S v Abrahams (CA & R 118/04) [2004] ZANCHC 78 (16 September 2004)

57 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Conviction for housebreaking and theft — Appellant convicted on two counts of housebreaking and theft, sentenced to five years' imprisonment on each count — Appellant's appeal against convictions on counts one and four — Evidence of witnesses inconsistent and unreliable — Witnesses' testimonies contained hearsay and credibility issues — State failed to prove guilt beyond reasonable doubt — Appeal upheld, convictions and sentences on counts one and four set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 78
|

|

S v Abrahams (CA & R 118/04) [2004] ZANCHC 78 (16 September 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
CA & R 118/04
Datum
verhoor: 2004-09-16
Datum
gelewer: 2004-09-16
In
die appél van
:
MICHAEL
LEONARD ABRAHAMS APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
OLIVIER
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
appellant het in die streekhof tereggestaan op 4 aanklagte van
huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Hy is op aanklagte
1 en 4 skuldig bevind aan die ten laste gelegde misdryf en is op
elke aanklag tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis. Op aanklagte
2 en 3 is die appellant aan diefstal as bevoegde uitspraak skuldig
bevind en is op elke aanklag tot 2 jaar gevangenisstraf
gevonnis, waarvan die vonnis op aanklag 2 samelopend uitgedien word
met die vonnis op aanklag 3. Die appellant kom in hoër beroep
slegs teen sy skuldigbevindings en vonnisse op aanklagte 1 en 4.
Ten
aansien van aanklag 1 was dit die appellant ten laste gelê deur die
Staat dat hy op 20 April 2001 by die woning van die klaagster,
Dorothy Reinecke, ingebreek het en sekere items gesteel het. Op dié
aanklag het twee getuies getuig, naamlik die klaagster, Dorothy
Reinecke, sowel as haar seun, Cassidy Reinecke. Die klaagster het
getuig dat sy en haar man die aand van die voorval uit was en
dat sy
by haar terugkeer ontdek het dat haar TV, mikrogolfoond, bababed en
fiets buite die huis gestaan het in die reën. In haar
kamer het sy
ontdek dat die beddegoed deurmekaar gekrap is en sy het sekere items
daarvan vermis. Sy het ook ‘n nat jeansbroek
en ‘n nat sakdoek
in haar kamer ontdek. Sy het verder hoorsê getuienis aangebied
tot die effek dat haar kinders vir haar gesê
het dat dit die
appellant is wat die vermiste items geneem het. Sy het ook by die
kinders verneem dat die appellant haar man se
werksbroek aangetrek
het en sy eie (nat) jeans daar gelos het. Mevrou Reinecke het
verder getuig dat die appellant ongeveer drie
dae na die voorval
haar genader het en vir haar gesê het dat sy moet nie kwaad wees
oor dit wat hy gedoen het nie. Die appellant
het toegang tot die
huis deur die voordeur bekom, aangesien die voordeur nie heeltemal
reg sluit nie. Sy het die nat jeansbroek
uitgeken as die appellant
s’n op grond van ‘n unieke plakker wat daarop aangebring is,
volgens haar.
Cassidy
Reinecke, die klaagster se seun, is 15 jaar oud. Dit is opvallend
dat hy nooit ondervra is ten aansien van die feit of
hy die
betekenis van die eed verstaan asook die verskil tussen die waarheid
en ‘n leuen nie. Hierdie feit is alreeds ‘n fatale
tekortkoming
in die getuienis van dié getuie. Volgens dié seun het sy ma by die
huis opgedaag en gevra waarom haar goed buite
in die reën staan.
Hy is na buite om te gaan ondersoek instel en het toe die appellant
buite by die hek gesien staan. In die
appellant se besit was die
afstandbeheer van hul TV-stel. Hy het die appellant agternagesit
maar kon hom nie inhaal nie. Volgens
hom het die appellant sy pa se
werksbroek aangehad. Cassidy het verder getuig dat hy die appellant
duidelik kon sien en dat daar
voldoende beligting was.
Daar
is etlike probleme in die getuienis van beide hierdie getuies. Die
eerste is die ontoelaatbare hoorsê-getuienis gelewer deur
die
klaagster ten aansien van wat haar
kinders
haar
meegedeel het. Uiteindelik is slegs een kind, te wete Cassidy
Reinecke, geroep om te getuig. Hierdie kind se weergawe verskil
wesenlik van dié van sy moeder. Volgens Cassidy Reinecke het sy ma
hom wakker gemaak en toe uitgevra omtrent die goed wat buite
rondstaan. Daarna het hy opgestaan en toe die appellant buite die
huis in die straat gewaar. Op sy weergawe dus kon Cassidy nooit
dié
dinge wat sy ma beweer hy vir haar gesê het toe sy tuisgekom het,
meegedeel het nie en kon hy ook nooit die appellant in
die huis
gesien het nie.
Mevrou
Reinecke het verder getuig dat die appellant teenoor haar erken het
dat dit hy was wat die goedere by haar huis gesteel het.
Haar
weergawe oor wat presies die appellant aan haar meegedeel het is
botsend van aard. Aanvanklik in haar hoofgetuienis het
sy aangedui
dat die appellant vir haar gesê het dat sy moenie kwaad wees nie,
aangesien sy nie met hom wil praat nie. Sy het
ook in hoofgetuienis
aangedui dat die appellant gesê het:
“
Okay,
ek het jare verloor, ek kan ‘
kak’
vat”.
In
die kruisondervraging egter getuig sy as volg:
“
Aunt
Dor, moenie kwaad is nie. Ek is jammer ek het die goed gevat, maar
jammer om die woord te sê, ek hoor ek het groot ‘
kak’
aangevang.”
Daar
is verder ook ‘n weerspreking tussen die klaagster en Cassidy,
deurdat die klaagster beweer dat die appellant geweet het van
die
voordeur wat nie reg sluit nie. Cassidy aan die ander kant
weerspreek sy ma en sê die appellant het nie daarvan geweet nie.

Later sê hy weer dat hy nie kan sê of die appellant wel geweet het
nie.
‘
n
Verdere probleem in die getuienis van
Cassidy
is dat hy toegegee het dat hy aanvaar het dat dit die appellant is
wat die misdryf gepleeg het bloot omdat hy bekend is
vir sulke tipe
misdadige optrede. Daar was inteendeel by ‘n hele aantal
geleenthede getuienis gelei oor die appellant se misdadige
karakter,
sonder dat die landdros probeer verhoed het dat die getuienis gelei
word. ‘n Probleem in die Staatsaak is dat die
nat jeans en
sakdoek nooit voor die Hof geplaas is nie, ten spyte van die feit
dat die polisie wel daarop beslag gelê het. Daar
is dus geen
onafhanklike stawing vir die klaagster se bewering dat die
jeansbroek aan die appellant behoort het nie.
Ek
is van oordeel dat die Staat nie daarin geslaag het om die ten laste
gelegde misdryf, of selfs enige bevoegde uitspraak daarop,
te bewys
nie. Dit is by my ‘n ope vraag of die Staat hoegenaamd bewys het
dat wie ook al die goedere van die klaagster geneem
het, by die huis
ingebreek het. Dit is egter nie nodig om dit te beslis nie, gegewe
die gevolgtrekking wat ek bereik het.
Na
my mening behoort die appellant se appél wat aanklag 1 betref te
slaag ten aansien van skuldigbevinding.
Op
aanklag 2 is dit die appellant ten laste gelê dat hy op 12 Julie
2001 die huis van die klaer, Rashaad Alexander, ingebreek het
en
sekere juweliersware gesteel het. Op hierdie aanklag was die klaer
die enigste getuie. Hy het getuig dat hy op die dag van
die voorval
tuisgekom het en die inbrekers op heterdaad in sy huis betrap het.
Hy het handgemeen geraak met een van die inbrekers,
wat hy later
aangedui het
moontlik
die appellant is. Volgens Mnr. Alexander het hy tydens hierdie
onderonsie die betrokke inbreker verskeie snyhoue in sy gesig

toegedien met ‘n broodmes. Die inbreker het egter weggekom.
Volgens die klaer het hy later by sy seun verneem dat die polisie
daardie selfde dag ‘n persoon in die veld gekry het met snymerke
in sy gesig. Dié persoon was klaarblyklik die appellant.
Die
laaste gedeelte van die getuienis van die klaer wat ek
hierinvantevore na verwys het is natuurlik ontoelaatbaar, aangesien

die bron vanwaar hy dit verneem het, naamlik sy seun, nooit getuig
het nie. Wat van belang is in hierdie aangeleentheid is die
feit
dat die klaer ‘n enkelgetuie is en dat sy identifikasie gemaak is
onder omstandighede waar betroubaarheid ‘n wesenlike
probleem is.
Hy was naamlik handgemeen met die inbreker en uiteraard moes hy
vreesbevange gewees het. Dit is dan ook insiggewend
om te let op sy
getuienis in dié verband toe hy die appellant in die hof uitgeken
het as die persoon met wie hy handgemeen was.
Die getuienis het
naamlik as volg verloop:
“
Who
is that person? -- ..... This chap. Because he was dark of
complexion. He had this .....
COURT
: Did
you see his face clearly from the ... – No sir.
Stand
up please sir? -- Yes sir.
Excuse
me? --
It
looks like him
.”
Die
landdros het in sy uitspraak bevind dat die klaer getuig het dat hy
die appellant ken. Hierdie bevinding is egter nie korrek
nie, want
die klaer het juis getuig dat hy daardie dag die appellant vir die
eerste keer gesien het. Uit die bovermelde aangehaalde
passasie
blyk dat daar woorde ontbreek by die klaer se antwoord voor die
woorde “
This
chap
”.
In kruisverhoor blyk dit dan dat die ontbrekende woorde is: “
I
do not know if it was (this chap)
.
Ek
het juis die klaer se antwoord beklemtoon hierbo, want daaruit blyk
dit dat hy by die uitkenning van die appellant in die hof
nie seker
was of dit wel die appellant was wat hy die dag in sy huis betrap
het nie. Daar is verder geen toelaatbare getuienis
dat dié
inbreker in die huis wel die appellant was nie. Verder is dit
opvallend dat, indien die hoorsê mededelings wat die klaer
vanaf sy
seun verneem het, korrek is, sou die persoon in die veld dieselfde
dag van die inbraak, d.w.s. 12 Julie 2001, deur die
polisie
gearresteer gewees het, terwyl volgens die appellant se getuienis
(wat bevestig word uit die gegewens in die klagstaat)
hy eers op
17 Julie 2001 gearresteer is. Daar is ook glad nie ‘n
uitkenningsparade gehou nie. Ek is die mening toegedaan
dat daar
nie voldoende betroubaarheidswaarborge vir die klaer se uitkenning
van die appellant bestaan nie.
Die
landdros maak ‘n bevinding in sy uitspraak dat die appellant ten
tyde van sy arrestasie bebloed was. Daar is egter geen getuienis,
behalwe die hoorsê mededelings wat die klaer voorgehou het, om
hierdie bevinding te onderskraag nie. Die landdros begaan dieselfde
fout in sy bevinding dat die persoon wat in die veld gearresteer is,
voldoen het aan die appellant se beskrywing. Daar is eweneens
geen
toelaatbare getuienis op die oorkonde wat só ‘n bevinding kan
rugsteun nie.
Die
appellant het toegegee tydens sy getuienis dat hy wel merke aan sy
gesig het, maar hy het verduidelik waar dit vandaan kom.
Daar is na
my mening geen aanvaarbare, toelaatbare getuienis van Staatsweë wat
hierdie verduidelikings van die appellant kon
weerlê nie. So
gesien dus, moes die appellant die voordeel van die twyfel gekry het
en moes die landdros sy verduideliking as
redelik moontlik waar
aanvaar het.
Wanneer
in ag geneem word dat die klaer ‘n enkelgetuie asook ‘n
identifikasiegetuie is, is ek van mening dat die Staat nie sy
saak
bo redelike twyfel bewys het nie.
Samevattend
dus is ek die mening toegedaan dat die appellant inderdaad ook
behoort te slaag met sy appél teen die skuldigbevinding
op
aanklag 4.
Ek
gelas as volg: DIE APPÉL SLAAG EN DIE APPELLANT SE
SKULDIGBEVINDINGS EN VONNISSE TEN AANSIEN VAN AANKLAGTE 1 EN 4 WORD
TERSYDE
GESTEL.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CJ
OLIVIER
REGTER
NAMENS
APPELLANT : MNR D JANSE VAN VUUREN
NAMENS
RESPONDENT : ADV E VAN DYK
DATUM VAN VERHOOR : 2004-09-16
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-09-16