About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 35
|
|
S v Vos (CA&R 221/04) [2004] ZANCHC 35 (29 September 2004)
Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
221/04
Datum
verhoor: / Date heard:
27/09/2004
Datum gelewer: /
Date delivered:
29/09/2004
In
die saak van:
VOS,
HENRY VINCENT LUCAS
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Lacock R et Tlaletsi R
UITSPRAAK
OP APPÃL
LACOCK
R:
Die appellant het
in die Streekhof, Kimberley, skuldig gepleit op vier aanklagtes van
diefstal. Dit is hom ten laste gelê dat
hy op 25 Junie 2002 by
vier verskillende sake ondernemings ân skootrekenaar by elke
onderneming gesteel het. Die waarde van
die rekenaars het gewissel
van R11 612.00 tot R21 701.00.
Uit die
pleitverduideliking van die appellant blyk dit dat hy en sy mede
trawante hulle by twee geleenthede waarop die rekenaars gesteel
is,
voorgedoen het as personeel van ân onderneming wat brandblussers
diens, en op die ander twee geleenthede as Telkom personeel
wat
Telkom apparatuur diens, en het hulle sodoende toegang verkry tot die
geboue waar die rekenaars gesteel is.
Na
skuldigbevinding is die appellant gevonnis tot twee jaar
gevangenisstraf op elke aanklag, maar is gelas dat drie jaar
gevangenisstraf
saam uitgedien word; met die gevolg dat aan die
appellant ân effektiewe termyn van vyf jaar gevangenisstraf opgelê
is.
Die appellant kom
nou in hoër beroep teen die vonnis hom aldus opgelê.
Die persoonlike
omstandighede van die appellant is as volg deur die verhoorlanddros
opgesom:
â
Wat betref u persoonlike
omstandighede het meneer Robertson my volledig toegespreek. U is 32
jaar oud. U is reeds tien jaar getroud.
Vermoedelik binne die
verband van ân uitgebreide gesin, is u en u eggenote
verantwoordelik vir die versorging van ses afhanklikes.
U is voltyds
ân beriggewer van die polisie, volgens meneer Robertson, en verdien
u daarmee tussen R4 000.00 en R5 000.00 per maand.â
Daarteenoor het
die Landdros myns insiens heeltemal tereg as verswarend teen die
appellant die volgende in ag geneem:
Die appellant het
ân vorige veroordeling van diefstal waaraan hy skuldig bevind en
gevonnis is in 1995 tot agt maande gevangenisstraf
waarvan ân
gedeelte opgeskort was.
Dat diefstal
toenemend voorkom in die jurisdiksiegebied van die verhoorhof.
Dat die appellant
nie uit nood diefstal gepleeg het nie, maar suiwer uit gierigheid.
Dat die
diefstalle fyn beplanning geverg het.
Dat die appellant
hierdie beplande diefstalle by vier verskillende geleenthede gepleeg
het.
Dat die
gesamentlike waarde van die gesteelde goedere meer as R64 000.00
beloop het.
Benewens die
voorgaande het die Landdros tot die gevolgtrekking gekom dat, weens
die erns van die misdade en die gereelde voorkoms
daarvan, die
persoonlike omstandighede van die appellante minder gewig dra as die
gemeenskapsbelang. Na my mening was hierdie
benadering geheel en al
geregverdig.
Duidelik het die
Landdros geen mistasting begaan of homself in enige opsig
wanvoorgelig nie. Die vonnisse die appellant opgelê
is myns
insiens ook nie skokkend swaar en/of onvanpas nie. Daar kan
vervolgens nie met die vonnisse ingemeng word nie. Sien
S
v Kibido 1998 (2) SASV 213 (HHA) te 216 g tot h.
Bygevolg word
die appél van die hand gewys.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
LP Tlaletsi
REGTER
Namens
appellant:
Adv
DP Olivier
Namens
respondent: