S v Aiman (99/03) [2004] ZANCHC 80 (16 September 2004)

63 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Minimum sentence legislation — Appeal against sentence — Appellant convicted of murder and sentenced to 15 years imprisonment — Appellant's personal circumstances and provocation considered as substantial and compelling circumstances justifying deviation from minimum sentence — Original sentence set aside and replaced with 8 years imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 80
|

|

S v Aiman (99/03) [2004] ZANCHC 80 (16 September 2004)

6
Verslagwaardig
Ja / Nee
Sirkuleer onder
Regters Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
CA
& R no
.: 99/03
Datum gelewer:
LEONARD
AIMAN APPELLANT
TEEN
DIE
STAAT RESPONDENT
CORAM:
MAJIEDT R et OLIVIER R
KONSEPUITSPRAAK OP APPèL
OLIVIER
R:
[1]
Die appellant het in die Streekhof terregestaan op ‘n
aanklag dat hy sy saamleefmaat vermoor het. Hy is skuldig bevind en
gevonnis
tot 15 jaar gevangenisstraf. Hy kom nou teen hierdie vonnis
in hoër beroep. Die appellant het terselfdertyd aansoek gedoen om
kondonasie vir die laat aantekening van sy appél. Die appellant het
‘n aanvaarbare verduideliking verskaf vir sy versuim in hierdie
verband en moet daar gevolglik nou nagegaan word of daar enige
meriete in die voorgenome appél is.
[2]
Die misdaad is op 22 Februarie 1999 gepleeg. Die
tersaaklike bepalings van die Strafregwysigingswet, no 105 van 1997,
het op 1 Mei
1998 in werking getree en daarvolgens het die
appellant, as ‘n eerste oortreder aan die misdaad van moord,
blootgestaan aan ‘n
minimumvonnis van 15 jaar gevangenisstraf,
tensy die Streeklanddros sou kon bevind het dat daar wesenlike en
dwingende omstandighede
bestaan het wat ‘n afwyking van hierdie
voorgeskrewe minimumvonnis sou regverdig het.
[3]
Toe die Streeklanddros die appellant gevonnis het, was
die uitspraak in
S v Malgas
2001(1) SASV 469 (HHA) nog lank nie gelewer nie. In daardie
beslissing is beslis dat al die faktore wat normaalweg in ag geneem
sou word by die oorweging van vonnis, ook maar in aanmerking geneem
sou word by die ondersoek na sulke wesenlike en dwingende
omstandighede.
[4]
Dit beteken dat die appellant se persoonlike
omstandighede, wat die Streeklanddros self beskryf het as “
baie
gunstig
”, ook vir hierdie doeleindes in ag
geneem moes gewees het. Die appellant het duidelik berou getoon en
ook skuldig gepleit. Op
34-jarige ouderdom was hy ‘n algehele
eerste oortreder. Hy het nooit enige skoolopleiding hoegenaamd gehad
nie, maar was nietemin
op daardie stadium reeds die afgelope 9 jaar
werksaam by dieselfde werkgewer. Die appellant was reeds vir 17 jaar
met die oorledene
in ‘n saamleefverhouding, waaruit ‘n dogter
gebore is wat reeds 13 jaar oud was.
[5]
Die Streeklanddros het die feit dat die appellant sy
saamleefmaat tot só ‘n mate met ‘n stuk tuinslang geslaan het
dat sy veelvuldige
kneuswonde opgedoen het en dood is as gevolg van
‘n breinbloeding, in ‘n ernstige lig beskou; en na my oordeel ook
tereg. Dit
is duidelik dat die appellant ‘n langdurige en wrede
aanval op die oorledene geloods het in sy woede. Dit is ook
heeltemal reg
dat ‘n boodskap uitgestuur moet word dat dit nie
geduld sal word dat mans op hierdie wyse met vrouens handel nie.
[6]
Aan die ander kant moet die feite van elke geval darem
ook in gedagte gehou word. Hier was ‘n sterk mate van provokasie.
Die appellant
het die oorledene met sy skamele inkomste gestuur om
vir die huishouding te gaan kos koop, en in stede daarvan het sy die
geld gebruik
vir drank en toe besope, en sonder kos, teruggekeer.
Dat die appellant “
baie kwaad
”
geword het, is, soos wat die Streeklanddros ook opgemerk het, heel
verstaanbaar.
[7]
Dit moet ook nie uit gedagte verloor word nie dat die
appellant nie die direkte opset gehad het om die oorledene te dood
nie. Inteendeel,
‘n mens sou normaalweg ‘n gevolgtrekking van
nalatigheid, en dus strafbare mansslag, uit hierdie tipe feite gemaak
het, maar
die appellant was eerlik genoeg om te erken dat hy wel
tydens die aanranding besef het dat hy die oorledene kon dood.
[8]
Ek is van oordeel dat, alles inaggenome, hier beslis
wesenlike en dwingende omstandighede bestaan het wat ‘n afwyking
regverdig
het van die minimum voorgeskrewe vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf. Die Streeklanddros het nooit verwys na die toets
van “
wesenlike en dwingende omstandighede
”
nie en het nooit in soveel woorde in hierdie verband ‘n ondersoek
gedoen nie; miskien ook nie verbasend nie, in die lig van
die
onsekerheid en botsende regspraak wat daar nog op daardie stadium oor
hierdie begrip bestaan het.
[9]
Na my mening is die vonnis wat ek in hierdie geval sou
oorweeg het sodanig buite verhouding tot die opgelegde vonnis, selfs
al word
in gedagte gehou dat die wetgewer normaalweg die voorgeskrewe
vonnis opgelê sou wou hê, dat daar noodwendig wesenlike en
dwingende
omstandighede bestaan het en dat gevolglik met die vonnis
ingemeng behoort te word.
[10]
In die omstandighede word die volgende bevele gemaak:
1. Die appellant se laat aantekening van appél hierin
word gekondoneer.
2. Die vonnis word tersyde gestel en vervang met een van
8 jaar gevangenisstraf.
3. Die vonnis van 8 jaar gevangenisstraf word
teruggedateer ingevolge die bepalings van artikel 282 van die
Strafproseswet, no 51
van 1977, tot 22 Julie 1999.
___________
C J OLIVIER
REGTER
Ek stem saam:
____________
S A MAJIEDT
REGTER
Namens Appellant : In Persoon
Namens Respondent :
Datum van
verhoor : 16 September 2004
Datum van uitspraak : 16 September 2004