S v Mokwena and Another (CA & R 220/03) [2004] ZANCHC 77 (15 September 2004)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal against conviction — Appellants convicted of armed robbery and illegal possession of firearm and ammunition — Evidence primarily based on witness testimony and confessions — Appellants challenged admissibility of confessions due to lack of proper procedures followed — High Court found that the trial court erred in admitting confessions without conducting a proper inquiry into their admissibility — Convictions set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 77
|

|

S v Mokwena and Another (CA & R 220/03) [2004] ZANCHC 77 (15 September 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
CA & R 220/03
Datum
verhoor: 2004-09-14
Datum
gelewer: 2004-09-15
In
die appél van
:
PIET
MOKWENA EERSTE APPELLANT
REUBEN
JABETLA TWEEDE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
KGOMO RP
et
MAJIEDT
R
UITSPRAAK OP APPÉL
MAJIEDT
R:
Die
twee appellante kom in hoër beroep teen hulle skuldigbevindings en
vonnisse opgelê in die streekhof. Hulle het tereg gestaan
tesame
met drie andere op aanklagte van roof met verswarende omstandighede,
huisbraak met die opset om te steel en diefstal, sowel
as twee
oortredings van die Wet op Vuurwapens te wete die onwettige besit
van ‘n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.
Twee van
die mede-beskuldigdes is ontslaan na afloop van die Staatsaak en die
twee appellante is skuldig bevind op aanklagte
1, 3 en 4, d.w.s.
roof met verswarende omstandighede sowel as die twee aanklagtes van
onwettige besit van ‘n vuurwapen en onwettige
besit van ammunisie.
Die appellante is gevonnis tot agt jaar gevangenisstraf op aanklag
1 en tot 12 maande gevangenisstraf op
aanklag 3 (onwettige besit van
‘n vuurwapen) en ses maande gevangenisstraf op aanklag 4
(onwettige besit van ammunisie). Daar
is gelas dat die vonnisse op
aanklagtes 3 en 4 samelopend uitgedien moet word met die vonnis op
aanklag 1, sodat albei appellante
‘n effektiewe gevangenisstraf
van agt jaar opgelê is.
Die
skuldigbevindings spruit uit ‘n voorval wat plaasgevind het by ‘n
delwery te Windsorton. Daar is ‘n sekuriteitswag, ene
Solomon
Ratshibvumo, na bewering oorval deur ‘n aantal persone insluitende
die eerste appellant. Volgens dié getuie het die
eerste appellant,
wat ‘n kollega van hom was, sy eie haelgeweer op hom gerig en
daarna die getuie oorval met die voormelde vier
persone. Die
getuienis verder is dat die aanvallers ‘n hoeveelheid ghrieskanne
bevattende diamantdraende gruis uit ‘n sorteerhuis
verwyder het.
Hierdie ghrieskanne is later volgens ander getuienis opgespoor by
die huis van ene Mnr. Zacharia Matthews, die oupa
van die destydse
beskuldigde 3.
Die
voormelde getuie, Ratshibvumo, se getuienis bevat etlike
onwaarskynlikhede en het hy duidelik ook afgewyk van sy
polisieverklaring.
Die streeklanddros het dan ook tydens sy
uitspraak heeltemal tereg opgemerk dat dié getuie se getuienis “
nie
vlekkeloos is nie”.
Namens
die Staat het Mev Jansen heeltemal tereg toegegee dat die Staat se
saak grootliks steun op bekentenisse en erkennings wat
na bewering
deur die appellante gemaak is aan Kaptein Koorzen.
Die
verdere getuienis wat daar gelei is bevestig bloot dat die misdryf
wel gepleeg is en dat diamante ter waarde van R121.00 buitgemaak
is.
Die getuienis van die polisiebeamptes Van der Merwe en Mouton neem
nie die aangeleentheid enigsins verder nie, behalwe om
te bevestig
dat die twee appellante bekentenisse en ook sekere uitwysings gemaak
het. Die getuie Zacharia Matthews, na wie voorheen
al verwys is, se
getuienis bevestig bloot dat diamantdraende gruis in ‘n kamer op
sy perseel gevind is. Dié getuie het ook
afgewyk van sy
polisieverklaring. Die ghrieskanne met diamantdraende gruis is
behoorlik ge-eien as sy eiendom deur die klaer,
Otto Craven.
Ek
staan vervolgens stil by die getuienis van Kaptein Koorzen. Hierdie
getuie was tydens die voorval ‘n Kaptein in die SAPD en
takbevelvoerder van die speurtak te Barkly-Wes. Hy is vroeg die
oggend, omstreeks 04h00, ingelig van die voorval by die delwery
te
Windsorton. Hy is na die toneel vergesel deur die ondersoekbeampte,
Inspekteur Mouton, en ander lede van die speurtak. Op
die toneel
het hulle sekere inligting ontvang en is na die eerste appellant se
huis waar hy gearresteer is. Dit is nodig dat ek
volledig die
getuienis in dié verband uit die oorkonde aanhaal soos voorgehou
deur Kaptein Koorzen.
“..... Ons is daarvandaan terug na Barkly-Wes waar ons na
beskuldigde 1 se woning gaan. Ek het
beskuldigde
1 gearresteer en sy regte aan hom verduidelik.
Waar kry u vir
beskuldigde 1 by die huis? -- Hy was binne-in sy woning. Ek het
geklop en hy het oopgemaak.
In
wat se toestand was beskuldigde 1 op daardie stadium? – Edelagbare,
hy was nugter. Ek, as ek korrek kan onthou, het hy, hy
het net ‘n
broek aangehad, hy het nie ‘n hemp aangehad nie, as ek korrek kan
onthou.
Was
hy by sy volle positiewe op daardie stadium (onduidelik) – Dit is
korrek Edelagbare.
(onduidelik)
slaap. -- Nee, hy was wakker. Hy het die deur oopgemaak.
U
sê u het sy, beskuldigde 1 se regte aan hom verduidelik. Wat
presies behels dit, het u vir hom verduidelik? -- Edelagbare,
ek
het hom die aard van die klagte meegedeel, waar dit plaasgevind het.
HOF
: Wat
se klagte? - Van gewapende roof, by die klaer se woning. Ag, by
die klaer se delwery.
Gewapende
roof en waar dit gebeur het. -- Dit is korrek. Ek het hom ook
meegedeel dat hy die reg het om stil te bly, dat hy niks
hoef te sê
nie. Dat hy ook die reg het tot ‘n regsverteenwoordiger en indien
hy nie ‘n regsverteenwoordiger kan bekostig nie,
dat hy kan aansoek
doen om regshulp by die hof. En ek het hom ook meegedeel dat hy die
reg het om aansoek te doen om borg. Edelagbare,
ek het die .....”.
Nadat
hierdie voormelde getuienis afgelê is, het daar ‘n bespreking
tussen die aanklaer en die streeklanddros gevolg, oor die
toelaatbaarheid van die sogenaamde erkennings wat die eerste
appellant aan Kaptein Koorzen sou gemaak het. Dit is merkbaar dat
nie een van die prokureurs wat namens die twee appellante opgetree
het tydens die verhoor, hoegenaamd deelgeneem het aan hierdie
bespreking nie. Dit is ook verder duidelik uit die oorkonde dat
hierdie sogenaamde erkennings waarna in die getuienis verwys is,
inderdaad bekentenisse is. Na hierdie bespreking het Kaptein
Koorzen getuig dat hy dieselfde prosedure gevolg het met die tweede
appellant en dat hy ook ‘n bekentenis en ‘n uitwysing gemaak
het.
Daar
is twee wesenlike aspekte ten aansien van Kaptein Koorzen se
getuienis wat hier vermelding verg.
7.1 Dié
getuie het vir een of ander onverklaarbare rede nooit ‘n
getuieverklaring in hierdie aangeleentheid afgelê nie. Hierdie
is
‘n verbasende nalate, omrede dit duidelik blyk uit die getuienis op
die oorkonde dat hy ‘n uiters belangrike rol gespeel het
in die
arrestasies van die appellante. Soos ek alreeds uitgewys het in
par. 3 hierbo, het die Staat se saak teen die appellante
trouens
grootliks berus op die bekentenisse en uitwysings wat na bewering aan
Koorzen, ‘n polisie-offisier, gemaak is deur die
appellante. Dit
is heel waarskynlik die rede waarom die prokureurs vir die appellante
tydens die verhoor nie deelgeneem het aan
die bespreking tussen die
aanklaer en die streeklanddros aangaande die toelaatbaarheid van
Koorzen se getuienis nie – heel moontlik
was die prokureurs, in die
afwesigheid van ‘n getuieverklaring van Koorzen, heeltemal verras
deur hierdie wending in die saak.
Ek twyfel of hulle enige
instruksies van die appellante gehad het aangaande die beweerde
bekentenisse en uitwysings. In plaas daarvan
dat hulle bepaalde
instruksies daaraangaande geneem het, het hulle toe maar op daardie
stadium die spreekwoordelike Gods water oor
Gods akker laat loop.
7.2 Inspekteur
Mouton, die ondersoekbeampte, verklaar as volg in sy
getuieverklaring:
“
21-09-99 om
ongeveer 04:00 het ek inligting ontvang van ‘n gewapende roof. Ek
het as gevolg van die inligting enige, ene Piet Mokwena
volgens
regtersreëls gewaarsku en dan gearresteer. Hy het toe aan my
inligting verskaf waarop ek toe ene Ruben Jabetta gearresteer
het
volgens regtersreëls en gearresteer.”
Nêrens
in hierdie getuieverklaring word daarvan melding gemaak dat Kaptein
Koorzen vir Mouton vergesel het tydens hierdie arrestasies
nie en
uiteraard word nog minder daarin vermeld dat dit inderdaad Koorzen
was, en nie Mouton nie, wat die twee appellante gewaarsku
en
gearresteer het. Hierdie direkte weerspreking op so ‘n wesenlike
aspek laat my uiters bekommerd, veral gegewe die gebrek aan
‘n
getuieverklaring deur Koorzen. Die appellante is op 21 September
1999 gearresteer toe hierdie bekentenisse en uitwysings na
bewering
aan Koorzen gemaak is. Koorzen het eers op 25 Februarie 2002 getuig.
Dit gaan my verstand te bowe dat hy meer as 2 jaar
ná die voorval
steeds nie ‘n getuieverklaring afgelê het nie. Ek begryp ook nie
om welke rede Koorzen, indien hy wel hierdie
uitstekende
bewysmateriaal te wete bekentenisse en uitwysings bekom het, nie
onmiddellik pogings aangewend het om die bekentenisse
en uitwysings
behoorlik te laat boekstaaf voor ‘n landdros of ander
polisie-offisier nie. Ek stel dit niks hoër nie as ‘n suspisie
dat hier ‘n slang in die gras is wat betref hierdie arrestasies en
daaropvolgende beweerde bekentenisse en uitwysings.
Die
kernvraag is nou of dié voormelde getuienis van Koorzen toelaatbaar
was teen die appellante. Ten einde aan die
toelaatbaarheidsvereistes
te kan voldoen moes die Grondwetlike
voorskrifte in artikel 35 van die Grondwet, 108 van 1996,
nagekom gewees het en moes
daar ook aan die bepalings vervat in
artikel 217 van die Strafproseswet, 51 van 1977, voldoen gewees
het. Namens die appellante
het Mnr. Van Vuuren aangevoer dat die
Landdros gefouteer het deur die getuienis as toelaatbaar te bevind.
Namens die Staat het
Mev Jansen aanvanklik in haar betoogshoofde
gesubmitteer dat die getuienis inderdaad korrek toelaatbaar bevind
is, maar sy het
by nabetragting geredelik toegegee voor ons dat Mnr.
Van Vuuren gelyk gegee moet word in sy betoog.
Die
eerste ernstige probleem wat ek ondervind met hierdie voormelde
getuienis van Kaptein Koorzen is dat die Landdros dit nie nodig
geag
het om ‘n binneverhoor te hou nie. Dit is weliswaar so, soos die
Landdros opgemerk het in sy uitspraak, dat nie een van
die
prokureurs wat opgetree het vir die appellante aangedui het dat ‘n
binneverhoor nodig sou wees nie. Soos ek alreeds aangedui
het, val
dit op dat tydens die bespreking van die toelaabaarheid van die
bekentenisse en/of uitwysings, die gesprek slegs gevoer
was tussen
die streeklanddros en die aanklaer, sonder enige deelname hoegenaamd
deur die appellante se prokureurs. Selfs al moet
afgelei word van
die prokureurs se stilswye dat daar inderdaad geen dispuut was of
die getuienis toelaatbaar was al dan nie, staan
dit egter vas as ‘n
feit dat daar toe later namens die tweede appellant stellings gemaak
is dat hy aangerand sou gewees het deur
‘n polisiebeampte, ene Van
der Merwe.
Wanneer
dit kom by die vraag of getuienis toelaatbaar is al dan nie, is dit
wenslik dat ‘n binneverhoor gehou moet word. Dit
val nie in die
diskresie van ‘n beskuldigde en/of sy regsverteenwoordiger of
sodanige binneverhoor gehou moet word al dan nie.
Aan die einde van
die dag is dit die voorsittende beampte wat moet toesien dat
getuienis behoorlik toegelaat word en is dit daarom
aangewese op
sodanige voorsittende beampte om toe te sien dat ‘n binneverhoor
gehou moet word. Sien in dié verband die ongerapporteerde
uitspraak op appél van Buys R waarmee Olivier WnR (soos hy toe was)
saamgestem het in
Staat
v George Phillip van Zyl en andere
,
CA&R nr. 117/02, gelewer op 21 Februarie 2003. In daardie
uitspraak beslis Buys R as volg (te p.20 paragraaf 20):
“
Die
aanklaer en die regsverteenwoordiger het geen keuse hoe hulle die
toelaatbaarheid van getuienis beslis wou hê nie. Dit was die
landdros se verantwoordelikheid om die beslissing te maak en hy moes
‘n binneverhoor gelas het.”
Buys
R verwys dan na
S
v Nieuwoudt (3)
1985(4) SA 510 (K) te 517 F-H;
S
v De Vries
1989(1) SA 228 (1) te 233 H;
S
v Mhlakaza en andere
1996(2) SASV 187 (K) te 194 g – 195 d.
‘n Beskuldigde persoon is geregtig om te weet wat die totaliteit
van die Staat se getuienis teen hom is na afloop van die Staatsaak.

Vir dié rede is dit noodsaaklik dat die toelaatbaarheid van
getuienis behoorlik getoets word in ‘n binneverhoor. Selfs op
die
laat stadium toe daar namens die
tweede
appellant stellings gemaak is dat hy deur die polisie aangerand sou
gewees het, moes die gevaarligte vir die streeklanddros
geflikker
het en moes hy na my mening daar en dan ‘n binneverhoor gelas het,
selfs al was die getuienis alreeds gelei deur Kaptein
Koorzen oor
wat aan hom meegedeel sou gewees het en wat uitgewys sou gewees het.
Die kwessie van toelaatbaarheid van getuienis
is interlokutoor en
kan altyd tot aan die einde van die saak heroorweeg word, indien
nuwe feite en/of omstandighede hulle voordoen.
So gesien dus, is ek
die mening toegedaan dat die streeklanddros inderdaad ‘n growwe
mistasting begaan het deur nie ‘n binneverhoor
te gelas om die
toelaatbaarheid van die bekentenisse en/of uitwysings aan Kaptein
Koorzen te beslis nie. Hierdeur is die appellante
ernstig benadeel
en behoort die skuldigbevindings op dié grond alleen ter syde
gestel te word. Ek neem dié standpunt in, omrede
die getuienis van
die getuie Ratshibvumo, alleenstaande nie voldoende is om die
appellante te inkrimineer nie. Hy was heeltemal
onbevredigend as ‘n
enkelgetuie en meen ek ook dat die streeklanddros sowel as Mev
Jansen voor ons korrek was in hulle benadering
dat die Staat se saak
grootliks berus op die getuienis van Kaptein Koorzen wat betref die
inkriminerende bekentenisse en/of uitwysings
aan hom gemaak.
Selfs
al is ek verkeerd met die voormelde bevinding is daar ‘n verdere
deurslaggewende rede waarom die skuldigbevindings myns
insiens
regtens onhoudbaar is. Artikel 35(1)(b) van die Grondwet verskans
die reg van elke gearresteerde persoon om spoedeisend
in kennis
gestel te word na arrestasie van
(i) die
reg op stilswye; en
(ii)
die
gevolge daarvan om nie die reg op stilswye uit te oefen nie.
Nêrens
in die passasie van die getuienis wat ek hierbo aangehaal het blyk
dit dat die appellante ooit in kennis gestel is van hierdie
tweede
belangrike komponent van die reg op stilswye nie. Sien in dié
verband in die algemeen:
S
v Nombewu
1996(2) SASV 396 (E).
‘n Verdere rede waarom die getuienis in elk geval ontoelaatbaar
is, is dat Kaptein Koorzen nêrens in die aangehaalde passasie,
of
op enige ander plek in die oorkonde, getuig
het
dat die appellante vrywillig en ongedwonge die bekentenisse en/of
uitwysings gemaak het nie soos wat vereis word in artikel
217(1) van
die Strafproseswet nie. Die enigste aspek waaroor hy getuig het is
dat albei appellante by hulle volle positiewe was
toe die
mededelings en/of uitwysings aan hom gemaak is. Hierdie is ook ‘n
fatale tekortkoming in die Staat se saak en meen ek
dat die
getuienis ook om dié rede nie toelaatbaar is nie.
Gevolglik
is ek die mening toegedaan dat, wanneer die getuienis van die
bekentenisse en/of uitwysing uitgesluit word, daar nie genoegsame
getuienis wat die appellante inkrimineer bestaan nie, en behoort
hulle appelle gevolglik te slaag.
Ek
reik gevolglik die volgende bevel uit:
DIE
APPÉL TEEN SKULDIGBEVINDINGS SLAAG. DIE APPELLANTE SE
SKULDIG-BEVINDINGS EN VONNISSE WORD TER SYDE GESTEL.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
FD
KGOMO
REGTER-PRESIDENT
NAMENS APPELLANT : MNR DH JANSE
VAN VUUREN
NAMENS
RESPONDENT : ADV CG JANSEN
DATUM VAN VERHOOR : 2004-09-14
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-09-15
44