S v Kock (CA&R 90/04) [2004] ZANCHC 108 (30 August 2004)

60 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Appeal — Condonation for late filing of notice of appeal — Appellant convicted of culpable homicide and assault — Appellant seeks to appeal conviction and sentence — Condonation granted where reasonable prospects of success established — Trial court failed to comply with section 112(2) of Act 51 of 1997 by not ensuring sufficient factual basis for guilty plea — Convictions set aside and matter referred back for retrial.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 108
|

|

S v Kock (CA&R 90/04) [2004] ZANCHC 108 (30 August 2004)

IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK NO.: CA&R
90/04
DATUM: 30-08-2004
In die Appèl van:
HANS KOCK
…..........................................................................................................
APPELLANT
teen
DIE STAAT
…..........................................................................
RESPONDENT
CORAM: MAJIEDT R et
WILLIAMS R :
KONSEP-UITSPRAAK
WILLIAMS R:
Die Appellant is op 14
November 2001 in die Landdroshof te Barkly-Wes skuldig bevind op een
aanklag van strafbare manslag en twee
aanklagte van aanranding met
die opset om ernstig te beseer nadat hy skuldig gepleit het daarop.
Hy is gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf
op die aanklag van
strafbare manslag en twee jaar gevangenisstraf op elk van de ander
aanklagte.
Die Appellant kom nou in
hoër beroep teen die skuldigbevindings op al drie die aanklagte
sowel as teen die vonnisse hom opgelê.
Voor ons dien hier ook ‘n
aansoek van kondonasie vir die laat liassering van die Appellant se
Kennisgewing van Appèl.
Dit is geykte reg dat
kondonasie slegs toegestaan sal word indien daar ‘n redelike
vooruitsig van sukses op appèl is
en die Appellant voldoende
redes aanvoer vir die versuim verskaf.
Die Appellant het in ‘n
beëdigde verklaring tot die aansoek die redes vir die versuim om
die Kennisgewing van Appèl
betyds te liaseer uiteengesit en is
ek tevrede dat die versuim te wyte is aan aanvanklike gebrek aan
fondse - -- -
Die enigste grond waarop
die Appellant sy skuldigbevindings aanval is dat die verhoorhof nie
die bepalings van artikel 112(2) van
Wet 51 van 1997 nagekom het nie
deur “
sonder dat daar enige feitebasis voor die Hof geplaas
was te bevind dat hy oortuig is dat die Appellant skuldig is aan die
misdrywe
waraan hy skuldig gepleit het.”
Die Appellant wat
regsverteenwoordig was het ‘n skriftelike pleit in terme van
artikel 112(2) aan die verhoorhof voorgelê.
Hiervolgens pleit hy ten
opsigte van die aanklag van strafbare manslag as volg:

On or about the
29
th
day of
January 2000, and at or near 3471 Spitskop Road at De Beers Hoogte in
die district of Barkly-West I wrongfully and unlawfully
assaulted
Maria Madela by kicking her three times on the stomach and trampling
upon her.
As a result of the
kicking, Maria Madela thereby sustained a mortal injury which mortal
injury thereby caused the death of the said
Maria Mdela and as a
result she died on the 15
th
day of February
2000.
I admit that I had the
intention to assault Maria Madela and to cause a mortal injury to her
body.”
Ten opsigte van die
tweede aanklag word die volgende gepleit.

On or about the
26
th
day of
August 2000, and at or near Bojelo Tavern in the district of
Barkly-West, I wrongfully and unlawfully assaulted Freddie Olebogeng

Koopman by stabbing him with bottle.
As a result of the
stab, Freddie Olebogeng Koopman sustained injuries which I did with
intent to cause him grievous bodily harm.
I admit that I had the
intention to stab Freddie Olebogeng Koopman with a bottle and thereby
to cause him grievous bodily harm.”
Die pleit ten opsigte van
die derde aanklag volg presies dieselfde bewoording van die pleit ten
opsigte van die tweede aanklag met
slegs gepaste verskille ten
opsigte van slagoffer, datum en wapen.
Die artikel 112(2)
verklaring is inderdaad slegs ‘n herhaling van die klagstaat
sonder dat enige dringende feite daarin bevat
word.
Artikel 112(2) van Wet 51
van 1977 bepaal as volg:

Indien ‘n
beskuldigde of sy regsadviseur ‘n skriftelike verklaring deur
die beskuldigde by die hof inhandig waarind
ie beskuldigde die feite
uiteensit wat hy erekn en waarop hy skuldig gepleit het, kan die hof,
in plaas van ‘n ondervraging
ooreenkomstig subartikel (1)(b),
die beskuldigde op grond van bedoelde verklaring skuldig bevind en
vonnis soos in genoemde subartikel
bepaal indien hy oortuig is dat
die beskuldigde skuldig is aan die misdryf waaraan hy skuldig gepleit
het: Met dien verstande dat
die hof na goeddunke enige vraag aan die
beskuldigde kan stel ten einde ‘n aangeleentheid op te helder
wat in die verklaring
geopper is.”
Dit blyk duidelik vanuit
artikel 112(2) dat die blote erkenning of herhaling van die bewerings
in die klagstaat nie voldoende is
nie en dat die verhoorhof homself
moet oortuig dat die betrokke beskuldigde inderdaad skuldig is aan
die misdryf waarop skuldig
gepleit is. Sien
S v B
1991(1) SASV
405(N).
Geen vrae ter opheldering
is deur die verhoorhof aan die Appellant gestel nie en is hy op
sterkte van die verklaring skuldig bevind,
selfs waar die Appellant
se skriftelike pleit op die aanklag van strafbare manslag eintlik op
moord neerkom.
Na my mening kan die
verhoorhof hom in hierdie omstandighede nie vergewis of die Appellant
inderdaad skuldig is aan die misdrywe
waarop hy skuldig gepleit het
nie, en is die skuldigbevindings gebasseer op hierdie verklaring
alleen ongeoorloof.
Dieselfde geld ten
opsgite van die vonnisse opgelê. Alhoewel die Appellant se
persoonlike omstandighede voorgelê is
aan die verhoorhof en die
twee klaers in aanklagte 2 en 3 getuig het oor hul beserings is daar
geen getuienis voor die hof geplaas
oor die omstandighede waarin die
misdrywe plaasgevind het nie. Die verhoorhof het ook geen moeite
gedoen om self hierdie inligting
te bekom nie. Daar kan dus geen
sprake daarvan wees dat die Appellant behoorlik gevonnis is op die
ware feite van die saak nie.
Sein
S v Mokoena
1982(3) SA 967 –
te bl 968.
In die omstandighede is
ek van mening dat die Appellant se aansoek om kondonasie vir die laat
liassering van sy Kennisgewing van
Appèl toegestaan moet word
en dat die skuldigbevindings en vonnisse ten opsigte van al drie
aanklagte tersyde gestel moet
word en dat die saak terugverwys moet
word na die Landdroshof vir herverhoor.
Ek sou dus die volgende
bevel maak:
a) Aansoek om kondonasie
vir die laat liassering van die Appellant se Kennisgewing van Appèl
word toegestaan.
b) Die skuldigbevindings
en vonnisse ten opsigte van al drie aanklagte word tersyde gestel.
c) Die saak word
terugverwys na die Landdroshof te Barkly-Wes vir herverhoor.
_______________________
C C WILLIAMS
REGTER
Ek stem saam
_______________________
S A MAJIEDT
REGTER
Nms. Appellant: Adv. F
Van Heerden
Nms. Respondent: Adv.
R Calitz
Datum aangehoor: 11
Augustus 2003