About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 82
|
|
S v Tshambo (CA & R 48/03) [2004] ZANCHC 82 (14 October 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA
& R 48/03
Datum
verhoor: 2004-10-14
Datum
gelewer: 2004-10-14
In
die appél van
:
FRANS
TSHAMBO APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
MUSI
WnR
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
appellant is op 11 Februarie 2003 in die landdroshof skuldig bevind
aan ân aanklag van aanranding met die opset om ernstig
te beseer.
Hy is gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf. Die appellant kom
nou in hoër beroep teen vonnis, alhoewel dit uit
sy kennisgewing
van appél wil voorkom dat hy ook tot ân mate die skuldigbevinding
aanval.
Die
appellant het skuldig gepleit op die ten laste gelegde misdryf en
namens hom het sy prokureur ân skriftelike pleitverduideliking
ingevolge die bepalings vervat in artikel 112(2) van die
Strafproseswet, 51 van 1977, uitgelees in die hof en ingehandig as
bewysstuk A. Die appellant is daarna op die voormelde pleit
skuldig bevind.
Bewysstuk
A is deur beide die appellant en sy prokureur onderteken. Verder
het die landdros ook by die appellant verneem of die
verklaring,
bewysstuk A, korrek is en het die appellant bevestigend
gereageer op dié navraag. Na my mening is die skuldigbevinding
regtens heeltemal in orde, aangesien die appellant luidens
bewysstuk A al die wesenlike elemente van die ten laste gelegde
misdryf erken het.
Volgens
bewysstuk A het die appellant en sy vriende op die datum van die
voorval in ân taverne gesit en drink toe ân woordewisseling
ontstaan het tussen van die appellant se vriende en die klaer. Die
appellant het tussenbeide getree en die klaer met ân
okapi
-mes
5 steekwonde toegedien. Tydens die verhoor het die staatsaanklaer
by ooreenkoms die sogenaamde J88-mediese vorm ten aansien
van die
klaer se beserings ingehandig. Daarvolgens word bevestig dat die
appellant inderdaad die klaer 5 steekwonde toegedien
het. Van
belang is om te let op die volgende aantekening van die geneesheer:
â
Pasiënt
ontwikkel ân hemo-pneumotoraks wat as spoedgeval na De Aar
Hospitaal laat stuur word vir dreinasie.â
Verder
aan verskyn die volgende op die J88:
ââ
n
Verwaarloosde Hemo-Pneumo toraks is lewensbedreigend en is hierdie
pasiënt as sulks verwys sonder dat ek hom klinies kon ondersoek.â
Die
klaer het klaarblyklik geruime tyd in die hospitaal deurgebring,
heel moontlik as gevolg van die hemo-pneumo toraks waarna die
geneesheer verwys. Die klaer het dus baie ernstige beserings
opgedoen en was sy lewe inderdaad bedreig deur een van hierdie
steekwonde.
Die appellant het 2 soortgelyke vorige veroordelings â
hy is naamlik op 15 Junie 1999 as ân eerste oortreder ân
opgeskorte
vonnis van 12 maande gevangenisstraf opgelê vir
dieselfde misdaad as die onderhawige. Meer as ân jaar later, te
wete 20 Januarie
2001 is hy vir dieselfde misdryf gevonnis tot 9
maande gevangenisstraf en die vorige opgeskorte vonnis is toe op 3
April 2001 in
werking gestel.
Namens
die appellant het Mnr. Janse van Vuuren heeltemal tereg toegegee dat
daar absoluut geen meriete is in die appél teen beide
skuldigbevinding en vonnis nie. Die vonnis wat die landdros die
appellant opgelê het is weliswaar swaar, maar meen ek dat dit
heeltemal geregverdig is in die omstandighede gegewe die klaer se
ernstige beserings en die appellant se misdaadrekord vir dieselfde
tipe misdrywe. Die appellant is klaarblyklik ân gevaar vir die
samelewing en meen ek dat die enigste vonnisopsie een van
onopgeskorte
gevangenisstraf is en wel tot die maksimum van die
landdros se strafjurisdiksie van 3 jaar.
Gevolglik
is ek die mening toegedaan dat daar geen meriete in die appél teen
vonnis is nie.
DIE
APPELLANT SE APPÃL WORD AFGEWYS EN DIE SKULDIGBEVINDING EN VONNIS
WORD BEKRAGTIG.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CJ
MUSI
WAARNEMENDE
REGTER
NAMENS
APPELLANT : Mnr. D. Janse van Vuuren
NAMENS
RESPONDENT : Adv CG Jansen
DATUM VAN VERHOOR : 2004-10-14
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-10-14