About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 69
|
|
S v Louw (420/04) [2004] ZANCHC 69 (2 September 2004)
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Hooggeregshof
Hersieningsnr: 420/04
Landdros
Saaknr: 831/03
Datum
gelewer: 2004-09-02
In
die hersieningsaak van
:
DIE
STAAT
versus
WYNAND
LOUW BESKULDIGDE
Coram
:
MAJIEDT R
et
OLIVIER R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT
R:
Hierdie
aangeleentheid is op hersiening verwys ingevolge die bepalings
vervat in artikel 116(3)(a) van die Strafproseswet, 51 van
1977
(â
die
Wet
â).
Die streeklanddros na wie die aangeleentheid verwys is vir
vonnisoplegging, het getwyfel of die verrigtinge ooreenkomstig
die
reg geskied het, meer bepaald ten aansien van die skuldigbevinding
van die beskuldigde. Dit is nodig om die voormelde twyfel,
soos
verwoord in die streeklanddros se navraag aan die verhoorlanddros,
volledig weer te gee hierin:
â
1. Was die
getuienis van die enkelgetuie Me. Alta Van Staden genoegsaam om ân
bevinding van skuldig aan aanranding met die opset
om ernstig te
beseer te regverdig?
2. Is
ân nadelige afleiding gemaak van die staat se versuim om die
polisiebeampte Mnr. Van der Merwe te roep, indien nie waarom
nie?
3. Is ân
nadelige afleiding gemaak van die staat se versuim om mediese dokter
wie die kind, Eliea Van Staden, ondersoek het te roep?
Op watter
basis is die regsgeneeskundige verslag toegelaat as bewysstuk B na
skuldigbevinding? Is kennis geneem van paragraaf 8
van bewysstuk B
waar die dokter meld dat âPatient was assaulted = blunt force 2
days or 3 days agoâ.
4. Die
gesertifiseerde afskrif van die J15/klagstaat meld dat die saak
oorgeplaas is na die streekhof ingevolge Artikel 11 SA Wet
51 van
1977 vir vonnis. Daar word aanvaar dat dit moontlik net ân
tikfout is en moet lees artikel 116(1)(a) of (b) Wet 51 van
1977.
Kan u moontlik die nodige regstellings maak en aandui ingevolge
watter artikel die saak oorgeplaas is.
5. Indien die
oorplasing geskied het ingevolge artikel 116(1)(a) Wet 51 van
1977 is dit omdat artikel 51 van die Strafregwysigingswet,
Wet 105
van 1997 van toepassing is, aangesien dit blyk dat die misdryf binne
die kader van Deel III van Bylae 2 van gemelde
wet val? Indien
wel, is die bepalings van gemelde artikel en wet onder die aandag van
die beskuldigde gebring?â
Die
verhoorlanddros het volledig op die voormelde navraag van die
streeklanddros gereageer. Die streeklanddros was steeds nie oortuig
dat die skuldigbevinding regtens in orde is nie en het gevolglik die
aangeleentheid na hierdie Hof verwys kragtens die voormelde
wetsbepalings. Wat vrae 4 en 5 hierbo aanbetref, het die
verhoorlanddros aangedui dat die saak inderdaad ingevolge
artikel 116(1)(a)
se bepalings na die streekhof oorgeplaas is,
omrede artikel 51 van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997 (â
die
Strafregwysigingswet
â),
se bepalings aanwending vind by vonnisoplegging. Verder het die
verhoorlanddros aangedui dat, alhoewel die oorkonde dit nie
weerspieël nie, die voormelde artikel se bepalings wel aan die
beskuldigde verduidelik is.
Die
beskuldigde het tereggestaan op ân aanklag van aanranding met die
opset om ernstig te beseer. Die Staat het beweer dat hy
op
2 November 2003 te Fraserburg wederregtelik en opsetlik sy
2-jarige dogtertjie aangerand het deur haar te slaan en te knyp
en
haar sodoende wonde, letsels of beserings toegedien het met die
opset om haar ernstig te beseer.
3.1 Ter
bewys van die voormelde beweringe het die Staat slegs een getuie
geroep, te wete die klaagstertjie se moeder, Me. Alta van
Staden.
Dié getuie het getuig dat sy en die beskuldigde in ân
saamleefverhouding betrokke was en dat die beskuldigde die
klaagstertjie
se natuurlike vader is. Op die aand van die voorval
het die klaagstertjie op die bed langsaan die beskuldigde geslaap (op
laasgenoemde
se aandrang) en het die getuie, Me. Van Staden, aan die
voetenent geslaap. Die klaagstertjie het begin huil en omrede die
getuie
nie kon vasstel wat die probleem was nie, het sy die lig
aangeskakel en ontdek dat die beskuldigde besig was om die kind aan
te rand
deur haar ondermeer te knyp. Volgens haar getuienis het die
beskuldigde aangevoer dat hy ânie hou van die kind se uitkyk nieâ
en dat die kind âstories aangaande hom maak by ander menseâ. Die
getuie het die lig afgeskakel en op ân stadium het die
klaagstertjie
weer begin huil en gesê dat âsy nie meer kan nieâ
want sy kry te seer. Die getuie het toe die polisie laat kom en ene
Mnr.
Van der Merwe (klaablyklik ân polisiebeampte) het daar
opgedaag en die beskuldigde is gearresteer.
3.2 Die
getuie, Me. Van Staden, het verder getuig dat die klaagstertjie by
die dokter was en dat volgens âdie papier wat hulle gegee
hetâ
het die klaagstertjie kopbeserings gehad en ook beserings aan haar
lyf, boude, regterheup, oor en agter die nek. Sy het volgens
haar
eie waarnemings opgemerk dat die beskuldigde se naelmerke duidelik
aan die klaagstertjie se binne-boudjies sigbaar was.
3.3 Die
verhoorlanddros het die beskuldigde se regte ten aansien van
kruisondervraging volledig en behoorlik aan hom verduidelik,
maar het
die beskuldigde in wese glad nie die beweringe teen hom betwis nie.
Hy het naamlik oor minder belangrike en inteendeel
ontersaaklike
aspekte in geskil getree met die getuie, sy saamleefvrou. Die
verhoorlanddros het hom toe daarop gewys dat hy in geskil
moet tree
ten aansien van die wesenlike aspekte van die getuienis. Die
beskuldigde het vreemd genoeg daarop die volgende antwoord
verskaf:
â
Edelagbare,
soos ek reeds gesê in die hof, ek kan nie glo dat ek die kind so
seergemaak het. Dat ek geknyp het en geslaan het nie.â
3.4 Later
tydens die kruisondervraging sê die beskuldigde die volgende:
â
(onduidelik) ek
sal dit aanvaar, ek sal nie met haar stry.â
Die
verhoorlanddros het daarna wéér aan die beskuldigde ân
geleentheid gegee om vrae te vra nadat hy verdere ontersaaklike
aspekte
te berde gebring het, maar het die beskuldigde aangedui dat
hy nie verdere vrae het nie.
3.5 Die
Staat het sy saak gesluit sonder om enige mediese getuienis te lei,
hetsy deur die geneesheer se
viva voce
-getuienis
aan te bied of om die sogenaamde J88 mediese verslag in te handig.
Na afsluiting van die Staatsaak het die verhoorlanddros
eweneens die
beskuldigde se regte ten aansien van sy eie getuienis volledig en
behoorlik verduidelik en het die beskuldigde die volgende
gesê:
â
Ek
val in my skuld Edelagbare.â
Daarna
het die beskuldigde aangedui dat hy geen getuienis wil lei, óf van
homself óf van getuies nie. Hy het derhalwe sy saak gesluit.
Uit
hoofde van die voorafgaande val dit op dat:
4.1 Die
klaagster se moeder was ân enkelgetuie en moes haar getuienis met
versigtigheid benader word. Die landdros maak weliswaar
nie melding
van die versigtigheidsreël of van die toepassing daarvan nie, maar
meen ek dat die enkelgetuie se getuienis wel bevredigend
in alle
wesenlike opsigte was, veral inaggenome die feit dat die beskuldigde
glad nie die getuienis, meer bepaald die wesenlike aspekte
daarvan,
enigsins betwis het nie.
4.2 Die
getuienis wat die klaagster gelewer het oor wat op die âpapierâ
(moontlik die J88 mediese verslag) gestaan het, is niks
anders as
ontoelaatbare hoorsê nie. Wat egter belangrik is, is haar eie
waarnemings dat die klaagster se binne-boudjies prominente
naelmerke
van die beskuldigde gehad het.
4.3 Die
beskuldigde se eie stilswye regverdig natuurlik nie ân nadelige
afleiding teen hom nie, maar het die gevolg dat die Staatsaak
soos
voorgehou deur sy saamleefvrou, Me. Van Staden, onweerspreek staan.
Ek
is tevrede dat die aspekte wat die streeklanddros geopper het ter
navraag van die skuldigbevinding bevredigend beantwoord is
deur die
verhoorlanddros. Wat my egter groter probleme verskaf, is die vraag
of die Staat inderdaad aanranding met die opset om
ernstig te beseer
bewys het. Ek meen dat die antwoord hierop ân voldonge â
nee
â
moet wees, gegewe die feit dat die staatsaanklaer dit goed geag het
om nie die J88 mediese verslag tydens die Staatsaak as bewysstuk
in
te handig nie. Die voormelde verslag is inderdaad ingehandig ná
skuldigbevinding, klaarblyklik met die oogmerk om strafverswarende
omstandighede aan die verhoorlanddros voor te hou. Ek vind dit
verstommend en geheel en al onbevredigend dat die saak van Staatsweë
op so ân traak-my-nie-agtige en skokkend onbekwame wyse aangebied
is hierin. Dit gaan my verstand te bowe dat die staatsaanklaer
nagelaat het om die J88 mediese verslag in te handig voor
skuldigbevinding. Ek vind dit eweneens onbegryplik en onbevredigend
dat die verhoorlanddros nie aangedring het op die inhandiging
daarvan of om selfs deur middel van artikel 186 van die Wet die
dokter te roep wat die klaagstertjie ondersoek het nie. Hierdie
soort van optrede in ân ernstige saak soos die onderhawige, strek
die regspleging glad nie tot eer nie en stel ân onreg daar teenoor
slagoffers soos die klaagstertjie in hierdie saak. Indien
die
voormelde mediese verslag behoorlik tydens die Staatsaak ingehandig
sou gewees het, meen ek dat daar ân baie groot moontlikheid
was
dat die skuldigbevinding van aanranding met die opset om ernstig te
beseer, wat die beskuldigde ten laste gelê was, behoorlik
bewys sou
word.
Na
my mening is die skuldigbevinding hierin nie in orde nie en behoort
dit vervang te word met een van gewone aanranding. Die gevolg
hiervan is dat die bepalings van artikel 51 van die
Strafregwysigingswet nie meer aanwending vind nie en kan die
verhoorlanddros
self die vonnis afhandel.
Ek
reik gevolglik die volgende bevel uit:
7.1 Die
skuldigbevinding aan aanranding met die opset om ernstig te beseer
word tersyde gestel en word vervang met die volgende:
âDIE
BESKULDIGDE WORD SKULDIG BEVIND AAN AANRANDING.â
7.2 Die
saak word na die verhoorlanddros in die landdroshof te Fraserburg
terug verwys vir vonnisoplegging.
7.3 ân
Afskrif van hierdie uitspraak moet versend word aan die Direkteur van
Openbare Vervolgings se kantoor te Kimberley.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
___________
C.J.
OLIVIER
REGTER