About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 29
|
|
S v Harris (CA&R 259/03) [2004] ZANCHC 29 (16 September 2004)
Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
259/03
Datum
verhoor: / Date heard:
16/09/2004
Datum gelewer: /
Date delivered:
16/09/2004
In
die saak van:
HARRIS,
ISRALE
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Kgomo RP et Lacock R
UITSPRAAK
OP APPÃL
LACOCK
R:
Die appellant is
op 29 Oktober 2002 in die Distrikshof van Kimberley skuldig bevind
aan twee aanklagtes.
Eerstens is hy
skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer
deurdat hy na bewering op 27 April 2001 en te Colville,
Kimberley,
wederregtelik en opsetlik vir Nicolette Hendriks en / of haar
tweejarige dogtertjie, Deronise Hendriks, aangerand het
deur hulle
met ân panga te slaan.
Tweedens is hy
skuldig bevind aan ân oortreding van art. 51 (1) van die
Strafproseswet nr. 51 van 1977 (die Wet) gelees met art.
48 van Wet 8
van 1959 deurdat hy na bewering op 28 April 2001 en te Kimberley
nadat hy wettiglik in hegtenis geneem was, en voordat
hy in ân
gevangenis, polisiesel of opsluitplek geplaas was, wederregtelik en
opsetlik uit sodanige bewaring ontsnap het.
Nadat die
Landdros die appellant aldus skuldig bevind het, het hy die
verrigtinge gestaak en die saak kragtens die voorskrifte van
art.
116 (1) (a) van die Wet na die Streekhof, Kimberley oorgeplaas vir
vonnis.
Die saak het op
12 Desember 2002 voor die Streekhof te Kimberley gedien, en is die
beskuldigde op daardie dag as volg gevonnis:
Aanklag 1
(aanranding met die opset): Vyf (5) jaar gevangenisstraf.
Aanklag 2
(ontsnapping): Ses (6) maande gevangenisstraf.
Die
Landdros het gelas dat die vonnis op aanklag 2 gesamentlik met die
vonnis op aanklag 1 uitgedien sal word.
Die appellant kom
nou in hoër beroep teen die skuldigbevinding sowel as die vonnis
hom aldus opgelê.
Die staatsaak
hierin kan kortliks as volg opgesom word:
Op 27 April 2001
en gedurende die vroeë aandure het die klaagster, Nicolette
Hendriks, met haar dogtertjie en vergesel van haar vriendin,
Marjorie
Solomons, in Agathastraat, Colville, Kimberley gestap. Op ân
stadium het die appellant skielik voor hulle verskyn en
ân
dreigende houding teenoor die klaagster ingeneem. Die klaagster het
met haar dogtertjie in haar arms by ân erf van ân woonperseel
ingehardloop in ân poging om van die appellant te ontsnap, maar het
agter in die erf gegly en geval. Haar dogtertjie het op haar
bors
gelê terwyl sy op haar rug op die grond gelê het. Die appellant
het haar toe toegetakel met ân panga en haar twee wonde
toegedien,
waarvan een aan die arm en die ander op ân vinger. In die proses
het die appellant ook die dogtertjie twee kapwonde
toegedien op haar
regter bo-arm. Nadat die appellant die klaagster en die dogtertjie
aldus aangerand het, het hy weer by die erf
uitgehardloop en ook vir
Marjorie Solomons gejaag. Marjorie het ook getuig dat, net nadat die
appellant voor hulle in die straat
verskyn het en begin het om die
klaagster te jaag, hy ân bierbottel in die rigting van die
klaagster gegooi.
Die klaagster en
haar dogtertjie is dieselfde nag na ân hospitaal geneem waar hulle
behandeling vir die wonde ontvang het, waaronder
hegsteke.
Op inligting
verskaf deur die voormelde klaagster, het die polisie die volgende
dag, Saterdag 28 April 2001, na ân woning ongeveer
twee huise
vanaf die woning van die klaagster gegaan om die appellant aldaar te
arresteer. Met hul aankoms daar kon hulle aanvanklik
nie die
appellant opspoor nie, maar het hom later in ân buitetoilet gevind
waar hy gepoog het om weg te kruip. Die polisie het
hom behoorlik
arresteer en met die polisievoertuig na die aanklagkantore te
Transvaalweg, Kimberley, geneem. Hier het die polisie
voor ân hek
wat na die binneplaas van die polisiestasie toegang verleen
stilgehou en die appellant uit die polisievoertuig gehaal.
Terwyl
die twee polisiebeamptes met die appellant voor die hek gestaan het
en gewag het dat iemand dit oopmaak, het die appellant
weggespring
en weggehardloop in ân klaarblyklike poging om te ontsnap.
Die
polisie het hom te voet agtervolg en is hy in Kerkstraat weer
aangekeer.
Die appellant het
onskuldig gepleit op beide die aanklagtes hom ten laste gelê. Ten
aansien van die eerste aanklag het hy beweer
en ook getuig dat hy
die klaagster uit selfverdediging met ân mes beseer het nadat sy
hom met ân stukkende bottelstuk in die
gesig gesteek het.
Ten aansien van
die ontsnappingsklag, het hy erken dat hy deur die polisie arresteer
was, maar ontken dat hy gepoog het om te ontvlug
soos deur die
tersaaklike polisiebeampte getuig.
Die
Distrikslanddros het bevind dat beide Nicolette Hendriks en Marjorie
Solomons asook die polisie getuie, mnr Leo Shuping, betroubare
getuies was en ân goeie indruk as getuies op hom gemaak het. Daar
is myns insiens geen rede om met hierdie bevinding van die
Landdros
te verskil of daarmee in te meng nie. Inteendeel, die oorkonde toon
aan dat hierdie getuies hul getuienis op ân eerlike
en oortuigende
wyse afgelê het. Daar is gevolglik myns insiens geen rede vir ân
bevinding tot die teendeel nie. Sien
S
v Dhlumayo & Others
1948 (2) SA 677
(A) te 675 H
.
Daarenteen het
die Landdros bevind dat die appellant ân uiters onbetroubare
getuie was, en het die Landdros sy getuienis as nie
redelik moontlik
waar nie verwerp. Ook met hierdie bevinding van die Landdros kan
geen fout gevind word nie.
Dit blyk dat die
appellant nie alleen homself telkens weerspreek het nie, maar ook dat
hy sy getuienis voortdurend aangepas het.
Dit blyk ook, soos die
Landdros tereg bevind het, dat die appellant selfs getuienis probeer
fabriseer het deurdat hy hospitaalrekords
vervals het ten einde
stukrag te verleen aan sy (valse) weergawe dat hy op dieselfde aand
waarop die klaagster aangerand was, by
die hospitaal behandeling
ontvang het vir die beweerde steekwond aan sy wang wat die klaagster
hom sou toegedien het en waarteen
hy homself na bewering verweer het.
Ek is heeltemal
tevrede en oortuig daarvan dat die Landdros tereg die getuienis van
die appellant as vals en nie redelik moontlik
waar nie verwerp het,
en dat die Staat bo redelike twyfel die skuld van die appellant op
beide aanklagtes bewys het.
Wat vonnis
aanbetref blyk dit uit die uitspraak op vonnis van die
Streekhoflanddros, wyle mnr Chris Möller, dat hy hom in geen
opsig
wanvoorgelig het nie. Hy het behoorlik oorweging gegee aan die
persoonlike omstandighede van die appellant, die aard en
erns van
die misdrywe asook die gemeenskapbelang.
Indien die
ongevraagdheid van hierdie aanranding op die klaagster en haar
dogtertjie in ag geneem word, asook die aard en erns van
die wonde
wat hulle in hierdie aanranding opgedoen het, en dit saamgeneem word
met al die ander faktore soos deur die Streekhoflanddros
in ag
geneem, kan myns insiens nie gesê word dat die vonnis die appellant
opgelê, enigsins skokkend onvanpas is nie.
Die appellant het
ook nie as ân eerste oortreder voor die hof a
quo
verskyn nie. Hy het onder andere ân vorige veroordeling vir
poging tot moord op sy kerfstok.
Dit is geykte reg
dat ân hof van appél nie ligtelik sal inmeng met die vonnis
diskresie van ân verhoorhof nie, en dat sodanige
inmenging beperk
is tot gevalle waar die verhoorhof hom- of haarself wanvoorgelig het
of ân mistasting begaan het of in gevalle
waar gesê kan word dat
die vonnis wat ân appellant opgelê is so skokkend onvanpas is dat
ân redelike hof nie sodanige vonnis
sou opgelê het nie. Sien
S
v Pieters
1987 (3) SA 717
(A) te 727 F tot H
.
Na my mening is in
hierdie geval geen gronde vir inmenging in die diskresie uitoefening
van die Streekhof aangetoon of aanwesig nie.
Bygevolg word die
volgende bevel verleen:
Die appél
word van die hand gewys.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
FD Kgomo
REGTER-PRESIDENT
Namens
appellant:
Mnr
DH Janse van Vuuren
Namens
respondent:
Adv
E van Dyk