About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 37
|
|
S v Jonas and Another (374/04) [2004] ZANCHC 37 (8 October 2004)
Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
374/04
Datum
gelewer: / Date delivered:
08/10/04
(RESES)
In
die saak van:
DIE
STAAT
en
JONAS,
FRANS
YSTER,
LUCAS
Coram:
Lacock R
UITSPRAAK OP
HERSIENING
LACOCK
R:
Beide
beskuldigdes is in die Distrikshof, Hartswater, skuldig bevind aan
diefstal en aanranding deurdat hulle na bewering op 18
Januarie 2004
ongeveer agt waatlemoene, die eiendom van die klaer, mnr. Greyling
sou gesteel het en dat hulle mnr. Greyling
aangerand het deur
hom te dreig dat hulle hom sal doodmaak en so die vrees geskep het
dat geweld hom onmiddellik toegevoeg sou
word. Daarbenewens is
beskuldigde 2 ook skuldig bevind aan aanranding deurdat hy op
dieselfde plek en tyd die eggenote van
die klaer, mev. Greyling,
sou gedreig het deur te sê dat hy haar en die kinders asook haar
man (die klaer) sou doodmaak en
so die vrees geskep het dat geweld
haar en haar kinders onmiddellik toegevoeg sou word.
Op die diefstal
klag is beide beskuldigdes gevonnis tot betaling van ân boete van
R1 200.00 of 4 (vier) maande gevangenisstraf en
wat in die geheel
voorwaardelik opgeskort is vir ân periode van 5 (vyf) jaar.
Op
die aanranding aanklag is beskuldigde 1 gevonnis tot 12 (twaalf)
maande gevangenisstraf waarvan 6 (ses) maande voorwaardelik vir
ân
periode van 5 (vyf) jaar opgeskort is.
Beskuldigde
2 is op die twee aanklagtes van aanranding (en wat saamgeneem is vir
doeleindes van vonnis) gevonnis tot 3 (drie) jaar
gevangenisstraf.
Nadat hierdie
aangeleentheid aan
Tlaletsi
R
vir hersiening voorgelê is, het hy ân navraag aan die Landdros
gerig ten aansien van, eerstens, die vraag of die tweede beskuldigde
nie in sy verhoor benadeel is deurdat dit blyk dat die Landdros voor
die verhoor ook ân borgaansoek van hierdie beskuldigde aangehoor
het en daar tydens die borgaansoek aan hom die vorige veroordelings
van die beskuldigde geopenbaar is nie; en, tweedens, of die
vonnisse
die beskuldigdes opgelê nie skokkend onvanpas was nie.
Die Landdros het
behoorlik op die navraag geantwoord en aangedui dat, aangesien sy
die enigste Landdros te Hartswater was, dit prakties
onmoontlik sou
wees om haarself te distansieer van die aanhoor van verhore en
aangeleenthede waar sy ook die borgaansoek van beskuldigdes
aangehoor het. Voorts het sy aangedui dat sy nie van daardie kennis
gebruik gemaak het tydens die verhoor nie, en dat die beskuldigde
nie benadeel is deur die kennis wat sy opgedoen het tydens die
borgaansoek nie.
Wat vonnis
aanbetref het sy nie enige noemenswaardige kommentaar gelewer nie,
behalwe om aan te dui dat sy nie die beserings wat beskuldigde
1
tydens sy aanhouding deur die klaer opgedoen het, in ag geneem het
nie.
Die omstandighede
wat aanleiding gegee het tot die skuldigbevindings van die
beskuldigdes kan kortliks as volg opgesom word:
Op die
tersaaklike dag van die voorval het die klaer vergesel van sy vrou
en twee jong kinders met sy voertuig na beeste gesoek
op die persele
waar hy boer. Op ân stadium het hy agter ân grondwal stilgehou,
uit sy voertuig geklim en teen die wal uitgeklim
ten einde te kyk of
die beeste nie agter die wal was nie. Terwyl hy op die wal gestaan
het, het hy die twee beskuldigdes onder
ân boom gesien waar hulle
besig was om ân waatlemoen te eet. Hy het nader gegaan, en toe
die beskuldigdes hom gewaar, het
hulle opgespring en weggehardloop.
Hy het daarin geslaag om beskuldigde 1 te vang, en het beskuldigde 2
daarop omgedraai en gedreig
om hom te dood indien hy nie beskuldigde
1 sou los nie.
Terwyl die klaer
met beskuldigde 1 geroei het om hom onder beheer te hou, het hy op
sy vrou geskree wat op haar beurt ook uit die
voertuig geklim het en
tot bo op die grondwal gestap het. Die klaer het haar gelas om met
die voertuig te ry en die polisie te
ontbied.
Toe beskuldigde 2
die eggenote van die klaer sien, het hy na haar gehardloop en
gedreig om haar te dood, en ook gedreig om haar
man te dood indien
sy sou ry. Die klaer se vrou het na haar voertuig teruggehardloop,
agter die stuurwiel ingespring en die ruite
opgedraai. Terwyl sy
hiermee besig was, het beskuldigde 2 gepoog om die voertuig se
deure oop te kry en deurentyd gedreig om
haar, haar kinders en haar
eggenoot te dood.
Die klaer se vrou
het getwyfel of sy moes wegry en haar man daar agterlaat en of sy
liewer moes bly uit vrees dat die beskuldigdes
haar man sou dood.
Uiteindelik het sy besluit om hulp te ontbied, en het sy met die
voertuig weggery. Terwyl sy weggetrek het
met die voertuig het
beskuldigde 2 steeds aan die deur gehang in ân poging om die
voertuig oop te kry.
Nadat die klaer
se vrou weggery het, het beskuldigde 2 ân houtpaal uit ân
heining geruk en gepoog om die klaer daarmee te slaan.
Die klaer
het egter beskuldigde 1 as ân skild gebruik en het die hou wat die
tweede beskuldigde na hom geslaan het, hom slegs
skrams getref en
die eerste beskuldigde ook skrams getref. Hierop het die klaer
beskuldigde 1 op die tweede beskuldigde gegooi,
het die paal uit die
hande van beskuldigde 2 gespat, en het die klaer die paal gegryp.
Hy beskuldigde 1 twee houe daarmee teen
sy kop geslaan. Die eerste
hou het hom op sy voorkop getref en die tweede teen sy oor. Beide
houe het oop wonde veroorsaak.
Hierna het die
klaer weereens beskuldigde 1 onder beheer gekry en het beskuldigde 2
weggehardloop.
Kort hierna het
hulp en ook die polisie daar opgedaag, en het die klaer beskuldigde
1 aan die polisie oorhandig. Op navraag van
die polisie het
beskuldigde 1 die naam van beskuldigde 2 aan hulle verskaf, en is
beskuldigde 2 kort daarna arresteer.
Ek is tevrede dat
die skuldigbevindings van die beskuldigdes ooreenkomstig die reg
geskied het.
Hoewel die
openbaarmaking van vorige veroordelings van ân beskuldigde aan ân
voorsittende beampte voor skuldigbevinding ân
onreëlmatigheid is,
is die uiteindelike vraag wat beantwoord moet word alvorens ân
skuldigbevinding op grond van sodanige onreëlmatigheid
ter syde
gestel sal word, of die beskuldigde deur sodanige openbaarmaking
benadeel is. Sien
S
v Maputle 2002 (1) SASV 550 (W) te 553 b tot 554g
.
Dit blyk
hoegenaamd nie uit die wyse waarop die saak voor die Landdros gevoer
is of haar uitspraak dat sy enigsins bevooroordeeld
teenoor die
tweede beskuldigde was of dat hy in enige ander opsig in die voer
van sy saak benadeel is nie. Na my mening blyk
dit duidelik uit
die uitspraak op skuldigbevinding dat die Landdros geensins
beïnvloed was deur haar vorige kennis van die beskuldigde
se vorige
veroordelings nie, en het sy die getuienis objektief benader en
oorweeg.
Uit hoofde van
die voorgaande behoort die skuldigbevindings dus bekragtig te word.
Wat vonnis
aanbetref, is ek egter van mening dat die vonnisse die beskuldigdes
opgelê op die aanranding klagtes, buitensporig swaar
en onvanpas
is.
Wat die eerste
beskuldigde aanbetref, het die geblyk dat hy ân algehele eerste
oortreder was. Hy was ân man wat reeds vir sewe
jaar ân vaste
betrekking beklee het.
Sy aandeel in die
aanranding het bloot daaruit bestaan dat, soos en wanneer beskuldigde
2 die klaer gedreig het om hom te dood, hy
asât ware agter die
tweede beskuldigde aangepraat het. Ten spyte daarvan dat die klaer
hom beetgehad het, en met hom gestoei het
om hom onder beheer te hou,
het hierdie beskuldigde geensins gepoog om die klaer fisies aan te
rand nie, en het hy hom ook nie aangerand
nie.
Dit
kom my verder voor dat die beskuldigde se dreigemente teenoor die
klaer bloot daarop gerig was dat die klaer hom moes los. Hy
wou
ooglopend wegvlug aangesien hy besef het dat hy en sy
mede-beskuldigde op heterdaad betrap is waar hulle ân aantal
waatlemoene
van die klaer gesteel het. Soos hierbo vermeld, het die
klaer ook hierdie beskuldigde twee houe met ân houtpaal teen sy kop
toegedien.
Dit op sigself moes pynlik gewees het. Hoewel hierdie
aanranding op die beskuldigde uitgevoer is ten einde hom aan te hou
tot sy
arrestasie en nie gesien kan word as straftoemeting nie, meen
ek tog dat gewig hieraan geheg moes gewees het in die oorweging van
die vonnis hom uiteindelik opgelê. Minstens het hy reeds tot ân
mate ân harde les geleer vir sy wandade.
Uit hoofde van
die voorgaande is ek van mening dat direkte gevangenisstraf onvanpas
in die omstandighede en met in agneming van
die voorgaande was. Na
my mening moes die vonnis die beskuldigde opgelê, in die geheel
opgeskort gewees het.
Ook wat
beskuldigde 2 aanbetref, is ek van mening dat sy vonnis van 3 (drie)
jaar gevangenisstraf in die omstandighede te swaar
was.
Dit is so dat die
beskuldigde reeds vorige veroordelings van aanranding en strafbare
manslag op sy kerfstok gehad het, en dat hy
hierdie misdade gepleeg
het terwyl hy op parool uit was. Hierdie is uiteraard verswarende
omstandighede en is dit tereg as sulks
deur die Landdros in ag
geneem.
Daarteenoor meen
ek dat die Landdros onvoldoende gewig geheg het aan die
omstandighede waaronder hierdie aanrandings plaasgevind
het. Net
soos beskuldigde 1, het ook hierdie beskuldigde hierdie dreigemente
geuiter in ân ooglopende poging om die klaer te
beweeg om
beskuldigde 1 te los sodat hulle kon ontvlug. Behalwe vir die
poging van hierdie beskuldigde om die klaer met die houtpaal
te
slaan is geen fisiese aanranding op of die klaer of sy eggenote
uitgevoer nie, en is geeneen van hulle beseer nie.
Die Landdros was
ooglopend ook korrek om die traumatiese gevolge wat hierdie gebeure
vir hierdie gesin ingehou het, vir doeleindes
van vonnis in ag te
neem.
Uit hoofde van
die voorgaande en meer bepaald die omstandighede waaronder hierdie
aanrandings plaasgevind het, sou ek nie hierdie
beskuldigde vir meer
as 18 (agtien) maande na die gevangenis gestuur het nie. Hierdie
vonnis verskil dermate van die vonnis deur
die Landdros opgelê dat
dit inmenging deur hierdie Hof regverdig.
Bygevolg word die
volgende bevele hierin verleen:
Die
skuldigbevindings van die beskuldigdes word bekragtig.
Die vonnis
die beskuldigdes opgelê op aanklag 1 (diefstal) word bekragtig.
Die vonnisse
die beskuldigdes opgelê op die aanranding klagtes word ter syde
gestel en vervang met die volgende:
Op
aanklag 2 word beskuldigde 2 gevonnis tot 12 (twaalf) maande
gevangenisstraf. Hierdie vonnis word in die geheel opgeskort
vir
ân periode van 5 (vyf) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie weer skuldig bevind word aan aanranding of enige misdryf
waarvan aanranding ân element is en ten opsigte waarvan hy tot
gevangenisstraf sonder die keuse van ân boete gevonnis word,
gepleeg gedurende die tydperk van opskorting, nie.
Aanklagtes
2 en 3 waaraan beskuldigde 2 skuldig bevind is, word saamgeneem vir
doeleindes van vonnis. Beskuldigde 2 word op hierdie
aanklagtes
gevonnis tot 18 (agtien) maande gevangenisstraf.â
Die vonnisse
word terugdateer na 14 Junie 2004.
_______________
HJ Lacock
REGTER