About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 28
|
|
S v Herbert (420/04) [2004] ZANCHC 28 (3 September 2004)
Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
420/04
Datum
gelewer: / Date delivered:
03/09/2004
In
die saak van:
DIE STAAT
teen
HERBERT, SADIA
SHERYL
Coram
:
Majiedt R et Lacock R
UITSPRAAK
OP SPESIALE HERSIENING
LACOCK
R:
Die beskuldigde
is in die Distrikshof van Kimberley skuldig bevind aan
crimen
injuria
en, luidens die oorkonde, as volg gevonnis:
â
You are fined R300.00
(Three hundred Rand) payable to inspector Johannes Makame. That
amount of money you pay in by the Court and
the Court will
â¦(inaudible) the person.â
Op
die J15 dekblad tot die oorkonde is die vonnis die beskuldigde opgelê
op hierdie aanklag as volg verwoord:
â
Charge
2: fine R300.00 payable to insp. Johannes Makame. Compensatory order
granted.â
Nadat hierdie
saak onder die aandag van die waarnemende hooflanddros van Kimberley
gebring is, het hy dit na die Griffier verwys
met die volgende
versoek:
â
Dit
sal waardeer word indien die bogemelde strafsaak, hierby aangeheg,
aan Sy Edele die Hersieningsregter voorgelê sal word vir spesiale
hersiening. Die rede daarvoor is as volg:
Die beskuldigde is in die
plaaslike distrikshof onder andere, skuldig bevind aan Crimen Injuria
deur waarnemende addisionele landdros
S. Jacobs. Vir die
oortreding is die beskuldigde op 14 Maart 2003 soos volg gevonnis:
âcharge 2: you are fined R300-00
(three hundred rand) payable to
inspector Johannes Mochaneâ â
vide
pagina 55 van die getranskribeerde oorkonde. Hierdie vonnis verskyn
ook op die oorspronklike klagstaat (J15) wat per hand deur die
waarnemende landdros voltooi is. By hierdie handgeskrewe vonnis het
die landdros ook die woorde âcompensatory order grantedâ
bygevoeg. Dit blyk derhalwe dat die waarnemende landdros slegs ân
vergoedende boete bevel vir die besondere oortreding gemaak
het. Sy
het nie die beskuldigde vir die betrokke oortreding gevonnis nie.
Die betrokke waarnemende landdros se dienste te Kimberley
is
sedertdien beëindig.
Die
probleem wat nou, met nagaan van die saak, ondervind word is
tweeledig nl.:
Die
beskuldigde is nog nie gevonnis vir die oortreding nie.
Die
oplegging van die vergoedende boete is kennelik foutief aangesien
dit duidelik is volgens die notule van die verrigtinge dat
daar
geen basis daarvoor gelê is nie. Die warnemende landdros het
nooit aan die beskuldigde (wat nie verteenwoordig was nie)
of die
aanklaer te kenne gegee dat sy so ân vergoedende boete oorweeg
nie en nóg die beskuldigde nóg die aanklaer het die
geleentheid
gehad om getuienis aan te bied of die hof toe te spreek met
betrekking tot die moontlike oplê van ân vergoedende
boete nie.
Onder
die omstandighede word derhalwe gevra dat Sy Edele die
Hersieningsregter die vergoedingsbevel ter syde stel en te gelas dat
die saak na die distrikshof terugverwys word vir die oplegging van ân
gepaste vonnis.â
Die versoek van
die hersiening en ter sydestelling van die vonnis is nie alleen
geregverdig nie, maar is noodsaaklik. Die
âvonnisâ
die beskuldigde opgelê is duidelik nie ooreenkomstig die reg nie.
Die beskuldigde
is skuldig bevind aan
crimen
injuria
deurdat sy die klaer, ân polisiebeampte, in die aanklagkantoor van
die Roodepan polisiestasie en terwyl sy onder die invloed
van drank
was, erg beledig en in uiters onwelvoeglike taal aangespreek het in
die teenwoordigheid van minstens een ander persoon.
Daar is geen
getuienis wat daarop dui dat sy skade aan of verlies van goed
behorende aan die klaer (inspekteur Johannes Makame)
veroorsaak het
nie.
Indien die
Landdros dus beoog het om ân vergoedingsbevel kragtens art 300 van
die Strafproseswet, nr 51 van 1977 (die Wet), te
maak, was sy â by
gebreke aan getuienis dat die beskuldigde die klaer enige verlies of
skade aan goed berokken het â nie bevoeg
om so ân bevel te
verleen nie. Die artikel leen hom eenvoudig nie tot die toekenning
van genoegdoening of algemene skade gely
weens die aantasting van
die
fama
of
dignitas
van ân ander nie. Sien
S
v Liberty Shipping and Forwarding & Others
1982 (4) SA 281
(D)
te 284 H tot 285 B
:
â
The
proposition that the 'damage' in question is not limited to damage to
property but encompasses all kinds of damage means, if it
is sound,
that a Court convicting someone of assault, rape, crimen injuria or
criminal defamation may itself proceed to award the
victim general
damages as compensation for the injury to person, dignity or
reputation he or she has suffered. Never, as far as I
am aware, has
such an award been made or even sought under s 300 (1) or either of
its predecessors. The likelihood that Parliament
had this in mind
does not seem strong. It postulates an enquiry of the sort and scope
making it an unsuitable epilogue to criminal
proceedings.â
en verder,
â
I
hold, it follows, that the only damage for which compensation is
claimable under s 300 (1) is damage to property, and that the section
does not cover any other damage which is suffered.â
(te 286G)
Sou die Landdros
beoog het om die klaer skadeloos te stel kragtens die voorskrifte
van art 297 (1)(a)(i)(aa) van die Wet, het sy
eweneens ân
mistasting begaan. Skadeloosstelling kragtens hierdie artikel kan
alleen geskied indien (a) die oplê van vonnis
vir ân bepaalde
periode uitgestel word en skadeloosstelling as ân voorwaarde tot
vrylating gelas word; of (b) die opgelegde
vonnis in geheel of
gedeeltelik opgeskort word en skadeloosstelling as ân voorwaarde
opgelê word.
In
casu
het die Landdros nóg die oplegging van vonnis uitgestel, nóg ân
vonnis opgelê wat hetsy in geheel of gedeeltelik opgeskort is.
Trouens, die Landdros het die beskuldigde geen vonnis opgelê nie.
Uit hoofde van
die voorgaande alleen was die sogenaamde
âcompensatory
orderâ
soos deur die Landdros gelas,
ultra
vires
haar bevoegdhede, en moet dit ter syde gestel word.
Vervolgens vind ek
dit nie nodig om te handel met die verdere argumente van die hoof
landdros naamlik die afwesigheid van enige feite
grondslag vir die
maak van ân sogenaamde vergoedings bevel en die nie-nakoming van
die audi-reël nie.
Bygevolg word die
volgende bevel hierin verleen:
DIE
SKULDIGBEVINDING OP AANKLAG 2 WORD BEKRAGTIG.
DIE âVONNISâ
EN SOGENAAMDE VERGOEDINGSBEVEL DIE BESKULDIGDE OPGELÃ OP AANKLAG 2,
WORD TER SYDE GESTEL.
DIE SAAK WORD
NA DIE DISTRIKSHOF TERUG VERWYS VIR DIE BEHOORLIKE OPLEGGING VAN âN
GEPASTE VONNIS OP AANKLAG 2.
_________________________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_________________________
SA Majiedt
REGTER