About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 72
|
|
S v Jood (KS 36/01) [2004] ZANCHC 72 (7 September 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: KS
36/01
Datum
verhoor: 2004-09-06
Datum
gelewer: 2004-09-07
In
die appél van
:
WILLEM JOOD APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
LOMBARD R, MAJIEDT R
et
TLALETSI
R
UITSPRAAK
LOMBARD
R:
Die appellant is op 5
September 2001 deur die
Verhoorhof aan moord skuldig bevind en tot 16 jaar gevangenisstraf
gevonnis. Alhoewel sy aansoek vir verlof om teen sy skuldigbevinding
en vonnis te appelleer onsuksesvol was, het die Hoogste Hof van Appèl
egter verlof aan hom om teen sy skuldigbevinding en vonnis
na die
Volle Hof te appelleer, verleen.
Die tersaaklike feite in
ân neutedop is dat die oorledene die betrokke Saterdagmiddag in die
geselskap van sy eggenote was toe hulle
die appellant raakgeloop het
â die oorledene het op daardie stadium ân tuisgemaakte blikkitaar
by hom gehad. Eers het ân woordewisseling
en daarna ân vuisgeveg
tussen hulle twee ontstaan waarna die appellant die kitaar uit die
oorledene se hand gegryp en hom daarmee
teen sy kop geslaan het. Die
oorledene het gesteier en neergeval. Terwyl hy op die grond gelê
het, is hy vele kere met die kitaar
oor sy bolyf en kop geslaan en is
hy ook verskeie kere geskop. Hy het die kitaar stukkend op hom
geslaan. Die oorledene het geweldig
gebloei. Die appellant het sy
aanranding op die oorledene gestaak toe âhy besef het dat hy nie
weer sal opstaan nie.â. Die
oorledene het dieselfde middag beswyk.
Alhoewel die kitaar nie
as bewysstuk ingedien was nie is dit egter deur die destydse
ondersoekbeampte as volg beskryf:
â
Ja. --- Dit is hierdie selfgemaakte
kitaar, die wat hulle maak met die, sommer met die vislyn en snare en
die 5 liter oliedrom, die
blikkies.
Ja. --- Die 5 liter blikke agter.
Ja en die, dit is nou die blikkie en
dan is daar sê miskien ân plank of iets ⦠--- Ja, het het die
plank aan soos jou kitaar
maar lyk voor.
Ja.
--- En die blik is nou agter waar die ⦠(tussenbeide).
Nou,
die hele instrument hoe, is dit lig, is dit swaar? --- Edele, hy is
nie baie swaar nie. Nee, hy is nie baie swaar nie, maar
hy maak mos
nou, die blik het mos nou skerp hoeke.
Ja.
--- Hierdie blikke en hy was stukkend toe ons dit inhandig, sy steel
was afgeslaan of hy het afgebreek.
Is
dit, was hierdie plank afgebreek? --- Ja, Edele, ek weet nou nie wat
noem jy daardie voorste stuk van ân kitaar nie, maar hy
het
afgebreek.â
(Oorkonde: p. 48 â 49)
Dit kan
volledigheidshalwe opgemerk word dat die Staatsgetuies nie kon sê of
die appellant skoene of tekkies aangehad het nie. Daar
is ook
getuienis dat die oorledene op ân stadium toe hy alreeds deur die
appellant aangerand was ook deur ân ander persoon geskop
(kaalvoet)
en met die kitaar geslaan was. Sodanige aanranding is egter, myns
insiens, vir huidige doeleindes ontersaaklik aangesien
die relevante
feite bevindinge van die Verhoorhof nie op appèl aangeveg word nie.
Verdere getuienis is namens die Staat aangebied
deur die
Distriksgeneesheer, Dr Smith, wat ân regsgenees-kundige
lykskouing op die liggaam van die oorledene uitgevoer het.
Sy
vernaamste bevindinge was:
2 X 1 cm wond aan die
voorkant van die skedel sonder meegaande skedelfraktuur â is deur
stomp trauma veroorsaak.
1 X 5cm konkusie of
kneusing van die regter wangbeen.
Aan regterkant van die
brein was daar bloeding aan die buitekant van die brein onder die
breinvlies en ook bloeding binne in die
brein self.
Aan die linkerkant van
die brein ook bloeding aan die buitekant van die brein onder die
breinvlies.
Die oorsaak van die dood
was breinbloeding.
Toe dit aan hom gestel
was dat die getuienis van die Staat daarop neerkom dat die oorledene
herhaaldelik met ân selfgemaakte blikkitaar
op die kop geslaan en
ook terwyl hy op die grond gelê het, geskop was, was sy reaksie:
â
---
Ja, beide hierdie tipe beserings wat u beskryf, die houe met ân
blikkitaar en ook die skoppe teen die kop, kan definitief skeure
binne-in die brein veroorsaak wat dan bloeding tot gevolg sal hê, so
dit kan heeltemal inpas daarmee. Dit is nie vir my moontlik
om te
onderskei watter van daardie twee tipes geweld het werklik die
beserings veroorsaak nie, al twee kon dit waarskynlik doen.
ME
VAN DYK
.
En met watter mate van geweld moet daar geskop word of houe
toegedien word om hierdie tipe van besering te veroorsaak? ---
Ja, daar is ân redelike mate van
geweld nodig. Ek sal ook sê wanneer ân persoon geskop word met
die momentum wat oorgedra word
aan die kop of die skedel van die
persoon wat aangeval word dink ek is die kans baie groter vir hierdie
tipe beserings as wanneer
hy met ân, ân blikkitaar is normaalweg
ân ligte voorwerp, so die mate van geweld wat nodig is sal ek dan
eerder wil toeskryf
aan die skoppe as die houe met die kitaar self.â
(Oorkonde: p. 88 â 89)
Op ân verdere vraag
hoe lank nadat ân persoon sulke beserings wat deur hom as
breinbloeding beskryf was sal laat beswyk, het
hy as volg
geantwoord:
â
Net
ân laaste, die oorsaak van dood skryf u dan toe aan breinbloeding,
hoe lank na sulke tipe beserings opgedoen is sal verloop
voor so ân
persoon sterf aan breinbloeding, of hang dit af van mens tot mens?
--- Ja, ek dink dit hang af van die mate van geweld.
Dit is nie
suiwer net die bloeding, die bloeding definitief sal bydra daartoe,
maar ân mens moet onthou dat as daar ân redelike
mate van geweld
aan die kop toegedien was, vind daar baie skade plaas in die
breinweefsel wat ân mens nie met die blote oog kan
waarneem nie.
So ons moet aanvaar die besering wat die bloeding veroorsaak sou ook
ân taamlike uitgebreide breinbesering veroorsaak
en wat nou gebeur
is, as gevolg van swelling wat plaasvind met die bloeding by, daar
vind ân hoë drukking binne-in die skedelbeen
plaas, u weet en dit
is wat eventueel dan die dood veroosaak. Dit is basies iets wat, ag
ek sal sê binne 30 minute wat tot die
dood van die persoon kan lei.â
(Oorkonde: p. 89 â 90)
Alvorens
die meriete van die appèl onder die loep geneem word, is dit myns
insiens sinvol om na o.a. die volgende aspekte wat
ex
facie
die oorkonde nie pertinent deur die Verhoorhof mee gehandel was nie,
te verwys:
Die massa en of grootte
van die kitaar en in besonder die dikte en lengte van die steel of
nek van die houtgedeelte daarvan is onbekend;
Dit is nie vasgestel of
die appellant skoene of tekkies aangehad het nie en indien dit
skoene was die grootte en/of tipe ensovoorts
daarvan;
Dat alhoewel die getuies
se weergawe was dat die appellant die oorledene verskeie kere met
die kitaar op sy kop geslaan en ook geskop
het, daar slegs een wond
op sy kop aangetref is en geen wonde en/of kneusings en dies meer in
sy nek of skouergedeeltes nie;
Die distriksgeneesheer
van oordeel was dat die breinbloeding heel moontlik deur die skoppe
veroorsaak was en nie deur die kitaarhoue
nie â ân mening wat in
alle billikheid teenoor die geneesheer uitgespreek was sonder enige
getuienis oor die tipe, aard, massa
en dies meer van beide die
âwapensâ nie.
As
daar na die meriete van die appèl oorgegaan word, het die Verhoorhof
vir soverre die appellant se opset aangaan, as volg bevind:
â
Die
getuienis van die staatsgetuies, almal van hulle, word dan aanvaar as
geloofwaardige getuies. Die aanranding op die oorledene
deur
beskuldigde nommer 1 was volgehoue aanranding. Beskuldigde nommer 1
is 48 jaar oud. Met ander woorde hy is die soort persoon
wat besef
dat wat hy gedoen het die dood van die oorledene kon veroorsaak, hy
het dit besef, hy was roekeloos en hy het aangegaan
om die oorledene
aan te rand. Dit blyk dat beskuldgide nommer 1 nie die direkte opset
gehad het om die oorledene te dood nie. Dit
sê ek as in ag geneem
word van die aard van die wapens wat hy gebruik het, die wyse waarop
die aanranding plaasgevind het, maar
dat die dood van die oorledene
voorsienbaar was bestaan daar geen twyfel nie.â
(Oorkonde: p. 101 â
102)
Mnr
Nel, namens die appellant, voer aan dat die Verhoorhof fouteer het
deur die appellant aan moord skuldig te bevind maar gee toe
dat hy
aan strafbare manslag skuldig is.
In
S
v DLADLA EN ANDERE
1980 (1) SA 1
(AA)
sê
Jansen AR op 3 H â 4 B die volgende:
â
Ook
moet daarteen gewaak word om nie by die twee uiterstes van die
âskaalâ die onderskeiding tussen opset by oogmerk en opset
by
moontlikheidsbewussyn en nalatigheid aan die ander punt, te laat
vervaag nie. Daar is ân skerp skeidslyn tussen oogmerk aan
die een
kant en slegs moontlikheidsbewussyn aan die ander. Ewe skerp is die
onderskeiding tussen opset by moontlikheidsbewussyn
en nalatigheid.
In beide gevalle is daar ân kwessie van voorsienbaarheid. Maar by
die opset gaan dit oor wat die dader subjektief
voorsien het; by
nalatigheid gaan dit oor wat hy volgens ân objektiewe maatstaf
behoort te voorsien het. Verder is daar by opset
by
moontlikheidsbewussyn die kenmerkende wilsbesluit om die moontlike
gevolg nogtans te aanvaar â ân wilsbesluit wat by
culpa
ontbreek en geen bestanddeel daarvan is nie.â
In
S
v SIGWAHLA
1967 (4) SA 566
(A)
verklaar
Holmes AR op 570 B â D as volg:
â
1.
The expression âintention to killâ does not, in law, necessarily
require that the accused should have applied his will to
compassing
the death of the deceased. It is sufficient if the accused
subjectively foresaw the possibility of his act causing death
and was
reckless of such result. This form of intention is known as
dolus
eventualis
,
as distinct from
dolus
directus
.
The fact that
objectively the accused ought reasonably have foreseen such
possibility is not sufficient. The distinction must
be observed
between what actually went on in the mind of the accused and what
would have gone on in the mind of a
bonus
paterfamilias
in the position of the accused. In other words, the distinction
between subjective foresight and objective foreseeability must
not
become blurred. The
factum
probandum
is
dolus
,
not
culpa
.
These two different concepts never coincide.
Subjective foresight, like any other
factual issue, may be proved by inference. To constitute proof
beyond reasonable doubt the
inference must be the only one which
can reasonably be drawn. It cannot be so drawn if there is a
reasonable possibility that
subjectively the accused did not
foresee, even if he ought reasonably to have done so, and even if
he probably did do so.â
Sien ook
S
v COMPOS
2002 (1) SASV 23 (HHA)
Die vraag is nou of dit
bó redelike twyfel bewys is dat ten tyde van die aanranding op die
oorledene die appellant inderdaad voorsien
het dat hy as gevolg van
die wyse waarop hy hom aangerand het kon sterf en hy hom met sodanige
gevolg versoen het (wilsbesluit).
Aangesien die appellant
se weergawe as vals verwerp is, moet daar by wyse van afleidings uit
die omstandighede vasgestel word of die
appellant opsetlik opgetree
het. By die maak van afleidings oor wat die appellant inderdaad
voorsien het, sal die Hof hom onder
meer laat lei deur objektiewe
faktore, soos byvoorbeeld, die soort wapen of wapens, die erns van
die besering of beserings en die
ligging van sodanige beserings,
m.a.w. waar op die liggaam van die oorledene sulke wond of wonde
toegedien was. Die Hof moet daarteen
waak om in die proses nie die
spreekwoordelike âarmchairâ houding in te neem nie maar moet
hom/haar na die beste van sy/haar
vermoë indink in die posisie van
die appellant toe hy die oorledene aangerand het. In hierdie verband
is ook die graad van beskonkenheid
tersaaklik â oorledene se
eggenote se onbetwiste getuienis was dat die appellant dronk was.
Mev. Van
Dyk namens die Staat het aangevoer dat die appellant nie die
Verhoorhof in sy vertroue geneem het nie en dus nie aan die
mindere
oortreding van strafbare manslag skuldig bevind kan word nie en vir
hierdie submissie het sy gesteun op
S
v STEYNBERG
1983 (3) SA 140
(A)
waarin,
onder meer, na
R
v MLAMBO
1957 (4) SA 727
(A)
verwys is.
Wat in
hierdie verband egter nie uit die oog verloor moet word nie, is die
volgende
dictum
van Hoexter AR in dieselfde saak waar hy op p. 148 C â D homself as
volg uitdruk:
â
Kortom
beteken behoorlike toepassing van die
Mlambo
-saak
dictum
slegs dat die beskuldigde hom nie daaroor kan bekla nie dat weens sy
eie leuenagtigheid die verhoorhof hom nie die voordeel kan gee
van ân
moontlikheid (nl dat hy die oorledene met ân ander oog merk as om
hom te dood, of selfs met ân onskuldige oogmerk geweld
aangedien
het) wat nie op enige aanvaarbare gegewens gegrond is nie.â
Met
ander woorde die kernvraag is en bly nog steeds wat is die
aanvaarbare gegewens of getuienis wat aan hom die moontlikheid van
ân
voordeel kon gee?
Ek is nie van voornemens
om die getuienis weer te herhaal nie maar is van oordeel dat in die
lig van onder meer die gebrekkige getuienis
aangaande die
âmoordwapen(s)â, die betreklik geringe beserings op die liggaam
van die oorledene, die âonvolledigeâ mediese
getuienis en die
graad van beskonkenheid van die appellant dit nie bó redelike twyfel
aangetoon is dat hy subjektief voorsien het
dat die oorledene as
gevolg van sy aanranding kon sterf nie. Die skuldigbevinding aan
moord moet gevolglik tersyde gestel word.
Vir soverre dit ân
skuldigbevinding aan strafbare manslag aangaan, is ek geneig om met
mnr. Nel akkoord te gaan dat die appellant
in die omstandighede die
oorledene se dood nalatiglik veroorsaak het â hy moes redelikerwys
voorsien het dat die oorledene as gevolg
van sy volgehoue aanranding
op ân kwesbare deel van sy liggaam kon sterf en hy wederregtelik
nagelaat het om daarteen te waak â
ân skuldigbevinding aan
strafbare manslag is dus aangewese.
Aangesien
strafbare manslag nie een van die misdade is waarop die toepaslike
voorskrifte van Wet 105 van 1997 van toepassing is nie,
is hierdie
Hof nou in ân posisie om vonnis
de
novo
te oorweeg.
Vir soverre
dit die appellant se persoonlike omstandighede aangaan, is die oes
maar baie skraal, want
ex
facie
die oorkonde is daar blykbaar geen getuienis daaromtrent aangebied of
feite waarop die partye
ad
idem
was, genotuleer nie. Sy getuienis was egter dat hy 48 jaar oud is,
getroud en die vader van 5 meerderjarige kinders is. Hy het
blykbaar
ân vaste betrekking op daardie stadium gehad. Hy is ân eerste
oortreder. Die feit dat hy ân eerste oortreder is,
is opsigself in
die tye waarin ons tans leef ân besondere prestasie. Dit is egter
baie jammer dat hy so ân trotse rekord op
so ân sinnelose en
uiters onverantwoordelike wyse onherroeplik onder sy voete moes
vertrap.
Die erns van die misdaad
spreek vir sigself. Die appellant het dit goedgedink om die
oorledene helder oordag en in die publiek te
konfronteer en nadat hy
hom met sy eie kitaar platgeslaan het voortgegaan het om hom te slaan
en te skop totdat hy gesien het dat
hy âklaar wasâ en toe het hy
hom net so daar gelaat. Hierdie tipe sinnelose geweld op ân
Saterdagmiddag deur besope of half
besope persone op ân onskuldige
lid van die publiek in die openbaar is onaanvaarbaar, walglik en kan
en sal nie geduld word nie.
Die Howe het ân groot
verantwoordelikheid teenoor die publiek en dit is om hul misnoë en
hul renons teenoor hierdie blatante
wetteloosheid duidelik en
ondubbelsinnig te kenne te gee â die mees effektiewe wyse om dit
te doen, moet uit die vonnisse wat
opgelê word, blyk. Uit die aard
van die saak moet elke saak op sy eie besondere feite en
omstandighede benader en beoordeel word.
Wat hier tot ân mate in
die appellant se guns tel is dat daar geen sprake is van enige
voorafbeplanning nie. Hy het die oorledene
toevallig raakgeloop â
die res is geskiedenis.
In
al die omstandighede en inaggenome dat in elke vonnis ân komponent
van genade ingebou is, is ek van oordeel dat ân gepaste
vonnis
hierin 8 jaar gevangenistraf is.
Die
volgende bevel word gemaak.
Die appèl teen die
skuldigbevinding van moord slaag en die skuldigbevinding word
tersyde gestel.
Die appellant word
aan strafbare manslag skuldig bevind.
Die appèl teen die
vonnis slaag insgelyks en die vonnis word tersyde gestel.
Die appellant word
tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis welke vonnis geag sal word op
5 September 2001 opgelê te gewees het.
____________
DJ LOMBARD
REGTER
Ek stem saam.
___________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
PL TLALETSI
REGTER
NAMENS
APPELLANT : Adv IJ Nel i.o.v. Van de Wall & Vennote, Kimberley
NAMENS
RESPONDENT : Adv E van Dyk
DATUM VAN VERHOOR : 2004-09-06
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-09-07