S v Louw (CA & R 272/03) [2004] ZANCHC 76 (14 September 2004)

40 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Sentence — Appellant sentenced to 6 years' imprisonment for assault with intent to cause grievous bodily harm — Appellant sought condonation for late filing of appeal — Appellant's prior convictions for violent crimes considered as aggravating factors — No merit found in appeal against sentence — Condonation application dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 76
|

|

S v Louw (CA & R 272/03) [2004] ZANCHC 76 (14 September 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:CA
& R 272/03
Datum
verhoor: 2004-09-14
Datum
gelewer: 2004-09-14
In
die appél van
:
ALFRED
LOUW APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
KGOMO RP
et
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
OP APPÉL
MAJIEDT
R:
Die
appellant kom in hoër beroep teen sy opgelegde vonnis van 6 jaar
gevangenisstraf. Hy doen ook aansoek vir die kondonasie van
die
laat aantekening van sy appél.
Wat
die kondonasie aansoek aanbetref, is ek bereid om te aanvaar dat die
appellant onkundig was aangaande die wyse waarop hy appél
moes
aanteken. Vervolgens moet ondersoek ingestel word of daar enige
meriete in die voorgenome appél is.
Die
appellant was daarvan aangekla dat hy vir Jan Jacobs, die klaer,
aangerand het met die opset om hom ernstig te beseer deurdat
hy die
klaer geskop en getrap het en ook op sy bors gespring het. Die
appellant het aanvanklik skuldig gepleit, maar ná ondervraging
is
‘n pleit van onskuldig aangeteken ingevolge die bepalings vervat
in artikel 113 van die Strafproseswet, 51 van 1977 (”
die
Wet
”).
Nadat die klaer se getuienis aangehoor is (welke getuienis glad nie
in geskil geplaas is deur die appellant nie), het die
Staat sy saak
gesluit. Die appellant het geen getuienis aangebied nie. Die
appellant is daarna behoorlik skuldig bevind aan die
ten laste
gelegde misdryf. Grootliks vanweë die appellant se slegte
misdaadrekord, is die saak toe oorgeplaas vir vonnis na die
Streekhof. Die streeklanddros het die appellant gevonnis tot 6 jaar
gevangenisstraf en hom ook gewaarsku van die bepalings van
artikel 286 van die Wet.
Uit
die klaer se getuienis blyk dit dat hy en die appellant en ene Simon
gesit en drink het waar die laasgenoemde twee bokke opgepas
het.
Volgens die klaer het hy grappenderwys aan die appellant voorgestel
dat hulle ‘n bok kon slag om braaivleis te hou. Die
appellant het
hom toe bestorm en ernstig aangerand sodat hy sy bewussyn verloor
het. Die klaer het sy bewussyn in die hospitaal
herwin waar hy 10
dae moes deurbring. As gevolg van die aanval op hom is 4 van die
klaer se ribbes gebreek en was daar ook skade
aan sy longe.
Daar
is geen noemenswaardige uitstaande kenmerke ten opsigte van die
appellant se persoonlike omstandighede nie – hy is 35 jaar
oud, sy
saamleefmaat was swanger met hul kind; hy het ook ‘n dogter wat
hy onderhou en was hy werksaam as arbeider met ‘n
verdienste van
R150.00 per week. Wat wel treffend is, is die appellant se slegte
misdaadrekord, veral wat geweldsmisdade aanbetref.
Die appellant se
vorige veroordelings vir geweldsmisdrywe sien as volg daar uit:
1985 aanranding
met die opset om ernstig te beseer (bottelkop) – 7 houe met ‘n
ligte rottang;
1986 Aanranding
met die opset om ernstig te beseer (snymasjienlem) – 7 houe met
‘n ligte rottang;
1986 Aanranding
met die opset om ernstig te beseer (baksteen en geklap) – 8
maande gevangenisstraf;
1987 Verkragting
(liggaamlike geweld) – 7 houe met ‘n rottang en 2 jaar
gevangenisstraf wat in die geheel opgeskort is vir
5 jaar op sekere
voorwaardes.
1988 Verkragting
(liggaamlike geweld) – 5 jaar gevangenisstraf.
1993 Moord
(mes) – 6 jaar gevangenisstraf.
Die
streeklanddros het ‘n weldeurdagte uitspraak op vonnis gelewer.
Hy het al die tersaaklike strafversagtende en –verswarende
faktore
deeglik voor oë gehou. Die streeklanddros het heeltemal tereg die
appellant se voormelde misdaadrekord as ‘n belangrike
strafverswarende faktor in ag geneem. Ek kan derhalwe geen fout
vind met die vonnisoorweging en vonnisoplegging nie.
Die
klaer is baie ernstig beseer oor ‘n beuselagtigheid. Die
appellant is duidelik ‘n gewelddadige persoon. Ek meen dat die
streeklanddros eintlik die appellant baie toegeeflik behandel het
tydens vonnisoplegging. Namens die appellant het Mnr. Cloete
dan
ook heel geredelik toegegee dat die vonnis nie inmenging regverdig
nie.
Daar
is geen meriete in die voorgeskrewe appél nie.
Die
appellant se aansoek om kondonasie vir die laat aantekening van sy
appél word afgewys.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam en dit word so beveel:
_____________
FD
KGOMO
REGTER-PRESIDENT
NAMENS
APPELLANT : ADV PJ CLOETE
NAMENS
RESPONDENT : ADV CG JANSEN
DATUM VAN VERHOOR : 2004-09-14
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-09-14