About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 79
|
|
S v Williams (CA & R6/03) [2004] ZANCHC 79 (16 September 2004)
10
Verslagwaardig
Ja / Nee
Sirkuleer onder
Regters Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
CA
& R
.: 6/03
Datum gelewer:
QUINTON
WILLIAMS APPELLANT
TEEN
DIE
STAAT RESPONDENT
CORAM:
MAJIEDT R et OLIVIER R
KONSEPUITSPRAAK OP APPèL
OLIVIER
R:
[1]
Die appellant het in die Landdroshof terreggestaan op ân
aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Nadat hy
skuldig
â
op rede
â
gepleit het, is sy pleit verander na een van onskuldig. Hy is
skuldig bevind en tot 3 jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy kom
nou in
hoër beroep teen beide die skuldigbevinding en vonnis.
[2]
Wat die meriete betref, was die klaer ân enkelgetuie.
Sy weergawe was kortliks dat, toe hy die betrokke aand op pad terug
was vanaf
die toilet op dieselfde perseel as waar hy en sy vrou
gewoon het, en ook as waar die appellant en sy saamleefmeisie in ân
sogenaamde
â
shanty
â
gewoon het, hy afgekom het op ân rusie tussen die appellant en sy
meisie. Die appellant het sy meisie met ân mes gedreig.
Toe die
klaer versoek het dat hy nie die meisie moes beseer nie, het sy die
huis van die klaer binnegevlug. Die appellant het die
klaer daarheen
agtervolg en hom daar twee steekhoue in die gesig en in die buik
toegedien. Hy is vir 5 dae gehospitaliseer en die
meswond in die
buik het sy ingewande ook beskadig. Hy het drie oop wonde opgedoen
wat met steke geheg moes word.
[3]
Die appellant se weergawe was dat hy die betrokke aand
sy meisie moes gaan haal waar sy ân film gekyk het. Hy is egter
eers na
hulle â
shanty
â
om vir haar iets warms te gaan haal. Hy moes hiervoor die slot van
die deur van die â
shanty
â
oopsluit. Aan die sleutelhouer was egter ook ân mes. Toe hy buk
of hurk om die deur oop te sluit, met sy rug na die toilet
op die
perseel, het hy opgemerk dat iemand van agter hom slaan met ân
voorwerp, wat hy eers aangevoer het moontlik ân golfstok
kon gewees
het en later gesê het dalk ân bofbalkolf was. Hoe dit ookal sy,
hy het gekoes, die hou het die â
shanty
â
getref en in dié proses het hy die mes aan die sleutelhouer
oopgemaak en na die aanvaller gesteek. Hy kon nie sien wie dit was
nie. Die appellant se meisie het ook getuig en sy het, alhoewel sy
geen kennis van die aanval self gehad het nie, in breë trekke
gestaaf wat hy getuig het.
[4]
Die Landdros het duidelik bevind dat die klaer ân
geloofwaardige getuie was, maar dat die appellant â
nie
ân baie goeie getuie
â (was)
nie
â en nie â
altyd
geantwoord
(het)
wat
vir hom gevra word nie
â. Die Landdros het
die Staat se weergawe aanvaar en dié van die appellant en sy meisie
verwerp.
[5]
Dit is geykte reg dat ân verhoorhof normaalweg, vanweë
die geleentheid om die getuies van aangesig tot aangesig te
beoordeel, in
ân gunstiger posisie verkeer om
geloofwaardigheidsbevindinge te maak as ân Hof van appèl.
Alhoewel ân Hof van appèl dus
nie ligtelik met die
geloofwaardigheidsbevindinge van ân verhoorhof sal inmeng nie, is
hierdie egter nie ân onwrikbare reël
nie en sal dit in gepaste
omstandighede wel gedoen word.
[6]
Ek meen egter nie dat hierdie so ân geval is nie. Na
my oordeel was die Landdros se bevindinge in die kol. Alhoewel hy ân
enkelgetuie
was, was die klaer se getuienis vry van weersprekings en
onwaarskynlikhede. Dieselfde kan na my mening egter nie gesê word
van
die appellant se weergawe nie.
[7]
Alhoewel dit gemenesaak was dat die persoon wat deur die
appellant gesteek is wel die klaer was, het dit gegaan om wie se
weergawe
korrek was ten aansien van die omstandighede waaronder dit
plaasgevind het en, meer spesifiek, of die appellant in noodweer
opgetree
het.
[8]
Die appellant se weergawe was deurspek met
onwaarskynlikhede. Waarom sou die klaer hom oor iets soos huurgeld
bekruip en aanval,
nogal sonder ân woord oor die huurgeld? Hoe sou
die appellant, as hy gehurk was en weg van die klaer gekyk het met
die eerste
hou, daarin kon slaag om, sonder dat daar eers gepoog word
om ân verdere hou te slaan, sy mes oop te maak, orent te kom en die
klaer meerdere steekwonde toe te dien? Die appellant het homself ook
weerspreek oor hoeveel steekwonde hy die klaer toegedien het.
[9]
Daar was ook wesenlike weersprekings tussen die
appellant en sy meisie, en verdere onwaarskynlikhede het ook uit haar
getuienis na
vore gekom. Volgens die appellant was hy onder die
invloed van drank (die klaer het getuig dat die appellant gelyk het
of hy onder
die invloed van ân dwelm was), maar sy meisie het dit
ontken. Uit die meisie se getuienis het dit geblyk dat die appellant
haar,
toe hy haar gaan haal het ná die voorval, niks hoegenaamd van
die voorval vertel het nie. Eers die volgende oggend, toe die klaer
se vrou die aanval bekendgemaak het, het die appellant haar sy
weergawe vertel. Dit is totaal onwaarskynlik dat die appellant,
indien
dit gebeur het soos wat hy getuig het, nie dadelik vir sy
meisie daarvan sou vertel het nie, maar eerder rustig saam met haar
die
film sou gaan klaarkyk het en toe doodluiters by dieselfde
perseel saam met haar gaan slaap het sonder om ân woord daarvan te
rep.
[10]
In my gemoed is daar dus geen twyfel dat die
skuldigbevinding in orde is nie. Wat die appellant se vonnis
betref, was hy 28 jaar
oud ten tye van die misdaad. Hy was
ongetroud. Hy was ten tye van die gebeure onder die invloed van
drank.
[11]
Daar is egter heelwat verswarende faktore. Die
appellant het die klaer meerdere steekwonde toegedien toe die klaer
juis bloot probeer
keer het dat die appellant sy meisie beseer. Die
steekwonde was aan die gesig en die buikarea van die klaer en een
daarvan het ân
operasie genoodsaak. Soos reeds gemeld, moes die
klaer meerdere hegsteke ontvang en etlike dae in die hospitaal
deurbring. Afgesien
van ân hele aantal onverwante vorige
veroordelings, het die appellant ook nie minder nie as vyf direk
verwante vorige veroordelings
gehad wat gestrek het van solank terug
as 1989 tot in 1994. Die onderhawige gebeure het op 2 Mei 2002
plaasgevind. Die verwante
vorige veroordelings het twee
veroordelings van roof, twee van aanranding met die opset om ernstig
te beseer en een van aanranding
ingesluit. Hy het ten aansien van
meerdere van hulle gevangenisstraf uitgedien, alhoewel die langste
vonnis een van 8 maande gevangenisstraf
was. Aan die ander kant moet
ân mens onthou dat hy toe ook nog heelwat jonger was.
[12]
Van sy ander vorige veroordelings kan egter ook
geargumenteer word minstens indirek verwant en tersaaklik tot die
onderhawige misdryf
te wees. So is hy in 1993 skuldig bevind daaraan
dat hy ân polisiebeampte met die dood of met geweld teen hom of sy
familie gedreig
het en in 1994 is hy aan onsedelike aanranding
skuldig bevind.
[13]
Alhoewel ân mens besef dat sommige van die appellant
se vorige veroordelings reeds langer as 10 jaar voor die onderhawige
misdryf
opgeloop is, en dat die res ook maar relatief oud is, is dit
duidelik uit die geheel van van sy rekord en sy optrede dat hy nie
respek
het vir die gereg, en meer in die besonder vir die liggaamlike
integriteit van ân ander, nie.
[14]
Ek is van oordeel dat die Landdros alle tersaaklike
oorwegings in ag geneem het, dat geen mistastings begaan is nie en
dat die vonnis
hoegenaamd nie as skokkend onvanpas aangemerk sou kon
word nie.
[15]
In die omstandighede moet die appèl na my mening misluk
en word die volgende bevel gemaak:
Die appèl
word afgewys en die skuldigbevinding en die vonnis word bekragtig.
_______________
C J OLIVIER
REGTER
Ek stem saam:
________________
S A MAJIEDT
REGTER
Namens Appellant : In persoon
Namens
Respondent :
Datum van verhoor : 16 September 2004
Datum van uitspraak : 16 September 2004