About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 36
|
|
S v Smit and Another (CA&R 228/03) [2004] ZANCHC 36 (1 October 2004)
Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
228/03
Datum
verhoor: / Date heard:
27/09/2004
Datum gelewer: /
Date delivered:
01/10/2004
In
die saak van:
SMIT,
CORNELIUS
1
ste
Appellant
BOK,
ALBERTUS
2
de
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Lacock R et Tlaletsi R
UITSPRAAK
OP APPÃL
LACOCK
R:
Die appellante
het in die Landdroshof, Kakamas, tereg gestaan op ân aanklag van
huisbraak met die opset om te steel en diefstal
deurdat hulle na
bewering op 19 Maart 2003 die huis van mnr. Mauritz Abels oopgebreek
en binne gegaan het en drie 5 liter blikke
verf, ân swartkleurige
krat en ân rooikleurige krat gesteel het. Die totale waarde van
die goedere het beloop R764.00.
Die Landdros het
die appellante skuldig bevind soos aangekla, en elk gevonnis tot 3
(drie) jaar gevangenisstraf.
Die beskuldigdes
kom nou in hoër beroep teen hul skuldig bevindings.
Die Staatsaak kan
kortliks as volg opgesom word:
Op 19 Maart 2003
om ongeveer 14:15 het ds. Abels (die klaer) ontdek dat sy
motorhuisdeur â en wat vroeër die oggend toegetrek
maar nie
gesluit was nie â oopgestaan het en dat daar drie vol 5 liter
blikke verf en twee plastiese kratte, een swarte en een
rooie, uit
sy motorhuis verwyder is. Die twee appellante het gedurende
dieselfde dag ân swart en rooi krat die huis van die
tweede
appellant ingedra en ân rukkie later weer met die rooi krat en ân
sak waarin ân 5 liter blik verf was, tevoorskyn
gekom. By die
winkels in die tersaaklike woonbuurt het die appellante mnre. Mathys
en Melkbos versoek om die blik verf aan onder
andere me. Henna
Mathys te verkoop vir R30.00, en het die appellante daarmee 3 liter
wyn gekoop wat deur die appellante en hierdie
twee here gedrink was.
Nadat die wyn
gedrink is, het mnr. Melkbos en die tweede appellant na die woning
van die tweede appellant gegaan waar laasgenoemde
ân vol 5 liter
blik geel verf tevoorskyn gehaal het. Hy het die tweede appellant
gehelp om ân kamer van sy huis te verf. Hulle
het slegs twee mure
geverf.
Op Sondag 23
Maart 2003 het Sersant Van Kratenburg ân swart krat, en wat ds.
Abels as sy vermiste krat uitgeken het, op ân afdak
agter die
woning van die eerste appellant gevind. Die eerste appellant sou
aan hom gesê het dat hy die krat met ân halwe blik
geel verf by
die tweede appellant gekry het.
Van die buitemure
van die woning van die eerste appellant se huis was met geel verf
vars geverf.
Die blik verf wat
aan me. Henna Mathys verkoop is, is deur ds. Abels uitgeken as
soortgelyk aan ân blik verf wat uit sy motorhuis
vermis geraak
het.
Na sluiting van
Staatsaak, het beide appellante in hul eie verdediging getuig. Hul
weergawes, en wat in alle wesenlike opsigte
ooreenstem, kom op die
volgende neer:
Gedurende die
voormiddag van 19 Maart 2003 het die eerste appellant die tweede
appellant raakgeloop by die winkels in die woonbuurt.
Hier het
mnre. Mathys en Melkbos by hulle aangesluit. Laasgenoemdes het ân
blik verf in ân sak by hulle gehad. Die tweede
appellant het
belang gestel in die verf, en het aangebied om die verf in ruil te
neem vir 2 liter wyn. Terwyl hierdie gesprek
gevoer is, het die
eerste appellant die toneel verlaat en het hy sy vriendin by die Hof
gaan bystaan waar sy moes voorkom.
Die tweede
appellant het 2 liter wyn gekoop, en het dit saam met die voormelde
getuies en ene Dora Mathys agter ân kerksaal gdrink.
Van hier het mnr.
Melkbos die tweede appellant na sy huis vergesel waar hulle twee mure
van ân kamer met die geel verf wat hy vir
die wyn geruil het,
geverf het.
Nadat die eerste
appellant van die Hof gekom het, is hy na die huis van die tweede
appellant en het hy laasgenoemde versoek om vir
hom van die
oorblywende verf te gee. Die tweede appellant het hierop aan die
eerste appellant die halwe blik verf oorhandig, is
die eerste
appellant daarmee na sy huis en het hy die verf op sy buite mure
aangewend.
Beide appellante
het ontken dat hulle by die motorhuis van ds. Abels ingebreek het en
die verf of kratte gesteel het, het ontken
dat hulle die kratte na
die woning van die tweede appellant gedra het, en dat hulle die
voormelde getuies versoek het om ân blik
verf namens hulle te
verkoop.
Dit blyk dat die
Landdros die getuienis van die getuies Mathys en Melkbos as
geloofwaardig aanvaar het, en dié van die appellante
as nie redelik
moontlik waar nie, verwerp het. Ek sê dit blyk so want in sy
uitspraak het die Landdros nóg enige geloofwaardigheidsbevindinge
gemaak, nog uitdruklik gehandel met die vraag naamlik of die
weergawes van die appellante nie redelik moontlik waar kon wees nie.
Alvorens die
getuienis van nader oorweeg word is dit dienstig om te handel met
die benadering wat in sake van hierdie aard gevolg
behoort te word
wanneer beslis moet word of die Staat die skuld van ân beskuldigde
bo redelike twyfel bewys het. In
S v
Van der Meyden 1999 (1) SASV 447 (W)
het
Nugent
R
die volgende gesê:
â
The
proper test is that an accused is bound to be convicted if the
evidence establishes his guilt beyond reasonable doubt, and the
logical corollary is that he must be acquitted if it is reasonably
possible that he might be innocent. The process of reasoning which
is
appropriate to the application of that test in any particular case
will depend on the nature of the evidence which the court has
before
it. What must be borne in mind, however, is that the conclusion which
is reached (whether it be to convict or to acquit) must
account for
all the evidence. Some of the evidence might be found to be false;
some of it might be found to be unreliable; and some
of it might be
found to be only possibly false or unreliable; but none of it may
simply be ignored.â
(
te
449
h tot 450 b
).
Sien ook die
volgende
dictum
in
S
v Trainor, 2003 (1) SASV 35 (HHA) te 41 b tot c
:
â
A
conspectus of all the evidence is required. Evidence that is reliable
should be weighed alongside such evidence as may be found
to be
false. Independently verifiable evidence, if any, should be weighed
to see if it supports any of the evidence tendered. In
considering
whether evidence is reliable, the quality of that evidence must of
necessity be evaluated, as must corroborative evidence,
if any.
Evidence, of course, must be evaluated against the onus on any
particular issue or in respect of the case in its entirety.
The
compartmentalised and fragmented approach of the magistrate is
illogical and wrong.â
Dit is dus
noodsaaklik vir ân verhoorhof om eerstens die getuieniswaarde van
die getuienis soos aangebied, te oorweeg; en hierby
is inbegrepe in
ân oorweging van die betroubaarheid en/of geloofwaardigheid van
getuies. Tweedens is dit nodig om die somtotaal
van die getuienis
as geheel te oorweeg met in agneming van dit wat gemeensaak is, die
reële getuienis en die waarskynlikhede of
onwaarskynlikhede. Aan
die einde van hierdie oorwegingsproses moet die voorsittende beampte
besluit of die weergawe van ân beskuldigde
redelik moontlik waar
is, en of, indien nie, die Staat die skuld vanân beskuldigde bo
redelike twyfel bewys het.
Indien die
Landdros hierdie voormelde oorwegingsproses gevolg het, moes hy myns
insiens tot die gevolgtrekking gekom het dat die
weergawe van die
appellante redelik moontlik waar kon wees. My redes hiervoor is die
volgende:
Die appellante
het hul getuienis met oortuiging voorgehou, het nie hulself in enige
wesenlike opsig weerspreek nie, en het ook nie
mekaar in enige
wesenlike opsig weerspreek nie.
Die Landdros het
kritiek gevind in die getuienis van die eerste appellant (en wat nie
regsverteenwoordig was nie) daar hy in sy pleitverduideliking
gesê
het dat die getuies Mathys en Melkbos ân blik wit verf by hulle
gehad het, en in sy getuienis gesê het dit was geel verf.
Indien in
ag geneem word dat hierdie appellant se pleitverduideliking
ooreenstem met sy getuienis naamlik dat die verf wat hy by
die tweede
appellant gekry het dieselfde verf was wat laasgenoemde by die
getuies ontvang het, en dit gemeensaak is dat daardie verf
geel was,
is dit ooglopend dat hy bloot ân fout gemaak het in sy
pleitverduideliking. Hierdie fout regverdig beslis nie ân
afleiding
dat hierdie appellant leuenagtig was nie.
â
n
Soortgelyke nietige weerspreking in die getuienis van die tweede
appellant is met groot kritiek deur die Landdros bejeën. In sy
pleitverduideliking het die tweede appellant gesê dat hy en die
getuie Melkbos saam na sy huis gestap het nadat hulle gedrink het,
terwyl hy, toe hy die eerste keer hieroor getuig, gesê het mnr.
Melkbos het na hom by sy huis aangekom. In kruisverhoor egter het
hy
getuig dat hulle saam na sy huis gestap het. As in ag geneem word
dat mnr. Melkbos ook getuig het dat hy saam met hierdie appellant
na
sy huis gestap het, is hierdie weerspreking nietig van aard. In
iedere geval is dit geen wesenlike weerspreking nie.
Teenoor die
getuienis van die appellante staan dié van die getuies Melkbos en
Mathys. Hierdie twee getuies het mekaar in vele
en wesenlike
opsigte weerspreek.
Die een beweer dat
die appellante voor 12:00 die betrokke dag met die kratte na die huis
van die tweede appellant gestap het terwyl
die ander een getuig dat
dit ongeveer 16:00 die namiddag was. (Hulle sou saam voor die huis
van mnr. Mathys gesit het toe die appellante
met die kratte daar
verby gestap het).
Die
een beweer hulle het die dag die appellante by die winkel raakgeloop,
terwyl die ander een beweer hulle het hulle by ân kerksaal
ontmoet.
Die een beweer
dat, nadat hulle die appellante ontmoet het, het hulle (die
appellante) gesê dat hulle die rooi krat aan ene Ivan,
ân
winkelier, verkoop het, terwyl die ander beweer dat hy gesien het die
appellante gaan verkoop die krat.
Die een beweer die
appellante was beide buite Henna Mathys se huis nadat hulle die verf
aan haar verkoop het, terwyl die ander beweer
dat slegs die tweede
appellant op ân hoek ongeveer 80m vanaf Henna se huis gestaan het.
Me. Henna Mathys
het, in teenstelling met die voormelde twee getuies, getuig dat
hierdie getuies haar by die woning van ene ant
Marie ontmoet het, en
is hulle saam van daar na haar woning waar sy die verf gekoop het.
Me. Mathys was duidelik ân geloofwaardige
en betroubare getuie, en
die Landdros het dan ook geen kritiek teen haar as getuie gelewer
nie.
Die belang in die
getuienis van hierdie getuie is daarin geleë dat sy, terwyl sy saam
met die getuies na haar huis gestap het, nie
een van die appellante
naby haar huis gesien het nie. Hierdie getuienis van haar plaas ân
ernstige vraagteken oor die geloofwaardigheid
van die ander twee
staatsgetuies.
Die Landdros het
stawing gevind vir die aanvaarding van die getuienis van mnre.
Melkbos en Mathys daarin dat â aldus sy uitspraak
â hulle alleen
kennis kon gedra het van die rooi krat indien hulle dit by die
appellante gesien het. Wat die Landdros egter
uit die oog verloor
het, is dat, indien hierdie twee getuies self die inbrekers was, sou
hulle uiteraard kennis gedra het van die
rooi krat.
â
n
Groot leemte in die Staatsaak is natuurlike die versuim om die
persoon Ivan, synde die persoon aan wie die appellante die rooi
krat
sou verkoop het, as getuie te roep. Hy sou immers die weergawe van
mnre. Melkbos en Mathys kon staaf.
Indien die
voormelde getuienis teen mekaar opgeweeg sou word, dan blyk dit dat
die Staat geen
getuienis voorgelê het wat daarop dui dat die appellante in die
motorhuis van die klaer was waar die goedere gesteel
is nie;
die getuies
Melkbos en Mathys die persone was wat ân gesteelde blik verf aan
me. Henna Mathys verkoop het; en
die appellante in
besit was van een gesteelde blik verf. Indien daardie getuienis van
die getuies en die appellante wat ooreentstem
opgeweeg word teen
daardie getuienis waar dit verskil, sou â afhangende van watter
stel getuienis aanvaar word in soverre dit
van mekaar verskil â
dit ân afleiding kon regverdig dat óf die appellante óf die twee
getuies die goedere kon gesteel het.
Weens die onbetroubaarheid van
die getuienis van die twee staatsgetuies en die afwesigheid van
wesenlike kritiek teen die getuienis
van die appellante, is daar
myns insiens geen gronde waarop die weergawes van die appellante as
nie redelik moontlik waar verwerp
kon word nie. Daarby is daar
stawing te vind vir die weergawe van die appellante in die getuienis
van me. Henna Mathys.
Die enigste
moontlike stawing vir die weergawes van die voormelde twee
staatsgetuies, is die getuienis van sersant Van Kratenburg
naamlik
dat die swart krat gevind is by die woning van die eerste appellant
en sy beweerde verduideliking dat hy dit by die tweede
appellant
gekry het.
Eerstens is daar
geen getuienis van hoe hierdie krat op die afdak in die eerste
appellant se erf beland het nie. Die eerste appellant
ontken dat hy
enige kennis dra van die krat. Dit kon net so wel aldaar geplaas
gewees het deur een of beide van mnre. Melkbos
en Mathys ten einde
die kollig op die appellante te plaas.
Tweedens. Die
eerste appellant het deurgaans erken dat hy ân halwe blik verf van
die tweede appellant ontvang het. Indien hy
die krat ook ontvang
het van die tweede appellant sou dit hom niks baat om dit te
verdoesel nie.
Vervolgens meen ek
nie dat hierdie getuienis enigsins deurslaggewend is nie.
Uit hoofde van
die voorgaande is ek van mening dat die Landdros verkeerdelik bevind
het dat die Staat die skuld van die appellante
bo redelike twyfel
bewys het, en is die appellante geregtig op hul vryspraak.
Bygevolg
word die volgende bevele hierin verleen:
Die appél van
beide appellante slaag.
Die
skuldigbevindinge en die vonnisse die appellante opgelê, word ter
syde gestel.
Die uitspraak
van die Landdros word deurgehaal en met die volgende vervang:
â
Beide
beskuldigdes word onskuldig bevind en ontslaan.â
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
LP Tlaletsi
REGTER
Namens
appellante:
Adv
T Fourie
Namens
respondent:
Adv
DP Olivier