S v Tieties (CA&R 135/03) [2004] ZANCHC 26 (26 August 2004)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Habitual criminality — Declaration as habitual criminal — Appellant pleaded guilty to housebreaking with intent to steal and theft of a firearm — Appellant had a lengthy criminal record with multiple previous convictions for similar offences — Court declared appellant a habitual criminal under section 286 of the Criminal Procedure Act 1977 — Appellant sought condonation for late filing of appeal — No reasonable prospects of success in appeal found — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 26
|

|

S v Tieties (CA&R 135/03) [2004] ZANCHC 26 (26 August 2004)

Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
135/03
Datum
verhoor: / Date heard:
26/08/2004
Datum gelewer: /
Date delivered:
26/08/2004
In
die saak van:
TIETIES,
SAMUEL
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Lacock R et Musi WnR
UITSPRAAK
OP APPÉL
LACOCK
R:
Die appellant het
op 15 Desember 1999 in die Distrikshof te Upington, skuldig gepleit
op ‘n aanklag van huisbraak met die opset
om te steel en diefstal.
Dit was hom ten laste gelê dat hy op 18 September 1999 en te of
naby die hoek van Mark- en Bassonstraat,
Upington, die woning van
ene Hendrik Heyman oopgebreek en binnegegaan het met die opset om
goedere daarin te steel, en dat hy toe
en daar wederegtelik ‘n
reeks goedere wat aangegee is op ‘n bylae tot die klagstaat,
gesteel het. In die ondervraging gehou
kragtens art 112 van die
Strafproseswet van 1977, het die appellant slegs erken dat hy ‘n
vuurwapen aldus gesteel het. Die Staat
het nie hierdie pleit soos
aangebied, aanvaar nie, en is die saak uitgestel vir verhoor. Vir
redes wat vir doeleindes van hierdie
uitspraak ontersaaklik is, is
die appellant eers op 20 November 2001 skuldig bevind aan huisbraak
met die opset om te steel en
die diefstal van ‘n vuurwapen ter
waarde van R5 000.00.
Na sy
skuldigbevinding en nadat sy vorige veroordelings aan die lig gekom
het, is die appellant vir vonnis na die Streekhof verwys.
Op 18 Desember
2001 het die appellant in die Streekhof verskyn, en is hy deur die
Streekhoflanddros kragtens die voorskrifte van
art 286 van die
Strafproseswet van 1977 tot ‘n gewoontemisdadiger verklaar.
Die applikant
doen nou eerstens aansoek vir kondonasie vir die laat liassering en
voortsetting van sy appél.
Indien daar enige
vooruitsigte op sukses in sy appél was, sou ek waarskynlik
kondonasie soos versoek toegestaan het.
Vervolgens handel
ek met die meriete van die appél.
Tydens
vonnisoplegging was die appellant regsverteenwoordig deur ‘n
prokureur. Dit blyk uit die oorkonde dat laasgenoemde die
persoonlike omstandighede van die appellant volledig voor die Hof
geplaas het.
Voorts blyk dit
uit die oorkonde dat die Verhoorlanddros die persoonlike
omstandighede van die appellant volledig en behoorlik oorweeg
het
tydens vonnisoplegging.
Dit blyk ook dat
die Verhoorlanddros behoorlik oorweging geskenk het aan die aard en
erns van die misdryf wat die appellant gepleeg
het, asook die
belange van die gemeenskap.
Myns insiens kan
nie gesê word dat die Landdros hom in enige opsig wanvoorgelig of
andersinds ‘n mistasting begaan het nie.
Die appél is
ooglopend gemik teen die verklaring van die appellant as
gewoontemisdadiger soos hierbo aangetoon. Die vraag ontstaan
vervolgens of gesê kan word dat hierdie vonnis skokkend onvanpas is
of, anders gestel, sodanig swaar is dat gesê kan word dat
geen
redelike Hof ‘n soortgelyke vonnis sou oplê nie.
Dit is geykte reg
dat ‘n Hof van appél nie ligtelik inmeng met die diskresie
uitoefening van ‘n Verhoorhof by die oplê van
vonnis nie. Sien
S
v M
1982 (1) SA 589
(A) te 592 G
.
Art 286 (1) van
die Strafproseswet, lees as volg:
“
Behoudens
die bepalings van subartikel (2), kan 'n hoër hof of 'n streekhof
wat 'n persoon aan een of meer misdrywe skuldig bevind,
indien die
hof oortuig is dat genoemde persoon uit gewoonte misdrywe pleeg en
dat die gemeenskap teen hom beskerm behoort te word,
hom 'n
gewoontemisdadiger verklaar, in plaas van die oplegging van 'n ander
straf vir die misdryf of misdrywe waaraan hy skuldig
bevind word.”
Uit die bewoording
van die artikel blyk dit dat ‘n Hof geoorloof is om sy diskresie
kragtens hierdie artikel uit te oefen indien
die Hof oortuig is dat
die beskuldigde uit gewoonte misdrywe pleeg en dat die gemeenskap
teen hom beskerm behoort te word.
Dit is
gesaghebbend in hierdie Hof neergelê dat dit nie nodig is vir ‘n
Hof om ‘n ondersoek te onderneem na die aard van die
vorige
misdrywe waaraan ‘n persoon skuldig bevind is en soos blyk uit sy
rekord van vorige veroordelings alvorens die Hof hom
tot ‘n
gewoontemisdadiger kan verklaar nie. Sien
S
v Stiff 2000 (2) SASV 430 (NK)
.
Die Landdros was dus heeltemal geregverdig om hom te verlaat op die
lys van vorige veroordelings van die appellant soos blyk
uit sy
kriminele rekord vir doeleindes van die oorweging van die vraag of
hy hom tot ‘n gewoontemisdadiger moes verklaar.
Die Landdros het
korrek die vorige veroordelings van die appellant as volg opgesom:
“
Die
klomp vorige veroordelings is letterlik, sonder dat ek dit
oorbeklemtoon, soos ‘n meulsteen om u nek. U kom al vanaf 1987 op
‘n eentonige wyse voor die hof. Trouens, tussen 1987 en 1993, was
u 14 keer skuldig bevind aan oneerlikheidsmisdrywe. En u was
die
gebruiklike ligte strawwe opgelê. ‘n Hou met ‘n ligte rotang
vir ‘n heel paar kere vir huisbrake. In 1988 is u selfs
na ‘n
verbeteringshof gestuur … toevallig deur die streekshof … en toe
was dit nou al die 6
de
skuldig bevinding. Uiteindelik word u uitgeplaas, ‘n vergunnig op
28 Desember 1989. daardie vergunning het eers verstryk op 1
Januarie
1993, maar in 1990, toe is u alweer besig met diefstalle. Sommer 4
van hulle. By daardie geleenthede vonnis die hof vir
u een en ‘n
halwe jaar op elke aanklag … nou, daar was 4 aanklagte gewees …
dit is 6 jaar tronkstraf. En die hof kom vir u
verder tegemoet om te
gelas dat 6 maande op elke aanklag moet saamloop. Met ander woorde,
u kry toe 4 jaar tronkstraf. Twee word
opgeskort. Daardie
opgeskorte vonnisse is op 25 Februarie 1993 in werking gestel, want
by daardie geleentheid, 1993, … en dit
is nou nog binne die 4 jaar
tydperk waarop u gevonnis was, nê … het u alweer heen gegaan en 6
klagtes van huisbraak gaan pleeg.
Want dit was afsonderlike MAS
nommers gewees. Die eerste drie huisbrake waarop u 6 jaar gekry het
weer nadat die hof dit saam geneem
het, weer nadat die hof vir u kans
gegee het. Dit was 6 jaar gevangenisstraf en u was gewaarsku van die
bepalings van art 286.
Die hof het nog gelas dat die klagtes saam
geneem word. Dit is op saak RC32/93.
Dan is daar ook
nog ‘n ander MAS nommer. Uiteindelik laat hulle vir u vry op 22
Julie 1998. Toe was u darem ten minste vir so
5 jaar in aanhouding.
U word op parool vrygelaat op 22 Julie 1998. Die parooltydperk
verstyk op 4 Julie 1999, en op 18 September
1999 … ek het netnou ‘n
fout gemaak toe ek gesê het dat u nog op parool was, die parool het
darem net verstyk. Twee en ‘n
half maande nadat die parool verstyk
het, toe pleeg u alweer die huidige huisbraak, en dit terwyl u gewerk
het en terwyl u ‘n inkomste
gehad het. En terwyl u as ‘n
sekuriteitswag gewerk het.”
Hierdie reeks
vorige veroordelings (veertien in totaal) van die appellant gepleeg
oor ‘n periode van ongeveer ses jaar, saamgeneem
met die
tersaaklike oortreding waarvoor hy tot gewoontemisdadiger verklaar
is, is myns insiens aanduidend daarvan dat hy uit gewoonte
misdrywe
van hierdie aard pleeg. Die Landdros se bevinding hieraangaande het
hy as volg formuleer:
“
Ek is
bevrees dat daar net een straf is wat hierdie hof kan oplê, en dit
is nadat die hof bevind het dat u uit gewoonte misdade pleeg,
ek het
die hele sinario geskets. U het ‘n klomp vorige veroordelings. 14
In ‘n tydperk 6/7 jaar se tyd, alle toepaslike strawwe,
tegemoedkomende strawwe, selfs die waarskuwing van verklaring tot ‘n
gewoontemisdadiger. En u het werk gekry, u het ‘n goeie
inkomste
gehad en u gaan voort en u gaan breek in die nag in en u gaan steel
‘n vuurwapen uit ‘n kluis. Ek is bevrees dat die
hof moet bevind
dat u uit gewoonte misdade pleeg en dat u in daardie sin ‘n gevaar
vir die gemeenskap inhou.”
Die verdere vraag
wat beantwoording verg, is naamlik of die gemeenskap teen die
appellant beskerm behoort te word.
Dat die appellant
ooglopend geen respek het vir die goed van ‘n ander nie, blyk
duidelik uit sy reeks van vorige veroordelings.
Myns insiens was die
Landdros ook heeltemal geregverdig om in ag te neem dat die appellant
in hierdie laaste misdryf wat hy gepleeg
het, ‘n vuurwapen gesteel
het. Die hoeveelheid misdade wat gereeld gepleeg word met gesteelde
vuurwapens, is wel bekend. Dat dit
‘n gevaar nie alleen vir die
goed van andere inhou nie, maar ook vir hul veiligheid en selfs
lewens, spreek vanself.
Die
appellant het ook reeds voor die pleeg van hierdie laaste misdryf,
waarskuwing gehad dat, indien hy nie homself regruk nie, hy
tot
gewoontemisdadiger verklaar kan word. Hierdie waarskuwing het
ooglopend geen effek op die appellant gehad nie, en het hy bloot
voortgegaan met sy misdadige handelinge.
Uit hoofde van
die voorgaande is ek van mening dat daar geen vooruitsigte op sukses
in die appél is nie.
Bygevolg word die
volgende bevel verleen:
DIE AANSOEK OM
KONDONASIE WORD VAN DIE HAND GEWYS.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
CJ Musi
WAARNEMENDE
REGTER
Namens
appellant:
In
persoon
Namens
respondent:
Adv
CG Jansen