About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 75
|
|
S v Ortman (CA & R 146/04) [2004] ZANCHC 75 (14 September 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:CA
& R 146/04
Datum
verhoor:2004-09-14
Datum
gelewer:2004-09-14
In
die appél van
:
WILLIAM
WARREN ORTMAN APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
KGOMO RP
et
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
OP APPÃL
MAJIEDT
R:
Die
appellant is skuldig bevind aan moord op grond van sy aangebode
pleit van skuldig. Met toepassing van die bepalings vervat
in
artikel 51 van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, is die
appellant gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf. Die appellant
kom
nou in hoër beroep slegs teen die opgelegde vonnis.
Voor
ons is daar ook ân aansoek vir kondonasie vir die laat aantekening
van die appél. Die appellant se verduideliking dat hy
onkundig was
aangaande die wyse waarop appél aangeteken word, aangesien hy dit
self hanteer het, is aanvaarbaar. Die enigste
oorblywende vraag is
derhalwe of daar enige meriete in die appél is.
Die
appellant het sy saamleefvrou vermoor. Uit sy artikel 112(2)
pleitverduideliking blyk die volgende:
3.1 Beide
die oorledene en die appellant was sterk onder die invloed van drank
tydens die voorval (die oorledene se bloedalkoholvlak
was
0.21 g/100ml volgens ân verslag wat by die verhoorhof as
bewysstuk ingedien was).
3.2 Op
pad huis toe vanaf die oorledene se niggie se huis, het die oorledene
eensklaps gaan lê op die grond, klaarblyklik vanweë
haar
beskonkenheid. Die appellant het die oorledene probeer oorreed om op
te staan en verder te loop, maar laasgenoemde het geweier.
Hierdie
optrede van die oorledene het die appellant toornig gemaak en het hy
haar verskeie kere geskop en getrap met sy geskoende
voete.
3.3 Die
appellant en sy niggie (wat hulle vergesel het) het die oorledene op
die appellant se skouers geplaas, maar op die pad het
die oorledene
van die appellant se skouers afgeval.
3.4 Die
appellant het toe daar in ân dronkslaap verval, nadat sy niggie weg
is; die oorledene het steeds daar bly lê waar sy geval
het. Toe
die appellant uit sy dronkslaap wakker geword het, het hy ontdek dat
sy vrou beswyk het. Die appellant het dadelik die
voorval by die
polisie gaan aanmeld.
Tydens
vonnisoplegging het die streeklanddros bloot ân bevinding gemaak
dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede bestaan
wat
afwyking van die statutêr voorgeskrewe minimumvonnis sou regverdig
nie. Daar was hoegenaamd geen bespreking van wat die konsep
wesenlike en dwingende omstandighede behels nie. Vonnis is opgelê
voordat die rigtinggewende beslissing van
S
v Malgas
2001(1) SASV 469 (HHA) gelewer is. Op daardie stadium was daar
ook in die hofverslae ân hele aantal teenstrydige uitgangspunte
aangaande watter faktore wesenlike en dwingende omstandighede daar
sou stel. Dit wil my voorkom dat die streeklanddros bloot die
veilige uitweg gekies het deur nie self standpunt in te neem
hieraangaande nie.
Die
gewone strafversagtende en strafverswarende faktore en omstandighede
moet steeds in die weegskaal geplaas word by ân oorweging
of daar
wel wesenlike en dwingende omstandighede bestaan al dan nie; sien:
S
v Malgas,
supra,
te 482 c-d.
In
die onderhawige geval het die streeklanddros na my mening gruwelik
versuim om sodanige tradisionele strafversagtende faktore as
wesenlike en dwingende omstandighede in die appellant se guns in
aanmerking te neem. Hy het eerder die erns en veelvuldige voorkoms
van die misdryf heeltemal oorbeklemtoon ten koste van die
strafversagtende faktore.
Na
my mening stel die volgende faktore, kumulatief beskou, wel
wesenlike en dwingende omstandighede daar:
6.1 Die
appellant se graad van beskonkenheid.
6.2 Die
aansienlike mate van berou wat die appellant betoon het deur die
voorval onmiddellik aan die polisie te rapporteer en ook
skuldig te
pleit.
6.3 Die
appellant se redelik gunstige persoonlike omstandighede â hy was ân
eerste oortreder wat geweldsmisdrywe aanbetref (sy
vorige
veroordeling vir ân oneerlikheidsmisdryf was 15 jaar voor die
onderhawige voorval); hy was in ân vaste betrekking as
arbeider en
was in ân vaste saamleefverhouding met die oorledene en hy was ook
nog betreklik jonk â 27 jaar oud.
6.4 Die
appellant was in ân woedebui toe hy die onbesonne daad gepleeg het.
Bowendien
en in elk geval, is ek die mening toegedaan dat die vonnis wat in
die gewone gang van sake opgelê sou gewees het, in
die onderhawige
geval, só disproporsioneel tot die voorgeskrewe minimum vonnis is,
dat dit
per
se
wesenlike en dwingende omstandighede daarstel; sien
S
v Malgas
,
supra
,
te 482 i.
Na
my oordeel is daar dus voldoende meriete in die appél sodat
kondonasie toegestaan behoort te word.
Ek
reik die volgende bevel uit:
9.1 Kondonasie
word aan die appellant verleen vir die laat aantekening van die
appél.
9.2 Die
appél teen vonnis slaag. Die opgelegde vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf word tersyde gestel en vervang met die volgende:
âDIE BESKULDIGDE WORD GEVONNIS TOT 10 (TIEN) JAAR GEVANGENISSTRAFâ.
9.3 Die
vonnis word terugdateer tot 26 Februarie 2001.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam en dit word so beveel:
_____________
FD
KGOMO
REGTER-PRESIDENT
NAMENS
APPELLANT : ADV PJ CLOETE
NAMENS
RESPONDENT : ADV CG JANSEN
DATUM VAN VERHOOR : 2004-09-14
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-09-14