About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 81
|
|
S v De Wet (CA&R 67\04) [2004] ZANCHC 81 (29 September 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R
67\04
Datum
verhoor: 2005-09-22
Datum
gelewer: 2005-09-23
In
die appél van
:
JONATHAN
DE WET APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R et LACOCK R
BEVEL
MAJIEDT R:
Die appellant se
skuldigbevindings op aanklag 2 (oortreding van artikel 2 van Wet
75/1969) en aanklag 5 (oortreding van artikel
39(1)(m) van Wet
75/1969) word tersydegestel.
Die vonnis van 5 jaar
gevangenisstraf die appellant opgelê op aanklag 4 word
tersydegestel en vervang met die volgende:
â
5 jaar
gevangenisstraf waarvan die helfte opgeskort word vir ân tydperk
van 4 jaar op voorwaarde dat die appellant nie weer skuldig
bevind
word aan ân misdryf waarvan geweld teenoor ân ander ân element
is en waarvoor hy onopgeskorte gevangenisstraf sonder
die keuse van
ân boete opgelê word nie en wat gepleeg word tydens die vermelde
tydperk van opskorting nieâ.
Die vonnis op aanklag 4
word teruggedateer tot 26 Februarie 2003.
Dit word verder gelas
dat die vonnis die appellant opgelê op aanklag 3 samelopend
uitgedien sal word met die voormelde vonnis
op aanklag 4.
Die Griffier van hierdie
Hof en Kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings word
versoek om onverwyld hierdie bevel onder
die aandag te bring van die
gevangenisowerheid waar die appellant tans aangehou word.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
HJ LACOCK
REGTER
NAMENS APPELLANT : Mnr.
A. van Tonder
NAMENS RESPONDENT : Adv.
TT Barnard
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R
67\04
Datum
verhoor: 2005-09-22
Datum
ingehandig: 2005-09-29
In
die appél van
:
JONATHAN
DE WET APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R et LACOCK R
REDES VIR BEVEL
MAJIEDT R:
In hierdie appél het
ons op 23 September 2005 die volgende bevel uitgereik:
Die appellant se skuldigbevindings op
aanklag 2 (oortreding van artikel 2 van Wet 75/1969) en aanklag 5
(oortreding van artikel
39(1)(m) van Wet 75/1969) word
tersydegestel.
Die vonnis van 5 jaar gevangenisstraf
die appellant opgelê op aanklag 4 word tersydegestel en vervang met
die volgende:
â
5 jaar gevangenisstraf waarvan
die helfte opgeskort word vir ân tydperk van 4 jaar op voorwaarde
dat die appellant nie weer skuldig
bevind word aan ân misdryf
waarvan geweld teenoor ân ander ân element is en waarvoor hy
onopgeskorte gevangenisstraf sonder
die keuse van ân boete opgelê
word nie en wat gepleeg word tydens die vermelde tydperk van
opskorting nieâ.
Die vonnis op aanklag 4 word
teruggedateer tot 26 Februarie 2003.
Dit word verder gelas dat die vonnis
die appellant opgelê op aanklag 3 samelopend uitgedien sal
word met die voormelde vonnis
op aanklag 4.
Die Griffier van hierdie Hof en
Kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings word versoek om
onverwyld hierdie bevel onder
die aandag te bring van die
gevangenisowerheid waar die appellant tans aangehou word.
Hierdie
is die voorbehoue redes vir daardie bevel.
Die gebeure wat
aanleiding gegee het tot die appellant se skuldigbevindings en
vonnisse in hierdie aangeleentheid kan nie anders
bestempel word nie
as ân absolute tragedie. Die appellant is in die streekhof
skuldig bevind op die volgende aanklagte:
a) Oortreding
van artikel 2 van Wet 75/1969 (onwettige besit van ân wapen);
b) Oortreding
van artikel 36 van Wet 75/1969 (onwettige besit van ammunisie);
c) Moord;
d) Oortreding van artikel
39(1)(m) van Wet 75/1969 (hantering van ân wapen terwyl onder die
invloed van drank of ân verdowingsmiddel
wat ân narkotiese
uitwerking het).
Hy is vervolgens as volg
gevonnis op die voormelde onderskeie aanklagte:
a) 18 maande
gevangenisstraf;
b) 6
maande gevangenisstraf;
c) 5
jaar gevangenisstraf;
d) 6 maande
gevangenisstraf.
Volledigheidshalwe moet
vermeld word dat die appellant op aanklag 1, huisbraak met die
opset om te steel en diefstal, onskuldig
bevind is. Die verhoorhof
het gelas dat die vonnis vermeld in (b) hierbo saamloop met dié
vermeld in (a) en dat die vonnis
in (d) hierbo saamloop met dié op
(c) hierbo. Die appellant is dus ân effektiewe vonnis van 6½
jaar gevangenisstraf opgelê.
Hy kom nou in hoër beroep slegs
teen sy skuldigbevinding op die aanklag van moord.
Feitlik al die wesenlike
feite hierin is gemeensaak en kan kortliks as volg opgesom word:
3.1 Tydens
ân inbraak by die slagpale te Victoria-Wes is verskeie items
gesteel. Van belang vir die onderhawige appél is die feit
dat, wat
beskryf word in die klagstaat as ân .22 loskruit kaliber pistool,
sowel as ses .22 leë patroondoppies en een salfblik
met drie .22
patrone, onder andere buitgemaak is deur die inbrekers.
3.2 Van
hierdie voormelde gesteelde items is later in die besit van die
oorledene en appellant opgemerk. Dit is eweneens van belang
om uit
te wys dat die .22-pistool sowel as ân sogenaamde
skokstok
en van die .22-patrone later in die besit van die oorledene en die
appellant opgemerk is. Ek sal aanstons weer daarna verwys.
3.3 Op
die dag van die voorval was die appellant, die oorledene en hulle
twee se meisievriende teenwoordig by die oorledene se huis.
Die
appellant het op ân stadium sy meisie, Elizabeth Jood, met die
skokstok
gejaag as deel van ân tergery wat daar aan die gang was. Dit blyk
uit die getuienis dat beide die appellant en die oorledene op
daardie
stadium tot ân mate onder die invloed van drank was.
3.4 Die
oorledene het op ân stadium die .22-loskruitpistool wat bewysstuk 2
voor die verhoorhof was, tevoorskyn gebring. Die
sneller van dié
pistool is verskeie kere getrek deur beide die appellant en die
oorledene met die doel om te kyk of die pistool
wel in werkende
toestand was. Só is die pistool ondermeer gerig op ân sogenaamde
kragboks
,
op die appellant se bors, sy voet en op sy boud sowel as op die
appellant se meisie (Elisabeth Jood) se boud. Die sneller is telkens
getrek, maar daar het niks gebeur nie. Dit blyk dat dié
.22-loskruit pistool gebruik word om beeste mee dood te skiet.
2.5 Op
ân stadium het die oorledene die .22-pistool by die appellant
geneem, dit teen sy (die oorledene se) kop gedruk en vir die
appellant aangesê om die sneller te trek, sodat hulle vir die twee
meisies kon wys dat die pistool â
nie
ân mens óf ân bees kan doodskiet nie
â,
soos wat die oorledene dit gestel het. Die appellant was aanvanklik
huiwerig en het twee keer vir die oorledene gevra of hy
regtig bedoel
dat hy die sneller moet trek. Nadat die oorledene vir die tweede
keer bevestig het dat hy wil hê die appellant die
sneller moet trek,
het die appellant so gedoen en het die oorledene dadelik van die
stoel waarop hy gesit het, neergeval.
2.6 Alhoewel
daar aanvanklik gedink was dat die oorledene bloot toneel speel, het
verdere ondersoek laat blyk dat die oorledene inteendeel
fataal
verwond is deurdat die pen wat in die .22-pistool is, sy brein
binnegedring het â daar was bloed en harsings op die grond.
2.7 Die appellant het uit
die aard van die saak baie groot geskrik, opgespring en hom na die
oorledene gehaas, waar hy hom in sy arms
gehou het en die woorde
geuiter het dat âhy dit nie so bedoel het nieâ. Die appellant
het daarna na sy moeder gehardloop om
te gaan vertel wat gebeur het.
Die
enigste wesenlike geskilpunt tussen die Staat en die Verdediging in
die verrigtinge
a
quo
het eintlik maar gegaan oor die skuld-aspek wat aanwesig was by die
appellant toe hy die sneller getrek het en die oorledene fataal
verwond het. Namens die appellant het Mnr. Van Tonder voor ons
tereg toegegee dat die landdros korrek was in sy bevinding dat
die
appellant opset by moontlikheidsbewussyn gehad het â hy het besef
dat die oorledene wel gedood kon word, maar het tog voortgegaan
met
sy optrede, ongeag wat die gevolge daarvan mag wees. In die
omstandighede dus het Mnr. Van Tonder toegegee dat die
streeklanddros
korrek bevind het dat die appellant skuldig is aan
moord met
dolus
eventualis
as opsetsvorm.
Dat
die voormelde toegewings van Mnr. Van Tonder regtens korrek is, ly
geen twyfel nie. In dié verband volstaan ek daarmee om te
verwys na
die volledige bespreking deur
Snyman
,
Strafreg
,
4
de
uitgawe, te 179 en verder sowel as
Burchell
and Hunt
,
South
African Criminal Law & Procedure, Vol. I
te
156 en volgende.
Op die appellant se eie
weergawe het hy beslis voorsien dat die oorledene gedood kon word
indien hy die sneller sou trek, maar het
tog roekeloos voortgegaan
met die optrede. Dit blyk duidelik uit sy kruisverhoor waarin hy
toegegee het dat hy geweet het dat die
wapen gebruik word om beeste
mee dood te skiet en dat hy huiwerig was om die sneller te trek omdat
hy voorsien het dat die oorledene
gedood kon word.
Bygevolg
was ons tevrede dat daar geen meriete was in die appél teen
skuldigbevinding op die aanklag van moord nie.
Die
aangeleentheid eindig egter nie daar nie. Alhoewel geen appél
aangeteken was teen die skuldigbevindings op die ander aanklagte
nie, sowel as teen die vonnis self nie, het ons na oorlegpleging met
mekaar, die regsverteenwoordigers versoek om ons toe te spreek
aangaande die volgende aspekte:
a) Of
die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die voorwerp, bewysstuk 2
voor die verhoorhof, wel ân vuurwapen is soos omskryf
in artikel 1
van die Wet op die Beheer van Vuur-wapens, 60/2000 (â
die
Wet
â).
b) Of
die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die .22-loskruitpatrone
wat in die appellant se besit gevind is, wel ammunisie is
soos bedoel
in artikel 1 van die Wet.
c) Of
die opgelegde vonnisse regtens in orde is, m.a.w. of die vonnis op
aanklag 4 (moord) sowel as wat die kumulatiewe effek
van al die
vonnisse aanbetref, nie skokkend onvanpas is nie.
Namens die Staat het
Mnr. Barnard in sy aanvullende betoogshoofde in reaksie op die
voormelde versoek toegegee dat die skuldigbevindings
op aanklagte 2
en 5 regtens onhoudbaar is en tersyde gestel behoort te word.
Aanklagte 2 en 5 is die aanklagte na verwys in paragraaf
2(a) en (d)
onderskeidelik hierbo.
8.1 In
die klagstaat word die wapen wat die appellant na bewering
wederregtelik sou besit het ter oortreding van die bepalings vervat
in artikel 2 van Wet 75/1969 (aanklag 2) as volg beskryf:
â
1 x .22 loskruit kaliber Acclese
Schelvoke model âCash Specialâ pistool met reeksnr. 14662.â
8.2 ân
Staatsgetuie, Mnr. Warriers wat werksaam was by die Victoria-Wes
slagpale, het getuig dat bewysstuk 2 voor die hof,
gebruik was
om beeste mee te skiet. ân Ander staatsgetuie, Kaptein Proneuris
van die SAPD se Ballistieke Eenheid, het as vuurwapen
deskundige
getuig. Hy het bewysstuk 2 getoets en gevind dat dit in werkende
toestand is. Hy het egter ook ruiterlik erken dat
dit die eerste
keer in sy loopbaan was dat hy só ân tipe toestel ondersoek het.
Hy het verduidelik hoe dié toestel werk â
dit kom kortliks maar
daarop neer dat die slagdoppie binne die toestel ân pen laat
uitskiet wanneer die sneller getrek word.
Die pen trek dan
outomaties terug nadat dit afgevuur is. Hy het ook getuig dat sy
navrae laat blyk het dat dié toestel
in Engels bekend staan as ân
â
captive
bold (sic) pistol
â
en grootliks aangewend word by slagpale vir die doodskiet van beeste.
8.3 Nóg
die verhoorlanddros, nóg die aanklaer tydens die verhoor, nóg die
prokureur wat namens die appellant daar opgetree het,
het besef dat
die woordomskrywing van âvuurwapenâ in artikel 1 en die
bepalings van artikel 5 van die Wet alreeds in werking
was toe die
beweerde misdrywe
in
casu
gepleeg is. Dié woordomskrywing en artikel 5 se bepalings het
naamlik op
1
Junie 2001
in werking getree. Die misdrywe in die onderhawige geval is na
bewering gepleeg op
15
September 2001
.
8.4 Vanaf
1 Junie 2001 dus moet die begrip â
wapen
â
soos na verwys in aanklagte 2 en 5 in die klagstaat, uitgelê word as
ân â
vuurwapen
â
soos wat dit nou volledig gedefinieer word in die Wet. Wet 75 van
1969 het nie ân omskrywing van die woord â
vuurwapen
â
bevat nie en het ân
âwapen
â
bloot omskryf as enige â
vuurwapen
â
(met sekere uitsonderings en uitsluitings).
Sien
in dié verband:
S
v Williams
2005(2) SASV 290 (K) te 294 e-g (par. 12).
8.5 Van groter belang
verder is die feit dat artikel 5 van die Wet bepaalde toestelle
uitsluit as vuurwapens by toepassing van die
Wet. Artikel 5(1)(d)
bepaal as volg:
â
(1) Die
volgende toestelle is by die toepassing van hierdie Wet nie
vuurwapens nie
:
â¦â¦â¦â¦â¦
.
(d) enige
kabelpengeweer verwaardig vir gebruik in ân abattoir vir die
sagslagting van diereâ
.
Die Engelse teks van
artikel 5(1)(d) lees:
â
(d) â¦â¦ any captive bolt gun
manufactured for use in an abattoir in the humane killing of animalsâ
Die
toestel in die onderhawige geval val vierkantig binne die bepalings
vervat in artikel 5(1)(d), veral as Kaptein Proneuris se getuienis
in
gedagte gehou word (sien par. 8.2 hierbo).
Bygevolg is die toestel
nie ân vuurwapen soos bedoel in die Wet nie en moet die
skuldigbevinding en vonnis op aanklag 2 tersyde
gestel word.
Die
skuldigbevinding op aanklag 5 is onlosmaaklik gekoppel aan die
skuldigbevinding op aanklag 2 en moet, vir die redes voormeld,
met
dieselfde lot getref word as laasgenoemde.
Die
.22 loskruitpatrone wat in die appellant se besit gevind is,
kwalifiseer egter wel as â
ammunisie
â
soos in die Wet omskryf, naamlik: â
ammunisie:
ân slagdop of ân volledige patroon.â
Ook
hierdie omskrywing het op 1 Junie 2001 in werking getree. Kaptein
Proneuris het getuig dat die betrokke patrone wel oor ân
slagdop
beskik. Gevolglik was die skuldigbevinding op aanklag 3 dus in
orde.
Opsommenderwys
dus: die skuldigbevindings en vonnisse op aanklagte 2 en 5 is
tersydegestel, terwyl dié op aanklagte 3 en 4 regtens
in orde is.
Ek behandel nou vervolgens die vonnisse op aanklagte 3 en 4.
11.1 Die
appellant was 24 jaar oud ten tyde van vonnisoplegging. Hy was
ongetroud met een afhanklike en het standerd agt op skool
geslaag.
Hy is ook liggaamlik gedeeltelik gestremd tot die mate dat sy
linkerarm en âhand onderontwikkeld is. Hy sukkel gevolglik
om ân
werk te bekom. Die appellant het verder twee tersaaklike vorige
veroordelings gehad, te wete aanranding met die opset om
ernstig te
beseer van Mei 2000 waarvoor hy 12 maande gevangenisstraf wat ten
volle opgeskort was, opgelê is sowel as aanranding
in Mei 2001
waarvoor hy ân boete van R50 of vyftig dae gevangenisstraf opgelê
is.
11.2 Die
verhoorlanddros het in sy vonnisuitspraak vermeld dat hy die
voormelde vorige veroordelings as minder belangrik ag. Met
daardie
benadering stem ek saam. Waar ek egter respekvol heeltemal van hom
verskil is aangaande sy beklemtoning van die erns van
die misdryf en
die belange van die gemeenskap ten aansien van aanklag 4 (moord).
Dit is weliswaar korrek dat ân menslike lewe
geneem is â ân
helaas onomkeerbare gevolg. Tóg het die verhoorlanddros na my
mening gefouteer deur grootliks die unieke (en
tragiese)
omstandighede van hierdie bepaalde misdryf se pleging buite die oog
te verloor. Die appellant het sy beste vriend, wat
ook sy neef was,
doodgeskiet onder uiters tragiese omstandighede. Dit kan feitlik
onomwonde verklaar word dat só iets hom seker
nooit weer sal herhaal
in die appellant se lewe nie. Hierdie is iets wat die appellant vir
die res van sy lewe sal bybly en is ân
juk wat hy altoos sal moet
dra.
11.3 Dit
ly hoegenaamd geen twyfel nie dat die appellant opreg berouvol is
aangaande hierdie tragiese gebeure. ân Mens moet jou
nie blind
staar teen sy pleit van onskuldig tydens die verhoor of teen sy
onderhawige appél nie. Die appellant het basies al die
wesenlike
feite erken by sy verhoor â die enigste geskilpunt tydens die
verhoor en op appél was bloot maar die kwessie van opset.
Myns insiens is die
volgende aanduidend van die appellant se opregte berou aangaande die
gebeure:
12.1 Sy erkenning van al
die wesenlike feite.
12.2 Sy optrede
onmiddellik na die skietery en toe hy tot die besef gekom het dat die
oorledene beseer is, spreek van ân ontsettende
skuldbesef en berou
â sien par. 2.7 hierbo.
12.3 Die appellant het
duidelik bewoë geword volgens die oorkonde toe hy getuig het oor die
bloed wat hy by die oorledene se kop
gesien het ná die skoot. Die
verrigtinge moes toe vir ân wyle verdaag word vir die appellant se
onthalwe.
Ten
tyde van die aanhoor van die appél het die appellant alreeds 2 jaar
en 7 maande van sy vonnis uitgedien. Hy is in die verhoorhof
gevonnis tot effektiewe gevangenisstraf van 6 ½ jaar (par. 2
supra
).
Gegewe ons bevindinge aangaande die tersydestelling van die
skuldigbevindings en vonnisse op aanklagte 2 en 5 is dit slegs die
vonnisse op aanklag 3 (6 maande gevangenisstraf) en aanklag 4 (5
jaar gevangenisstraf) wat heroorweging op appél verg. Ek is
die
mening toegedaan dat die appellant alreeds genoegsaam geboet het vir
sy wandade. Wanneer ân mens die onderhawige feitesituasie
en
opgelegde vonnis toets aan die hand van die geykte strafoogmerke, te
wete voorkoming, vergelding en rehabilitasie, dan kan ek
geen rede
hoegenaamd insien waarom die appellant verder in hegtenis moet
verkeer nie. Geen oogmerk van straftoemeting word na
my mening
verwesenlik deur sy voortgesette gevangesetting nie. Soos ek
aangedui het, sal die appellant vir die res van sy lewe
daarmee moet
saamleef dat hy sy neef en beste vriend om die lewe gebring het.
Indirek dus, is dit ân â
vonnis
â
wat hom altyd sal bybly.
Gevolglik,
vir die redes voormeld, het ons met die opgelegde vonnisse ingemeng
soos in die bevel hierbo uiteengesit tot die effek
dat die appellant
effektiewelik tot 2 ½ jaar gevangenisstraf gevonnis word. Daarmee
het ons ten doel dat die appellant dadelik
vrygelaat word,
inaggenome dat hy nou alreeds die voormelde vonnis uitgedien het.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
HJ LACOCK
REGTER
NAMENS
APPELLANT : MNR. A. VAN TONDER
NAMENS
RESPONDENT : ADV. T. BARNARD
DATUM
VAN VERHOOR : 2005-09-22