S v Witbooi (CA&R 145/04) [2004] ZANCHC 25 (26 August 2004)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Application for condonation for late filing of notice of appeal — Appellant convicted of murder and sentenced to twelve years' imprisonment — Appellant's plea of guilty and acknowledgment of circumstances surrounding the crime — Legal representation contending that the sentencing magistrate erred in emphasizing community interests over personal circumstances — Court finds no misdirection by the magistrate and upholds the sentence as appropriate given the nature of the crime and the need for deterrence — Condonation for late filing of notice of appeal refused.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 25
|

|

S v Witbooi (CA&R 145/04) [2004] ZANCHC 25 (26 August 2004)

Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
145/04
Datum
verhoor: / Date heard:
26/08/2004
Datum gelewer: /
Date delivered:
26/08/2004
In
die saak van:
WITBOOI,
BOLTWIN DENZILLE
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram: Lacock
R et Musi WnR
UITSPRAAK
OP APPÉL
LACOCK
R:
Die appellant het
op 16 Februarie 1999 in die Streekhof te Upington tereg gestaan op
‘n aanklag van moord. Hy het skuldig gepleit,
en nadat hy aldus
skuldig bevind is, is hy gevonnis tot twaalf jaar gevangenisstraf.
Die appellant doen
nou aansoek vir kondonasie vir die laat liassering van sy
kennisgewing van appél, en teken terselfdertyd appél
aan teen die
vonnis hom opgelê.
Indien daar
vooruitsigte was om te slaag met die appél teen vonnis sou ek
waarskynlik kondonasie soos versoek toegestaan het.
Dit is vervolgens
nodig om te handel met die meriete van die appél.
Die omstandighede
waaronder die appellant die tersaaklike moord gepleeg het, is as
volg uiteengesit in sy skriftelike pleitverduideliking
en soos aan
die Verhoorhof voorgehou:
“Ek die ondergetekende Boltwin Witbooi pleit skuldig op ‘n
aanklag van moord en maak ek die volgende erkennings. Ek erken dat
ek op 18 April 1998 en te Warmsand Keimoes en binne die regsgebied
van die Streekafdeling Noord Kaap wederregtelik en opsetlik vir
Simon
Booysen gedood het deur ek hom een hou met ‘n mes gesteek het. Ek
erken dat die oorledene, dat ek die oorledene ‘n steekwond
toegedien het in die linker voorborswand lateral net onder die linker
sleutelbeen tussen die tweede en derde ribbes deur tot 3 sentimeter
diep in die linkerlong.
Ek
erken dat die steekwond 2.5 sentimeter lank en 7 sentimeter diep was.
Ek erken dat die oorledene dood is as gevolg van bloedverlies,
as
gevolg van beskadiging van die linker subklawiese bloedvate
veroorsaak deur die steekwond.
Ek die
oorledene en my pa het saam op die stoep van ons huis gedrink. Ek
het ingegaan na my kamer waar my meisie besig was om haar
te was. Sy
was kaal. Die oorledene het in die kamer ingekom terwyl ek en my
meisie binne die kamer was. Ek het hom uit die kamer
gestoot en die
deur toegemaak. Die oorledene het in tweede keer die kamer binne
gekom.
Ek
het hom vir ‘n tweede keer weggestoot uit die kamer en ek het toe
agter hom aangestap. Die oorledene het uit die huis geloop
deur die
yard tot ongeveer twee tree buite die hek, en ek my mes uitgehaal en
oopgemaak. Buite die hek het die oorledene gaan staan.
Ek het vir
die oorledene gesê, kom ons maak klaar waarop die oorledene gesê
het hy is nie bang nie.
Daarop het ek
die ooledene die mes op hom toegedien. Die rede hoekom ek die
oorledene gesteek het was omdat ek kwaad was omdat hy
twee keer in
die kamer ingekom het terwyl my meisie kaal was ek en die oorledene
was onder die invloed van drank tydens die voorval.
Ek weet ek het
verkeerd opgetree en het opreg berou oor die voorval.”
Adv Cloete,
namens die appellant, voer aan dat die Landdros ‘n mistasting
begaan het deurdat hy die belange van die gemeenskap
oorbeklemtoon
het ten koste van ander tersaaklike faktore. Voorts voer hy aan dat
die vonnis, afgesien van die voorgaande, skokkend
onvanpas is en dat
hierdie Hof gevolglik daarmee behoort in te meng.
Adv Jansen namens
die Staat voer daarenteen aan dat die Landdros geen mistasting begaan
het nie, en dat ook nie gesê kan word dat
die vonnis die appellant
opgelê, skokkend onvanpas is nie.
Na my mening moet
adv Jansen gelyk gegee word.
Uit die uitspraak
van die Landdros blyk dit duidelik dat hy volledig oorweging gegee
het aan alle persoonlike omstandighede van die
appellant soos aan hom
voorgehou. Ook het hy in oorweging geneem die tydperk wat die
appellant voor sy skuldigbevinding verhoorafwagtend
in die gevangenis
was, asook dat hy as ‘n eerste oortreder voor die hof verskyn het.
Die hof het ook ag geslaan daarop en dit
ten gunste van die appellant
in aanmerking geneem, dat hy skuldig gepleit het en daardeur berou
vir sy optrede getoon het.
Na my mening was
die Landdros heeltemal geregverdig om die groot aantal soortgelyke
misdrywe wat in sy jurisdiksie gebied gepleeg
is die voorafgaande
tydperk voordat die appellant gevonnis is, in ag te neem. Uit die
statistiek soos aan die Landdros voorgehou,
en uit sy eie kennis,
blyk dit dat moord in die tersaaklike gebied aan die orde van die
dag is, en skrikwekkende afmetings aangeneem
het. Die Landdros was
gevolglik heeltemal korrek om tot die gevolgtrekking te kom dat die
belange van die gemeenskap verg dat
sodanige vonnisse vir hierdie
misdrywe opgelê moet word wat onder andere daartoe sal bydra dat
andere afgeskrik word om soortgelyke
misdrywe te pleeg.
Vervolgens meen ek
nie dat gesê kan word dat die Landdros ‘n mistasting hieraangaande
begaan het nie.
Dit moet toegegee
word dat die vonnis die appellant opgelê, ‘n swaar vonnis was. Na
my mening egter kan nie gesê word dat die
vonnis ‘n gevoel van
skok opwek nie. Die toets is nie of hierdie Hof ‘n ligter vonnis
sou oplê dan die vonnis wat die Landdros
opgelê het nie, maar of
gesê kan word dat die vonnis so onredelik is dat geen redelike hof
sodanige vonnis sou opgelê het nie.
Na my mening val hierdie vonnis
nie in die laaste kategorie nie.
Ek kan begryp dat
die appellant sy humeur verloor het toe die oorledene die kamer
binnegekom het waar sy meisie haarself gewas het,
en dat die
appellant hom uit die kamer uitgestoot het. Ook kan ek begryp dat
die appellant weereens sy humeur moes verloor het toe
die oorledene
vir die tweede keer die kamer binnekom en hy hom weer uitgestoot het.
Wat egter vir my totaal onverklaarbaar is, is
waarom die appellant
dit nodig gevind het om, nadat die oorledene die huis verlaat het,
hom te agtervolg met ‘n mes en hom dan
daarmee buite die huis te
steek. Duidelik was die oorledene op daardie stadium hoegenaamd geen
bedreiging vir die appellant nie,
en wil dit voorkom of daar meriete
in die argument van adv Jansen is naamlik dat hy op daardie stadium
met die mes die oorledene
genader het met die opset om hom te steek,
dit wil sê dat hy met voorbedagte rade die oorledene genader het en
hom die dodelike
wond toegedien het.
Hierdie sinnelose
vergryp teenoor andere kan in geen beskaafde stelsel geduld word nie.
Na my mening verdien hierdie tipe optrede
‘n swaar vonnis.
Uit hoofde van
die voorgaande is daar myns insiens geen vooruitsigte op sukses in
die appél nie.
Bygevolg word die
volgende bevel verleen:
KONDONASIE VIR
DIE LAAT LIASSERING VAN DIE KENNISGEWING VAN APPÉL WORD GEWEIER.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
CJ Musi
WAARNEMENDE
REGTER
Namens
appellant:
Adv
PJ Cloete
Namens
respondent:
Adv
CG Jansen