About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 33
|
|
S v Maasdorp (CA&R 23/04) [2004] ZANCHC 33 (22 September 2004)
Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
23/04
Datum
verhoor: / Date heard:
21/09/2004
Datum gelewer: /
Date delivered:
22/09/2004
In
die saak van:
MAASDORP,
SEDRICK
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Lacock R et Tlaletsi R
UITSPRAAK
OP APPÃL
LACOCK
R:
Die appellant het
op 26 Oktober 1998 in die Streekhof, Upington, tereg gestaan op ân
aanklag van huisbraak met die opset om te
steel en diefstal. Hy het
skuldig gepleit op hierdie aanklag, en het sy regsverteenwoordiger,
prokureur Snyman, ân skriftelike
pleitverduideliking aan die
verhoorhof voorgehou waarkragtens die appellant al die elemente van
die aanklag erken het.
Die
Streekhoflanddros het hom na skuldigbevinding op dieselfde dag
gevonnis tot agt jaar gevangenisstraf.
Op 22 Augustus
2002, dit wil sê byna vier jaar nadat die appellant skuldig bevind
en gevonnis is, liaseer hy ân kennisgewing
van appél teen sowel
sy skuldigbevinding en vonnis, en versoek terselfdertyd dat
kondonasie aan hom verleen sal word vir die laat
liasering van sy
kennisgewing van appél.
Die redes vir die
laat liasering van die kennisgewing van appél soos aangevoer deur
die appellant lees as volg:
â
Ek
was en is onkundig in die regstelsel.
Misleiding van die
Korrektiewe Dienste Lede.
Dat ek ân jeugdige was, en
dus oningelig.â
Hierdie redes is
so totaal onoortuigend dat dit nouliks as gegrond of goed aangemerk
kan word. Ek is van mening dat die aansoek
vir kondonasie op grond
van die voorgaande alleen van die hand gewys behoort te word.
Sien
Blumenthal & Another v Thomson NO & Another
[1993] ZASCA 190
;
1994 (2) SA 118
(A) te 121 I
:
â
This
Court has often said that in cases of flagrant breaches of the Rules,
especially where there is no acceptable explanation therefor,
the
indulgence of condonation may be refused whatever the merits of the
appeal are; this applies even where the blame lies solely
with the
attorney.â
Nietemin, en
aangesien mev. Jansen namens die Staat nie beswaar het teen die
oorweging van die meriete van die appél nie, sal ons
ook hierdie
element van die aansoek oorweeg. (Vergelyk
S
v Thobakgale & Others 1998 (1) SASV 703 (W) te 708 g
).
Die
pleitverduideliking namens die appellant aan die verhoorhof
voorgehou, lees as volg:
â
Ek,
die ondergetekende, Shadrick Maasdorp, beskuldigde 3 pleit skuldig op
ân aanklag van huisbraak met die opset om te steel en
diefstal en
ek erken die volgende. 1, Dat ek op 4 November 1997 te Upington binne
die regsgebied van hierdie Agbare Hof die gebou
van Club CDF
oopgebreek het deur die voordeur te breek en die gebou binnegegaan
het met die opset om te steel. Ek erken dat ek die
goedere soos per
aangehegte lys, die eiendom van Jan Gharies gesteel het. 2, Ek erken
dat die waarde van die goedere R33 980.00
beloop en dat my optrede
wederegtelik was. Ek beweer dat ek vergesel was van Talton Plaatjies
en Rodney Kroon. Ons het die gesteelde
goedere gedra tot buite die
gebou maar toe ons ân voertuig sien aankom het ons gedink dat dit
die polisie was en het toe weggehardloop.â
Die verklaring is
deur die appellant onderteken en bevestig.
Mnr. Nel wat die
appellant in hierdie appél verteenwoordig, het toegegee dat die
skuldigbevinding ooreenkomstig die reg geskied
het, en dat daar nie
enige vooruitsig op sukses met die appél teen skuldigbevinding is
nie.
Ons meen dat
hierdie toegewing korrek gemaak is.
Wat vonnis
aanbetref betoog mnr. Nel dat die vonnis so skokkend swaar en
onvanpas is dat bevind sal word dat geen redelike Hof dit
sou opgelê
het nie, en versoek dan dat hierdie Hof daarmee sal inmeng
Dit is geykte reg
dat die oorweging van ân gepaste vonnis binne die diskresie
uitoefening van die verhoorhof val, en dat ân
Hof van appél slegs
daarmee sal inmeng indien dit sou blyk dat die verhoorhof sy
diskresie onbehoorlik uitgeoefen het. Sien
S
v M
1982 (1) SA 589
(A) te 592 G
;
en
S v Pieters
1987 (3) SA 717
(A) te 728 B
.
Die Hof
a
quo
het myns insien gebalanseerd oorweging gegee aan die erns van die
misdryf, die gemeenskapsbelang en die persoonlike omstandighede
van
die appellant. Mnr. Nel betoog egter dat die Landdros oordrewe
gewig geheg het aan die vorige veroordelings van die appellant.
Die persoonlike
omstandighede van die appellant en sy vorige veroordelings is as volg
deur die Landdros in sy uitspraak op vonnis
beskryf:
â
Wat
beskuldigde 3 aanbetref is hy gebore 28 Januarie 1979, hy is 19 jaar
oud. Hy is besig om ân twee jaar gevangenisstraf uit te
dien vir
poging to moord. Hy was gevonnis in Junie 1998. Hy het die skool in
standerd 9 aan die einde van 1997 verlaat.
Nou
het beskuldigde 3 ân probleem, want hy is nou een van daardie jong
persone wat blykbaar onder die wanindruk verkeer het dat
ân mens
maar kan aanhou en aanhou om kwaad te doen en niks gebeur aan die
einde van die dag nie. In 1997 is hy die eerste keer
aan huisbraak
skuldig bevind.
Die oplegging van vonnis was
vir vyf jaar uitgestel en nieteenstaande die feit dat hy verskeie
kere daarna soortgelyke misdrywe gepleeg
het was hy nooit opgeroep
nie. Daarom wat ek sê die wanindruk wat baiekeer ontstaan by
jeugdiges is dat hulle maar net kan aanhou
kwaaddoen. Vier/vyf
maande na die eerste skuldigbevinding aan inbraak is hy aan ân
tweede inbraak skuldig bevind en toe houe met
ân ligte rottang
opgelê, dit was ân inbraak by ân kafee die eerste een was by ân
kerk gewees.
1988 Meimaand, dit is toe
weer so plus minus ses maande later was hy skuldig bevind aan
diefstal, dit is nie bekend aan wat nie en
was hy weer houe met ân
ligte rottang opgelê. Hy is ook skuldig bevind in 1992 aan
aanranding met die opset om ernstig te beseer
wat nie nou ter sake is
nie. Toe het hy vir ân tydjie skoon geloop.
Toe in 1996 is hy weer
skuldig bevind aan ân inbraak by ân woning waar ân videomasjien
gesteel is, die waarde was R1 900.00
en as ân jeugdige was hy
toe drie maande gevangenisstraf opgelê, ân baie kort termyn. Maar
dit moes ook nie ân heilsame uitwerking
gehad het nie want nege
maande later op 17 Junie 1997 is hy skuldig bevind aan ân verder
inbraak by ân besigheidspersoeel waar
die waarde R40.00 was en aan
ân verder inbraak by ân woonperseel waar die waarde R3 240.00.
Nou daardie twee inbrake was
op 8 Maart 1996 gepleeg. Toe het die hof vir hom ân kans gegee.
Die hof het die twee klagtes saamgeneem
vir vonnisdoeleindes en hy
het 18 maande korrektiewe toesig gekry en hy moes 300 uur
gemeenskapsdiens verrig het. Voordat daardie
laaste vonnisse verby
is het hy heengegaan en hierdie ordentlike inbraak gaan pleeg waar
daar amper R34 000.00 se goed gesteel is.â
Benewens die
voorgaande lys van vorige veroordelings, het die Landdros ook as
strafverswarend die volgende in ag geneem: Die waarde
van die
gesteelde goedere naamlik byna R34 000.00; dat die misdaad beplan
was; dat slegs goedere ter waarde van R24 000.00 teruggevind
is en
die klaer steeds skade van ongeveer R9 000.00 gely het; dat die
appellant tydens die diefstal skade binne die perseel van
die klaer
aangerig het in ân bedrag van ongeveer R500.00; en dat die
appellant nie uit nood die misdryf gepleeg het nie.
Daarteenoor het
die Landdros in die guns van die appellant aanvaar dat hy berou
getoon het deur skuldig te pleit.
Mnr. Nel betoog
voorts dat die Landdros uit die oog verloor het dat die appellant
nog nie voorheen ân lang termyn van gevangenisstraf
uitgedien het
nie, dat ân termyn van agt jaar gevangenisstraf onredelik swaar is
en dat ân gedeelte daarvan opgeskort moes
gewees het.
Mnr. Nel het
laastens verwys na die sake van
S v
Coales 1995 (1) SASV 33 (A)
en
S
v Olivier & Andere 1996 (2) SASV 387 (NK)
ter ondersteuning van sy argument. Sonder om in besonderhede in te
gaan, is dit duidelik dat die omstandighede van beide sake
verskil
van dié van die onderhawige saak. Uiteraard moet elke geval op sy
besondere meriete oorweeg word.
Na my mening was
die Landdros nie alleen geregverdig nie, maar ook regtens verplig om
ernstige oorweging te verleen aan die appellant
se reeks vorige
veroordelings en om dit as effektief verswarend teen die appellant
in ag te neem. Die appellant het op sy jeugdige
ouderdom hom
skuldig gemaak aan so ân indrukwekkende aantal vorige oortredings
dat dit myns insiens baie duidelik is dat hy ân
ernstige gevaar
vir die goed van andere inhou daar hy duidelik geen respek vir die
eiendom van ân ander het nie. Die gemeenskap
is moeg daarvoor om
voortdurend met al hul aardse goed agter slot en grendel te leef uit
vrees vir ân onregmatige inbreuk daarop.
Hul verwagting dat die
howe erkenning sal verleen aan die reg op die beskerming van hul
eiendoms- en besitsreg op hul aardse besittings
is ân realistiese
en regtens verantwoordbare verwagting. Hieraan moet die howe met
verantwoordelikheid ernstige oorweging gee,
en kan dit alleen doen
deur die oplegging van sodanig gepaste vonnisse wat nie alleen sal
dien as vergelding vir die daad wat ân
oortreder gepleeg het nie,
maar ook om onder andere, andere te poog om te voorkom dat andere
soortgelyke dade pleeg.
Die vonnis wat
die Landdros die appellant opgelê het, is ân swaar vonnis, maar
myns insiens kan nie gesê word dat dit sodanig
swaar of onredelik
is dat hierdie Hof daarmee behoort in te meng nie.
Ek is
vervolgens van mening dat daar geen voortuitsigte op sukses in die
appél is nie, en word die aansoek om kondonasie van die
hand gewys.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
LP Tlaletsi
REGTER
Namens
appellant:
Adv
IJ Nel
Namens
respondent:
Adv
CG Jansen