About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 73
|
|
S v Nel (CA&R 50/04) [2004] ZANCHC 73 (9 September 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R
50/04
Datum
verhoor: 2005-09-05
Datum
gelewer: 2005-09-09
In
die appél van
:
ELIAS
NEL APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
MOLWANTWA
WnR
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die
appellant is skuldig bevind aan moord op sy aangebode pleit van
skuldig soos vervat in ân skriftelike pleitverduideliking
kragtens
die bepalings vervat in artikel 112(2) van die Strafproseswet, nr.
51 van 1977. Hy is toe ân vonnis van 15 jaar gevangenisstraf
opgelê, aangesien die streeklanddros tot die bevinding gekom het
dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat
afwyking van die minimumvonnis voorgeskryf in artikel 51 van die
Strafregwysigingswet, nr. 105 van 1997, regverdig nie. Die
appellant
kom nou in hoër beroep teen hierdie opgelegde vonnis.
Die feitebasis waarop
die appellant skuldig bevind is, soos vervat in sy
pleitverduideliking, welke feitebasis aanvaar is deur die
Staat, is
kortliks as volg:
2.1 Die appellant en die
oorledene (sy eggenote) het die dag van die voorval heelwat drank
ingeneem, insluitende brandewyn, bier en
âbrouselâ (klaarblyklik
ân tipe goedkoop, tuisgemaakte alkoholiese drank). Soos verwag kan
word, was beide van hulle sterk
onder die invloed van drank toe hulle
uiteindelik gaan slaap het. Dit blyk ook uit dié
pleitverduideliking dat die oorledene telkens
die inisiatief geneem
het dié dag om drank by die onderskeie drinkplekke te bekom.
2.2 Hulle het gaan slaap
en laat daardie nag het die oorledene vir die appellant wakker gemaak
en daarop aangedring dat hulle nog
drank moes gaan koop. Die
appellant het geweier en was kwaad dat die oorledene hom daarvoor
wakker gemaak het. ân Woordewisseling
het toe tussen die twee
ontstaan en hulle het ook met mekaar begin stoei. Luidens die
pleitverduideliking het die oorledene met
beide die woordewisseling
en stoeiery begin.
2.3 Op ân stadium
tydens die stoeiery het die appellant waargeneem dat die oorledene in
besit was van ân skaapskêr waarmee sy
hom wou steek. Hy het
daarin geslaag om die skaapskêr van die oorledene weg te neem en het
in ân woedebui haar agt keer daarmee
gesteek.
2.4 Die
oorledene het aan dié steekwonde beswyk. Ná die voorval het die
appellant na die polisiestasie gehardloop en die voorval
gaan
aanmeld. Daarna het hy in die veld gaan wegkruip tot die volgende
oggend ten einde te ontkom aan die oorledene se familie se
woede.
Die appellant was ten
tyde van vonnisoplegging 32 jaar oud, hy en die oorledene het twee
kinders van 4 en 2 jaar oud en verder het
hy ook ân kind van 12
jaar uit ân vorige verhouding. Hy was werksaam op ân plaas
buite Petrusville as arbeider waar hy R150.00
per week verdien het.
Hy het een vorige veroordeling vir verkragting gehad waarvoor hy
gevonnis is tot lyfstraf twaalf jaar voor
die onderhawige voorval.
Verder blyk dit uit ân nadoodse verslag wat ingehandig is dat die
oorledene se bloedalkohol inhoud
0.25 gram per 100 ml was.
In
haar uitspraak het die streeklanddros groot klem gelê op:
4.1 Die âbrutaleâ
wyse waarop die oorledene aangerand is; en
4.2 die
veelvuldige voorkoms van die misdryf; en
4.3 die
voorgeskrewe minimumvonnis en die Wetgewer se
ratio
daarvoor.
Ek is
dit eens met Mnr. Van Vuuren namens die appellant dat die landdros
gefouteer het deur te bevind dat hier nie wesenlike en
dwingende
omstandighede bestaan nie. Na my mening stel die volgende faktore
kumulatief gesien, wel sodanige wesenlike en dwingende
omstandighede
daar:
a) Die appellant se
dronkenskap gepaardgaande met die provokasie komende vanaf die
oorledene;
b) die
appellant se onbetwiste opregte berou, wat vergestalt is in die feit
dat hy dadelik die voorval by die polisie gaan aanmeld
het en ook in
sy pleit van skuldig;
c) die feit dat die
oorledene op die aanvaarde feitebasis vervat in die
pleitverduideliking, deurgaans die aggressor was dié aand
â eers
met die stryery, toe met die stoeiery en uiteindelik met die gepoogde
aanval met die skaapskêr.
Bowendien en in elk
geval is ek die mening toegedaan dat hierdie Hof op appél kan
inmeng met die opgelegde vonnis, aangesien die
dispariteit tussen
die vonnis wat opgelê is en dié wat ons sou oplê só groot is dat
die opgelegde vonnis inderdaad as skokkend
onvanpas aangemerk kan
word.
Vergelyk
in dié verband die
dictum
van Marais AR in
S
v Malgas
2001(1) SASV 469 (HHA) te 478 f-h:
â
However, even in
the absence of material misdirection, an appellate court may yet be
justified in interfering with the sentence imposed
by the trial
court. It may do so when the disparity between the sentence of the
trial court and the sentence which the appellate
Court would have
imposed had it been the trial court is so marked that it can properly
be described as 'shocking', 'startling' or
'disturbingly
inappropriate'. It must be emphasised that in the latter situation
the appellate court is not at large in the sense
in which it is at
large in the former. In the latter situation it may not substitute
the sentence which it thinks appropriate merely
because it does not
accord with the sentence imposed by the trial court or because it
prefers it to that sentence. It may do so only
where the difference
is so substantial that it attracts epithets of the kind I have
mentioned. No such limitation exists in the former
situation.â
By
die oorweging van ân gepaste vonnis hierin, is ek die mening
toegedaan dat daar deeglik in ag geneem moet word dat die misdryf
in
gesinsverband teenoor die appellant se eie wederhelf gepleeg is.
Geweld teen vroue en kinders neem onrusbarende afmetings aan
in ons
land en die howe is pligsgebonde om sterk daarteen standpunt in te
neem by vonnisoplegging. Aan die anderkant weer, moet
tog deeglik
rekening gehou word met die unieke omstandighede van hierdie saak â
dit is na my mening hoogs onwaarskynlik dat die
appellant weer só
ân tipe misdryf in die toekoms sal pleeg. Hierdie voorval het
gemanifesteer na ân ongelukkige sameloop
van omstandighede.
â
n
Vergelyking van die onderhawige feitesituasie met dié in
S
v Roberts
2000(2) SASV 522 (HHA), aangehaal in die betoogshoofde deur Me. Van
Dyk namens die Staat, kan van aansienlike nut wees by die oorweging
van ân gepaste vonnis hierin. In die voormelde saak het die
appellant sy vrou verwurg, haar liggaam eers versteek en toe begrawe
vir ses maande terwyl hy gedurende dié tydperk voorgegee het dat hy
glad nie weet waar sy was nie. Toe dit later geblyk het dat
beplande opgrawings noodwendig daartoe sou lei dat die oorledene se
liggaam gevind sal word, het hy in ân nota aan sy broer openbaar
waar die oorledene begrawe is. Die appellant het dit aan sy broer
oorgelaat om te besluit of hy dié inligting wou bekend maak
en of
hy die betrokke plek wou bedek met plaveisel ten einde die vind van
die lyk te voorkom. Die appellant het darem ook ân
duidelike
aanduiding gegee van hoe hy graag wou hê sy broer moes besluit,
deur ân bedrag van R1000.00 aan te bied as bydrae
tot die
plaveisel.
Die
morele laakbaarheid van die daad van die appellant in
Roberts
se saak is ongetwyfeld soveel meer as dié in die onderhawige saak.
Verbasend genoeg is Roberts slegs ten volle opgeskorte
gevangenisstraf
van 15 jaar opgelê tydens sy verhoor. Die Staat
was tereg erg beswaard daaroor â vandaar die appél na die Hoogste
Hof van
Appél. In laasvermelde Hof is ân vonnis van sewe jaar
gevangenisstraf die appellant opgelê. Marais AR het tereg in sy
uitspraak
gewys op die veelvuldigheid van gesinsgeweld in ons land.
Die
voormelde vonnis in die
Roberts
-saak
illustreer na my mening treffend die skokkende onvanpastheid van die
opgelegde vonnis in die onderhawige geval. Na my mening
sal ân
vonnis van 8 jaar gevangenisstraf meer gepas wees in die
omstandighede van hierdie saak.
Ek reik die volgende
bevel uit:
11.1 Die
appellant se opgelegde vonnis van 15 jaar gevangenisstraf word
tersyde gestel en vervang met 8 (agt) jaar gevangenisstraf.
11.2 Ingevolge
die bepalings vervat in artikel 282 van die Strafproseswet, nommer.
51 van 1977, word die vonnis teruggedateer tot
31 Julie 2003.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_______________
BC
MOLWANTWA
WAARNEMENDE
REGTER
NAMENS
APPELLANT : MNR. D. JANSE VAN VUUREN
NAMENS
RESPONDENT : ADV. E. VAN DYK
DATUM VAN VERHOOR : 5
SEPTEMBER 2005
DATUM VAN UITSPRAAK :