About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 30
|
|
S V Maroo and Others (455/04) [2004] ZANCHC 30 (17 September 2004)
Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
455/04
Datum gelewer: /
Date delivered:
17/09/2004
In
die saak van:
DIE
STAAT
en
MAROO,
BOETIE
ROBERTS,
HENTIE
STADHOUER,
FIELIES
Coram:
Majiedt R et Lacock R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
LACOCK
R:
Die beskuldigde,
mnr. Boetie Maroo, het op 23 Junie 2004 in die Landdroshof, Hanover,
skuldig gepleit aan die misdryf van diefstal,
gelees met die
toepaslike bepalings van Wet 57 van 1959, deurdat hy na bewering
twee skape gesteel het. Nadat hy behoorlik deur
die Landdros
ingevolge die voorskrifte van art. 112 (1) (b) van Wet 51 van
1977, ondervra is, is hy op die ten laste gelegde
misdryf skuldig
bevind. Die skuldigbevinding het behoorlik ooreenkomstig die reg
geskied.
Op 1 September
2004 is die beskuldigde op die voormelde aanklag gevonnis tot twaalf
(12) maande gevangenisstraf.
Met die
deursending van die saakrekord op hersiening, het die Landdros die
volgende skrywe aan die Griffier gerig:
â
Bogenoemde
is die nommer 1 beskuldigde in die aangehegte saak en is gevonnis tot
twaalf (12) maande gevangenisstraf. Tydens die lees
van die saak
rekord alvorens dit met hersiening afgestuur word het ek bedenkinge
gekry oor die vonnis van Mnr Boetie Maroo en wel
om die volgende
redes:
Hy
het skuldig gepleit;
Hy
het geen vorige veroordelings nie â anders as beskuldigdes 2 en
4;
Hy
is sedert 2004.04.22 in hegtenis- m.a.w. tydens die afhandeling op
2004.09.01 reeds 4 maande.
Onder die gegewe
omstandighede is ek van mening dat Mnr Maroo se vonnis in geheel
opgeskort moes gewees het.
Gevolglik
word die Agbare Hersienings Regter respekvol versoek om Mnr Boetie
Maroo se vonnis van twaalf (12) gevangenisstraf in geheel
op te skort
op die gewone voorwaardes.â
Gesien die
omstandighede soos uiteengesit in die voormelde skrywe van die
Landdros, is ek van mening dat die vonnis die beskuldigde
aanvanklik
opgelê, skokkend swaar en onvanpas is. Ek deel vervolgens die
siening van die Landdros dat die vonnis in die geheel
opgeskort moes
gewees het.
Bygevolg word die
volgende bevel hierin verleen:
Die
skuldigbevinding word bekragtig.
Die vonnis die
beskuldigde opgelê word ter syde gestel en vervang met die
volgende:
â
Twaalf (12)
maande gevangenisstraf wat in die geheel opgeskort word vir ân
periode van vyf (5) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie weer
skuldig bevind word aan diefstal of ân misdryf waarvan oneerlikheid
ân element is en wat gepleeg is gedurende die tydperk
van
opskorting nie.â
Die vonnis
word terugdateer na 1 September 2004.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
SA Majiedt
REGTER