De Villiers and Others v Van Zyl and Another (CA & R 39/2003) [2004] ZANCHC 68; [2005] 1 All SA 443 (NC) (27 August 2004)

55 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Settlement agreements — Enforceability — Appellants sought to compel the first respondent to register a caveat against his property as per settlement agreements reached during litigation — High Court found that the agreements were subject to a suspensive condition that was not fulfilled, rendering them unenforceable — Appellants' claims were further dismissed on grounds of repudiation of the agreements by the appellants — Appeal dismissed, confirming the High Court's ruling that no binding agreements existed between the parties.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 68
|

|

De Villiers and Others v Van Zyl and Another (CA & R 39/2003) [2004] ZANCHC 68; [2005] 1 All SA 443 (NC) (27 August 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:CA
& R 39/2003
Datum
verhoor: 2004-08-16
Datum
gelewer: 2004-08-27
In
die appél van
:
ANDRIES
PIETER DE VILLIERS 1
ste
APPELLANT
JWF
BASSON N.O. 2
de
APPELLANT
FREDERIK
JACOBUS VAN ZYL 3
de
APPELLANT
versus
PETRUS
TAILLEFER VAN ZYL 1
ste
RESPONDENT
DIE
REGISTRATEUR VAN AKTES 2
de
RESPONDENT
Coram
:
KGOMO RP, MAJIEDT R
et
MUSI
WnR
UITSPRAAK in
VOLBANKAPPÉL
MAJIEDT
R:
Die
appellante kom in hoër beroep teen die uitspraak van Lacock R
waarvolgens die appellante se aansoek met koste afgewys
is. Die
geleerde Verhoorregter het verlof verleen aan die appellante om na
die Volbank te appelleer. Die uitspraak van die Hof
a
quo
is gerapporteer
sub
nom
De
Villiers en andere v Van Zyl en ‘n ander
[2002]4
All SA 262 (NC).
Die
appellante het aansoek gedoen in die Hof
a
quo
vir ‘n bevel waarkragtens die eerste respondent verplig sou word
om die nodige dokumentasie te onderteken ten einde ‘n
caveat
te registreer teen die titelakte van die eerste respondent se
onroerende eiendom.
Die
Hof
a
quo
het op twee van die verwere wat geopper was teen die regshulp soos
voormeld aangevra, die eerste respondent gelyk gegee met die
gevolglike afwysing van die aansoek met koste.
‘n Bondige samevatting van die agtergrond tot die aansoek is
nodig:
4.1 Die
tweede appellant is die eksekuteur in die boedel van wyle Johannes
Dafue. Die eerste appellant en wyle Dafue het aksie ingestel
in
hierdie Hof teen die eerste respondent vir die terugvordering van
gelde geleen en voorgeskiet aan die eerste respondent. Die
tweede
appellant het as eksekuteur in die bestorwe boedel die aksie van wyle
Dafue voortgesit.
4.2 Die
voormelde aksies was beide ter rolle geplaas op 14 Augustus 2001 vir
verhoor. Op daardie datum is daar egter skikkingsooreenkomste
bereik
tussen die partye – daardie skikkingsooreenkomste vorm die
fons
et origo
van die geskil wat tussen die partye bestaan het voor Lacock R.
Daar is twee afsonderlike, dog gelykluidende skikkingsooreenkomste
gesluit tussen die eerste twee appellante en die eerste respondent.
4.3 Die
derde appellant was op die voormelde datum (14 Augustus 2001) van
voorneme om ook ‘n eis in te stel teen die eerste respondent
op
dieselfde skuldoorsaak as die eerste twee appellante.
Op
daardie datum is ‘n soortgelyke skikkingsooreenkoms tussen die
derde appellant en die eerste respondent gesluit as dié wat tussen
die eerste twee appellante en die eerste respondent gesluit is.
4.4 Een
van die bepalings van die voormelde skikkingsooreenkomste was dat ‘n
caveat
geregistreer sou word teen die titelakte van die onroerende eiendom
(‘n plaas) van die eerste respondent. Soos alreeds vermeld,
het
die aansoek in die Hof
a
quo
ten doel gehad om dié bepaling in die ooreenkoms ten aansien van die
registrasie van die
caveat
af te dwing.
Die
voormelde skikkingsooreenkomste lees as volg (uiteraard is daar
geringe semantiese verskille in die geval van die
skikkingsooreenkoms
tussen die derde appellant en die eerste
respondent, aangesien aksie nog nie ingestel was nie):
“
NADEMAAL die
Eiser dagvaarding teen die Verweerder uitgereik het onder saaknommer:
1583/99;
NADEMAAL
die Verweerder aanspreeklikheid ten opsigte van die Eiser se
skuldoorsaak en eisbedrag ontken;
NADEMAAL
die Eiser ‘n sessie van debiteure (hierna “die debiteure”
genoem) mondelings bekom en aanvaar het vanaf ‘n besigheid
bekend
as LS CASH LOANS;
NOU
DERHALWE kom die Eiser en Verweerder as volg ooreen:
1. Dat
die Eiser die debiteure vorder in sy uitsluitlike diskresie en op sy
uitsluitlike regskostes.
2. Dat
die bedrag wat gevorder word van tyd tot tyd vanaf die debiteure
aangewend sal word as kapitale delging ten opsigte van die
Eiser se
eisbedrag teenoor die Verweerder tesame met rente daarop bereken
a
tempore morae
teen ‘n koers van 15,5% per jaar bereken vanaf 3 September 1999 tot
en met datum van betalings ontvang vanaf die debiteure.
3. Dat
die Eiser, indien die volle kapitale bedrag met rente hierbo na
verwys ten opsigte van sy eis teen die verweerder nie ingevorder
kan
word vanaf die debiteure nie:
Die Eiser moet
bewys, die oninvorderbaarheid daarvan; en
Die Eiser teen
bewys van die oninvorderbaarheid sy aksie teen die Verweerder kan
voortsit in terme van die bepalings van die eenvormige
Hofreëls van
bogemelde Agbare Hof.
4. Dat
die Verweerder hiermee onvoorwaardelik en onherroeplik toestem tot
die registrasie van ‘n
caveat
op en/of teen sy onroerende eiendom, beter bekend as:
SEKER: Die Restant
van die Plaas Nr. 138
GELEË: in die Afdeling Britstown, afdeling
Noord-Kaap
GROOT: 6518,7977 Hektaar
GEHOU: kragtens
Transportakte T28829/1985
welke
caveat
alleenlik
sal verbied die verkoop van die gemelde onroerende eiendom sonder die
skriftelike toestemming van die Eiser en/of die Eiser
se
gevolmagtigde.
5. Dat
die registrasie van die
caveat
na
verwys in par. 4 hierbo sal geskied op die uitsluitlike kostes
van die Eiser. Die Verweerder onderneem om onmiddellik op
versoek
van die Eiser die nodige dokumente te onderteken vir die registrasie
van die
caveat
.
6. Dat
teen delging van die kapitale bedrag met rente ten opsigte van die
eis van die eiser teen die verweerder, die Eiser onvoorwaardelik
en
onherroeplik toestem tot die kansellasie van die
caveat
ge-antisipeer in par. 4 hierbo, welke kansellasie sal geskied op
die uitsluitlike kostes van die Eiser.
7. Dat
die Verweerder homself die reg voorbehou om bogemelde aksie op enige
stadium voort te sit in terme van die bepalings van die
eenvormige
Hofreëls van bogemelde Agbare Hof en wel op enige tydstip voor
delging van die kapitale bedrag en regte verskuldig soos
beweer word
deur die Eiser.
8. Dat
die kostes van bogemelde aksie bereken tot en met die 14
de
dag van Augustus 2001 ingesluit die kostes verbonde aan die
daarstelling en finalisering van hierdie skikkingsakte deur elke
party
voorbehou word vir latere beregting.
9. Dat
indien bogemelde aksie op enige stadium bereg word ten gunste van die
Verweerder, die
caveat
na verwys in par. 4 hierbo, met onmiddellike effek sal verval en
stem die Eiser toe tot die kansellasie van gemelde
caveat
indien nodig.
10. Die partye
stem toe dat hierdie skikkingsakte ‘n bevel van bogemelde Agbare
Hof gemaak word indien enige van die partye so sou
verkies.”
Lacock
R het bevind dat:
a) die
geheel van die skikkingsooreenkomste onderhewig was aan ‘n
opskortende voorwaarde dat ‘n derde party, LS Cash Loans,
sessies van debiteure aan die appellante sou verleen. Aangesien
sodanige sessies nie bekom is nie, is die opskortende voorwaarde
nie
vervul nie en het daar gevolglik geen afdwingbare ooreenkomste tussen
die appellante en die eerste respondent tot stand gekom
nie.
b) Selfs
al het daar afdwingbare ooreenkomste tussen die partye tot stand
gekom, bevind die Hof
a
quo
in elk geval dat die appellante die ooreenkomste repudieer het, welke
repudiasie deur die eerste respondent aanvaar is en is die
ooreenkomste gevolglik in elk geval gekanselleer.
Bepaalde
feite wat verder van belang is hierin is die volgende:
7.1 Soos
Lacock R tereg opgemerk het in sy uitspraak, was dit gemene saak
tussen die partye dat, tot met die uitreik van die aansoek,
geeneen
van die appellante uitvoering gegee het aan die invordering van die
debiteure van LS Cash Loans soos in die vooruitsig
gestel deur
paragrawe 1 tot 3 van die skikkingsooreenkoms nie en ook dat tot op
daardie datum die
caveat
na verwys in par. 4 van die skikkingsooreenkoms, nie
geregistreer is nie.
7.2 Die
eerste respondent het ‘n koopkontrak gesluit met ene Mnr. en Mev.
Venter ingevolge waarvan hy sy plaas, waarteen die
caveat
geregistreer sou word, van die hand sou sit.
7.3 Die
eerste respondent het ontken dat die skikkingsooreenkomste steeds van
krag en afdwingbaar was, nadat hy deur die appellante
aangemaan is om
die
caveat
teen die titelakte van sy plaas te registreer ooreenkomstig par. 4
van die skikkingsaktes.
Ek
beoog om, soos wat Lacock R gedoen het, hierin af te skop met
die vertolking van die bepalings vervat in die skikkingsaktes.
Ek
is dit respekvol eens, soos wat ook die geval is met die advokate
vir die partye, met Lacock R dat die noodwendige vertrekpunt
is
om na die skriftelike skikkingsaktes self te kyk met uitsluiting van
ekstrinsieke getuienis (die sg.
“parol
evidence”
-reël).
In dié verband het Lacock R die leidende gesag volledig
aangehaal in sy uitspraak en behoef dit geen verdere herhaling
hierin nie, behalwe die blote sitasie daarvan.
Sien:
Union
Government v Vianini Ferro-Concrete Pipes (Pty) Ltd
1941 AD 43
te 47;
Johnston
v Leal
1980(3) SA 927 (A) te 943 B-C en E-F.
Vergelyk
verder ook:
Premier,
Free State and others v Firechem Free State (Pty) Ltd
2000(4) SA 413 (HHA) te 429 D-E (par. 29).
In
noue samehang met die
“parol
evidence”
reël is die reël dat geen ekstrinsieke getuienis gelei mag word om
die duidelike en ondubbelsinnige bedoeling van ‘n ooreenkoms
te
wysig nie. Die samehang tussen hierdie twee reëls is as volg
gestel deur Watermeyer Wn.AR in
Rand
Rietfontein Estates Ltd v Cohn
1937 AD 317
te 326.
“
The
difficulty which arises in practice, however, is not connected with
the aim of the enquiry but with the limitations imposed by
the rules
of evidence upon the conduct of the enquiry. These rules limit the
material which can be placed before the Court in order
to ascertain
the intention of the parties. In the first place there is the
well-known rule that when a contract has been reduced
to writing no
oral evidence may be given to contradict, alter, add to or vary the
written terms, and in the second place there is
another rule the
effect of which is that when the terms of a contract are clear and
unambiguous no evidence may be given to alter
such plain meaning.
This latter rule has been the subject of controversy. Wigmore (secs.
2461 and 2462) regards it as unsound both
in theory and in policy.
But the rule undoubtedly exists and must he applied.”
Sien
ook:
Pritchard
Properties (Pty) Ltd v Koulis
1986(2) SA 1(A) te 10 A-G.
Die
sg. “
goue
reël”
van die uitleg van ‘n skriftelike dokument se bepalings word, met
respek, ook korrek weergegee deur Lacock R, met verwysing
na
die
dictum
van Joubert AR in
Coopers
& Lybrand and others v Bryant
1995(3) SA 761 (A) te 767 E-F; 768 A-E. Sien verder ook:
HNR
Properties CC and another v Standard Bank of SA Ltd
2004(4) SA 471 (HHA) te 478 B-E (par. 16).
Dit
blyk uit sy uitspraak dat die geleerde Regter
a
quo
tot sy bevinding gekom het dat die skikkingsooreenkomste in geheel
onderworpe was aan ‘n opskortende voorwaarde, aan die hand
van
sekere agtergrondfeite en met inagneming van die aard en doel van
die ooreenkomste.
Ek
deel nie hierdie siening nie, vir die redes wat volg.
Na
my mening is die skriftelike skikkingsaktes tussen die partye:
12.1 Duidelik
en ondubbelsinnig en verg dit geen ekstrinsieke getuienis ter
opheldering van enige onduidelikhede nie; en
12.2 Geheel
en al duidelik oor wat die bedoeling van die partye was ten tyde van
die sluiting daarvan.
Met
toepassing van die algemene beginsels soos voorgehou in die gewysdes
hierinvantevore na verwys, meer bepaald in par. 8
en par. 9,
is daar geen ruimte vir enige interpretasie dat daar ‘n
opskortende voorwaarde gelees kan word in die ooreenkomste
nie. Die
Hof
a
quo
was kennelik korrek in sy siening dat:
“Binne die samehang
van
die skikkingsooreenkomste en bloot op die sigwaarde daarvan, is daar
myns insiens niks wat daarop dui dat klousule 4 daarvan
noodwendig onderworpe gestel is aan óf die verlening van sessies van
die debiteure van Cash Loans aan die applikante óf die vordering
van
die debiteure daarkragtens nie.”
Waar
ek van die geleerde Regter verskil is by sy inagneming van die
bepaalde agtergrondfeite en –omstandighede wat lei tot sy bevinding
dat die skikkingsaktes, meer bepaald die bepalings ten aansien van
die registrasie van ‘n
caveat
,
onderhewig was aan ‘n opskortende voorwaarde, te wete die
“
behoorlike
sessie
”
van die debiteure van LS Cash Loans.
Ek
sal aanstons aantoon dat die inaggenome agtergrondfeite en
–omstandighede nie die konklusie ondersteun nie.
Hierdie
bevinding van ‘n opskortende voorwaarde soos voormeld, is myns
insiens verkeerd, omrede:
14.1 Volgens
die duidelike woorde van die skikkingsooreenkomste het die sessie van
debiteure
alreeds
(mondeling) geskied – die woorde word in die verlede tyd ingeklee:
“..... die eiser ‘n sessie van debiteure ... mondelings
bekom
en aanvaar het
....”
(
eie beklemtoning).
14.2 Nêrens
in die skikkingsaktes word melding gemaak van ‘n vooruitsig dat
daar verdere sessies in die toekoms nog gaan plaasvind
nie.
14.3 Die
dokumente self rep hoegenaamd geen woord van ‘n opskortende
voorwaarde nie. Die bedoeling is myns insiens juis dat daar
onmiddellik gevolg gegee moet word aan die ooreenkomste – vergelyk
ondermeer die bewoording van par. 5 daarvan waarvolgens:
“Die Verweerder onderneem om
onmiddellik
op
versoek van die Eiser die nodige dokumente te onderteken vir die
registrasie van die
caveat
”.
(eie
beklemtoning).
Dit
is dan ook insiggewend dat die skikkingsakte van die tweede appellant
daardie selfde dag (14 Augustus 2001) ‘n bevel van die
Hof gemaak
is, soos inderdaad geoorloof was in par. 10 van die
skikkingsakte:
“Die partye stem toe dat hierdie skikkingsakte ‘n bevel van
bogemelde Agbare Hof gemaak word indien enige van die partye so sou
verkies”
.
Hierdie
bepaling was dus glad nie opgeskort nie.
14.4 Die
skikkingsaktes is nie deur leke opgestel nie – die partye was
bygestaan deur hul regsverteenwoordigers met die opstel daarvan.
Dit
val uiters vreemd op dat die advokaat en prokureurs wat betrokke was
by die opstel van die skikkingsaktes nie so ‘n eenvoudige,
dog
belangrike, bepaling soos ‘n opskortende voorwaarde daarby sou
invoeg nie.
15.1 Ek
handel nou
seriatim
met die agtergrondfeite wat die Hof
a
quo
in ag geneem het as beweegredes vir sy bevinding aangaande die
opskortende voorwaarde. Ek wys ter aanvang daarop dat ek:
a)
ad
idem
is met Lacock R se weloorwoë benadering en uiteensetting ten
aansien van die onderskeid tussen omringende- en
agtergrondsomstandighede;
en
b) ook
bereid is om te aanvaar vir doeleindes hiervan dat die feite wat hy
uiteensit gekategoriseer kan word as tersaaklike agtergrondfeite
wat
ooreenkomstig die
Coopers
& Lybrand
-beslissing
hierbo, in ag geneem behoort te word by ‘n beoordeling daarvan of
die partye inderdaad ooreengekom het dat die skikkingsooreenkomste
onderhewig was daaraan dat die appellante sessies van die debiteure
van LS Cash Loans moes bekom.
15.2 Die
eerste aspek waarna die Hof
a
quo
verwys is die feit dat die skikkingsooreenkomste bloot ‘n
tussentydse reëling tussen die partye was. Verder word daarop gewys
dat:
“
die
applikante (appellante) volhard het in hul beweringe naamlik dat
hulle die bedrae soos gevorder in die dagvaardings aan die (eerste)
respondent geleen het; en dat die respondent daarin volhard het dat
hy nie enige bedrag soos gevorder van die applikante geleen
het en
aan die applikante verskuldig is nie. Trouens, dat dit so was, blyk
uit die aanhef tot die skikkingsaktes self.”
Hierdie
siening is natuurlik slegs gedeeltelik korrek – op daardie stadium
het die derde appellant nog nie dagvaarding uitgereik
nie en kan daar
dus nie sprake wees van “’n volharding in sy verweer” ten
aansien van die derde appellant nie.
Hoe
dit ook al sy, dit moet nie buite die oog verloor word nie dat dit
klaarblyklik gemene saak was dat die gelde wat deur die drie
appellante voorgeskiet was (R1.4 miljoen in totaal) hul weg gevind
het na LS Cash Loans se besigheid. Die primêre geskilpunt
tussen die partye (die eerste twee appellante en die eerste
respondent) in die aksie het juis daaroor gegaan of die eerste
respondent
of LS Cash Loans die gelde verskuldig was aan die
betrokke twee appellante.
Daar
is klaarblyklik ooreengekom op ‘n
via
media
ter skikking van die aksie – bloot as ‘n tussentydse reëling –
synde die sessie van debiteure van LS Cash Loans (waar
die R1.4
miljoen tog per slot van sake uiteindelik beland het).
Daar
is derhalwe na my mening hoegenaamd geen aanduiding in hierdie
voormelde feitestel dat die partye bedoel het om hul ooreenkoms
onderhewig aan ‘n opskortende voorwaarde te maak nie.
15.3 Die
tweede agtergrondsomstandigheid, naamlik die omvang van die
uitstaande debiteure, hang nou saam met die voorafgaande
omstandigheid.
Hierdie faktor is myns insiens eweneens eerder te
versoen met die bedoeling van die partye om as middeweg hierdie
bestaande bron
(die debiteure) te tap as tussentydse reëling. Ek
vind daarin weereens geen aanduiding van ‘n bedoeling om ‘n
opskortende voorwaarde
te beding nie.
15.3.1 Die
feit dat daar drie afsonderlike maar gelykluidende skikkingsaktes
aangegaan is met die drie appellante is uiteraard van
wesenlike
belang. Lacock R het die
dictum
van De Wet R in
Randbank
v Morris NO
1977(2) SA 21 (SOK) te 26H aangehaal in dié verband. Na my mening
is die gewysde bloot gesag vir die regsbeginsel dat sessie van
dieselfde vordering nie
opeenvolgend
aan verskillende sessionarisse gegee kan word nie.
Dít
is onderskeidbaar van die onderhawige geval waar na my mening, die
duidelike bedoeling van die partye was dat daar ‘n gesamentlike
sessie aan die drie appellante as mede-sessionarisse plaasvind, soos
wat myns insiens wel regsgeldiglik gedoen kon word; vergelyk
in dié
verband:
Segal
& another v Segal & others
1977(3)
SA 247 (K) te 252 G.
15.3.2 Die
Randbank
-saak,
supra
,
is na my mening eerder rigtinggewend hierin ten aansien van ‘n
ander verbandhoudende aspek. Die eerste respondent het in sy stukke
groot gewag daarvan gemaak dat die gesedeerde debiteure nog nie
geïdentifiseer was wat betref naam, adres en bedrag nie. Ek meen
dat hierdie voormelde oorweging moontlik ‘n aansienlike rol gespeel
het by die slotsom waartoe die Hof
a
quo
gekom het. Dit is egter van groot belang dat ‘n onderskeid getref
word tussen ‘n
ongeldige
sessie
aan die een kant en ‘n
oneffektiewe
sessie aan die ander kant. De Wet R stel dit as volg in die
Randbank
-saak,
supra,
te 26 B-G:
“Na my mening moet daar onderskei word tussen 'n ongeldige sessie
en 'n sessie wat die sessionaris nie volle en effektiewe beheer
oor
die verpande bate gee nie. Ek stem met respek saam met DIEMONT, R.,
waar hy in Goode se saak, supra op bl. 620H, die volgende
sê:
"Counsel for the
respondents has failed to distinguish between a cession which is
invalid and a cession which is ineffective.
The cession of the
company's debts both present and future which was signed on 2 March
1959 was perfectly valid. The letter is in
clear and unambiguous
terms. As pointed out by SMITH, J., in Smith v Farrelly Trustees,
1904 T.S. 949
at p. 955 'an incorporeal right is not susceptible of
physical delivery but the pledgor must nevertheless do some physical
act to
show that he divests himself of the right and vests it to the
pledgee to hold as security. His Lordship said: 'I fail to see how
this can be effected save by a cession of the right, and in my
opinion the equivalent of what would in the case of goods be delivery
is in the case of incorporeal rights a cession.'
It
has never been suggested so far as I am aware that anything more than
a cession is required. It may well be that the cession is
ineffective
in those cases where the cessionary has not got the necessary
information to enforce his rights: the fact that he is
not in
'effective control' - to use the phrase which counsel laid so much
stress on - does not lead one to the conclusion that the
cession was
invalid. Let us suppose that the company hands over one of the
instruments, a hire-purchase contract to the cessionary
- the latter
will clearly be able to sue on the document. Again, let us assume
that the information as to a debt not evidenced by
a written
instrument comes fortuitously into the hands of the cessionary - the
debtor could not resist an action instituted against
him by the
cessionary on the ground that the original cession was bad, or on the
ground that the cedent did not furnish the information
to the
cessionary. The fact that the cessionary has a very tenuous hold on
the subject-matter of the cession and because he may not
know who the
debtors are or even whether there are any debts in existence, means
that the security is unsatisfactory and ineffective
but it does not
follow that the cession is invalid."
(Sien ook Goode,
Durrant & Murray Ltd. v Hewitt and Cornell, NN.O.,
1961 (4) SA
286
(N)).”
In
casu
was die sessie, soos ek alreeds aangedui het, myns insiens ‘n
regsgeldige sessie. Dit mag weliswaar ‘n oneffektiewe sessie
gewees
het in dié sin dat die “cessionary has not got the
necessary information to enforce his rights” (per Diemont R in
Goode,
Durrant & Murray (SA) Ltd v Glen and Wright NNO
1961(4) SA 617 (K) te 620 H, soos aangehaal deur De Wet R
in die
Randbank
-saak
hierbo).
15.3.3 Dit
is na my mening ‘n ope vraag of die regsgeldigheid van die sessie
al dan nie ‘n tersaaklike agtergrondfeit is hier.
Dit gaan na my
mening eerder oor die vraag wat presies die ooreenkoms tussen die
partye bepaal en wat die partye se bedoeling daarby
was. Ek het
egter alreeds aangedui dat ek vir doeleindes van hierdie uitspraak
aanvaar dat dit ‘n tersaaklike agtergrondsfeit
is – in daardie
geval huldig ek die mening soos vroeër in paragraaf 15.3.1
uiteengesit.
16. Dat
die Hof
a
quo
grootliks beïnvloed was in sy slotsom dat hier nie ‘n regsgeldige
sessie was nie, deur sy bevindings dat:
a) hier
opeenvolgende sessies (en nie ‘n gesamentlike sessie nie) was; en
b) dat
bepaalde debiteure nie aan die onderskeie appellante gesedeer is nie,
blyk
veral duidelik uit par. 14.5 van die uitspraak. Ek herhaal my
siening hierbo dat hier eerder ‘n gesamentlike dog oneffektiewe
sessie van die debiteure was aan die drie appellante as
mede-sessionarisse.
17. Ek
is die mening toegedaan dat die partye se bedoeling baie duidelik en
ondubbelsinnig blyk uit die skikkingsooreenkomste self
naamlik:
17.1 Die
hangende aksies wat geplaas was vir verhoor op 14 Augustus 2001 word
uitgestel;
17.2 Die
appellante bekom die vorderingsregte ten aansien van die invordering
van die skulde van LS Cash Loans se debiteure;
17.3 Welwetende
dat die voormelde invorderingsproses tyd, koste en moeite in beslag
sal neem, word ‘n
caveat
teen die titelakte van die eerste respondent se plaas geregistreer as
sekuriteit, welke
caveat
‘n verbod teen die verkoop van die plaas sonder die appellante se
skriftelike toestemming behels;
17.4 Wanneer
(indien wel) die appellante se vorderingsregte bevredig is tot die
bedrag van R1.4 miljoen plus rente, word die
caveat
gekanselleer;
17.5 Indien
die appellante se eise nie bevredig word uit die sessie van debiteure
nie (wat hulle sal moet bewys) kan die aksies voortgesit
word deur
die appellante;
17.6 Die
eerste respondent se reg om te eniger tyd die aksies voort te sit
(vóór delging van die kapitaal en rente) word voorbehou.
18. Groot
gewag is gemaak oor waarom die eerste respondent sou toestem tot die
registrasie van die
caveat
soos voormeld. Die antwoord hierop is as volg:
18.1 Eerstens
sou aan die eerste respondent myns insiens grasie verleen word om uit
die finansiële verknorsing waarin hy kennelik
was, te kom (dit was
gemene saak dat die eerste respondent onder groot druk verkeer het
vanaf die Landbank ten aansien van agterstallige
rente).
18.2 Daar
word nou voorsiening gemaak dat die appellante se vorderingsregte nie
vanaf hom nie, maar vanaf LS Cash Loans bevredig
word – die
eerste respondent se saak was tog immers dat nie hy nie, maar wel
LS Cash Loans aanspreeklik was vir betaling aan
die appellante.
19. ‘n
Laaste aspek wat ek moet aanraak is die feit dat Lacock R in die
uitspraak melding maak van sekere skrywes wat tussen
die partye se
prokureurs uitgeruil is. So verwys hy onder andere na en haal hy aan
uit ‘n faksimilee skrywe aan die prokureur
wat LS Cash Loans
verteenwoordig het (ene Rich) afkomstig vanaf die advokaat wat toe
vir die appellante opgetree het. Dié
skrywe het gehandel oor ‘n
sg. “konsep-sessie”. Hierdie, en die ander skrywes waarna verwys
word in die uitspraak, is na my
mening
ex
post facto
omringende omstandighede wat ontoelaatbaar is, synde “
parol
evidence
”.
Ek is die respekvolle mening toegedaan dat die Hof
a
quo
gefouteer het deur dié skrywes in ag te neem by die uitleg van die
ooreenkomste.
20. Om
op te som tot dusver – ek is die mening toegedaan dat die Hof
a
quo
gefouteer het in sy bevinding dat die partye se skikkingsooreenkomste
onderhewig was aan ‘n opskortende voorwaarde. Na my mening
druis
só ‘n bevinding lynreg in teen die duidelike en ondubbelsinnige
bepalings van die skriftelike dokumente self, inaggenome
die
tersaaklike agtergrondsomstandighede en –feite en gegewe die aard
en doel van die ooreenkomste.
21. Die
Hof
a
quo
het verder bevind dat die skikkingsooreenkomste bowendien en in elk
geval nie afdwingbaar is nie, omrede die appellante die ooreenkomste
gerepudieer het, welke repudiasie deur die eerste respondent aanvaar
is met die gevolglike kansellasie van die ooreenkomste.
22. Die
Hof
a
quo
kom tot die voormelde bevinding op grond van die volgende:
22.1 “
Dat
die applikante berekend besluit het om nie uitvoering aan hierdie
bepalings van die ooreenkoms te gee kragtens die sessies nie.
”
Die
geleerde Regter haal aan uit twee skrywes vanaf die appellante se
prokureur aan die eerste respondent se prokureur, gedateer 30
April
2002 en 2 Mei 2002 onderskeidelik. Dié skrywes het daaroor gegaan
dat die sessies “riskant” is en dat die debiteure oninvorderbaar
is, kragtens advies wat ingewin is. Uit hoofde hiervan kom die
geleerde Regter tot die slotsom dat:
“
Die voormelde
mededelinge namens die applikante kan myns insiens net beteken dat
die applikante besluit het om nie kragtens enige
sessie uitvoering
aan die skikkingsaktes te gee nie”.
22.2 Daar
word ook bevind dat geen daadwerklike stappe geneem is om
alternatiewe wyses van invordering van die debiteure te bewerkstellig
nie. Die geleerde Regter spreek ook die mening uit:
“... dat daar in ieder geval geen ruimte in die skikkingsaktes is
vir ‘n diskresie ten gunste van die applikante waarkragtens
hulle
na eie keuse kon besluit om die debiteure te laat vorder by wyse van
‘n sekwestrasieproses van die eienaars van Cash Loans
nie”.
22.3 Met
verwysing na gesag kom die Hof
a
quo
dan tot die slotsom dat:
22.3.1 Die
invordering van die debiteure van LS Cash Loans het ‘n wesenlike
term van die ooreenkomste uitgemaak; en
22.3.2 Die
appellante se duidelike aanduiding dat hulle nie sou voortgaan met
die “verpligting” om die debiteure in te vorder
nie, stel ‘n
ondubbelsinnige en duidelike repudiasie van die ooreenkomste daar;
22.3.3 Die
voormelde repudiasie is deur die eerste respondent aanvaar
“minstens uit sy gedrag, naamlik die verkoping van die plaas sonder
die registrasie van die
caveat
”.
23.1 Die
bewyslas ten aansien van repudiasie rus op die eerste respondent,
synde die party wat repudiasie beweer.
Sien:
Schlinkmann
v Van der Walt and others
1947(2) SA 900 (E) te 919.
23.2 By
die oorweging of repudiasie wel plaasgevind het is die toets
objektief, d.w.s.
“
The test as to
whether conduct amounts to such a repudiation is whether fairly
interpreted it exhibits a deliberate and unequivocal
intention no
longer to be bound”
per
Williamson R in
Street
v Dublin
1961(2) SA 4 (W) te 10; met goedkeuring aangehaal in
Van Rooyen v Minister van Openbare Werke en Gemeenskapsbou
1978(2) SA 835 (A) te 845 A-B.
Sien
ook:
Datacolor
International (Pty) Ltd v Intamarket (Pty) Ltd
2001(2) SA 284 (HHA) te 294 F-H.
23.3 Waar
repudiasie wel plaasvind, het die verontregte party ‘n keuse om óf
die repudiasie te verwerp óf dit te aanvaar. In
die geval van
aanvaarding moet dit gekommunikeer word, omrede die kansellasie van
die ooreenkoms eers plaasvind by die kommunikering
van sodanige
aanvaarding. Sien:
Swart
v Vosloo
1965(1) SA 100 (A) te 105 G;
Phone-a-Copy
Worldwide Pty Limited v Orkin
and
another
1986
(1) SA 729
(A) te 751 A-C.
Hierdie
keuse moet binne ‘n redelike tyd uitgeoefen word, anders verbeur
die verontregte party die reg tot kansellasie. Sien:
Segal
v Mazzur
1920
CPD 634
te 644-645.
24.1 Ek
stem nie saam dat die skrywes waarna verwys word in die uitspraak van
die Hof
a
quo
,
noodwendig tot die afleiding moet lei dat die appellante nie
uitvoering wou gee aan die sessie van debiteure nie. Hierdie skrywes
dui juis die teendeel aan – alternatiewe metodes van invordering
word daarin geopper.
24.2 Die
bevinding dat daar in iedere geval geen ruimte is vir ‘n diskresie
oor hoe die invordering behartig moet word nie, druis
lynreg in teen
die duidelike bepaling in par. 1 van die skikkingsaktes,
naamlik:
“Dat die Eiser die debiteure vorder
in
sy uitsluitlike diskresie
.....”
(eie
beklemtoning).
24.3 Die
bevinding dat die appellante nie hul “verpligtinge” nagekom het
om die debiteure in te vorder nie is eweneens na my
respekvolle
mening verkeerd. Die appellante was immers nie “verplig” om die
debiteure in te vorder nie – hulle het bloot ‘n
vorderingsreg of
bevoegdheid bekom om dit te doen.
24.4 Op
die eerste respondent se eie weergawe in sy opponerende
eedsverklaring het hy alreeds op 12 Januarie 2002 tydens sy gesprek
met appellante se prokureur aanvaar dat die appellante nie die
debiteure gaan invorder nie en dat die skikking gevolglik “van die
baan is en het dit ook inderdaad so aanvaar”. Hierdie gesprek het
plaasgevind
voor
die skrywes waarna die Hof
a
quo
verwys. Die skrywes kon dus nooit ‘n basis vorm op grond waarvan
gesê kan word dat die appellante die ooreenkomste gerepudieer
het
nie.
24.5 Daar
is ‘n verdere belangrike oorweging wat my bevinding onderlê dat
die Hof
a
quo
gefouteer het in sy bevinding dat hier inderdaad repudiasie aan die
kant van die appellante was. Ek het hierinvantevore my siening
uiteengesit aangaande wat die partye se duidelike bedoeling met die
skikkingsooreenkomste was (sien par. 17 hierbo). In par.
17.5
vermeld ek wat die posisie sou wees as die appellante se eise nie
bevredig kon word uit die invordering van die debiteure nie.
Die
partye het dit juis ten doel gestel in par. 3 van die
ooreenkomste dat die appellante geregtig sou wees om hul aksies voort
te sit teen die eerste respondent mits hulle die oninvorderbaarheid
van die debiteure kon bewys. Ek begryp nie hoedat ‘n aanduiding
deur die appellante (via hul prokureur) dat die debiteure
oninvorderbaar is, kan neerkom op repudiasie in sulke omstandighede
nie.
Deur só ‘n bevinding word die appellante dan nou ontneem van
‘n reg wat ondubbelsinnig beding is in die skikingsaktes.
25. Dit
gebeur heel dikwels dat ‘n party wie se optrede as repudiasie
aangemerk word,
bona
fide
glo dat sy uitleg van die ooreenkoms juis is en dat hy subjektief
bedoel om daaraan gebonde te bly. In só ‘n geval bly die toets
egter of sy optrede sodanig is dat ‘n redelike persoon tot die
slotsom sou kom dat hy nie voornemens is om sy deel van die
ooreenkoms
na te kom nie; vergelyk:
Highveld
7 Properties (Pty) Ltd and others v Bailes
1999(4) SA 1307 (A) te 1315 F-G.
In
die onderhawige saak is ek heeltemal tevrede dat daar nie, objektief
gesproke, hoegenaamd gesê kan word dat die appellante die
ooreenkomste gerepudieer het nie.
26.1 Selfs
al was daar repudiasie aan die appellante se kant, was daar eerder
verwerping as aanvaarding daarvan aan die kant van die
eerste
respondent. In reaksie op die skrywe van 30 April 2002, wat as een
van die aanduidings van repudiasie bevind is deur die
Hof
a
quo
,
rig die eerste respondent se prokureur op 3 Mei 2002 ‘n skrywe aan
die appellante se prokureur. Daarvolgens deel die prokureur
mee dat
dit sy opdragte (uiteraard vanaf die eerste respondent) is om
“sy (eerste respondent se) regte
uit
te oefen dienooreenkomstig klousule 7 van die skikkingsakte
”.
(eie
beklemtoning).
Daar
volg ook ‘n verdere mededeling dat alreeds aansoek gedoen is vir
verhoordatums (klousule 7 magtig naamlik die eerste respondent
om te enige tyd die aksie voort te sit). Hiermee poog die eerste
respondent myns insiens om die ooreenkomste in stand te hou en
af te
dwing – hy poog juis om sy regte daarkragtens uit te oefen.
26.2 Hierdie
voormelde posisie wat die eerste respondent ingeneem het is herhaal
in ‘n daaropvolgende skrywe van sy prokureur, gedateer
10 Mei 2002,
waarin op rekord geplaas word dat:
“
9. Voorts
bevestig ons dat ons reeds op rekord geplaas het dat ons kliënt sy
regte dienooreenkomstig paragraaf 7 van die skikkingsakte
uitgeoefen het en het ons reeds ons korrespondent te Kimberley
versoek om verhoordatums te bekom.”
26.3 Eers
op 17 Mei 2002 word namens die eerste respondent verklaar dat daar
repudiasie was en dat dit aanvaar is. Daar word nêrens
melding
gemaak van presies wanneer aanvaarding geskied het nie en nog minder
wanneer en op welke wyse dié aanvaarding gekommunikeer
is aan die
appellante nie. Ek is dit eens met Mnr. Danzfuss, namens die
appellante, dat hierdie bewering van repudiasie (en die
aanvaarding
daarvan) ‘n blote nagedagte is aan die kant van die eerste
respondent.
26.4 Dit
is geykte reg dat ‘n party gebonde gehou word aan sy eleksie by
kontrakbreuk; sien
Segal
v Mazzur,
supra
,
te
644-5;
Metalmil
(Pty) Ltd v AECI Explosives and Chemicals Ltd
1994(3) SA 673 (A) te 687 B-C.
Die
eerste respondent het duidelik, op sy eie weergawe, so vroeg as 12
Januarie 2002 bewus geword van die beweerde repudiasie (sien
par. 24.4 hierbo). Hy kan nie nou warm en koud blaas nie – na
my mening het hy duidelik ‘n keuse uitgeoefen om die ooreenkoms
in
stand te hou deur die skrywes van 3 Mei 2002 en 10 Mei 2002.
Ek
verskil dus ook met respek van Lacock R waar hy bevind dat die eerste
respondent die beweerde repudiasie aanvaar en die ooreenkomste
gekanselleer het.
27. ‘n
Laaste aspek wat oorweging verg op die meriete is die kwessie van
rektifikasie. In die lig van sy bevindings wat hy bereik
het, het
die Hof
a
quo
dit nie nodig gevind om met hierdie aspek te handel nie. Op ons
versoek het die advokate op redelike kort kennisgewing aanvullende
betoogshoofde ingedien hieraangaande. Ons het dié hoofde van groot
nut gevind en is ons dank verskuldig aan die advokate daarvoor.
28. Namens
die appellante het Mnr. Danzfuss toegegee tydens sy betoog dat
hierdie Hof op appél wel dié aspek kan behandel, aangesien
dit
pertinent in die stukke van die eerste respondent geopper is en wel
as volg:
“Ek is verdermeer geadviseer dat, indien die skikkingsooreenkoms
gedateer 14 Augustus 2001 nie die voormelde bedoeling van die
partye
korrek weergee nie, met ander woorde dat die ooreenkoms slegs van
krag sal wees indien ‘n skriftelike sessie van debiteure
verkry
word nie, dit wee
ns
‘n
bona
fide
gemeenskaplike fout tussen die regsverteenwoordigers van die betrokke
partye nie sodanig bewoord is in die skriftelike ooreenkoms
nie en
gerektifiseer kan word”.
29. In
Gralio
(Pty) Ltd v D E Claassen (Pty) Ltd
1980(1) SA 816 (A) te 824 A-C verklaar die Hof as volg ten
aansien van wat gepleit moet word by rektifikasie as verweer:
“
The
upholding of the defendant's plea that the escalation clause agreed
upon was inaccurately rendered in the written contract would
not have
the effect of constituting a new contract, separate and distinct from
that upon which plaintiff relied; it would merely
serve to correct an
inaccuracy in the contract relied upon by plaintiff. Indeed (leaving
aside cases in which the contract is by
law required to be in
writing), a defendant who raises the defence that the contract sued
upon does not correctly reflect the common
intention of the parties,
need not even claim formal rectification of the contract; it is
sufficient if he pleads the facts necessary
to entitle him to
rectification and asks the Court to adjudicate upon the basis of the
written contract relied upon by plaintiff
as it stands to be
corrected.”
30. Namens
die eerste respondent het Mnr. Van Rhyn aangevoer dat die eerste
respondent ook met rektifikasie as verweer sou kon slaag.
Ek het
alreeds hierbo bevind dat die bedoeling van die partye duidelik en
ondubbelsinnig blyk uit die skriftelike skikkingsaktes
soos hulle
staan, met inagneming van die tersaaklike agtergrondsfeite en gegewe
die aard en doel van die ooreenkomste. Die belangrikste
verskil hier
is natuurlik die feit dat nóg die “
parol
evidence
”-reël
nóg die reël dat geen getuienis aangebied mag word om die duidelike
en ondubbelsinnige bedoeling van ‘n skriftelike
ooreenkoms te wysig
nie, hier toepassing vind nie; sien:
Tesven
CC and another v South African Bank of Athens
2000(1)
SA 268 (A) te 274 F-G.
31. Die
doel van rektifikasie as ‘n remedie is om effek te gee aan die
partye tot ‘n ooreenkoms se ware bedoeling, waar die skriftelike
ooreenkoms tussen hulle nie sodanige bedoeling weergee nie; sien:
Intercontinental
Exports (Pty) Ltd v Fowles
1999(2) SA 1045 (SCA) te 1051 H (par. 11).
32. Die
party wat rektifikasie opper dra die bewyslas. Dit word algemeen
aanvaar dat só ‘n litigant hom nie ligtelik van dié
bewyslas sal
kwyt nie; Clayden R het dit as volg gestel in
Bardopoulos
and Macrides v Miltiadous
1947(4) SA 860 (W) te 863-864:
“
A party seeking
to obtain rectification must show the facts entitling him to obtain
that relief 'in the clearest and most satisfactory
manner' - see
Bushby v Guardian Assurance Co.
(1915, W.L.D. 65
at p. 71), and as is
pointed out in Taylor v Cape Importers
(1938 CPD 362
at p. 368),
where the common intention is to be shown not by any writing but by
verbal evidence, the Courts may have great difficulty
in determining
whether there was a mistake in the written contract. These cases do
not, I consider, require more than a balance of
probability in favour
of the party seeking rectification but indicate that such a claim is
in fact difficult to prove.”
33. Verder
moet so ‘n party die presiese woorde van die wysiging wat hy aan
die ooreenkoms wil aanbring ter rektifikasie spesifiseer;
‘n
algemene uiteensetting is onvoldoende; sien
Levin
v Zoutendijk
1979(3) SA 1145 (W) te 1147 H -1148 A, per Coetzee R:
“
The
purpose of an action for rectification is to reform a written
document in a specific fashion and a wholesome practice has developed
over the years to draft the actual wording of the term omitted and to
pray that that be inserted at a suitable place in the writing.
An
example can be found in Munnik and Munnik v Sydney Clow & Co Ltd
1965 (4) SA 312
(T) at 314. It is essential for any party to a
written contract to know what the other party contends regarding the
actual wording
of the contract. Important rights and obligations may
arise or be affected by the form of a written contract. Merely a
general description
of the omitted terms such as one finds in para 3
(b) and the prayer, is calculated to embarrass the defendant, not
only in the course
of the trial but if this claim is eventually
granted in this form, he is then left with a written contract in
which there is a vague
summary only of these conditions. The very
cause of action for rectification postulates that the parties'
agreement or common intention
was clear and unmistakable on those
aspects in respect whereof the writing is to be reformed. Cf
Anglo-African Shipping Co (Rhod)
(Pvt) Ltd v Baddeley and Another
1977 (3) SA 236
(R) at 241.
Waar
dit egter vasstaan dat ‘n ooreenkoms gerektifiseer behoort te word
deur die invoeging van nuwe bepalings om die partye se ware
gemeenskaplike bedoeling te reflekteer, sal ‘n party nie
gepenaliseer word omdat hy nie die bepalings duidelik geformuleer het
nie; sien
Standard
Bank of SA Ltd v Cohen
(2) 1993(3) SA 854(SOK) te 862 E-H.
34. Dit
is gevolglik na my mening duidelik dat die eerste respondent op ‘n
oorwig van waarskynlikhede moet bewys dat daar ‘n fout
gemeenskaplik aan die partye was wat daartoe gelei het dat die
skikkingsaktes nie die ware bedoeling van die partye weergee nie,
naamlik dat die skikkingsooreenkomste slegs van krag sou wees indien
‘n skriftelike sessie van debiteure verkry word.
35. Ek
is vir die volgende redes die mening toegedaan dat die eerste
respondent hom nie van hierdie bewyslas gekwyt het nie:
35.1 Só
‘n rektifikasie sou direk teenstrydig wees met die ondubbelsinnige
woorde van die ooreenkoms (‘n
mondelinge
sessie wat
alreeds
geskied het).
35.2 Daar
kan nie sprake wees van ‘n regsdwaling ten aansien van die toestaan
van ‘n sessie aan mede-sessionarisse nie – soos
hierinvantevore
vermeld meen ek dat hier ‘n gesamentlike sessie was aan
mede-sessionarisse en nie opeenvolgende sessies nie.
35.3 Die
eerste respondent se eie stukke militeer teen ‘n bevinding dat die
partye inderwaarheid bedoel het om hule ooreenkomste
onderhewig
daaraan te stel dat skriftelike sessies bekom sal word. Só
byvoorbeeld skryf die eerste respondent se prokureur op 3
Mei 2002 as
volg aan die appellante se prokureur:
“
.... plaas ons
graag in terme hiervan die volgende op rekord:
1. Dat u kliënt
klaarblyklik nog niks gedoen het met betrekking tot die debiteure
invordering nie.
2. Dat
ons kliënt op geen stadium versoek was om dokumentasie te onderteken
vir die registrasie van ‘n
caveat
nie.
3. Dat
‘n
caveat
beslis nog nie gereigstreer is nie.
4. Dat ons kliënt
instruksies aan ons verskaf het om sy regte uit te oefen
dienooreenkomstig klousule 7 van die skikkingsakte.”
Hierdie
skrywe is gerig byna nege maande na die ondertekening van die
skikkingsaktes. Dit voorveronderstel baie duidelik dat:
a) daar
alreeds
‘n regsgeldige sessie was; en
b) dat
‘n versoek
alreeds
gerig kon gewees het aan die eerste respondent om die dokumente te
onderteken ter registrasie van die
caveat
;
en
c) dat
die
caveat
alreeds
geregistreer
kon gewees het; en
d) dat
die eerste respondent
bestaande
regte
het uit hoofde van par. 7 van die skikkingsooreenkoms welke
regte hy nou wil uitoefen (nl. om die aksies ter rolle te plaas).
Hier
is nêrens eers ‘n gedagte dat die skikkingsooreenkomste onderhewig
is aan ‘n opskortende voorwaarde, te wete die skriftelike
sessie
van debiteure nie.
35.4 Die
posisie soos in die vorige paragraaf is presies dieselfde in die
geval van die skrywe van 10 Mei 2002 – nog steeds is die
gedagtegang van die eerste respondent dat daar
alreeds
‘n geldige sessie bestaan.
36. Die
eerste maal dat daar melding gemaak word van ‘n opskortende
voorwaarde en van rektifikasie is in die eerste respondent se
opponerende eedsverklaring wat gedateer is 10 Junie 2002. Dit is
oorweldigend duidelik dat hierdie aspekte bloot as ‘n nagedagte
geopper is, soos wat Mnr. Danzfuss betoog het.
Ek
het ook alreeds daarop gewys dat die eerste respondent so laat as
17 Mei 2002 die standpunt gehuldig het in ‘n skrywe dat
die
ooreenkoms wel tot stand gekom het, maar dat dit gerepudieer is.
37. Ook
die feit dat die appellante se prokureur voorstelle gemaak het vir
alternatiewe wyses van invordering van die debiteure is
aanduidend
daarvan dat ‘n ooreenkoms wel tot stand gekom het.
38. Verder
is daar die feit dat die prokureur vir appellante indringend gepoog
het tesame met LS Cash Loans se prokureur (Mnr.
Rich) en die
eerste respondent se prokureur om ‘n lys van debiteure saam te
stel; klaarblyklik ter invordering daarvan – sulke
optrede kan tog
net beteken dat die partye heeltemal
ad
idem
was dat daar ‘n ooreenkoms, soos geboekstaaf in die skikkingsaktes
tot stand gekom het. Hier is weereens geen ruimte hoegenaamd
vir ‘n
bevinding dat die skriftelike ooreenkomste nie die partye se ware
bedoeling weergee nie.
39. Uit
hoofde van die voorafgaande bevind ek gevolglik dat die
skikkingsaktes die partye se ware bedoeling weergee en dat die eerste
respondent se beroep op rektifikasie nie kan opgaan nie.
40. Wat
koste aanbetref behoort dit die uitslag te volg. Ek ag dit nodig om
my misnoeë uit te spreek teenoor die wyse waarop die
eerste
respondent geheel en al misbruik gemaak het van die vergunning deur
die Hof
a
quo
verleen om ‘n verdere stel (dupliserende) eedsverklarings te
liasseer. Daardie vergunning was luidens die hofbevel beperk tot
die
beantwoording van
nuwe
aspekte wat in die appellante se repliserende eedsverklaring te berde
gebring is. Die eerste respondent het egter heengegaan en
elke
bewering in die repliserende eedsverklaring sonder uitsondering
behandel. Dit was ‘n misbruik van die vergunning. Die Hof
a
quo
het dit duidelik gestel in sy bevel dat dié dupliserende
eedsverklaring geliasseer mag word “onderhewig aan die
toepaslike
beginsels”.
41. Na
my mening behoort die appél te slaag. Ek reik gevolglik die
volgende bevel uit:
Die
appél slaag met koste. Die Hof
a
quo
se bevel word tersyde gestel en met die volgende vervang:
1. ‘n
Kapitale bedrag van R1 400 000,00 wat in die trustrekening
van Mnr. Joseph & Van Rensburg te De Aar gedeponeer
is sal dien
as plaasvervangende sekuriteit vir die
caveat
waarna verwys word in paragraaf 4 van bylaag “APDEV1”, “APDEV2”
EN “APDEV3”.
2. Die
gemelde kapitalebedrag sal onderhewig wees aan al die bepalings van
gemelde bylaag “APDEV1”, APDEV2” EN “APDEV3”.
3. Eerste
respondent word gelas om die koste van die applikante te betaal.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam en dit word so gelas.
_____________
FD
KGOMO
REGTER-PRESIDENT
Ek
stem saam
_____________
CJ
MUSI
WAARNEMENDE
REGTER
NAMENS APPELLANTE : ADV FWA
DANZFUSS SC
NAMENS
RESPONDENTE : ADV AJR VAN RHYN SC
DATUM VAN VERHOOR : 2004-08-16
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-08-??