoek sou doen om sekere
beëdigde
verklarings/
26
verklarings in te dien ter aanvulling van
dié wat vroeer deur hom voor die hof gelê is. Die hof het die
aansoek geweier,
en hierdie weiering is, soos tevore aangedui, die onderwerp van
die respondent se teenappèl. Die saak is gevolglik beslis
op die stukke
wat by die vroeëre verrigtinge voor die hof was, tesame met Bezuidenhout se
verklaring.
Die hof het die bevel
nisi
, vir sover dit op die
vrylating van die aangehoudene betrekking gehad het, bekragtig en die
onmiddellike vrylating van die aangehoudene
gelas. Die hof het, op grond van
dieselfde oorweging as wat daar by hom gegeld het toe hy die bevel
nisi
uitgereik het, bevind dat Bezuidenhout, wat besluit het om die aangehoudene in
aanhouding te laat bly, verplig
was/
27
was om die redes waarom, en die inligting op
grond waarvan,
hy tot sy besluit geraak het, aan die hof te
openbaar,
en dat hy vanweë sy versuim om dit te doen nie redes
aange-
voer het waarom die aangehoudene nie vrygelaat moet
word
nie. Levy R het bygevoeg (1986(1) SA op 804 F-I) dat,
selfs
indien dit vir Bezuidenhout voldoende sou gewees
het
om te sê dat hy daarvan oortuig is dat die aangehoudene
'n
persoon is soos bedoel in art. 2 van Proklamasie AG
26
van 1978, hy dit nie doen nie, maar bloot sê dat
hy
daarvan oortuig is dat "the release of Josef Katofa
at
this time is not advisable."
Die hof het geen bevel met betrekking tot die versuim om aan die
bepalings van art. 5 en art. 6 van
Proklamasie/
28
Proklamasie AG 26 van 1978 te voldoen, gegee nie.
(Kyk 1986(1) SA op 806 H.) Wanneer ek dus hierna na die bevel
nisi
en die
bekragtiging daarvan verwys, bedoel ek slegs daardie gedeelte van die bevel wat
die appellante gelas het om redes aan te voer
waarom die aangehoudene nie
vrygelaat moet word nie.
Voordat ek die appellante se appèl
teen die bekragtiging van die bevel
nisi
behandel, bespreek ek eers twee
argumente wat deur mnr
Gauntlett
, namens die respondent, geopper is. Die
eerste, wat direk hierna bespreek word, is dat die bevel van die hof a
quo
nie appelleerbaar is nie.
Die/
29 Die tweede, wat ek daarna sal bespreek, is dat art.
2 van Proklamasie AG 26 van 1978 kragteloos geword het toe Proklamasie No.
R 101
op 17 Junie 1965 aangeneem is en dat die aangehoudene dus nie ná
dié datum ingevolge die bepaling van daardie
artikel aangehou kon gewees
het nie.
Mnr
Gauntlett
se eerste betoog kan soos volg
saamgevat word: die aansoek om die vrylating van die aangehoudene was 'n
habeas corpus
-aansoek; die beginsels van
habeas corpus
, 'n remedie
wat in die Engelse "common law" teen onregmatige gevangesetting verleen word, is
in ons reg opgeneem toe die Kaap in
1806 onder Britse bewind gekom het en het
sedertdien naas die
interdictum
de
libero homine exhibendo
in ons
reg bly voortbestaan; dit was tot betreklik onlangs 'n erkende reël van
habeas corpus
in die
Engelse/
30
Engelse reg dat wanneer die hof 'n
habeas
corpus
-aansoek toegestaan het, die persoon of liggaam teen wie die bevel
gegee is nie daarteen kon appelleer nie; hierdie reel van die Engelse
reg is in
1960 deur wetgewing afgeskaf; daar was geen dergelike wetgewing in Suid-Afrika
nie en gevolglik moet bevind word dat waar
daar - soos in die onderhawige geval
gebeur het - in 'n
habeas corpus
-aansoek beveel is dat iemand uit
aanhouding vrygelaat moet word, daar nie teen dié bevel geappelleer kan
word nie. Hierdie
betoog hou in dat die beweerde reël gesien moet word as
'n "wetsbepaling", soos bedoel in art. 21(1) van die Wet op die Hooggeregshof
No. 59 van 1959, wat die uitwerking het dat hierdie hof nie die bevoegdheid het
om 'n appèl teen die bevel van die hof a
quo
aan te hoor
nie.
Dit/
31 Dit blyk duidelik te wees dat daar in die
Engelse reg tot in 1960, toe die posisie deur wetgewing verander is (t.w. art.
15 van
die Administration of Justice Act, 1960), nie geappelleer kon word teen
'n hofbevel wat 'n
habeas corpus
-aansoek toegestaan het nie. Kyk bv.
Secretary of State for Home Affairs v. O'Brien
1923 AC 603
(HL);
Halsbury's Laws of England
, 4de uitg., band 11, para. 1505. Die vraag is
of gesê kan word dat hierdie reël deel van ons reg geword het toe,
soos
aangevoer is, die beginsels van die
habeas corpus
-leerstuk van die
Engelse reg in ons reg opgeneem is. Mnr
Gauntlett
het betoog dat dit wil
voorkom asof hierdie hof in die saak
Wood and Others v
.
Ondangwa
Tribal Authority and Another
1975(2) SA 294 aanvaar het dat die beginsels
van die Engelsregtelike
habeas/
32
habeas corpus
in ons reg opgeneem is en
dat dié remedie langs die
interdictum de libero homine exhibendo
in ons reg be-staan. Hy het ook aangevoer dat hierdie beginsels van die Engelse
reg in sekere vroeë sake, na sommige waarvan
in
Wood
se saak verwys
is, erken en toegepas is. Die advokaat het ons in hierdie verband verwys na
In re Willem Kok and Nathaniel Balie
1879 Buch. 45;
In re Marechane
(1882) 1 ZAR 32;
In re Fourie
17 SC 173
;
In re Cakijana and
Tobela
1908 NLR 193
en
Principal Immigration Officer and Minister of
Interior v. Narayansamy
1916 TPD 274.
In
Wood
se saak is
daar in die Hooggeregshof in Suidwes-Afrika deur drie applikante aansoek gedoen
óm 'n bevel wat twee Stamowerhede
moes belet om lyfstraf toe te pas op
persone wat lede of ondersteuners van sekere politieke
partye/
33
partye was, of wat daarvan verdink was dat hulle
lede of ondersteuners van daardie partye was. Daar is namens die Stamowerhede
aangevoer
dat die applikante nie
locus standi
gehad het om die aansoek te
doen nie. Die hof het die be-toog gehandhaaf op grond daarvan dat ons reg nie 'n
actio popularis
erken nie en dat 'n individu dus nie 'n geding in die
belang van die publiek aanhangig kan maak nie. Hierdie hof het (per Rumpff
HR)
bevind dat hoewel die
actio popularis
van die Romeinse reg in onbruik
geraak het, daar nogtans bevind moes word dat die applikante die nodige
locus
standi
gehad het om die aansoek te doen. Die hof het, toe hy tot hierdie
bevinding geraak het, daarop gewys dat, hoewel die actio
popularis
nie in
die Romeins-Hollandse reg be-
staan/
34 staan het nie, daar volgens Voet 43.29 nietemin
erken is dat dit vir enigiemand (
cuivis
ex
populo
) geoorloof was
om 'n
interdictum de libero homine exhibendo
aan te vra. Die aansoek in
Wood
se saak was nie 'n aansoek om so 'n
interdictum
nie aangesien
die persone wat die applikante wou beskerm nie in aanhouding was nie, maar die
hof het beslis dat die
locus standi
van die applikante nogtans erken moes
word omdat, soos Rumpff HR gesê het (op 312 E-F), "It would be quite
illogical, indeed
fatuous, to insist that appellants had to stay their hands
until the prospective victims were actually apprehended by respondents."
Rumpff
HR het hom, in sy bespreking van die vraag van die
loc
us
standi
van die appellante, op die
interdictum
de
libero homine exhibendo
beroep en het verwys na wat in Voet
43/
35 43.29 en
Dig
. 43.29.1, 3 en 4 daaroor
gesê word. Hy het verder daarop gewys dat in Gane se vertaling van Voet
daar in 'n voetnoot by 43.29
na drie gewysdes verwys word, nl.
Principal
Immigration Officer and Minister of Interior v
.
Narayansamy
,
supra
,
In re Marechane
,
supra
, en
In re Cakijana and
Tobela
,
supra.
Ek verwys 'n bietjie later weer na hierdie
sake.
In die loop van sy bespreking oor die kwessie van
locus
standi
het Rumpff HR (op 310 H) met betrekking tot "the
habeas corpus
of English law" 'n paragraaf in Halsbury,
Laws of England
, 3de uitg.,
band 11, para. 37, aangehaal waarin gesê word dat "Any person is entitled
to institute proceedings to obtain a
writ of
habeas corpus
for/
36 for the purpose of liberating another from illegal
imprison-
ment ".
Die uitspraak van Rumpff HR bied nie
grond vir die betoog dat hierdie hof in
Wood
se saak aanvaar het dat die
beginsels van die Engelsregtelike
habeas corpus
-remedie in ons reg
opgeneem is nie. Die hof het na die Engelse reg verwys bloot om aan te toon dat
in die -geval van 'n
habeas corpus
-aansoek, net soos in die geval van 'n
aansoek om 'n
interdictum
de
libero homine exhibendo,
die aansoek
deur enigiemand gedoen kan word. Die saak het bloot om die kwessie van
locus
standi
gegaan. Die vraag van die toelaatbaarheid van 'n appél teen
die ver-lening van 'n
interdictum
de
libero homine exhibendo
of 'n
habeas corpus
-bevelskrif was nooit ter sprake nie.
Die/.
37 Die vroegste gerapporteerde saak waarvan ek weet
waarin die hof hom oor die
interdictum de
l
ibero homine exhibendo
en
habeas corpus
uitgelaat het, is In re
Willem Kok and Nathaniel
Balie
1879 Buch 45, wat reeds hierbo vermeld is, Dit was 'n aansoek om die
vrylating van Kok en Balie, wat in 'n militêre fort -
na bewering as
krygs-gevangenes - aangehou is. De Villiers HR, met wie se uitspraak Fitzpatrick
R saamgestem het, het verwys na die
hof van eerste instansie se bevel dat die
twee persone voor die hof gebring moes word en dat die offisier in wie se
bewaring hulle
was die rede vir hulle aanhouding moes verstrek, en het in
verband daarmee gesê (op 60-61) dat hierdie bevel "analogous to
the writ
de
homine libero exhibendo
of/
38
of the Roman-Dutch Law" was. Hy het verder ook
gesê
(op 64): .
"It is unnecessary to consider the rights which under the Roman-Dutch law
free persons had to a release or to the writ de
homine libero exhibendo
,
for, in my opinion, the rights of the personal liberty, which persons within
this colony enjoy, are substantially the same, since
the abolition of slavery,
as those which are possessed in Great Britain. Where those rights are violated
this Court would at least
have the same power of restraining such violation as
the Supreme Court of Holland had to interdict the infringement without
sufficient
cause of the rights to personal liberty as understood by the
Roman-Dutch law."
Hieruit blyk dat De Villiers HR bedoel het
om die beginsels
van die
interdictum de libero
homine
exhibendo
van die Romeins-Hollandse reg
toe te pas, al
het hy dit nie nodig gevind om/die presiese inhoud
daarvan
in/
39 in te gaan nie omdat hy van oordeel was dat "the
rights of the personal liberty, which persons within this colony enjoy, are
substantially
the same .... as those which are possessed in Great Britain." Hy
het nie bevind dat die beginsels van die Engelsregtelike
habeas corpus
,
waarna hy nie by naam in sy uitspraak verwys het nie, deel van die reg van die
Kaapkolonie was nie. Die vraag van 'n reg van appél
teen 'n bevel wat 'n
interdictum
de
libero homine exhibendo
of 'n
habeas
corpus
-bevelskrif toegestaan het, was nooit ter sprake nie. Dwyer R, wat 'n
minder-heidsuitspraak geskryf het, het na die aansoek as 'n
aansoek om 'n "writ
of
habeas corpus
" verwys en het op grond van Engelse gewysdes (wat nie in
die uitspraak ver-meld word nie) beslis dat die aansoek afgewys moes
word
omdat/
40 omdat daar nie beweer was dat Kok en Balie Britse
onderdane was nie.
Die tweede oudste gerapporteerde saak waarvan ek
bewus is waarin die
interdictum
de
libero homine exhibendo
en
habeas corpus
ter sprake gekom het, was
In re Marechane
, waarvan
reeds hierbo melding gemaak is. Dit blyk uit die uitspraak dat die
"Staatsprocureur" in 'n vroeë stadium van die saak
getwyfel het of die hof
"macht had een order of bevelschrift uit te reiken van gelijken aard als een
writ van Habeas Corpus". Kotzé
HR sê hieroor in sy uitspraak dat hy
hierdie bevoegdheid van die hof nooit sou betwyfel het nie, maar dat die saak
nietemin
uitgestel is om die Staatsprocureur die geleentheid te gee om op
die
vraag/
41
vraag in te gaan. Op die uitgestelde dag, blyk
dit uit
Kotzé HR se uitspraak (op 35), het die Staatsprocureur
toe
"erken" dat daar wel "een rechtsmiddel in de Republíek
be-
staat van gelijksoortigen aard met het writ
Habeas
Corpus
".
Kotzé HR het verder o.m. gesê dat, waar Grotius, Van
Leeuwen
en Van der Linden nie inligting oor 'n vraag gee nie -
"vereischt onze locale Wet dat wij de praktijk van Zuid-Afrika moeten
volgen. Dus is het dat de gewijsden van het Hooggerechtshof
in de Kaapkolonie,
meestal gegrond op de beginselen van het Romeinsch Hollands Recht, aangehaald en
gevolgd worden in dit Hof."
Die geleerde Hoofregter het toe verwys na die uitspraak
van De Villiers HR in
In re Willem Kok en Nathaniel
Balie
,
supra
, en gesê (op 37) dat Voet 43.29 die aard van
die
"writ de
homine libero
verder behandeld ". Dit
ly
geen/
42 geen twyfel dat Kotzé HR bedoel het om
Romeins-Hollandse reg tóe te pas nie, en daar is niks in sy uitspraak wat
enigsins suggereer dat die beginsels van die Engelse remedie van
habeas
corpus
in ons reg opgeneem is nie. Die vraag van die toelaatbaarheid van 'n
appèl teen 'n bevel wat 'n
interdictum de libero homine exhibendo
verleen het, was nooit in
In re Marechane
ter sprake nie.
Wat
verdere vroeë beslissings betref, het De Villiers HR in
Sigcau v. The
Queen
(1895) 12 SC 256
op 263 na sy uitspraak in
In re Willem Kok and
Nathaniel Balie, supra
, verwys in verband met die reg "of every inhabitant
to protection against any illegal infraction of personal liberty". In die saak
In re Fourie
(1900) 17
SC/
43 SC 173
, waarna Mnr
Gauntlett
ons verwys het,
het Waarnemende Hoofregter Buchanan o.a. gesê (op 177): "Although we have
no
Habeas Corpus
Act, it has been fully established that our Courts have
ample authority in times of peace to restrain the violation of the right
of
personal liberty which is enjoyed by every subject of Her Majesty." Hierdie
uit-spraak bied geen gesag vir die betoog dat die
beginsels van die
Engelsregtelike
habeas corpus
in ons reg opgeneem is nie. Dit gee eerder
te kenne dat daar aan die Kaap 'n remedie bestaan het wat aan 'n persoon wie se
vryheid
hom op onregmatige wyse ontneem is dieselfde verligting as die
habeas
corpus
-remedie van die Engelse reg gebied het.
Die/
44
Die laaste van die vroeë uitsprake aan die
Kaap waarna ek wil verwys, is
In re Naudé and Others
(1901) 18 SC
75.
In daardie saak het Jones R gesê (op 86) dat die aansoek wat voor die
hof gedien het "to all intents and purposes similar to
an application for a writ
of Habeas Corpus in England, or de
homine libero exhibendo
of the
Roman-Dutch law" was, en hy het ook bygevoeg: ".... I take it that, as a rule,
in times of peace, we must follow the principles
laid down by the Chief Justice
in In re
Willem Kok and Nathaniel Balie
." Ook in hierdie saak is daar dus
blyke van 'n erkenning dat, hoewel die
habeas corpus
-prosedure en die
interdictum de libero homine exhibendo
dieselfde oogmerk het, die een 'n
remedie van die Engelse reg is, en die ander 'n remedie van die
Romeins-Hollandse
reg/
45 reg. Daar is geen suggestie dat die beginsels van
habeas corpus
in ons reg opgeneem is nie.
In die vroeë
Natalse saak waarna daar in
Wood
se saak verwys is en waarop mnr
Gauntlett
ons ook gewys het, nl.
In re Cakijana and Tobela
,
supra
, het Bale HR (op 199) gepraat van "the similarity between the
Habeas Corpus
process in England and the writ de
libero homine
exhibendo
", en, wat laasgenoemde betref, het hy (op 201) gewys op wat Voet
43.29 en
Dig
. 43.29 in verband daarmee sê. Die hof het dus gewys op
die ooreenkoms tussen die gemelde twee remedies, maar het terselfdertyd
aangedui
dat die een 'n remedie van die Engelse reg is, en die ander 'n remedie van
Romeins-Hollandse reg.
In/
46
In 'n vroeë Transvaalse saak,
Tonge v.
Governor
the '
of/Johannesburg Gaol
1903 TH 393
, het Mason R, met
verwy-
sing na die bogemelde sake
In re Marechane
en
In re
Willem
Kok and Nathaniel Balie
gesê (op 401): "It is
settled
law in South Africa that a writ analogous to the
habeas
corpus
may be issued by a superior
court ".
Die verwysing na "a writ analogous to the
habeas
corpus
"
was klaarblyklik 'n verwysing na die
interdictum de
libero
homine exhibendo
, en dit is duidelik dat
die geleerde regter
laasgenoemde as 'n regsmiddel wat 'n eie,
selfstandige
bestaan voer, gesien het.
Die laaste van die vroeë sake waarna mnr
Gauntlett
verwys het (en waarna daar ook in
Wood
se saak
verwys is), is die reeds hierbo gemelde saak
Principal
Immigration/
47
Immigration Officer and Minister of Interior
v. Narayansamy
.
In daardie saak het Wessels R in die
hof van eerste instansie
gesê (op 276):
"Apart from any legislative enactment, there
is an inherent right in every subject, and in
every stranger within the Union, to sue out
a writ of
habeas corpus
. This right is given
not only by English law, but also by the
Roman Dutch law. (De
libero homine exhibendo
.
Voet 43.29)".
Die hof het hier te kenne gegee dat hoewel die
habeas
corpus
-
bevelskrif en die
interdictum
de
libero homine
exhibendo
dieselfde verligting bied, die eerste 'n remedie van
die
Engelse reg is, en die tweede 'n regsmiddel van die
Romeins-Hollandse reg. Daar is geensins gesuggereer dat
die beginsels van
habeas corpus
in ons reg opgeneem is
nie.
Die/
48 Die vroeë sake waarna ek hierbo verwys het,
bied nie steun vir die betoog dat die beginsels van die Engelse reg aangaande
habeas corpus
in ons reg opgeneem is nie. En verder, soos sal blyk uit
wat hierbo met betrekking tot dié sake gesê is, het die vraag
van
die appelleerbaar-heid van 'n bevel wat 'n
interdictum
de
libero
homine exhibendo
, of 'n bevel van
habeas corpus
, toegestaan het,
nooit ter sprake gekom nie. Die indruk wat 'n mens by die lees van hierdie
vroeë sake kry, is dat dit die uitgangspunt
van die howe was dat hulle die
beginsels van die
interdictum
de
libero homine exhibendo
moes
toepas, maar dat hulle feitlik deurgaans ook verwys het na die
habeas
corpus
-remedie van die Engelse reg omdat aanvaar is dat die twee remedies in
dieselfde omstandighede toepassing vind en
dieselfde/
49 dieselfde oogmerk het.
In uitsprake van ons howe wat
gevolg het op die bogemelde vroeë sake, is daar ook niks te vind wat mnr
Gauntlett
se betoog, hierbo genoem, steun nie. In die meer resente sake
word daar eintlik minder met betrekking tot die reg gesê as wat
in sommige
van die vroee sake gesê is. In die bekende saak
Ganyile v. Minister of
Justice and Others
1962(1) SA 647 (OKA) vind 'n mens bv. bloot 'n aanhaling
van die passasie in die uitspraak van Wessels R in
Principal Immigration
Officer and Another v. Narayansamy
wat ek hierbo aangehaal het. Heel dikwels
vind 'n mens in die latere sake 'n herhaling van die stelling dat die een
remedie analoog
aan die ander is,
of/
50 of daarmee ooreenstem. Kyk bv.
Kauluma and
Others v
.
Minister of Defence and Others
1984(4) SA 59 (SWA),waar
gesê word (op 61 G) dat die
interdictum
de
libero homin
e
exhibendo
"in essence identical to the writ of
habeas corpus
in
English law" is, en ook (op 64 B) dat die
interdictum
"analogous to the
English writ of
habeas corpus
" is.
'n Betoog dat die Staat
nie kan appelleer teen 'n bevel wat 'n
interdictum
de
libero homine
exhibendo
verleen het nie, is in die saak
Minister of Home Affairs and
Another v. Dabengwa
1984(2) SA 345 deur die Hooggeregs-hof van Zimbabwe
verwerp. Die hof het in sy uitspraak o.m. verwys na 'n artikel ("A Note on
Habeas
Corpus") van Lord Goddard in die Law Quarterly Review van 1949 waarin
hy
betoog/
51
betoog dat die reël van die Engelse reg dat
daar nie teen
die verlening van 'n
habeas corpus
-bevel
geappelleer kan
word nie, nie voortgevloei het uit die bekende reel
van die
Engelse reg dat wanneer iemand eenmaal vrygespreek is
hy
nie weer in hegtenis geneem kan word nie, maar die
gevolg
was van 'n omstandigheid van bloot tegniese aard.
Lord
Goddard sê o.m. (op 35-36):
"The real reason for the finality of an Order of
Discharge appears to be that there was never
any method of appeal from the judgment of a
superior court, until the Common Law Procedure
Acts and the Judicature Act gave one, except
by means of proceedings in Error; and Error
did not lie in the case of a prerogative writ...
".
Mnr
Gauntlett
het betoog dat die Zimbabwiese hof fouteer
het deur die mening van Lord Goddard te volg aangesien
Engelse/
52 Engelse gewysdes toon dat die reël teen die
toelaat van 'n appèl teen 'n bevel wat 'n
habeas corpus
-aansoek
toestaan, 'n reël van die Engelse "common law" was, en nie bloot 'n
reël wat aan prosesregtelike oorwegings toe
te skryf was nie. My kennis van
die Engelse reg en regsgeskiedenis laat my nie toe om tot hierdie geskil toe te
tree nie. Ek vind
dit ook nie nodig om die aangeleentheid te probeer ondersoek
nie, want, al sou 'n mens aanvaar dat die ge-melde reël 'n reël
van
die Engelse "common law" was (soos deur mnr
Gauntlett
betoog), dan is
daar na my mening nog geen rede om te aanvaar dat daardie reel ooit deel van ons
reg geword het nie. Appèlle
wat teen die beweerde reël sou indruis,
is (soos in
Dabengwa
se saak aangedui is)
in/
53 in
Minister of the Interior v. Farmer
1914
TPD 130
en
Principal Immigration Officer and Minister of the Interior v.
Narayansamy
,
supra,
aangehoor, hoewel bygevoeg moet word dat die
respondente in daardie sake hulle nie op die be-weerde reël beroep het nie.
Hierdie
hof het ook onlangs sulke appèlle aangehoor. Kyk
Minister of
Law and Order v. Gumede and Others
1986(2) SA 756 en
Minister of Law and
Order v. Hurley and Another
1986(3) SA 568. Dit is waar dat die respondente
in hierdie twee appèlle hulle ook nie op die beweerde reël beroep
het
nie, maar my bevinding is, soos hierbo aangedui, dat daar nie so 'n reel in
ons reg bestaan nie. Na my mening behoort daar ook nie
aan so 'n reël
erkenning verleen te word nie. By 'n aansoek
om/
54
om 'n
interdictum
de
libero homine
exhibendo
, net soos by 'n aansoek om 'n
habeas corpus
-bevel, gaan dit
om die vraag of iemand sy vryheid sonder wettige rede ontneem is, en dit is
moeilik om te begryp waarom daar aan
net een van die partye wat by so 'n
aangeleentheid betrokke is die geleentheid gegun moet word om teen 'n bevel van
'n hof van eerste
instansie in hoer beroep te gaan.
Ek bespreek
vervolgens die betoog van die respondent dat die inwerkingtreding van
Proklamasie R 101 op 17 Junie 1985 die uitwerking
gehad het dat art. 2 van
Proklamasie AG 26 van 1978 kragteloos geword het en dat die appellante hulle dus
nie op daardie artikel
kan beroep vir sover dit die aanhouding van die
aangehoudene ná 17
Junie/
55
Junie 1985 betref nie. Die advokaat se betoog kan
soos
volg saamgevat word. Proklamasie R 101 van 1985 bevat,
in Aanhangsel 1 daarby, 'n "Handves van Fundamentele Regte
en
Doelstellinge". (Die opskrif van Aanhangsel 1 is:
"Fundamentele
Regte vervat in Handves van Fundamentele
Regte en Doelstellinge".)
In art. 2 van hierdie Handves
word o.m. verklaar: "Niemand mag vir
'n onbepaalde tyd
aangehou word sonder 'n billike en behoorlike
verhoor deur
'n hof nie." Art. 34 van Proklamasie R 101 van
1985,
wat op die vraag van die voortbestaan van wette
betrekking
het, lui soos volg:
"34. Behoudens die bepalings van hierdie Proklamasie of 'n ander wet bly
alle wette, met inbegrip van 'n wet wat kragtens Proklamasie
181/
56
181 van 1977 by proklamasie deur die
Administra-teur-generaal uitgevaardig is, wat in die ge-bied gegeld het
onmiddellik voor die
eerste byeenkoms van die Vergadering van krag vir sover dit
aldus gegeld het totdat dit deur 'n bevoegde gesag herroep of gewysig
word."
Die Handves is deel van Proklamasie R 101, en die woorde
"Behoudens die bepalings van hierdie Proklamasie" in art.
34
van die Proklamasie het dus die uitwerking dat 'n wet
wat strydig is
met die Handves uitgesluit is van die
wette wat kragtens art. 34 bly
voortbestaan. Art. 2 van
Proklamasie AG 26 van 1978, lui die betoog,
is strydig
met art. 2 van die Handves en is dus nie 'n
wetsbepaling
wat ingevolge art. 34 ná die inwerkingtreding
van
Proklamasie R 101 op 17 Junie 1985 bly voortbestaan het
nie/
57
nie. Hierdie siening oor die uitwerking van die
woorde "Behoudens die bepalings van hierdie Proklamasie" in art. 34 van
Proklamasie
R 101, lui die betoog verder, is in ooreenstemming met die
meerderheidsbeslissing van hierdie hof in
S. v. Marwane
1982(3) SA 717
aangaande die uit-werking van die woorde "Subject to the provisions of this
constitution" in art. 93(1) van die Republic
of Bophutatswana Constitution Act.
No. 18 van 1977.
Ek aanvaar, vir die doeleindes van die bespreking
van die betoog, dat die Handves as deel van Proklamasie R 101 beskou moet word,
en ook dat die verklaring in art. 2 van die Handves, nl. dat "Niemand mag vir 'n
onbepaalde tyd aangehou word sonder 'n billike en
behoorlike verhoor
deur/
58 deur 'n hof nie", strydig is met die bepalings van
art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978. Ek stem egter nie saam met mnr
Gauntlett
se betoog met betrekking tot art. 34 van Proklamasie R 101 nie.
Daar is na my mening verskeie artikels in Proklamasie R 101, nl.
artikels 3, 11
en 19, waaruit blyk dat die woorde "Behoudens die bepalings van hierdie
Proklamasie" in art. 34 nie die betekenis
en uit-werking kan hê wat deur
die advokaat voorgestaan word en wat in die meerderheidsuitspraak in
S. v.
Marwane
,
supra
, daaraan toegeskryf is nie. Art. 3(2)(a) bepaal dat
die Wetgewende Vergadering van die gebied nie bevoeg is om 'n wet te
maak
wat/
59
"wat enige fundamentele reg ophef, inkort of aan
afbreuk
doen" nie. ('n "Fundamentele reg" is'n fundamentele
reg
soos beoog in enige van die 11 artikels van die
Handves:
kyk art. 1(1) van Proklamasie RlOl.) Art. 3(3)
bepaal
soos volg:
'3.(3) Die bepalings van paragraaf (b) van sub-artikel (2) word nie so
uitgelê nie dat dit die Vergadering belet om die bepalings
van die een of
ander wet -
wat in die gebied gegeld het onmiddellik voor die eerste byeenkoms van
die Vergadering;
wat 'n fundamentele reg ophef, inkort of aan afbreuk doen; en
wat die veiligheid van die gebied ten doel het,
op so 'n wyse te wysig dat laasgenoemde bepalings so 'n fundamentele reg
in 'n mindere mate ophef, inkort of aan afbreuk doen nie,
of om so 'n wet te
herroep en om die bepalings daarvan in 'n
ander/
60
ander wet wat sommige van die aldus herroepe
bepalings op so 'n wyse wysig dat dit 'n fundamentele reg in 'n mindere mate
ophef, inkort
of aan afbreuk doen, te herverorden."
In hierdie art. 3(3) is daar nie blyke van 'n bedoeling
dat
'n bestaande wetsbepaling (soos art. 2 van Proklamasie
AG 26 van
1978) wat 'n fundamentele reg ophef, inkort of
aan afbreuk doen en
wat die veiligheid van die gebied ten
doel het met die
inwerkingtreding van Proklamasie R 101
kragteloos sou word nie, maar
wel van 'n bedoeling dat so 'n
wet sou bly voortbestaan en deur die
Wetgewende Vergadering
gewysig sou ko.n word in die mate wat in die
laaste paar
reëls van die subartikel aangedui word. Art. 11
van
Proklamasie R 101 bepaal o.m. dat een van die nege
staande
komitees/
61
komitees van die Wetgewende Vergadering "elke
wet" wat voor
die eerste byeenkoms van die Wetgewende Vergadering
(d.w.s. op 17 Junie 1985: kyk art. 9) in die gebied gegeld het
en
wat 'n fundamentele reg ophef, inkort of aan afbreuk doen, moet oorweeg en dat,
indien hy van oordeel is dat 'n wet "herroep of
gewysig behoort te word vir
sover dit 'n fundamentele reg ophef, inkort of aan afbreuk doen", hy daaroor aan
die Wetgewende Vergadering
verslag moet doen en vir dié doel 'n
wetsontwerp kan voorlê. Hierdie bevoegdheid van die staande komitee om
verslag
te doen oor 'n wet wat 'n fundamentele reg ophef, inkort of aan afbreuk
doen indien dit na sy oordeel herroep of gewysig behoort
te word, veronder-stel
dat so 'n wet ná 17 Junie 1985 bly voortbestaan het en is strydig met die
suggestie dat dit ingevolge
die
bepalings/
62
bepalings van art. 34 kragteloos geword het toe Proklamasie
R
101 op 17 Junie 1985 in werking getree het. Volgens art. 19(2) kan die Kabinet
die vraag of 'n wet wat voor 17 Junie 1985 gegeld
het 'n fundamentele reg ophef,
ens., aan die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika vir beredenering en beslissing
laat voorlê, en
art. 19(3) bepaal dat indien die hof besluit dat so 'n wet
wel 'n fundamentele reg ophef, ens., die Kabinet dan die betrokke bestaande
komitee van die Wetgewende Vergadering moet vra om die wet te oorweeg en aan hom
verslag te doen oor die vraag of die wet "herroep
of gewysig behoort te word."
Art. 19(3) is strydig met die suggestie dat 'n wet wat by die inwerkingtreding
van Proklamasie R 101
bestaan het en wat 'n fundamentele reg
ophef/
63
ophef, ens., vanweë die werking van art. 34
kragteloos geword het. Die bepaling dat verslag gedoen moet word oor die vraag
of
so 'n wet "herroep of gewysig" behoort te word, veronderstel dat die wet nog
bestaan en is nie te rym met die gedagte dat dit vanweë
die werking van
art. 34 met die inwerkingtreding van Proklamasie R 101 kragteloos geword het
nie.
Uit bostaande volg dat na my mening art. 2 van Proklamasie AG
26 van 1978 ná die inwerkingtreding van Proklamasie R 101 van
17 Junie
1985 bly voortbestaan het en dat die woorde "Behoudens die bepalings van hierdie
Proklamasie" nie die bepalings van die
Handves insluit nie. Die woorde sal op
daardie bepalings in die
Proklamasie/
64
Proklamasie waarin wetgewing gewysig
of herroep word nl. artikels 36, 37 en 38, betrekking hê.
Dit
volg uit wat ek hierbo gesê het dat die menings wat Levy R in sy uitspraak
in die onlangse saak van
The State v. Andreas Heita and Others
(gelewer
op 14 Oktober 1986 in die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika) na aanleiding van
die bogemelde Handves oor die betekenis ên
uitwerking van art. 34 van
Proklamasie RlOl van 17 Junie 1985 uitgespreek het, onjuis is.
Ek bespreek vervolgens die appellante se appèl teen
die hof a
quo
se bekragtiging van die bevel
nisi
, d.w.s.
daardie/
64(a) daardie deel van die bevel
nisi
wat
die appellante gelas het om redes aan te voer waarom die aangehoudene nie
vrygelaat moet word nie. Mnr
Hugo
, namens die appellante, het betoog dat
die hof a
quo
fouteer het toe dit die bevel
nisi
uitgereik het, en
dus ook toe dit daardie bevel bekragtig het. Wat die uitreik van die bevel
betref, lui die betoog dat die hof a
quo
verkeerdelik bevind het dat dit
nie vir die Administrateur-Generaal voldoende was om te verklaar dat hy daarvan
oortuig was, en is,
dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in art. 2 van
Proklamasie AG 26 van
1978/
65 1978 nie, maar dat hy die redes vir sy oortuiging
aan die hof moes verstrek sodat die hof kon oordeel of daardie redes die
aanhouding
van die aangehoudenes redelikerwys kon re-verdig. Kyk 1985(4) op 221
J-222 E en 224
i.f.
-225 A. Wat die hof a
quo
se bekragtiging van
die bevel
nisi
betref, kom mnr
Hugo
se betoog op die volgende
neer: Die Administrateur-Generaal se bevel dat die aangehoudene aange-hou moes
word, was'nwettige bevel;
die aangehoudene moes daarna, ingevolge die bepalings
van art. 3(3) van Proklma-masie AG 26 van 1978, aangehou word "totdat die
Administrateur-Generaal
sy vrylating gelas"; die aanhouding van die aangehoudene
sou dus geldig bly totdat die Administrateur-Generaal in die uit-
oefening/
66 oefening van die diskresie wat deur art. 3(3)
aan hom ver-leen word, sou besluit om hom vry te laat; hierdie diskresie, wat
deur
art. 3(3) aan die Administrateur-Generaal verleen is, het ingevolge die
bepalings van Proklamasie R 101 van 1985 op die Kabinet oorgegaan;
die
verklaring van mnr Bezuidenhout, die voorsitter van die Kabinet, dat "I am
satisfied on reading of all theavailable information
that the release of Josef
Katofa at this time is not advisable", toon dat die Kabinet nog nie die
diskresie wat daar op hom oorgegaan
het om oor die aangehoudene se vrylating te
be-sluit, uitgeoefen het nie, en dat dit derhalwe nie gesê kan word dat
die aanhouding
van die aangehoudene, wat oorspronklik op wettige wyse geskied
het, op enige tydstip daarna ongeldig geword het nie.
Uit/
67
Uit hoofde van die oorwegings wat ek hiema noem, stem ek
saam met die betoog dat die hof a
quo
nie die bevel
nisi
moes
verleen het nie, maar ek meen nietemin, soos ook hier-onder aangetoon sal word,
dat die hof vanweë die inhoud van mnr Bezuidenhout
se verklaring tereg
beslis het dat die aangehoudene vrygelaat moes word.
Ek aanvaar, vir
die doeleindes van die appèl, dat die hof a
quo
korrek was toe dit
bevind het (kyk 1985 (4) op 221 A-E) dat daar 'n
onus
op die
Administrateur-Generaal gerus het om sy bevel dat die aangehoudene aan-gehou
moes word, te regverdig. (Vgl.
Brand v. Minister of Justice and Another
1959(4) SA 712(A) op 714 H-F;
Minister of Law and Order v. Hurley and
Another
1986(3) SA 568(A) op 589 D-E.) Die vraag is egter, soos Levy R tereg
aangedui
het/
68 het (1985(4) op 221 F-G), wat die
Administrateur-Generaal geroepe was om in sy beëdigde verklaring te
sê om hom van
daardie
onus
te kwyt. Levy R se mening hieroor blyk
uit die volgende uittreksel uit sy uitspraak (in 1985(4) op 221
I-
222 E):
"To be 'satisfied' the Administrator-General must have reason to be
satisfied. In other words objective reasonable grounds must exist
to make him
satisfied and he must apply his mind to the consideration thereof. (See
Sigaba v
.
Minister of Defence and Police and Another
1980 (3) SA
535
(Tk) and cases there collected and
Secretary of State for Education and
Science v
.
Tameside Metropolitan Borough Council
1977 AC
1014.)
The question is whether or not the Administrator-General is obliged to
divulge these reasons to the Court to justify the detention
and whether the
Court is entitled to consider whether they do in law justify the detention. In
terms of s 4(2) of the proclamation
the Administrator-General, subject to his
not having to disclose
information /
69
information detrimental to public policy, is obliged to give those
reasons to the detainee himself. Similar provisions to this are
not to be found
in the legislation considered in those cases which have come before the Courts
in the Republic of South Africa. One
of the objects of s 4(2) is to enable the
detainee to ascertain whether there are grounds for his detention. If the
detainee himself
is entitled to the reasons for his detention why should the
Court not be? The proclamation provides in considerable detail for the
establishment of a review committee and for the procedure to be pursued by a
detainee for the review of his case.
The proclamation thereafter provides specifically:
'No court of law shall have jurisdiction to pronounce upon the functions
or recommendations of the review committee.'
A
fortiori
, the proclamation recognises the right of the Court to
pronounce on all other matters concerning or arising from the proclamation
or
the application thereof. Even if the afore-going provisions (s 4(2) and 7(4)
(d)) did not exist in Proc 26 of 1978, I am persuaded
by the
authorities/
70
authorities that the detainee is entitled to ask
the Court for his release and, unless the Administrator-General can show some
legal
cause for his detention, it is '
bound
to grant it' (to quote
WESSELS J in
The Principal Immigration Officer
case
supra)
. The
mere
ipse dixit
of the Administrator-General would therefore not be
sufficient for the Court would not be able to judge therefrom whether legal
grounds
do exist."
Ek kan met hierdie sienswyse nie saamstem nie. Ek
aanvaar
dat, om daarvan oortuig te gewees het dat die
aangehoudene
'n persoon is soos bedoel in art. 2 van Proklamasie AG
26
van 1978, die Administrateur-Generaal 'n rede,of
redes,
vir sy oortuiging moes gehad het, maar dit beteken
nog
nie dat hy dié rede(s) aan die hof moes verstrek het
sodat
die hof dit kon oorweeg om te kyk of dit redelikerwys
tot sy oortuiging kon gelei het nie. Die vraag of sy
rede(s)/
71 rede(s) wel aldus beregbaar is, hang af van wat
die wetgewer in dié verband bedoel het, en dié bedoeling moet in
die woorde van die betrokke wetsbepalings gesoek word. Levy R het hom beroep op
Sigaba v. Minister of Defence and Police and Another
1980(3) SA 535 (Tk)
en die sake daar genoem, asook op
Secretary of State for Education and
Science v. Tameside Metropolitan Borough Council
1977 AC 1014.
(Kyk 1985(4)
op 221 I). In
Sigaba
se saak, waar dit gegaan het oor die aanhouding van
die appellant se eggenoot inge-volge die bepalings van art. 47(1) van die
Transkeise
Public Security Act No. 30 van 1977, was die relevante woorde "if he
has reason to believe." Die hof het bevind dat die wetgewer
met hierdie woorde
bedoel het dat die hof ondersoek kon instel na die vraag of die polisiebeampte
wat die
aangehoudene/
72
aangehoudene in hegtenis geneem het redelike gronde gehad
het vir sy geloof dat die aangehoudene 'n misdaad ingevolge die wet gepleeg
het.
Daar is al in verskeie gevalle be-slis dat waar iemand deur 'n wet gemagtig word
om die een of ander besluit te neem "if he
has reason to believe" dat sekere
feite of omstandighede bestaan en hy dan so 'n besluit neem, die redes vir sy
besluit objektief
- d.w.s. deur die hof - beregbaar is. Kyk bv. die onlangse
saak
Minister of Law and Order v. Hurley and Another
,
supra
, waar
hierdie hof 'n dergelike inhoud aan die woorde "if he has reason to believe" in
art. 29(1) van die Wet op Binnelandse Veilig-heid
No. 74 van 1982, gegee het
nadat o.m. daarop gewys is dat die wetgewer daarmee 'n ander toets wou geskep
het as
met/
73 met die woorde "if in his opinion there is reason to
apprehend" in art. 28(1)(c) van dieselfde wet. Laasge-noemde woorde, het hierdie
hof gesê, is "in subjective terms" en skep 'n "subjective test". (Kyk op
578 I-579 D van die hofverslag.) In art. 2 van Proklamasie
AG 26 van 1978 het
die wetgewer egter nie die woorde "if he has reason to believe" gebruik nie,
maar wel die woorde "if the Administra-tor-General
is satisfied" ('ïndien
die Administrateur-Generaal oortuig is"), en die hof a
quo
het nie
aangedui waarom hy gemeen het dat gewysdes wat oor die woorde "if he has reason
to believe" gegaan het as gesag vir die betekenis
van die formule "if he is
satisfied" moet dien nie. Hy het ook nie aangedui waarom hy nie verwys het na
gewysdes waar die
formule/
74 formule "if he is satisfied" pertinent ter
sprake was nie. Daar is al meermale bevind, ook in beslissings van hierdie hof,
dat
wanneer 'n wet iemand magtig om die een of ander handeling te verrig of die
een of ander besluit te neem wanneer hy van die bestaan
van die een of ander
feit of omstandigheid oortuig ("satisfied") is en hy dan 'n besluit neem of 'n
handeling verrig omdat hy aldus
oortuig is, die redes vir sy oortuiging nie
objektief beregbaar is nie. Dit beteken nie dat so 'n persoon se beslissing nie
aange-veg
kan word nie. Dit kan wel aangeveg word, maar slegs op sekere beperkte
gronde, soos aangedui in die bekende saak
Shidiack v. Union Government
(Minister of the Interior
)
1912 AD 642
, waarna ek hieronder verder
verwys.
Wat gewysdes betref waarin daar aan die woorde
"if/
75
"if he is satisfied" 'n betekenis gegee is soos
hierbo genoem,
verwys ek hieronder na enkele beslissings van hierdie
hof.
In
Shidiack
se saak
supra
, waar dit gegaan
het
oor die vraag of iemand 'n aansoek om toelating tot
die
land ingevolge die Cape Immigration Act, 1906 "to
the
satisfaction of the Minister" voltooi het, het die hof
(per Innes ACJ) die volgende gesê (op 651-652):
"The decision of the Minister being essential, it becomes necessary to
consider the circumstances under which the Courts can properly
question his
decision. Now it is settled law that where a matter is left to the discretion or
the determi-nation of a public officer,
and where his dis-cretion has been
bona fide
exercised or his judgment
bona fide
expressed, the Court
will not interfere with the result. Not being a judicial functionary no appeal
or review in the ordinary sense
would lie; and if he has duly
and/
76
and honestly applied himself to the question
which has been left to his discretion, it is impossible for a Court of Law
either to
make him change his mind or to substitute its conclusion for his own.
This doctrine was recognised in
Moll v. Civil Commissioner, Paarl
(14
S.C. at p. 468); it was acted upon in
Judes vs. Regi
s-
trar of Mining
Rights
(1907, T.S., p. 1046); and it was expressly affirmed by this Court in
Nathalia vs. Immigration Officer
(1912, A.D. 23).
There are circumstances
in which interference would be possible and right. If for instance such an
officer had acted
mala fide
or from ulterior and improper motives, if he
had not applied his mind to the matter or exercised his discretion at all, or if
he
had disregarded the express provisions of a statute - in such cases the Court
might grant relief. But it would be unable to interfere
with a due and honest
exercise of discretion, even if it considered the decision inequitable or
wrong."
En ook (op 653):
"No doubt there are reasons why it is desirable that the Court should
have power to inquire into the merits of such decision. But
if the language of
the statute prevents that, there is
no/
77
no justification for the Court arrogating to itself a jurisdiction of
which it has been deprived."
In
Union Government (Minister of Mines and
Industries) v. Union Steel Corporation (South Africa) Ltd
1928 AD 220
, waar dit om die betaling van sekere premies
("bounties") gegaan het indien die Minister van sekere feite
oortuig ("satisfied") was, het De Villiers AR (op 234) na
die
Minister se diskresie as "free and unfettered" verwys,
terwyl
Stratford AR o.m. gesê het (op 237):
"It is quite beyond the powers of a Court of Law to say on what evidence
the Minister
should be satisfied and on what he should not".
In
Sachs v. Minister of Justice
1934 AD 11
het dit gegaan oor die
geldigheid van 'n kennisgewing wat die Minister kragtens art. 1(12) van die
Oproerige
Bijeenkomsten/
78 Bijeenkomsten en Krimineel Recht Wijzigingswet No. 27 van
1914 uitgereik het. Die subartikel het o.m. bepaal:
"Whenever the Minister is satisfied that any person is in any area
promoting feelings of hostility between the European inhabitants
of the Union on
the one hand and any other section of the inhabitants of the Union on the other
hand, he may by notice under his
hand, addressed and delivered or tendered to
such person prohibit him .... from being within any area defined in such notice:
....".
Daar is o.m. betoog dat die kennisgewing ongeldig was
omdat
die Minister se bevoegdheid beperk was tot sodanige
persone "as are
actively and publicly and directly promoting
feelings of hostility."
Stratford Wnd HR het hieroor ge-
sê (op 37-38):
"This argument entirely ignores the words 'whenever the Minister is
satisfied' which leaves the selection of the individual on whom
he serves notice
entirely to his discretion. If he is satisfied that such individual is promoting
feelings of hostility he can validly
serve the notice on him whether in fact he
is promoting hostility or not. The appellant's
contention/
79
contention involves an enquiry on, and the
determination of, a question of fact which would defeab the whole object of the
section
and render prompt action impossible. The only question of fact with
which the Court is concerned is whether the Minister was satisfied."
Nog 'n beslissing van hierdie hof waarin bevind is dat die woorde "if he
is satisfied" op 'n subjektiewe oortuiging dui wat nie deur
die hof beregbaar is
nie,is
Winter and Others v. Aministrator-in-Executive
Co
mmittee and
Another
1973(1) SA 873.
Ek wys ook op enkele uitsprake van Engelse howe waarin daar gesê is
dat die formule "if he is satisfied" op 'n "unlimited discretion"
dui wat,
indien dit
bona fide
uitgeoefen word, nie objektief beregbaar is nie.
In
Liversidge
/
8()
Liversidge v. Anderson and
Another
(1941)3 All ER 338 (HL)
het dit gegaan om reg. 18 B van die Defence (General)
Regulations, 1939 wat soos volg gelui het:
"If the Secretary of State has reasonable cause to believe any person to
be of hostile origin or associations or to have been recently
concerned in acts
prejudicial to the public safety or the defence of the realm or in the
preparation or instigation of such acts
and that by reason thereof it is
necessary to exercise control over him, he may make an order against that person
directing that
he be detained."
Vier lede van die hof het bevind dat die woorde "If
the
Secretary of State has reasonable cause to believe"
'n
subjektiewe toets skep endat indien die gemagtigde 'n
bevel
uitgereik het teen iemand wat na sy oortuiging 'n
persoon
was/
81 was soos in die regulasie bedoel, sy beslissing
nie objektief beregbaar was nie. Die vyfde lid van die hof, Lord Atkin, het van
hierdie mening verskil, en howe in Engeland aanvaar vandag dat die
meerderheidsmening oor die vraag verkeerd was en dat Lord Atkin
s'n korrek was.
Lord Atkin het beslis dat die woorde op 'n objektiewe toets dui, en dat 'n hof
gevolglik geregtig was om te kyk of
die feite waarop die gemagtigde gesteun het,
redelike gronde vir sy geloof gebied het. (Kyk 353 G-H.) In sy bespreking van
die aangeleentheid
het Lord Atkin die woorde "If the Secretary of State has
reasonable cause to believe" gekontrasteer met woorde soos "if he is satisfied".
Laasgenoemde formule, het hy gesê, dui op 'n "unlimited", of
"unqualified", diskresie (kyk 354) wat, indien dit
bona fide
uitgeoefen
word/
82.
word, nie objektief beregbaar is nie. Waar so 'n toets geld, het
Lord Atkin ook gesê, hoef die gemagtigde nie die redes vir sy
be-
slissing voor die hof te lê nie, en is dit vir hom voldoende om
te
sê dat hy sy bevoegdheid uitgeoefen het. Hy het in hierdie
ver-
band o.m. gesê (op 363 B-C).
"Of course, if the subjective theory is right and the Secretary of State
has indeed unconditional power of imprisonment, it is enough
for him to say that
he exercised the power".
(Ek is nie onbewus van wat Lord Denning in
Secretary of State for
Education and Science v. Tameside Metropolitan Borough Council
,
supra
, op 1024 G- 1025 C oor Lord Atkin se mening oor die begrip
"satisfied" gesê het nie).
In die betreklik onlangse saak
Zamir v. Secretary of State for the Home Department
(1980)2 All ER 768
(HL) het Lord Wilberforce in die loop van sy uitspraák (op 772 d-e) te
kenne gegee dat die formules "in
the opinion of the Secretary of State" en "the
Secretary of State must
be/
83
be satisfied" 'n subjektiewe toets skep wat inhou
dat daar nie ingegaan kan word op die vraag of daar feite bestaan het wat die
opinie
of oortuiging van die gemagtigde reg-verdig nie.
Wat gewysdes
in ander gebiede betref, verwys ek ten slotte na wat daaroor gesê word in
'n artikel waarop ons aandag gevestig
is, nl. "Control of executive discretion
under preventive detention law in Zambia", deur Collins Parker, in (1980) XIII
CILSA, op
159-176. Volgens dié artikel vertolk die howe in Zambië,
op grond van Engelse beslissings, die woorde "If the President
is satisfied",
wat in sekere veiligheidswetgev.ing voorkom, as woorde wat op "a subjective
satisfaction of the President" dui en
wat "not subject to judicial inquiry" is.
Die skrywer verwys
o.a./.....
84 o.a. na die saak
Harry Nkumbula v Attorney-General
(1972) Z R 204
op 209 waar bevind is
dat 'n beslissing wat gegee is kragtens 'n bevoegdheid wat uitgeoefen kan word
"if the President is satisfied"
nie in 'n hof aangeveg kan word nie, behalwe as
dit op grond van
mala fides
en sekere ander beperkte gronde aangeval
word.
Vir sy bogemelde mening dat die Administrateur-Generaal redes
vir sy aanhouding van die aangehoudene moet gee, het Levy R steun gevind
in die
feit dat art. 4(2) van Proklamasie AG 26 van 1978 bepaal dat die
Administrateur-Generaal redes vir die aanhoudingsbevel aan
die aangehoudene moet
gee. Aangesien die aangehoudene op redes geregtig is, sê die geleerde
regter, waarom dan nie ook die
hof nie? Na my mening steun die inhoud van art.
4(2) nie die hof se
vertolking/
85
vertolking van art. 2 van die Proklamasie nie.
Dit is wel so dat 'n aangehoudene die Administrateur-Generaal die redes vir sy
aanhouding
kan vra, maar dit beteken nie dat die Administrateur-Generaal verplig
is om dit aan hom te verstrek as hy nie daarom vra nie. En,
wat betref die vraag
wat die hof gevra het (op 222 B-C), sou 'n mens net so goed kon vra of 'n
aangehoudene, wat die reg het om die
redes vir sy aanhouding aan te vra en dit
nie doen nie, met reg kan sê dat sy aanhouding ongeldig is omdat die
Administra-teur-Generaal
nie vanself sy redes vir die aanhouding aan die hof
gegee het nie. Daar kan ook op gewys word dat die Administrateur-Generaal in
sy
beantwoordende verklaring gesê het dat indien 'n versoek tot hom gerig sou
word, "redes
ter/
86 ter voldoening van art. 4(2) verstrek (sal) word."
Daar is nie op hierdie aanbod gereageer nie. In hierdie verband kan ook bygevoeg
word dat die respondent nie in sy stukke voor die hof beweer het dat die
Administrateur-Generaal se aanhoudingsbevel ongeldig is
omdat hy nie redes vir
die bevel verstrek het nie.
Levy R het ook in 'n verdere bepaling
van Pro-klamasie AG 26 van 1978 steun vir sy mening gevind, t.w. die bepaling in
art. 7(4)(d)
dat geen geregshof bevoeg is om uitspraak te doen oor die
werksaamhede of aanbevelings van die hersieningskomitee nie. Hierdie bepaling,
sê die geleerde regter, erken ("recognises") die reg van die hof om hom
oor alle ander aangeleenthede in verband met die proklamasie
uit te spreek. Ek
kan geen sodanige erkenning
in/
87 in die bepaling sien nie. Die bepaling het net op die
funksies en aanbevelings van die hersieningskomitee betrek-king en werp geen
lig
op die betekenis van art. 2 van die Proklamasie nie.
In die lig van
wat hierbo met betrekking tot die uitspraak van Levy R gesê is, is dit nie
nodig om die uitspraak van Berker
RP in besonderhede te bespreek nie. Ek verwys
net na die steun wat hy vir sy standpunt vind in die passasies in die uitspraak
van
Lord Dennihg en Lord Wilberforce in
Secretary of State for Education and
Science v. Tameside Metropolitan Borough Council
,
supra,
wat in
1985(4) SA op 224 B-E aangehaal word. Ek stem nie saam met die suggestie in die
aangehaalde passasies dat wanneer 'n wet 'n
besiissing aan die subjektiewe
oordeel van iemand
oorlaat/
88
oorlaat, daardie oordeel alleen op die evaluering
van feite
betrekking het, en nie ook op die vraag van die bestaan
van
die betrokke feite nie. 'n Mens moet in elke
besondere
geval vasstel wat die bedoeling van die wetgewer
is.
Die wetgewer kan immers, indien hy wil, sowel die vraag
of
sekere feite bestaan as die evaluering van die feite aan
die
subjektiewe oordeel van 'n persoon oorlaat. Kyk bv.
wat
in die hierbo aangehaalde passasies in
Union
Government
(Minister of Mines and Industries)v. Union Steel
Corporation
(South Africa) Ltd
en
Sachs v. Minister of Justice
aan-
gaande die bevoegdheid van die betrokke Minister gesê
is.
In die onderhawige saak het die wetgewer dit na my mening
aan die Administrateur-Generaal oorgelaat om op grond van
sodanige feite as wat hy relevant en voldoende ag, te
besluit
of iemand 'n persoon is soos bedoel in art. 2 van
Proklamasie/.....
89 Proklamasie AG 26 van 1978.
Soos ek hierbo gesê het, aanvaar ek dat daar
'n
onus
op die Administrateur-Generaal gerus het om aan te toon dat sy
besluit om die aangehoudenes te laat aanhou, geldig was. Die hof a
quo
se
bevinding in hierdie verband was dat die Administrateur-Generaal se verklaring -
sy
ipse dixit
, het die hof a
quo
dit genoem - dat hy daarvan
oortuig was dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in art. 2 van
Proklamasie AG 26 van 1978 nie
voldoende is nie, en dat hy die redes vir sy
oortuiging - en, volgens Berker RP (op 224
i.f
.-225 A), ook die inligting
op grond waarvan hy besluit het - moes verstrek het sodat die hof kon bepaal of
die redes (en inligting)
redelike gronde vir sy beweerde oortuiging bied. Ek kan
nie met hierdie siening van die
saak/
90
saak saamstem nie. Indien my bevinding, soos hierbo
genoem, dat die Administrateur-Generaal nie verplig is om sy redes aan die hof
te openbaar nie, korrek is, volg dit na my mening logies dat, waar hy nie op
grond van
mala fides
of een van die ander gronde wat in
Shidiack
se saak,
supra
, genoem word, aangeval word nie, dit vir hom voldoende is
om hom van die bogemelde
onus
te kwyt as hy sê dat hy die
aangehoudene laat aanhou het omdat hy oortuig is dat hy 'n persoon is soos
bedoel in art. 2 vah
Proklamasie AG 26 van 1978. In hierdie verband kan verwys
word na die passasie in
Sachs v. Minister of Justice
wat ek hierbo
aangehaal het en waar hierdie hof o.a. gesê het (op 38): "The only
question of fact with which the Court is concerned
is whether the Minister was
satisfied." Ek wys ook weer eens op wat
Lord/
91
Lord Atkin in sy uitspraak in
Liversidge v. Anderson
and Another
,
supra
, op 363 B-C, gesê het met betrekking tot wat
die geval sou gewees het indien die Secretary of State se beslissing van sy eie
subjektiewe oordeel sou afgehang het, nl.:
"Of course, if the subjective theory is right
and the Secretary of State has indeed unconditional power of
imprisonment, it is enough for him to say that he exercised the power."
Ek is dus van mening dat die Administrateur-
Generaal hom van
die bogemelde bewyslas gekwyt het toe hy
verklaar het dat hy die
aangehoudene laat aanhou het omdat
hy daarvan oortuig is dat hy 'n
persoon is soos bedoel in
art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978. Hieruit volg dat
die/
92
die hof a
quo
na my mening nie die bevel
nisi
moes verleen
het nie.
Mnr
Hugo
het betoog dat indien die bevel
nisi
verkeerdelik uitgereik is, daar geen geldige bevel was wat die hof a
quo
op die keerdag kon bekragtig het nie. Die argument klink logies: 'n
hof kan nie 'n ongeldige bevel geldig maak deur dit te bekragtig
nie. 'n Mens
het egter met ietwat eienaardige feite in hierdie saak te doen, enek meen dat
die hof a
quo
tereg besluit het dat die aangehou-dene vrygelaat moes
word, al was dit, soos ek die saak sien, tegnies nie korrek om die bevel
nisi
wat vroeer uit-gereik was, te bekragtig nie. Die wesenlike vraag
waarom die saak gegaan het, was die geldigheid al dan nie van die
aanhouding/
93
aanhouding van die aangehoudene. Hierdie
aanhouding was 'n deurlopende daad wat op 14 November 1984 begin het en op die
keerdag nog
voortgeduur het. Dit volg derhalwe dat indien die aanhouding ten
tyde van die keerdag ongeldig was, die aangehoudene op sy vrylating
geregtig
was, al sou sy aanhouding aanvanklik geldig gewees het. Die
Administrateur-generaal het in sy beëdigde verklaring gesê
dat hy die
aangehoudene laat aanhou het omdat hy daarvan oortuig was dat hy 'n persoon is
soos bedoel in art. 2 van Proklamasie AG
26 van 1978 en dat hy op die datum van
sy verklaring (17 Junie 1985) nog steeds van dieselfde oortuiging was. Na my
mening, soos
hierbo aangedui, moet op grond van hier-die verklaring bevind word
dat die aanhouding van die aange-
houdene/
93 (a)
houdene tot op laasgenoemde datum ooreenkomstig die
bepalings van art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978 geskied het en dus geldig
was. Die bevoegdheid van die Administrateur-Generaal met betrekking tot die
aanhouding van persone het ingevolge Proklamasie R 101
op 7 Junie 1985 op die
Kabinet oorge-gaan, en die vraag van die geldigheid van die aanhouding van die
aangehoudene vanaf daardie
datum moet gevolglik in die lig van die verklaring
van mnr Bezuidenhout, die voorsitter van die Kabinet, bepaal word. Mnr
Bezuidenhout
sê in sy verklaring dat hy die stukke wat op die geval
be-trekking het, gelees het en dat hy daarvan oortuig is dat die
Administrateur-Generaal
geregtig ("entitled") was om daarvan oortuig te wees dat
die aangehoudene 'n persoon is
soos/
94 soos bedoel in art. 2 van Proklamasie AG 26 van
1978. Wat die aanhouding van die aangehoudene ná 17 Junie 1985 betref,

hy in sy verklaring dat, nadat hy die inligting tot sy beskikking
nagegaan het, hy daarvan oortuig is "that the release of Josef
Katofa at this
time is not advisable." Mnr
Hugo
het, op grond van art. 3(3) van
Proklamasie AG 26 van 1978, wat bepaal dat 'n aangehoudene aangehou moet word
totdat die Administrateur-Generaal
sy vrylating beveel, betoog dat die
aanhouding van die aangehoudene, indien dit ten tyde van sy aanhouding geldig
was, geldig sou
bly totdat die Administrateur-Generaal, of, ná hom, die
Kabinet, in die uitoefening van sy diskresie sou besluit om die aangehoudene
vry
te laat. Volgens mnr Bezuidenhout se
verklaring/
95
verklaring,lui die betoog, het hy (of die Kabinet) nog nie besluit om die
aangehoudene vry te laat nie, en ingevolge die bepalings
van art. 3(3) bly die
aanhouding dus geldig. Na my mening het art. 3(3) nie die uitwerking wat die
advokaat daaraan toeskryf nie.
Art. 2 magtig die Administra-teur-Generaal (en,
ná 17 Junie 1985, die Kabinet) om iemand aan te hou indien hy daarvan
oortuig
is dat daardie persoon iemand is soos in dié artikel bedoel, en
ek kan nie aanvaar dat die wetgewer bedoel het dat die Administrateur-Generaal,
of Kabinet, iemand wettig in aanhouding kan hou wanneer hy nie daarvan oortuig
is dat die aangehoudene 'n persoon is soos in art.
2 bedoel nie. Hoewel art.
3(3) dus bepaal dat iemand wat ingevolge die bepalings van art. 2 aangehou is,
aangehou moet word totdat
die Administrateur-Generaal
(tans/
96 (tans die Kabinet) sy vrylating gelas, beteken
dit nie dat die Administrateur-Generaal (of Kabinet) hom kan laat aanhou wanneer
hy nie meer daarvan oortuig is dat hy 'n persoon is soos in art. 2 bedoel nie.
Mnr Bezuidenhout sê bloot dat die vrylating
van die aangehoudene volgens
sy oortuiging "at this time" nie "advisable" is nie. Hy sê nie dat hy (of
die Kabinet) daarvan
oortuig is dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel
in art. 2 nie. Soos ek reeds aangedui het, magtig Proklamasie AG 26 van
1978 na
my mening die aanhouding, of voortgesette aanhouding, van 'n persoon alleen as,
en vir solank as wat, die Administrateur-Generaal
(of Kabinet) daarvan oortuig
is dat die betrokke persoon iemand is soos in art. 2 bedoel, en mnr Bezuidenhout
se verklaring toon
nie dat daar ná 17 Junie 1985 so 'n
oortuiging
bestaan/
97 bestaan het nie. Die hof a
quo
was na my
mening gevolglik geregtig om te bevind dat die appellante hulle nie gekwyt het
van die las om te bewys dat die aanhouding
van die aange-houdene ten tyde van
die keerdag geldig was nie.
Wat die appél betref, wys ek ten
slotte verder daarop dat mnr
Hugo
in die loop van sy betoog ook die
argument geopper het dat die aangehoudene uit hoofde van 'n lasbrief,deur die
Administrateur-Generaal
uitgereik, aange-hou is, en dat hierdie lasbrief,
vanweë die feit dat dit, na die vorm daarvan geoordeel, as geldig voorkom
en dat dit nie aangeveg is nie, 'n volkome antwoord op die respondent se aansoek
bied.
Die betoog hou in,soos dit my voorkom, dat die lasbrief wat deur die
Administrateur-Generaal uitgereik is
dieselfde/
98 dieselfde uitwerking het as 'n lasbrief wat
ingevolge sekere bepalings van die Strafproseswet No 51 van 1977 deur 'n
landdros of
vrederegter uitgereik word. (Kyk bv. art. 43.) Ek stem nie saam met
hierdie betoog nie. 'n Lasbrief wat deur die Administrateur-Generaal
(of
Kabinet) uitgereik word, kan nie gelykgestel word aan 'n lasbrief wat deur 'n
landdros of vrederegter uitgereik word nie. Die
landdros of vrederegter oefen 'n
diskresie van 'n regterlike aard uit wanneer hulle 'n lasbrief uitreik (kyk
Groenewald v. Minister van Justisie
1973(3) SA 877(A) op 883 H-884 A;
Minister of Law and Order and Others v. Hurley and Another
,
supra
,
op 581 G-H), wat nie die geval is by 'n lasbrief wat ingevolge art. 2 van
Proklamasie AG 26 van 1978 uitgereik word nie.
Daarby/
99
Daarby kom nog die verdere oorweging, reeds hierbo genoem,
dat, selfs indien 'n mens aanvaar dat die Administrateur-Generaal se lasbrief
by
die uitreik daarvan onaanvegbaar was (en dus ook die aanvanklike aanhouding van
die aange-houdene op grond daarvan),die posisie
is dat die verklaring van mnr
Bezuidenhout nie toon dat die oortuiging dat die aangehoudene 'n persoon is soos
bedoel in art. 2 van
Proklamasie AG 26 van 1978 ná 17 Junie 1985 nog
bestaan het nie.
Ek kom nou by die respondent se teenappêl. Die respondent het op 25
Julie 1985 kennis gegee dat hy op die keerdag van die bevel
nisi
(1
Augustus 1985) aan-soek sou doen om sekere aanvullende beedigde verklarings by
die hof in te dien. Die aansoek is met koste afgewys.
(Kyk 1986(1) SA 800 op 802
E-J en 806 I.) Die teenappèl
is/
100 is teen hierdie bevel.
Die
respondent wou beëdigde verklarings deur homself, sy prokureur (Smuts),
Josef Avia'('n pastor van 'n kerkgenootskap in Suidwes-Afrika)
en Titus
Shikalepo (die onderhoofman van die Engolo-gebied in Ovambo) voorlê. Die
hof a
quo
het geweier om die verklarings as aanvullende verklarings toe
te laat. Daar is voor ons betoog dat die hof fouteer het, veral deur
te bevind
(op 802 H) dat "Where, however, all three sets of affidavits have been filed and
the matter has not only come to Court
but the Court has already adjudicated on
the matter, leave to file a supplementery affidavit will not be granted." Ek is
geneig om
saam te stem met die betoog dat die hof fouteer
het/
101 het deur die aangeleentheid te sien as 'n geval
waar "the Court has already adjudicated on the matter", en ek meen dat die hof
wel in die uitoefening van sy diskresie die verklarings sou kon toegelaat het,
maar ek is nietemin nie daarvan oortuig dat die hof
se beslissing om die
verklarings uit te sluit verkeerd was en dat die teenappèl derhalwe moet
slaag nie. Ek gee die inhoud
van die verklarings hieronder kortliks
weer.
Josef Avia en Titus Shikalepo sê albei in 'n kort
verklaring dat die aangehoudene aan hulle goed bekend is en dat hulle hom
ken as
'n stil, vredeliewende man wat gereeld kerk toe gaan en wat, vir sover hulle
kennis strek,
nog/
102
nog nooit in politieke bedrywighede betrokke was
nie en
nog nooit skuldig bevind is aan 'n misdaad waarby
geweld
of intimidasie betrokke was nie.
Die
aangehoudene
vertel in die eerste paar paragrawe van sy verklaring
van sy lewe in Ovambo, waar hy 'n winkelier is, en daarna gee hy 'n lang relaas
van hoe hy deur die Veilig-heidstroepe ("Security Forces") in Ovambo aangehou,
ondervra, aangerand en van ondermynende bedrywighede
beskuldig is. Daarop volg
'n paragraaf waarin hy vertel van die respondent se besoek aan hom in die
gevangenis op Windhoek. (Hy sê
in verband hiermee o.m. dat hy nie aan aan
die respondent gesê het dat hy deur die Veiligheidspolisie
aangerand/
103 aangerand is en dat hy geen besoeke van 'n
geneesheer of landdros ontvang het nie, en dat die respondent hom moes
misverstaan
het toe hy sulke bewerings in sy beëdigde verklaring aan die
hof gemaak het.) Die tweede helfte van die verklaring bestaan hoofsaaklik
uit
bewerings dat die Administrateur-Generaal geen gronde gehad het vir die
aanhoudingsbevel wat hy uitgereik het nie, dat hy nie
sy aandag aan die
aangeleentheid gegee het nie, dat hy bloot willekeurig gehandel het en dat hy
nie te goeder trou O'in good faith
") opgetree het nie. Smuts vertel in sy
verklaring van die aangehoudene se bewerings oor aanrandings wat daar op hom
gepleeg is en
van die aangehoudene se voorneme om 'n aksie vir skadevergoeding
in te stel.
sy/
104 Sy verklaring eindig met die stelling dat
redelikerwys afgelei kan word dat "the continuing detention of the detainee is
... prompted
by considerations other than those the deponents Van Niekerk
(d.w.s. die Administrateur-Generaal) and Bezuidenhout purport to rely
on."
Na my mening kon verklarings soos dié van Avia en
Shikalepo voor die hof gelê gewees het toe die respon-dent sy aansoek
gedoen het. Dit geld ook vir die inhoud van die eerste paar paragrawe van die
aangehoudene se verklaring waarin daar van sy lewe
en werk in Ovambo vertel
word. Die aangehoudene se relaas van wat Veiligheids-troepe in Ovambo teenoor
hom gedoen het, is nie by
die aansoek relevant nie. Die tweede helfte van sy
verklaring
bevat/
105 bevat bewerings wat daarop gerig is om die
Administrateur-Generaal van kwaaie trou te beskuldig en aldus 'n nuwe grondslag
vir
die respondent se aansoek te skep. Die respondent was klaarblyklik nie
geregtig om dit in so 'n laat stadium van die verrigtinge
te probeer doen nie.
Die woorde in Smuts se verklaring wat ek hierbo aangehaal het, bevat ook 'n
suggestie van oneerlike optrede
en kwaaie trou.
In die lig van die
bostaande kan ek nie bevind dat die beslissing om die bogemelde verklarings nie
as aanvullende verklarings toe
te laat nie, verkeerd was nie. Die verklarings
was nie bedoel om op bewerings van die appellant te antwoord nie, en die hof a
quo
was tereg van mening (op 802
i.f.)
dat dit nie as repliserende
verklarings gekwalifiseer het nie.
106 Daar word soos volg beveel:
Die appèl word met koste afgewys.
Die teenappèl word met koste afgewys.
P J RABIE HOOFREGTER.
JANSEN AR. Stem saam
THE CABINET OF THE INTERIM GOVERNMENT
FOR SOUTH WEST AFRICA
EERSTE APPELLANT
THE OFFICER COMMANDING WINDHOÊK
PRISON
TWEEDE APPELLANT
en
NIKODEMUS KATOFA
RESPONDENT
SAAK NO. 375/85
/ccc
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APP
è
LAFDELING)
In die saak tussen:
THE CABINET OF THE INTERIM
GOVERNMENT
FOR SOUTH WEST AFRICA
EERSTE APPELLANT
THE OFFICER COMMANDING
WINDHOEK
PRISON
TWEEDE
APPELLANT
en
NIKODEMUS KATOFA
RESPONDENT
CORAM
: RABIE HR, JANSEN, TRENGOVE, BOTHA et VAN HEERDEN,
ARR
VERHOOR
: 2 SEPTEMBER
1986
GELEWER
: 1 DESEMBER 1986
UITSPRAAK
TRENGOVE
:/
2.
TRENGOVE,
AR
:
Ek het die voorreg gehad om die
uit-
spraak van die geleerde
Hoofregter in hierdie saak te
lees en ek stem, behalwe in een opsig, met eerbied, vol-
kome
daarmee saam. Ek verskil slegs met die Hoofregter
ten aansien van sy
standpunt dat die hof a
quo
nie die
bevel
nisi
van 20
Junie 1985 moes verleen het nie. Na
my oordeel was die hof wel
geregtig om die betrokke be-
vel uit te reik. Soos uit die
Hoofregter se uitspraak
blyk, het hierdie bevel o m gegeld as 'n
tussentydse
interdictum de libero homine exhibendo
. In
Principal
Immigration Officer and Minister of Interior v
Narayansamy
1916 TPD 274
op 276 het Wessels R met verwysing na 'n
aansoek om 'n
interdictum
de
libero homine
exhibendo
o m gesê/
3. o m gesê: "
Prima facie
therefore every person arrested by warrant of the Minister, or by any other
person, is entitled to ask this Court for his release,
and this Court is bound
to grant it unless there is some lawful cause for his detention". Kyk ook
Wood and Others v Ondangwa Tribal Authority and Another
1975(2) S A 294
(A) 309 E - F.
Die wesenlike geskilpunt in die onder-hawige saak
was of die inhegtenisneming en aanhouding van die aangehoudene, ingevolge 'n
lasbrief
uitgereik deur die Administrateur-Generaal kragtens artikel 2 van
Proklamasie AG 26 van 1978, regtens geoorloof was al dan nie.
Dit is tans gemene saak dat daar 'n
onus
op/
4.
op die Administrateur-Generaal gerus het om die
uit-
reiking van die lasbrief te regverdig. Kyk
Brand
v
Minister of Justice and Another
1959(4) S A
712(A) op
714 F - H en
Minister of Law and Order and Others
v
Hurley and Another
1986(3) S A 568(A) op 589 D
- E. In
die
Brand
-saak het die dispuut gegaan oor 'n eis om
skade-
vergoeding vir beweerde onwettige arrestasie en
aan-
houding. Die tweede respondent het hom beroep
op
die bepalings van artikel 22(1)(a) van Wet 56 van
1955.
Wat die
onus
betref, het Ogilvie Thompson AR in
sy
uitspraak op bl 714 F - H gesê:
"Second respondent justified his action in admittedly arresting appellant
without a warrant by relying upon s 22(1)(a)
of
Act/
5.
Act 56 of 1955 which authorises a peace officer
to arrest, without warrant, 'any person who commits any offence in - his
presence'.
It was conceded by counsel for respondents in this Court that the
onus
of establishing that an offence was committed in his presence rests
upon the peace officer who relies upon the above-cited s 22(1)(a)
of the Code.
This concession was, in my opinion, rightly made."
In die
Hurley
-saak was die hof gemoeid met die
inhegtenis-
neming en aanhouding van 'n persoon ingevolge
artikel
29(1) van Wet 74 van 1982. Aangaande die
onus
het
die
Hoofregter, met verwysing na die
Brand
-saak, op bl
589
D - F gesê:
".... I hold that the above-quoted passage in the judgment of Ogilvie
Thompson JA in
Brand's
case
supra
contains a correct statement of
the law as to the guestion of
onus
in the case of arrests without warrant
and, furthermore, that the
law
as/
6.
as there stated also applies to arrests under s 29(1) of Act 74 of 1982. I
would add that I consider it to be good policy that the
law should be as there
stated. An arrest constitutes an interference with the liberty of the individual
con-cerned, and it therefore
seems to be fair and just to require that the
person who arrested or caused the arrest of another person should bear the
onus
of proving that his action was justified in law".
Die Administrateur-Generaal se
standpunt
was dat die
inhegtenisneming en aanhouding van die aan-
gehoudene regsgeldig
was. Hy het hom in sy beantwoordende
beëdigde verklaring beroep
op die bepalings van artikel 2
van Proklamasie AG 26 van 1978 en in
dié verband gesê:
"Ek was toe, en is nog daarvan oortuig dat die aangehoudene n persoon is
soos bedoel in Artikel 2 van die
proklamasie".
En/
7. En ook:
"Ek is steeds oortuig dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in
Artikel 2 van die gemelde Proklamasie en het be-sluit om
nie sy vrylating te
gelas nie."
Na my mening kan
dit nie gesê word dat die Administrateur-
Generaal hom met
hierdie verklaring van voormelde bewyslas
gekwyt het nie. Ek het om
die volgende redes tot hierdie
slotsom gekom.
Die voorskrifte van artikel 2 van Proklamasie
AG 26 van 1978 lui soos volg:
"2. (1) Indien die Administrateur-Generaal oor-tuig is -
(a) dat die vreedsame en ordelike staatkundige ontwikkeling van
Suidwes-Afrika verhinder, belemmer of bedreig word deur geweld teen
of/
8.
of intimidasie van, of die bedreiging of bevordering van geweld teen of
in-timidasie van, h bepaalde persoon of persone wat lede
van 'n bepaalde klas,
groep of organisasie is, of persone in die algemeen; en
(b) dat iemand sodanige geweld of intimidasie gepleeg of probeer pleeg het
of die pleging daarvan op enige wyse bevorder of bevorder
het,
kan hy 'n lasbrief vir die inhegtenis-neming en aanhouding van daardie
persoon uitreik."
Die
Administrateur-Generaal word onteenseglik kragtens
artikel 2 van
Proklamasie AG 26 van 1978 met h besonder
ingrypende bevoegdheid
beklee wat, indien dit aangewend
word, ernstige inbreuk maak op die
regte en persoonlike vry-
heid van die betrokke individu. Waar
iemand dus, in h geval
soos die onderhawige, in hegtenis geneem en
aangehou word,
noop/
9.
noop dit 'n hof om noulettend na te gaan of
die
Administrateur-Generaal sy bevoegdheid om 'n
lasbrief
uit te reik stiptelik ooreenkomstig die
voorskrifte
van voormelde artikel 2 uitgeoefen het. In
Sachs
v Minister of Justice
soos gerapporteer
in
Sachs v
Minister of Justice
1934 AD 11
,
het De Waal RP, met
verwysing na die bevoegdhede waarmee die
Minister van
Justisie kragtens artikel 1(2) van die
Oproerige
Bijeenkomsten en Krimineel Recht Wijzigingswet 27
van
1914 beklee was, op bl 17 gesê:
"Those, almost autocratic powers Parliament, in its wisdom, has conferred
on the-Minister, a matter of policy with which the Courts
of the land are not
concerned. Our sole concern is to see that the Minister, in issuing his notice,
has in every respect complied
with the provisions of the
Act
conferring/
10.
conferring on him those powers, and whether he has acted strictly within the
four corners of the powers
con-ferred."
Waar die bewyslas
in die onderhawige geval op die
Administrateur-Generaal gerus het,
moes hy, na my mening,
in sy beëdigde verklaring
prima facie
bewys gelewer het
dat
hy, met die uitreiking van die lasbrief, in elke
opsig
aan die voorskrifte van artikel 2 voldoen het, en
stiptelik
binne die bestek daarvan gehandel het. Dit blyk nie
uit
die Administrateur-Generaal se beëdigde verklaring dat
dit
inderdaad gebeur het nie.
Ek aanvaar dat die
Administrateur-Generaal
se
uitoefening van sy diskresie kragtens artikel 2 slegs
op sekere
bepaalde gronde (soos bv aangedui in
Shidiack v
Union
/
11.
Union Government (Minister of the
Interior
)
1912 AD 642)
aangeveg kan word. Ingevolge artikel 2 word
die Administrateur-Generaal, en niemand anders nie, beklee met die bevoegdheid
om die
betrokke lasbriewe uit te reik. Die Administrateur-Generaal se
oortuiging, in 'n subjektiewe sin, oor die aangeleenthede wat in sub-paragrawe
(a) en (b) van artikel 2 uiteengesit word, is 'n voorvereiste vir die
uitoefening van sy diskresie. Ek stem terloops ook, met eerbied,
met die
Hoofregter saam dat gewysdes wat oor die strekking van die woorde "if he has
reason to believe" ("indien hy rede het om te
glo") gaan,nie as gesag vir die
betekenis van die sinsnede "if he is satisfied" ("indien hy oortuig is")
aangewend
kan/
12.
kan word nie.
Ek aanvaar dus dat 'n hof nie sy eie
oortuiging (of oordeel)
in die plek van dié van die
Administrateur-Generaal kan stel
nie. Die Administrateur-
Generaal kan egter nie sy diskresie na
willekeur uitoefen
nie. Daarom moet 'n hof in 'n geval soos die
onderhawige
vasstel of die lasbrief regsgeldig is, d w s of
die
Administrateur-Generaal sy diskresie om die
lasbrief
uit te reik ooreenkomstig die voorskrifte van artikel
2
uitgeoefen het. In die
Shidiack
-saak,
supra
, het
die
hof (per Innes Wn HR) bl 651-652 gesê:
"The decision of the Minister being essential, it becomes necessary to
consider the cir-cumstances under which the Courts can pro-perly
question his
decision. Now it is
settled/
13.
settled law that where a matter is left to the discretion or the
determination of a public officer, and where his discretion has been
bona
fide
exercised or his judgment
bona fide
expressed, the Court will
not interfere with the result. Not being a judicial functionary no appeal or
review in the ordinary sense
would lie; and if he has duly and honestly applied
himself to the question which has been left to his discretion, it is impossible
for a Court of Law either to make him change his mind or to substitute its
conclusion for his
own There are circumstances
in
which interference would be possible and right. If for instance
such an officer had acted
mala fide
or from ulterior and improper
motives, if he had not applied his mind to the matter or exercised his
discretion at all, or if he
had disregarded the express pro-visions of a statute
- in such cases the Court might grant relief. But it would be unable to
interfere
with a due and honest exercise of discretion, even if it considered
the decision inequitable or wrong."
Waar/
14.
Waar die bewyslas in die onderhawige geval op
die
Administrateur-Generaal gerus het, ontstaan
die
vraag dus of hy
prima facie
aangetoon het dat "he
has
duly and honestly applied himself to the question
which
has been left to his discretion".
In
Union Government (Minister of Mines and
Industries) v Union Steel Corporation (South Africa) Ltd
1928 AD 220
het Stratford AR, op bl 237-239, met verwysing
na
die wye diskresie waarmee die betrokke Minister beklee
was,
gesê:
"In my judgment, however, the un-reasonableness of the Minister by
it-self affords no grounds for a court's interference with the
exercise of his
discretion. The only assumption in the Act is that the Minister, whoever
he
may/
15.
may be,
and whatsoever mental type he
may be, shall honestly bring his mind to bear upon the real question he has to
decide. There is no authority
that I know of, and none has been cited, for the
proposition that a court of law will interfere with the exercise of a discretion
on the mere ground of its unreasonableness. It is true the word is often used in
the cases on the subject, but nowhere has it been
held that unreasonableness is
sufficient ground for interference; emphasis is al-ways laid upon the necessity
of the un-reasonableness
being so gross that some-thing else can be inferred
from it, either that it is 'inexplicable except on the assumption of
mala
fides
or ulterior motive,' see
African Realty Trust v Johannesburg
Municipality
(1906, T H 179)
or that it amounts to proof that the person on
whom the discretion is conferred, has not applied his mind to the matter. See
Crown Mines Limited v Commissioner for Inland Revenue
(1922, A D
91)."
Hier/
16.
Hier kan die vraag ook weer gestel word of dit
ex
facie
die Administrateur-Generaal se verklaring blyk dat
hy
behoorlik en opreg aandag geskenk het aan "the
real
question he has to decide".
In
Sachs v Minister of Justice
,
supra
,
het dit,
soos reeds vermeld, gegaan oor die geldigheid
van 'n kennisgewing
wat die Minister kragtens artikel 1(12)
Wet No 27 van 1914 uitgereik
het. Hierdie subartikel
het o m bepaal:
"When the Minister is satisfied that any person is in any area promoting
feelings of hostility between the European in-habitants of
the Union on the one
hand and any other section of the inhabitants of the Union on the other hand, he
may by notice under his hand,
addressed and
delivered/
17.
delivered or tendered to such person
prohibit him from being in
any
area
defined in such notice."
Die kennisgewing wat ingevolge
artikel
1(12) aan die
appellant beteken is, het soos volg gelui:
"In terms of the provisions of sub-sec (12) of sec 1 of Act 27 of 1914, as
amended by sec 1 of Act 19 of 1930, you are hereby notified
that whereas I find
that you are creating feelings of hostility between the European inhabitants of
the Union on the one hand and
the coloured and native inhabitants of the Union
on the other hand, in the Magisterial dis-tricts of Benoni, Boksburg, Brakpan,
Germiston,
Johannesburg, Krugersdorp and Springs, in the Province of the
Transvaal, I hereby prohibit you from being present within the aforementioned
Magisterial districts of Benoni, Boksburg, Brakpan, Germiston, Johannesburg,
Krugersdorp and Springs, in the Province of
the
Transvaal/
18.
Transvaal, for a period of twelve months as
from the seventh day after the delivery or tender to you of this
Notice."
Hier blyk dit dus, ex
facie
die kennisgewing, dat die Minister 'n
behoorlike begrip gehad het van die strekking van artikel 1(12).
In die uitspraak van die Appêlhof, het
Stratford, wn
HR met verwysing na die "unfettered discretion" van die Minister of bl 36-37
gesê:
"One further general observation I would make is this: that once we are
satisfied on a construc-tion of the Act, that it
gives
to/
19.
to the Minister an unfettered discretion, it is no function of a Court of
law to curtail its scope in the least degree, indeed it
would be quite improper
to do so. The above observation is, perhaps, so trite that it needs no
statement, yet in cases before the
Courts when the exercise of a statutory
discretion is challenged, arguments are sometimes advanced which do seem to me
to ignore
the plain principle that Parliament may make any encroachment it
chooses upon the life, liberty or property of any inidivdual subject
to its
sway, and that it is the function of courts of law to enforce its will. In the
present case we were re-ferred to many decisions
dealing with the exercise of
discretionary powers. In this division, at all events, no decision affirms the
right of a Court to interfere
with the honest exercise of a duly conferred
discretion. For the sake of greater caution I should perhaps add,
that in
exercising a conferred discretion, the procedure laid down in terms of its grant
must, of course,
be/
20.
be observed as essential conditions of its exercise
." (My
onderstreping).
Ek
wys ook, in die verbygaan, net daar-
op dat De Waal RP (in die uitspraak van die volle bank
van
die Transvaalse Provinsiale Afdeling) op bl 17
die volgende
gesê het in verband met die ondersoek wat
die Minister moet
instel voordat hy sy diskresie uit-
oefen:
"Now under sub-sec (12) the Minister must be satisfied that the person
affected by his notice is promoting feelings of hostility;
and the question is
asked at once: How is he to satisfy himself? Obviously from information supplied
to him. He must bring his mind
to bear on the information supplied to him, and
must satisfy himself that a
given
person/
21.
person is, in any given area, pro-moting feelings of hostility between the
European inhabitants of the Union on the one hand and any
other section of the
inhabitants of the Union on the other. Having so satisfied him-self, he may
then, by notice under his hand,
prohibit such person from being and remaining
within any area defined in the notice, for the duration of a period mentioned in
the
notice."
In die
Shidiack
-saak,
supra
, asook in
die
ander sake hierbo genoem,
is daar met betrekking tot die
beperkte gronde waarop die
uitoefening van die betrokke
diskresie aanvegbaar was, uitgegaan van
die standpunt
dat die persoon wat die uitoefening van die diskresie
wou
aanveg, die bewyslas gedra het om die aanwesigheid
van
sodanige gronde te bewys. Die ligging van die bewyslas
is/
22.
is nie pertinent bespreek nie. Dieselfde geld
vir die saak
Winter v Administrator-in-Executive Committee and Another
1973(1) S A 873 (A). Waar dit egter gaan om die
interdictum
de
libero
homine exhibendo
, is dit duide-lik dat die instansie wat verantwoordelik is
vir die vry-heidsberowing van die individu die bewyslas dra om die hof
te
oortuig van die regmatigheid van die aanhouding. Daaruit moet dit volg dat hy
ook die behoorlike uit-oefening van die betrokke
diskresie moet bewys, al is dit
dan slegs met verwysing na die beperkte gronde waar-op die uitoefening van
sodanige diskresie aanvegbaar
is.
Om nou weer na die onderhawige
saak terug te kom. Die twee passasies in die beantwoordende be-ëdigde
verklaring waarop die Administrateur-Generaal
steun
ter/
23.
ter voldoening van die bewyslas wat op hom gerus
het, skiet na my mening in die volgende opsigte te kort. Dit blyk nie uit die
passasies
dat die Administrateur-Generaal hoegenaamd bewus was van die
strekking, en die kumulatiewe werking, van subparagrawe (a) en (b) van
artikel 2
van die Proklamasie nie. Dit is immers 'n voorvereiste vir die behoorlike
uitoefening van sy diskresie. Om te sê
dat hy daarvan oortuig was, en nog
is, dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in artikel 2 van die
Proklamasie is eintlik
niksseggend tensy dit ook uit sy verklaring blyk dat hy
presies geweet het wat die strekking van die twee subparagrawe is. Dit is
verder
'n voorvereiste vir die uitoefening van sy diskresie, dat
die/
24. die Administrateur-Generaal oortuig moet wees van
die feitlike omstandighede wat in die subparagrawe uiteengesit word. Hy mag
geen
ander omstandighede of oorwegings in ag neem nie. Die Administrateur-Generaal
het ook nie in die betrokke passasies die redes
vir sy oortuiging, of die
gegewens waarop dit gegrond is, verstrek nie. Dit is dus nie moontlik om te
sê of die Administrateur-Generaal
te goeder trou geglo het dat die
gegewens waarop sy oortuiging gegrond is binne die bestek van subparagrawe (a)
en (b) van artikel
2 val nie en of daardie gegewens hoegenaamd vatbaar is vir
die afleiding wat hy daarvan gemaak het nie. Dit is duidelik dat die
Administrateur-Generaal
oor sekere gegewens moes beskik het. Artikel 4(2) van
die Proklamasie bepaal dat hy op versoek van die aangehoudene redes vir die
uitreiking van die
25.
lasbrief aan die aangehoudene moet verstrek
tesame met soveel van die gegewens wat hom beweeg het om die las-brief uit te
reik as
wat volgens sy oordeel bekend ge-maak kan word sonder om die openbare
belang te benadeel. Die Administrateur-Generaal het in dié
verband in sy
verklaring gesê dat indien die aangehoudene so 'n versoek tot hom sou rig
"redes ter voldoening van art 4(2)
verstrek (sal) word". Die aangehoudene het
weliswaar nie redes ingevolge artikel 4(2) aangevra nie, maar hy was ook nie
verplig om
dit te doen nie. Dit was immers nie 'n voorvereiste vir sy aansoek om
'n
interdictum de libero homine exhibendo
nie. Die
Administrateur-Generaal was op sy beurt ook nie regtens
verplig/
26.
verplig om sy redes vir die uitreiking van die
las-brief aan die hof a
guo
te verstrek nie. Maar hy moes, na my oordeel,
nogtans besef het dat hy hom waar-skynlik nie van die bewyslas wat op hom gerus
het,
sou kon kwyt nie tensy hy die redes aan die hof ver-strek, of 'n
bevredigende verduideliking gee waarom hy dit nie doen nie.
Om saam
te vat. Na my mening blyk dit nie uit die Administrateur-Generaal se
beëdigde verklaring dat hy sy diskresie om die lasbrief
vir die
inhegtenis-neming en aanhouding van die aangehoudene uit te reik ooreenkomstig
die voorskrifte van artikel 2 van Proklamasie
AG 26 van 1978 uitgeoefen het nie.
Hy het hom dus nie
van/
27.
van die bewyslas wat op hom gerus het, gekwyt nie. Derhalwe sou ek die
appèl, in die eerste plek, om hierdie rede afwys.
TRENGOVE, AR BOTHA, AR - STEM SAAM
LL
Saak No 375/1985
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APP
è
LAFDELING
In die saak tussen:
THE CABINET OF THE INTERIM GOVERNMENT
FOR SOUTH WEST AFRICA
Eerste Appellant
THE OFFICER COMMANDING
WINDHOEK
PRISON
Tweede
Appellant
en
NIKODEMUS
KATOFA
Respondent
CORAM
:
RABIE HR, JANSEN, TRENGOVE,
BOTHA
et
VAN HEERDEN ARR
VERHOORDATUM
: 2 SEPTEMBER 1986
LEWERINGSDATUM
: 1
DESEMBER 1986
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN
AR
...
2.
VAN HEERDEN AR
:
Behoudens wat hieronder gesê word, saam met die uitspraak van die
Hoofregter.
Die vraag waaroor die Hoofregter e lega, Trengove, verskil, nl, of die
hof a gu
nisi
van 20 Junie 1985 moes verleen het, is
nie ten volle voor ons beredeneer nie, en aa nie nodig is om vir die doeleindes
van hierd
mening daaroor uit te spreek nie, ag ek dit om sulks te doen
nie.
H.J.O. VAN HEERDEN