S v Jabani (CA&R 116/04) [2004] ZANCHC 34 (22 September 2004)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Jurisdiction — Sentencing for rape and attempted murder — Appellant convicted of attempted murder and rape, sentenced to 5 and 15 years respectively — High Court found that the magistrate lacked jurisdiction to impose sentence for rape as it involved severe bodily harm, necessitating referral to High Court — Convictions set aside and matter referred to High Court for sentencing in accordance with statutory provisions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 34
|

|

S v Jabani (CA&R 116/04) [2004] ZANCHC 34 (22 September 2004)

Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
116/04
Datum
verhoor: / Date heard:
21/09/2004
Datum gelewer: /
Date delivered:
22/09/2004
In
die saak van:
JABANI,
PIET
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Lacock R et Tlaletsi R
UITSPRAAK
OP APPÉL
LACOCK
R:
Die appellant is
in die Streekhof te Hopetown skuldig bevind aan, eerstens, poging
tot moord en, tweedens, verkragting deurdat hy
na bewering op 13
Januarie 2001 wederregtelik en opsetlik gepoog het om die klaagster
mej. Katryn Conradie, te dood, en haar daarna
verkrag het. Hy is
gevonnis tot 5 (vyf) en 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf
onderskeidelik op die voormelde twee aanklagtes.
Hy kom nou in hoër
beroep teen sy skuldigbevinding en vonnis.
Met die deurlees
van die oorkonde het dit geblyk dat die appellant die klaagster
uiters ernstig aangerand het voordat hy haar verkrag
het. Trouens
die geneesheer wat die klaagster na die voorval medies ondersoek
het, beskryf haar beserings opgedoen tydens die
aanranding as die
ergste wat hy in 21 jaar in sy hoedanigheid as geneesheer en
distriksgeneesheer nog teëgekom het.
Die Landdros het
op grond van die aard en erns van die aanranding op die klaagster,
die appellant skuldig bevind aan poging tot moord.
Na
skuldigbevinding het die Landdros geoordeel dat die misdryf van
verkragting waaraan die appellant skuldig bevind is, verkragting
is
soos bedoel in Deel III van Bylae 2 tot Wet 105 van 1997, en dat hy
gevolglik oor die nodige jurisdiksie beskik het om die appellant
te
vonnis.
Na my mening het
die Landdros hieraangaande misgetas. Verkragting
“waarby
die toediening van ernstige liggaamlike leed betrokke is”
,
val onder Deel I van Bylae 2. Dat die verkragting waaraan die
appellant hom skuldig gemaak het hieronder resorteer, ly geen
twyfel
nie.
Die Landdros het
vervolgens geen jurisdiksie gehad om die appellant op die aanklag
van verkragting te vonnis nie, en moes hy, nadat
hy die appellant
skuldig bevind het die verrigtinge op hierdie aanklag gestaak het en
die saak kragtens die voorskrifte van art.
52 (1) (b) van Wet 105
van 1997 na die Hooggeregshof vir vonnis verwys het. Sien
S
v Mpasa
(ongerapporteerde
saak nr. CA&R 71/2004 van die Noord-Kaapse Afdeling van die
Hooggeregshof);
S
v Snyders
(ongerapporteerde
saak nr. CA&R 282/2003 van die Noord-Kaapse Afdeling van die
Hooggeregshof); en
S
v Makhube 2004 (1) SASV 99 (TPA)
.
Op grond van die
voorgaande was die Landdros ook verplig om die verrigtinge ten
aansien van die poging tot moord klagte kragtens
die voorskrifte van
art. 52A (1) (b) te staak en dit na die Hooggeregshof te verwys.
Wat betref die
skuldigbevinding aan poging tot moord, het ons die advokate versoek
om die vraag naamlik of hier nie ‘n splitsing
van aanklagtes ter
sake is nie, aan te spreek. In die lig daarvan dat ons van mening
is dat die vonnisse hierin opgelê, ter syde
gestel moet word en die
saak na die Hooggeregshof verwys moet word kragtens die voorskrifte
van arts. 52 (1) en 52A (1) van Wet
105 van 1997, volg dit dat die
saak nog nie afgehandel is nie, en kan daar nie in hierdie forum met
hierdie vraagstuk gehandel
word nie. Die korrekte forum om te
oordeel of die tersaaklike skuldigbevinding ooreenkomstig die reg
geskied het, sal die Hof
wees waarna die saak kragtens art. 52A van
die voormelde Wet verwys word. Vir dieselfde redes kan ook die
appél nie oorweeg word
nie, aangesien die saak nog nie afgehandel
is nie. {
S v Makhube
(supra) }.
Bygevolg word die
volgende bevele hierin verleen:
Dit word
verklaar dat die vonnisse die appellant opgelê op beide klagtes
ultra
vires
die voorskrifte van arts. 52 (1) en 52A (1) van Wet 105 van 1997
is.
Beide die
vonnisse die appellant opgelê word ter syde gestel en met die
volgende bevel vervang:
“
Ingevolgde
die voorskrifte van arts. 52 (1) en 52A (1) van Wet 105 van 1997
word die verrigtinge gestaak, en word die beskuldigde
na die
Noord Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof verwys vir vonnis
kragtens die voorskrifte van die voormelde Wet.”
Die appellant
word in aanhouding gehou hangende die afhandeling van die
verrigtinge aldus na die Hooggeregshof verwys.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
LP Tlaletsi
REGTER
Namens
appellant:
Adv
IJ Nel
Namens
respondent:
Adv
CG Jansen