S v Van der Roos (CA&R 68/04) [2004] ZANCHC 31 (21 September 2004)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Consent — Appellant convicted of rape of mentally disabled complainant — Appellant contending he had consent — Evidence indicating complainant's inability to consent due to mental disability — Court finding that appellant was aware of complainant's condition and proceeded with sexual intercourse — Appeal against conviction dismissed as no merit found in appellant's claims.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 31
|

|

S v Van der Roos (CA&R 68/04) [2004] ZANCHC 31 (21 September 2004)

Verslagwaardig:
Ja/Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja/Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja/Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
Noord
Kaapse Afdeling
)
Saakno: / Case
number:
CA&R
68/04
Datum
verhoor: / Date heard:
19/08/2004
Datum
gelewer: / Date delivered:
21/09/2004
In die saak
tussen:
DIE
STAAT
en
JOSEPH ANTHONY VAN DER ROSS
Coram: LACOCK R
et
MUSI WnR
UITSPRAAK
MUSI WnR
Die
appellant is op 30 Augustus 2001 in die Streekhof te Kimberley aan
verkragting skuldig bevind en tot 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf
gevonnis. Hy kom nou in hoër beroep teen die skuldigbevinding
sowel as die vonnis.
Die
appellant het op 12 Desember 2002 sy kennisgewing van appèl,
appèlgronde en aansoek om kondonasie geliaseer. Hy voer aan
dat sy
regsverteenwoordiger hom nie van die dae waarbinne hy appèl moet
aanteken ingelig het nie. Hy het eers gedurende Maart
2002 daarvan
verneem. Die appellant het derhalwe sy kennisgewing laat ingedien.
Die appellant is nie ‘n regsgeleerde nie.
Hy het die kennisgewing
van appèl, appèlgronde en aansoek om kondonasie sonder die hulp
van ‘n regsverteenwoordiger geliaseer.
Hy het dit alles vanuit
die gevangenis hanteer. Hy het nie sy betoogshoofde geliaseer nie.
Die respondent het ook nie versoek
dat die appèl, op grond van
die laat indiening van die kennisgewing van appèl, geskrap moet
word nie. Indien daar meriete in
die appèl is sal kondonasie
toegestaan word. Ek handel vervolgens met die meriete.
Dit is die
appellant ten laste gelê dat hy op 1 Maart 1998 te Homevale,
Kimberley, vir Melisandre Johnson (die klaagster) verkrag
het.
Alternatiewelik dat hy ter oortreding van artikel 15(a) van Wet 23
van1957 met die klaagster, synde ‘n idioot of swaksinnige,
ontug
gepleeg het.
Die appellant was aanvanklik
deur mnr Botha en later deur mnr Van Heerden verdedig. Hy het
onskuldig gepleit. Hy het formeel erken
dat hy met die klaagster
geslagsgemeenskap gehad het. Hy het egter aangevoer dat hy
toestemming gehad het en dat hy nie geweet
het dat sy nie kon
toestem tot gemeenskap nie.
Me. Cronje,
‘n ervare kliniese sielkundige, het getuig dat die klaagster
volgens haar waarneming en evaluasie ‘n verstandelik
erg gestremde
of swaksinnige persoon is. Sy getuig voorts dat die klaagster
vanweë haar beperkte verstandelike vermoë nie met
begrip
toestemming tot geslagsgemeenskap kon gee nie.
Die klaagster was deur die
streeklanddros ondervra en nadat die streeklanddros, mnr Botha en
die staatsaanklaer haar waargeneem
het, het die streeklanddros die
volgende op rekord geplaas.
“
HOF:
Vir
rekorddoeleindes, die klaagster loop duidelik nie normaal toe sy die
hof binnekom nie en ook toe sy uitgaan. Sy is vergesel
van Me.
Cronje wat haar gehelp het om in te kom. Dit is baie duidelik dat sy
spastiese bewegings het as sy loop. Dit wil vir die
Hof voorkom of
die bene nie haar behoorlik kan regop hou nie en dat sy ondersteun
moet word om the loop. Haar gesigsuitdrukking
wat die Hof opgemerk
het is dat sy die heeltyd glimlag as ‘n mens met haar praat. As ‘n
mens dit so kan noem, dit is dalk meer
amper ‘n grynslag, as ek dit
nou so kan uitdruk. Die Hof het met haar gepraat. Sy kon wel haar
naam en van vir my gee, sy weet
egter glad nie hoe oud sy is nie, sy
weet ook nie watter dag dit is of wat die datum dit is nie. Sy weet
ook nie wat sal gebeur
as sy vir die Hof sou leuens vertel nie, en
soos die Aanklaer ook tereg opgemerk het, het haar mond ook skeef
getrek as sy met die
Hof gepraat het. Op die oog af wil sy vir die
Hof dan baie duidelik voorkom as ‘n persoon wat nie normaal is nie.
Ek weet nie
of u enigsins van die Hof verskil nie?”
Mnr Botha en
die staatsaanklaer het met die streeklanddros se waarnemings
saamgestem.
Die feite
van die saak is kortliks die volgende. Me Farland en die klaagster
se vader, mnr Johnson, handhaaf ‘n saamleef verhouding.
Op
1 Maart 2004 omstreeks 04H00 het die appellant en mnr Johnson by
haar woning opgedaag.
Sy
is voorgestel aan die appellant en daarna het sy gaan lê in haar
kamer. Die appellant en mnr Johnson het in die kombuis gesit
en
sterk drank drink. Mnr Johnson het die appellant slaapplek
aangebied. ‘n Matras is op die vloer in die kamer waar die
klaagster
op ‘n bed geslaap het neergelê. Die appellant het
daarop geslaap. In dieselfde kamer was daar ‘n televisie wat
heelnag aangeskakel
was. Later die oggend het me Farland na die
klaagster se kamer gegaan en die appellant bo op die klaagster
opgemerk waar hy besig
was om haar bors te suig. Sy het alarm
gemaak. Die appellant het opgestaan. Sy het opgemerk dat die
klaagster nakend is. Die
klaagster het op haar versoek opgestaan en
haar damesbroekie aangetrek. Sy het die klaagster na haar
slaapkamer geneem. Aldaar
het sy te vergeefs gepoog om vir mnr
Johnson wakker te maak. Sy het ‘n buurvrou gaan roep. Met haar
terug keer het sy gesien
dat die klaagster se boude vol “bloed en
sperms” was. Die appellant het haar om verskonning gevra. Sy het
die polisie ontbied.
Dr Mohammed, ‘n mediese
praktisyn het die klaagster ondersoek. Hy het opgemerk dat daar ‘n
0.3cm skeur in en bloeding van die
klaagster se vagina was. Die
ondersoek was pynlik. Sy gevolgtrekking was dat die beserings deur
geforseerde penetrasie veroorsaak
was. Sy getuienis was voorts dat
die beserings, in die lig van die feit dat die klaagster nie `n
maagd was nie, daarop dui dat
die klaagster in alle waarskynlikheid
nie toegestem het tot gemeenskap nie.
Die
appellant se getuienis is dat hy op die matras gelê en slaap het.
Hy het gevoel hoe iemand met sy privaatdeel speel. Hy het
gevoel
dat dit ‘n vrou is en het toe en daar geslagsgemeenskap met haar
gehou. Hy het na die geslagsdaad, met die dame in sy
arms, aan die
slaap geraak. Me Farland het hulle in daardie posisie in die kamer
aangetref. Hy het nie gesien met wie hy geslagsgemeenskap
hou nie.
Die klaagster
het haar T-hemp aangetrek en uitbeweeg.
Die streeklanddros het bevind
dat die appellant
“met
haar gemeenskap gehou het terwyl hy geweet het sy is ‘n gestremde
persoon en is ek tevrede dat die staat wel sy saak bo
redelike
twyfel bewys het.”
Die kern
van die appellant se betoog is dat die streeklanddros fouteer het
deur te bevind dat hy nie toestemming gehad het om met
die klaagster
geslagsgemeenskap te hou nie.
Dit is
geykte reg dat ‘n Hof van appèl nie ligtelik sal afwyk van ‘n
verhoorhof se geloofwaardigheidsbevindinge nie.
Sien
Rex v Dhlumayo and
Another
1948 (2) SA 677
(A) op 696 en 705; S v Hadebe and Others
1997 (2) SACR 64
(SCA) te 65 e tot f
.
Daar skort
niks met die streeklanddros se geloofwaardigheidsbevindige nie. Die
Streeklanddros het die getuienis van al die getuies
deeglik oorweeg
en evalueer. Daar kan nie fout gevind word met die streeklanddros
se evaluasie en gevolgtrekking nie. Die streeklanddros
het ook die
weerspreking tussen mnr Johnson en me Farland se getuienis oorweeg
en tereg bevind dat dit nie wesenlik is nie. Sien
S
v Oosthuizen
1982 (3) SA 571
(T) te 576 B tot C en S v Mkohle
1990
(1) SACR 95
(A) te 98 f tot g.
Die vrae
wat in hierdie appèl ontstaan is, eerstens, of die klaagster
regtens nie in staat was om tot geslagsgemeenskap toe te
stem nie;
vide
R
v Ryperd Boesman 1942 (1) PH H63 SWA; R v C
1952 (4) SA 117
(0)
te
121 A tot B
,
tweedens of daar bewys is dat die appellant subjektief besef het dat
die klaagster nie in staat was om toe te stem tot gemeenskap
nie, of
dat hy by wyse van dolus eventualis, die moontlikheid daarvan besef
het maar desondanks voortgegaan het om met haar gemeenskap
te hê.
Sien
S
v J
[1988] ZASCA 117
;
1989 (1) SA 525
(A) op 530 C tot D
.
Die getuienis van Dr Mohammed
en me Cronje is duidelik en onaanvegbaar dat die klaagster
verstandelik erg gestrem is. Al die partye
in die hof het ook
opgemerk dat sy ooglopend verstandelik gestrem is. Dit strook ook
met die getuienis van mnr Johnson, me Farland
en mnr Lingham. Die
eerste vraag moet dus bevestigend beantwoord word.
Dit
blyk duidelik uit die getuienis dat die appellant die klaagster en
haar familie geken het. Die klaagster was by ‘n vorige
geleentheid deur haar stiefpa, mnr Lingham, aan die appellant
voorgestel. Aanvanklik getuig hy dat hy nie kon sien of die
klaagster
“abnormaal of normaal was nie.” Namate die
kruisondervraging gevorder het, het hy insiggewende toegewings
gemaak. Op bladsy
105 tot 106 van die oorkonde vind die volgende
interaksie plaas:
“
Hof:
Ek wil net duidelikheid kry oor die antwoord. Het u gesê dat u het
die dag daar by die suster se huis nou gesien sy is nie normaal
nie?
Dat daar fout is met haar?
-- Ja, ek kon
sien daar is fout met haar.
Ja, u kan maar
voortgaan
AANKLAER:
Soos
die Hof behaag. Maar netnou het u vir My gesê dit was in die aand
in u kon nie sien of sy normaal of absormaal was nie? –
Dit was
in die aand in, ja.
Maar
u het wel gesien sy is abnormaal, sy is nie normaal nie, is
ek reg?
-- H’ mm.
HOF:
Meneer
u moet haar antwoord asseblief. – Ja.
AANKLAER:
So
u het daardie tyd vasgestel dat die kind is abnormaal, hier is fout
hierso?
--
Ja.
Goed.
HOF:
Wat
het u gedink is fout? -- Hoe sê u?
Ek vra wat het
u gedink is fout met die kind? – Ek het gedink sy is nie reg daarbo
nie.
Sy is nie reg
daarbo nie? – Ja.
Bedoelende
in haar verstand? -- In haar verstand in.
Ja.
AANKLAER:
Soos
die Hof behaag. So op daardie stadium het u vasgestel wie se kind
dit is toe? Op daardie stadium daardie aand het u toe geweet
wie se
Kind dit is, nou definitief? – Ja.
Hoe
weet u wie se kind was dit nou? -- want daardie aand toe sê Roy vir
my kyk dit is Heather se kind die.
Heather en Mervin se kind?
Ja.”
Hy getuig
voorts dat hy haar nog twee keer daarna in die kerk gesien het. Die
streeklanddros het ook waargeneem dat die klaagster
ooglopend
verstandelik gestrem is.
Me Farland
se getuienis is dat die vertrek waarin die voorval plaasgevind het
belig was aangesien die televisie aan was. Haar getuienis
in
hierdie verband was nie in geskil geplaas nie. Die appellant getuig
dat die vertrek stikdonker was en dat daar glad nie ‘n
televisie
in daardie vertrek was nie. Dit is duidelik dat hy ontken het dat
daar ‘n televisie in daardie vertrek was ten einde
geloofwaardigheid aan sy weergawe, dat dit stikdonker was, te
verleen.
Dit is
voorts onwaarskynlik dat die appellant met ‘n wild vreemde vrou
sal gemeenskap hou sonder om voor, tydens of na die daad
te kyk met
wie hy gemeenskap het of gehad het.
Die appellant het geweet dat
die klaagster verstandelik gestrem is. Die onvermydelike
gevolgtrekking is dat hy subjektief besef
het dat sy nie in staat is
om toe te stem tot gemeenskap nie. Dit is in elk geval duidelik dat
hy die moontlikheid besef het maar
desondanks voortgegaan het om met
haar gemeenskap te hè. ‘n Oorsig van al die getuienis dui
onteenseglik daarop dat die tweede
vraag ook bevestigend beantwoord
moet word. Ek is tevrede dat die staat bo redelike twyfel bewys het
dat die appellant die klaagster
verkrag het. Daar is derhalwe geen
meriete in die appèl teen die skuldigbevinding nie.
Dit is
geykte reg dat die oplegging van ‘n gepaste vonnis by uitstek die
funksie van die verhoorhof is. ‘n Hof van appèl sal
nie
geredelik met die uitoefening van daardie diskresie inmeng nie.
Slegs wanneer
die verhoorhof ‘n mistasting of onreëlmagtigheid begaan het, of
homself wanvoorgelig het of waar die opgelegde
vonnis buitensporig
swaar of skokkend onvanpas is sal inmenging geregverdig wees.
Vergelyk
S v Kibido
1998 (2) SACR 213
(SCA) te 216 g – j; S V Pieters
1987 (3) SA 717
(A)
.
Ek is van
mening dat die streeklanddros,
in
hoc casu
,
homself wanvoorgelig het en mistastings begaan het. Ek sê dit om
die volgende redes:
Die streeklanddros het in die
konteks van hierdie saak die erns van die misdryf en die
gemeenskapsbelang oorbeklemtoon ten koste
van die persoonlike
omstandighede van die appellant.
Verkragting
is ‘n ernstige misdaad. In
S
v C
1996 (2) SACR 181(C)
op 186 c tot e
beskryf
Van
Deventer J
et
Prest AJ
die
misdaad as volg:
“
Rape is
regarded by society as one of the most heinous of crimes and rightly
so. A rapist does not murder his victim – he murders
her
self-respect and destroys her feelings of physical and mental
integrity and security. His monstrous deed often haunts his victim
and subjects her to mental torment for the rest of her life – a
fate often worse than loss of life.”
Ek skaar my by daardie
opmerkings.
Die streeklanddros het tereg
bevind dat verkragting ‘n uiters ernstige en afskuwelike misdaad
is en dat die verkragting van
‘n vrou wat weens geestelike of
verstandelike gestremdheid nie in staat is om toestemming tot
gemeenskap te verleen nie, selfs
meer ernstig en afkeurenswaardig
is. Dat hierdie tipe oortreding met swaar vonnisse bestraf moet
word, val nie te betwyfel nie.
Die vraag is egter of die
appellant gegewe sy persoonlike omstandighede en die ander
tersaaklike faktore waarna ek hieronder verwys,
verdien het om vir
‘n periode van vyftien jaar na die gevangenis gestuur te word.
Dit blyk dat die appellant
reeds die relatief gevorderde ouderdom van 46 jaar bereik het toe hy
hierdie oortreding gepleeg het.
Tot op hierdie leeftyd het hy nog
nooit met die gereg gebots nie. Hy was ‘n eerste oortreder.
Hiermee gee ek nie te kenne
dat die appellant nie direkte gevangenisstraf opgelê moes gewees
het nie, maar is hierdie feit myns
insiens uiters versagtend, en
blyk dit dat die streeklanddros – hoewel hy dit vermeld het –
nie enige gewig hieraan geheg
het nie.
Die appellant het homself deur
sy leeftyd bewys as ‘n persoon wat eerstens ‘n verantwoordelike
gesinshoof was, en tweedens dat
hy ‘n eervolle en bestendige
ekonomies aktiewe persoon was, en soos blyk uit sy werksrekord wat
as volg deur die streekanddros
opgesom is:
“
Dit
blyk dat u aanvanklik gewerk het by die Munisipaliteit as ‘n
leerling loodgieter so tussen die jare 1972 tot 1977.
Daarna
van 1977 tot 1978 was u by Welkom by die President Brand Goudmyn
werksaam. Toe tot 1982 was u te Secunda werksaam. Toe tot
1991 was
u by Sasol 2 werksaam en van 1993 tot 2001 was u by die Departement
Onderwys en Kultuur as ‘n faktotum werksaam en daarna
het u vir ‘n
ruk uitgehelp by die Osman bakkery en tans is u dan werkloos. Dit is
ook aan u voorgehou deur uself dat u gevorder
het tot standerd 8 op
skool, maar dat u wel na skool NTS 1 ook verwerf het.”
Die appellant is getroud, en
was ten tye van vonnisoplegging die vader van twee dogters van 18
en 13 jaar oud onderskeidelik.
Die
oudste dogter was in matriek. Die eggenote van die appellant is ‘n
geëmploeerde onderwyseres.
Die omstandighede waaronder
die misdryf gepleeg is, verdien ook spesiale vermelding.
Eerstens
blyk dit dat die appellant die tersaaklike nag redelik sterk onder
die invloed van drank was. Nadat hy reeds vroeër
die tersaaklike
aand gedrink het, het hy later die nag aan huis van die vader van
die klaagster verder saam met hom rum gedrink.
Dit is eenvoudig so
dat alkohol die mens se gesonde oordeel en rasionele handeling
nadelig beïnvloed. Afstomping van die mens
se oordeelsvermoë,
selfbeheersing en verantwoordelikheidsin deur drank – of ander
bedwelming - is sedert die dae van Noag
‘n bekende menslike
swakheid. En in ‘n beskaafde regstelsel, wat by opsetmisdade die
klem op die beskuldigde se verwytbare
geestesgesteldheid laat val,
word dit in die reël as strafversagtend beskou. Sien
Hiemstra:
Suid Afrikaanse Strafproses 5de uitgawe
deur
Kriegler J
te bladsy
680 tot 681
.
‘n Persoon wat ‘n misdaad onder die invloed van drank pleeg se
optrede is moreel minder verwytbaar as ‘n persoon wat
nie onder
daardie tipe beïnvloeding gebuk gegaan het nie. Die
streeklanddros het nêrens in sy uitspraak op vonnis na hierdie
aspek verwys nie, ofskoon dit die rede was waarom die appellant by
die klaagster se vader se woning oornag het.
Tweedens is die appellant
slaapplek aangebied in dieselfde kamer waar die klaagster geslaap
het. Sou die appellant nugter gewees
het, sou hierdie misdaad
waarskynlik nie gepleeg gewees het nie.
Daar is
geen getuienis dat die appellant enige ander geweld teenoor die
klaagster gebruik het of haar beseer het nie. Die enigste
besering
wat die klaagster opgedoen het, is deur die geneesheer beskryf as
‘n
“superficial
vaginal tear”
van 0.3cm. Hierdie skeur het wel gebloei en was daar bloed aan
haar damesbroekie en bobene.
Die
appellant getuig dat hy op daardie dag terneergedruk gevoel het
omdat hy en sy vrou uitmekaar was en daarom het hy oormatig
gedrink. Hy het emosioneel aan sy huweliks-probleem ook gebuk
gegaan.
Daar is niks wat daarop dui
dat daar selfs ‘n moontlikheid bestaan dat die appellant weer ‘n
soortgelyke misdaad sal pleeg
nie. Dit kom my inteendeel voor dat
hierdie ‘n ongelukkige vergryp was wat die appellant in ‘n
onbesonne oomblik van dronkenskap
gepleeg het.
Dit blyk
voorts uit die streeklanddros se uitspraak op vonnis dat hy
beïnvloed en beweeg was tot die oplê van die vonnis van vyftien
jaar deur die voorskrifte van Wet 105 van 1997. Hy laat hom
hieraangaande as volg uit:
“
Gelukkig vir
u was dit sowat twee maande voordat hierdie Wet in werking getree het
wat u die huidige oortreding gepleeg het. Maar,
is dit so dat die
Hof wel die Wetgewer se siening in die verband in ag neem en daarom
verwys ek na hierdie Wet om die klem daarop
te lê dat dit deur die
Wetgewer in ‘n ernstige lig beskou word.”
Die
streeklanddros het ten aansien hiervan homself wanvoorgelig. Hy was
nie geoorloof om die voorskrifte van ‘n Wet wat nie in
werking was
in ag te neem by die oorweging van ‘n gepaste vonnis nie. Die
rede hiervoor is myns insiens geleë in die volgende:
Die
minimum vonnisse voorgeskryf kragtens Wet 105 van 1997 (die Wet) is
aansienlik swaarder as die vonnisse wat oor die algemeen
voor die
inwerkingtreding van die Wet deur howe opgelê was. Dit was
duidelik die bedoeling van die Wetgewer dat hierdie swaarder
vonnisse voortaan aan misdadigers wat skuldig bevind word aan die
misdrywe vermeld in Bylae 2 van die Wet opgelê moet word (tensy
wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig is) en dat hierdie
swaarder vonnisse voortaan as maatstaf vir sodanige oortredings
deur die howe aangewend behoort te word. Sien
S
v Abrahams 2002 (1) SASV 116 (HHA) te 126 b tot e
:
“
The
prescribed sentences the Act contains play a dual role in the
sentencing process. Where factors of substance do not compel the
conclusion that the application of the prescribed sentence would be
unjust, that sentence must be imposed. However, even where such
factors are present, the sentences the Act prescribes create a
legislative standard that weighs upon the exercise of the sentencing
court's discretion. This entails sentences for the scheduled crimes
that are consistently heavier than before.
This was made clear in
Malgas. Even when substantial and compelling circumstances are found
to exist, the fact that the Legislature
has set a high prescribed
sentence as 'ordinarily appropriate' is a consideration that the
courts are 'to respect, and not merely
pay lip service to'. When
sentence is ultimately imposed, due regard must therefore be paid to
what the Legislature has set as the
'bench mark'. The Constitutional
Court has held that the approach enunciated in Malgas steers an
appropriate path - 'which the Legislature
doubtless intended,
respecting the Legislature's decision to ensure that consistently
higher sentences are imposed in relation to
the serious crimes
covered by s 51 and at the same time promoting 'the spirit, purport
and objects of the Bill of Rights’”.
Die bedoeling van die
Wetgewer met die voorskrifte van hierdie Wet was duidelik om
misdadigers af te skrik om die geskeduleerde
misdrywe te pleeg.
Die
voorskrifte van die Wet is nie terugwerkend toepaslik nie. Sien
S
v Willemse 1999 (1) SASV 450 (K)
.
Deur die oogmerk wat die Wetgewer met die voorskrifte van die Wet
probeer bereik, in ag te neem by die vonnisoplegging van
‘n
beskuldigde wat ‘n misdryf gepleeg het voordat die Wet self in
werking getree het, is myns insiens net so ontoelaatbaar
as om die
voorskrifte van die Wet self aan te wend.
Hoewel die
appellant in hierdie saak nie getref is deur die wetsvoorskrifte as
sulks nie, is hy nietemin nadelig geraak deurdat
die streeklanddros
die oogmerk van die Wetgewer naamlik die (toekomstige) toemeting
van swaarder vonnisse, op hom van toepassing
gemaak het. Die
volgende
dictum
is myns insiens
mutatis
mutandis
van toepassing ook op die bedoeling van die Wetgewer, dit wil sê
die oogmerk van die Wetgewer wat hy wil bereik wanneer die
Wet self
in die toekoms in werking gestel gaan word:
“
Another,
and cogent, reason for the amendment was the deterrent effect of the
new minimum sentences. One obviously cannot deter someone
who has
already committed an offence. While it is possible to argue that
unexpectedly harsh punishment meted out retroactively might
serve to
deter future offenders even further, the common law does not permit
of such a construction.”
(
S
v Willemse
(supra)
te
454 a tot b
).
Uit hoofde
van die voorgaande is hierdie Hof bevoeg om die vonnis die
appellant opgelê ter syde te stel en om
de
novo
die appellant te vonnis.
Vervolgens ontstaan die vraag
naamlik wat is ‘n gepaste vonnis wat die appellant opgelê moes
gewees het.
Ek kon nie daarin slaag om
resente gerapporteerde beslissings te vind waarin ‘n persoon vir
‘n soortgelyke oortreding gevonnis
is nie.
Die
enigste beslissings wat ek kon vind wat handel oor die verkragting
van ’n verstandelik gestremde persoon en waarin die beskuldigde
skuldig bevind is, is
S
v Ryperd Boesman, PH 1942 (1) H63
;
S
v J
[1988] ZASCA 117
;
1989 (1) SA 525
(AA)
;
en
S
v C 1990 (2) SASV 264 (ZHC)
.
Die skuldigbevinding en vonnis in S v J en in S v C (supra) is
egter op appèl tersyde gestel. Dit blyk nie uit die verslag
wat
die vonnis is wat die beskuldigde in die
Ryperd
Boesman
saak
(supra) opgelê was nie. Me Jansen het volledige aanvullende
betoogshoofde geliaseer. Ons is haar dank verskuldig. Sy
kon ook
geen verdere gesag vind nie.
Hoe dit ook al sy is dit
duidelik dat hierdie ‘n misdaad is wat teen die grein van ons
grondwetlike bestel indruis. Die klaagster
is vanweë haar fisiese
en geestelike gestremdheid kwetsbaar. Ons Howe het ‘n plig om te
verseker dat, sover moontlik, gestremde
persone nie uitgebuit word
nie. So ook moet daar verseker word dat hulle menswaardigheid
beskerm word. Ons Grondwet is immers
op hierdie waardes geskoei.
(Sien aanhef tot die Grondwet 108 van 1996 sowel as artikel 10
daarvan).
Dat ons
howe die grondwetlike regte van vroue oor die algemeen en kwetsbare
persone, vanweë hulle fisiese of/en geestelike gestremdheid,
in die
besonder ernstig opneem moet in die vonnisse wat vir hierdie tipe
misdade opgelê word weerspieël word.
In
S v Chapman
[1997] ZASCA 45
;
1997 (2)
SACR 3
(SCA)
te
bl
5
stel
Mahomed
CJ
dit as volg:
“The
Courts are under a duty to send a clear message to the accused, to
other potential rapists and to the Community: we are determined
to
protect the equality, dignity and freedom of all women, and we shall
show no mercy to those who seek to invade those rights.”
Teenoor die versagtende
omstandighede hierbo uiteengesit, moet ook die volgende verswarende
omstandighede oorweeg word:
Die appelant was bewus
daarvan dat die klaagster verstandelik gestremd was. Hy het
ooglopend van hierdie gestremdheid misbruik
gemaak.
Die klaagster was, hoewel nie
ernstig nie, tog fisies beseer en moes sy noodwendig pyn verduur
het tydens die verkragting.
Op die getuienis van me
Cronje moet aanvaar word dat die klaagster - haar gestremdheid ten
spyt – die gebeure traumaties ervaar
het.
Die appellant het die
vertroue wat die klaagster se ouers in hom gehad het geskaad.
Die appellant hou nie ‘n
gevaar vir die gemeenskap in nie. Hierdie is gevolglik nie ‘n
geval waar die gemeenskap teen die appellant
beskerm moet word deur
hom vir ‘n lang periode uit die gemeenskap te verwyder nie.
Daarenteen egter het die
appellant hom skuldig gemaak aan ‘n baie ernstige misdryf.
Direkte gevangenisstraf is myns insiens die
enigste gepaste vonnis
wat die appellant opgelê moes gewees het. Ek meen egter dat die
gemeenskap sou verwag, in die lig van
die feite van hierdie saak,
dat die appellant nie vir so ‘n lang periode na die gevangenis
gestuur behoort te word nie. Die
streeklanddros het die
gemeenskapsbelang as volg vertolk:
“
Ongetwyfeld,
enige regdenkende lid van die samelewing sal geskok staan as hulle
hoor dat ‘n persoon van u ouderdom, ‘n volwasse
man met ‘n
klaagster soos hierdie wat verstandelik en liggaamlik gestremd is,
vleeslike gemeenskap gehou het en sal die mense in
die gemeenskap van
die Hof verwag om vir so ‘n tipe van misdaad gepaste strawwe op te
lê om ander voornemende oortreders, en ongelukkig
is hulle legio, af
te skrik van die pleging van die tipe van oortredings.”
Dat die
gemeenskap geskok sou wees deur hierdie gebeure, kan aanvaar word,
maar ek kan glad nie met die Streeklanddros saamstem
dat hierdie
tipe oortredings
“legio”
is nie. Daar is eenvoudig geen basis vir so ‘n aanname nie. Die
gebrek aan soortgelyke gerapporteerde sake is myns insiens
ook
kentekenend van die lae voorkoms daarvan.
Met in
agneming van al die voorgaande omstandighede en oorwegings is ek van
mening dat twaalf jaar gevangenisstraf ’n gepaste
vonnis is. Ek
meen egter dat, vanweë die unieke omstandighede van hierdie saak,
’n gedeelte daarvan opgeskort moet word.
Ek maak gevolglik die volgende
bevel:
Die
aansoek om kondonasie vir die laat-indiening van die kennisgewing van
appèl en nie nakoming van die Hofreëls word toegestaan.
Die appèl
teen die skuldigbevinding word van die hand gewys.
Die appèl teen die vonnis
slaag. Die vonnis van 15 jaar gevangenisstraf word tersyde
gestel en met die volgende vonnis vervang:
“
Twaalf
(12) jaar gevangenisstraf waarvan 4 (vier) jaar gevangenisstraf
opgeskort word vir 5 (vyf) jaar op voorwaarde dat die appellant
nie
skuldig bevind word aan verkragting of ‘n poging daartoe gepleeg
gedurende die tydperk van opskorting nie.“
Die
vonnis word terugdateer na 30 Augustus 2001.
_________________________
CJ Musi
WAARNEMENDE REGTER
Ek
stem saam.
_________________________
HJ Lacock
REGTER
Namens
appellant:
In
persoon
Namens
respondent:
Adv
CG Jansen