S v September (CA&R 93/04) [2004] ZANCHC 32 (22 September 2004)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Application for condonation for late filing of notice of appeal — Appellant convicted of murder and sentenced to fifteen years' imprisonment — Appellant's reasons for late filing unconvincing — No reasonable prospects of success in appeal against conviction or sentence — Condonation application dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 32
|

|

S v September (CA&R 93/04) [2004] ZANCHC 32 (22 September 2004)

Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
93/04
Datum
verhoor: / Date heard:
21/09/2004
Datum gelewer: /
Date delivered:
22/09/2004
In
die saak van:
SEPTEMBER,
JEFFREY
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Lacock R et Tlaletsi R
UITSPRAAK
OP APPÉL
LACOCK
R:
Die appellant is
op 26 Maart 1999 in die Streekhof te Victoria Wes skuldig
bevind aan moord en gevonnis tot vyftien jaar gevangenisstraf.
Hy doen nou
aansoek vir kondonasie vir die laat liasering van sy kennisgewing van
appél, en kom terselfdertyd in hoër beroep teen
die vonnis hom
opgelê.
Die redes deur
die appellant aangevoer waarom sy kennisgewing van appél so laat
liaseer is, is geheel en al onoortuigend. Nietemin,
en aangesien
die appellant vanuit die gevangenis sy appél aangeteken het, sou ek
waarskynlik kondonasie verleen het indien daar
redelike vooruitsigte
op sukses in die appél teen vonnis sou wees. Dit is vervolgens
nodig om die meriete van die appél te oorweeg.
Die
Streekhoflanddros het bevind dat die appellant na middernag en
vergesel van ene Willem Bandjies, ‘n 18-jarige seun, gestap
het na
die woning waar die oorledene, ‘n 15-jarige seun, en nog ‘n kind
genaamd MC hulle bevind het. Die appellant wou die
oorledene vra om
hom te vergesel om ene July weg te neem na die plaas Kalkfontein.
By hierdie woning
aangekom, het die appellant aan die deur geklop, en na ‘n lang ruk
het MC die deur oopgemaak. Die appellant het
toe aan Bandjies gesê,
“kyk
wat doen ek nou”
,
en die huis binne gebars. Hy het die oorledene op ‘n bed aangetref
waar hy gelê en slaap het, en hom met die vuis geslaan terwyl
hy nog
gelê en slaap het. Hierop het ‘n wrede aanval op die oorledene
gevolg waartydens die appellant hom herhaaldelik geskop
en geslaan
het, hom vier keer opgetel en kop eerste op die sementvloer van die
kombuis neergegooi het, en hom daarna met ‘n luidsprekerkas
herhaaldelik teen sy lyf geslaan het. Die oorledene het beswyk as
gevolg van hierdie brutale aanranding.
Die appellant kon
geen rede aanvoer waarom hy die oorledene aangeval en gedood het
nie, behalwe om te beweer dat hy die nag besope
was. Hoewel die
appellant aanvanklik getuig het dat hy so besope was dat hy feitlik
niks van die voorval kan onthou nie, het dit
in kruisverhoor geblyk
dat hy aansienlik meer van die nag se gebeure kon onthou, en selfs
kon onthou dat, toe hy die oorledene
in sy bed aantref, hy hom gevra
het om saam met hom te ry en toe die oorledene nie antwoord nie, het
hy begin om hom aan te rand.
Mnr. Van Heerden
namens die appellant betoog dat die vonnis die appellant opgelê
skokkend swaar en onvanpas is. Die wese van sy
argument is naamlik
dat die Landdros onvoldoende gewig geheg het aan die mate van
intoksikasie waaronder die appellant ten tye
van die voorval verkeer
het.
Ek kan nie met
heirdie argument van mnr. Van Heerden saamstem nie.
‘
n
Hof van app
él
meng nie geredelik in met ‘n vonnis deur ‘n verhoorhof opgelê
nie aangesien straftoemeting primêr val binne die diskresie
van die
verhoorhof. Sien
S v Kibido
1998 (2) SASV 231 (HHA) te 216 g
en
verder.
Die Landdros het
behoorlik oorweging gegee aan die persoonlike omstandighede van die
appellant, die aard en erns van die misdryf
wat hy gepleeg het,
asook die gemeenskapsbelang. Daar kan myns insiens nie gesê word
dat hy ‘n mistasting begaan het of homself
enigsins wanvoorgelig
het nie.
Duidelik het die
Landdros inderdaad die feit dat die appellant onder die invloed van
sterk drank was, as versagtend in sy guns
in aanmerking geneem. Hy
sê in hierdie verband die volgende:
“
Ek
sal aanvaar in u guns dat drank ‘n rol gespeel het hier,
waarskynlik het dit u inhibisies verminder, waarskynlik soos mnr
Kempen
betoog het dit veroorsaak dat dit u oordeel aangetas het,
klaarblyklik het u ook ‘n persoonlikheids verandering
ondergaan.”
Ook het die
Landdros die feit dat die appellant ‘n eerste oortreder was,
behoorlik as strafversagtend in ag geneem.
Indien die
voormelde versagtende omstandighede egter opgeweeg word teen die
totaal ongevraagde en ongegronde aanval op hierdie 15-jarige
kind,
oorskadu die brutale wreedheid van hierdie aanval die versagtende
omstandighede dermate dat nie gesê kan word dat die vonnis
die
appellant opgelê skokkend swaar en onvanpas is nie. Trouens,
indien ek as hof van eerste instansie die appellant moes vonnis,
sou
ek beswaarlik die appellant ‘n ligter vonnis opgelê het as dié
opgelê deur die Streekhoflanddros.
Ek is
vervolgens van mening dat daar geen voortuitsigte op sukses in die
appél is nie, en word die aansoek om kondonasie van die
hand gewys.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
LP Tlaletsi
REGTER
Namens
appellant:
Adv
IJ Nel
Namens
respondent:
Adv
CG Jansen