Algemene Balieraad van Suid-Afrika v Nel (929/03) [2004] ZANCHC 24 (23 August 2004)

60 Reportability
Legal Practice

Brief Summary

Legal Practice — Admission of advocates — Application for removal from Roll of Advocates — Applicant seeking disclosure of documents under Rule 35(13) — Respondent opposing on grounds of privilege and relevance — Court granting application for disclosure of certain documents while addressing issues of privilege and locus standi — Respondent's claims of new issues raised in applicant's replying affidavit deemed valid, leading to the removal of specific paragraphs from the affidavit — No order as to costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 24
|

|

Algemene Balieraad van Suid-Afrika v Nel (929/03) [2004] ZANCHC 24 (23 August 2004)

IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 929/03
DATUM:
23-08-2004
In
die saak tussen:
DIE
ALGEMENE BALIERAAD VAN SUID-AFRIKA Applikant
teen
IZAK JACOBUS NEL Respondent
CORAM:
C.C WILLIAMS R:
U
I T S P R A A K
WILLIAMS
R:
Hierdie
is ‘n interlokutore aansoek gebring deur die Applikant vir ‘n
bevel dat daar in terme van Hooggeregshofreël 35(13) gelas
word dat
die bepalings van Hooggeregshofreël 35 van toepassing is op die
hoofaansoek tussen die partye en dat die Respondent sekere
dokumente
aan die Applikant beskikbaar stel.
In
die hoofaansoek, geloods 10 Oktober 2003, nader die Applikant die Hof
vir ‘n bevel dat die Respondent se naam geskrap word van
die Rol
van Advokate, alternatiewelik sodanige aksie wat die Hof doenlik mag
ag.
Die
Applikant beweer in die hoofaansoek dat die Respondent, ‘n lid van
die Nasionale Forum van Advokate (die eertydse Strafregbalie),
opdragte en betaling direk van lede van die publiek ontvang sonder
die tussenkoms van ‘n prokureur.
Die
huidige aansoek is gebring na die Respondent sy opponerende
eedsverklaring geliaseer het in die hoofaansoek en alvorens die
Applikant
‘n repliserende eedsverklaring geliasseer het. Dit is
die Applikant se saak dat dit vanuit die Respondent se opponerende
eedsverklaring
blyk dat hy oor inligting en dokumentasie beskik wat
relevant is tot die geskilpunte, en wat onder die uitsluitlike beheer
van die
Respondent is of alternatiewelik waarvan slegs Respondent
kennis het oor waar sodanige dokumente gevind kan word. Die
Applikant
beweer dat dit insae nodig het in hierdie dokumentasie voor
enige sinvolle replisering kan plaasvind en ook om hul posisie te
oorweeg.
Alvorens
daar besin word oor die meriete van die aansoek ten opsigte van
blootlegging moet ek redes verskaf vir bevele toegestaaan
ten opsigte
van beide partye vir die deurhaling van sekere gedeeltes van die
eedsverklarings voor die hof.
Met
die aanvang van hierdie saak het die Applikant aansoek gedoen vir die
deurhaling van paragrawe 3.5.1, 3.5.1.1, 3.5.1.2 en 3.5.1.3
van die
Respondent se opponerende eedsverklaring tesame met aanhangsels
“A1”
,
“A2”
en
”B”
daartoe, sowel as paragraaf 3.7.2 daarvan op die basis dat hierdie
gedeeltes van Respondent se eedsverklaring lasterlik is en irrelevant
is tot die aansoek.
In
paragraaf 3.5.1 van sy opponerende eedsverklaring stel die Respondent
dat die Applikant;

g
3.5.1 klaarblyklik
vir mense dwing om beëdigde verklarings af te lê wat hulle nie
bereid is om af te lê nie, omrede die bewerings
daarin vervat nie in
alle opsigte juis is nie, ter illustrasie waarvan ek hierby aanheg
:”
waarna
daar na aanhangsels
“A1”
,
“A2”
en
“B”
verwys word.
In
paragraaf 3.7.2 maak die Respondent die bewering dat die Applikant
die persone en/of instansies vir wie hy tans optree kan kontak
indien
hy al sy rekords aan Applikant moet blootlê en;

g
3.7.2 selfs
gemelde persone en/of instansies met inligting mag konfronteer wat
gepriviligeerd is, in ‘n poging om hulle te dwing
om beëdigde
verklarings af te lê waarin ek valslik van onbehoorlike optrede
beskuldig word, soos hulle tans ten opsigte van advokaat
Van Heerden
doen.”
Buiten
dat die beweringe in die bogenoemde paragrawe op die oog af lasterlik
is, met
innuendo
van ‘n heksejag en onbehoorlike praktyke, is dit boonop totaal en
al irrelevant tot die geskil tussen die partye.
Die
feite van die ondersoek geloods deur die Applikant ten opsigte van ‘n
kollega van die Respondent dien nie voor hierdie Hof nie
en kan seer
sekerlik nie betrekking hê op die huidige saak nie – veral
aangesien hierdie spesifieke ondersoek teen die Respondent
aangevra
is deur die Regter President van hierdie afdeling.
Sou
hierdie bewerings toegelaat word in die stukke kan dit net tot die
nadeel wees van die Applikant en om hierdie rede het ek gelas
dat die
spesifieke gedeeltes van die Respondent se eedsverklaring deurgehaal
word.
Op
sy beurt het die Respondent ook aansoek gedoen vir die deurhaling van
die eerste twee sinne van paragraaf 3.1 van Applikant se
repliserende
eedsverklaring. Die aansoek is gebasseer op die feit dat die
Applikant in hierdie twee sinne ‘n nuwe skuldoorsaak
opper waarop
die Respondent nie kan antwoord nie.
Met
die twee gewraakte sinne maak die Applikant die bewering in sy
repliserende eedsverklaring dat die aansoek gebasseer is op die
bepalings van Hofreël 35(12) terwyl die funderende eedsverklaring
tesame met die Kennisgewing van Mosie slegs verwys na Hofreël
35(13).
Daar
is ‘n duidelike verskil in die toepassingsgebiede van Hofreëls
35(12) en 35(13). Hofreël 35(12) maak voorsiening vir die
blootlegging, op Kennisgewing, van enige dokumente na verwys in die
teenparty se stukke selfs voor die sluit van pleitstukke, of
finalisering van eedsverklarings.
Hofreël
35(13) wat saamgelees moet word met Hofreëls 35(1) en 35(2) is van
toepassing na die finalisering van eedsverklarings en
slegs met die
verlof van die hof en maak voorsiening vir ‘n meer algemene
blootlegging. Sien
Unilever
plc and Another v Polagric (Pty) Ltd
2001(2)
SA 329 CPD te 336 E-I.
Die
verwysing in die Applikant se repliserende verklaring dat hierdie
aansoek gebasseer is op Reël 35(12) is dus ‘n nuwe skuldoorsaak,
wat sonder dat hy die geleentheid het om daarop te antwoord, slegs
tot die nadeel van die Respondent kan werk. Sien
Johannesburg
City Council v Bruma Thirty-Two (Pty) Ltd
1984(4) SA 87 TPD.
Om
hierdie redes is die Respondent se aansoek om deurhaling van die
eerste twee sinne van paragraaf 3.1 van die Applikant se repliserende
eedsverklaring toegestaan.
Op
die stadium van hierdie twee aansoeke om deurhaling het ek ook
aangedui dat ek die kwessie rondom koste sal behandel in hierdie
uitspraak. Aangesien beide aansoeke suksesvol was maak ek geen
kostebevel ten aansien daarvan nie.
Soos
reeds gemeld is die hoofaansoek een vir die skrapping van die
Respondent se naam van die Rol van Advokate. Die bewerings gemaak
deur die Applikant in die hoofaansoek is onder andere dat:
a) Die Respondent
instruksies neem en betaling ontvang direk van kliente sonder die
tussenkoms van ‘n prokureur;
b) Die
Respondent praktiseer as ‘n
“Praktisyn”
soos
gedefineer in artikel 1 van die Wet op Prokureurs, Wet 53 van 1979,
sonder dat hy as sulks toegelaat is; en
c) Die
Respondent hom skuldig gemaak het aan oneerlikheid van so ‘n aard
dat hy nie meer aangemerk kan word as ‘n geskikte en
gepaste
persoon om te praktiseer as advokaat nie.
Hierdie
bewerings word ten sterkste ontken deur die Respondent en beweer hy
dat hy opdragte neem deur prokureurs en betaling ontvang
vanaf
prokureurs of met die goedkeuring van prokureurs.
Die
Applikant nader die hof nou vir ‘n bevel in terme van Reël 35(13)
dat Reël 35 van toepassing sal wees op die Hoofaansoek en
versoek
ook dat die Respondent terselfdertyd gelas word om in terme van Reël
35(2) sy kwitansieboeke, opdragvorms, fooieboeke en
debiteurslyste
vanaf November 1998 tot op hede sowel as dokumentêre bewys van
ontvangs van sekere gelde beskikbaar te maak sodat
die Applikant
afskrifte daarvan kan maak.
Die
Respondent opponeer hierdie aansoek op verskeie gronde, onder andere,
die gebrek aan
locus
standi
van die Applikant om die aansoek te bring, privilegie ten opsigte van
sekere van die dokumentasie, die relevansie van sekere dokumentasie
en dat die aansoek prematuur is.
Wat
die hoofaansoek betref is daar geen dispuut wat
locus
standi
betref nie. Hierdie is ‘n interlokutore aansoek wat insidenteel is
tot die hoofaansoek en ek is, in die afwesigheid van gesag
tot die
teendeel, nie oortuig dat hier weer formele magtiging deur middel van
‘n beëdigde verklaring voor die hof hoef te dien
nie. Hoe dit ook
al sy en al is ek verkeerd in hierdie siening is ek van mening dat
hier genoegsame getuienis voor die hof is dat
Applikant wel gemagtig
is om hierdie aansoek te bring. Die deponent tot die funderende
eedsverklaring in hierdie aansoek, adv Van
Niekerk, wat ook die
Voorsitter is van die Noord-Kaapse Vereniging van Advokate, maak die
bewering in sy eedsverklaring dat hy behoorlik
gemagtig is deur die
Applikant om hierdie aansoek te bring. Na die magtiging bevraagteken
is in Respondent se antwoordende eedsverklaring
repliseer die
Applikant by monde van Adv Van Niekerk dat daar wel mondelinge
magtiging verleen is deur die voorsitter van die Applikant,
Adv Van
der Linde. Hierdie bewering word deur Adv Van der Linde in ‘n
bevestigende eedsverklaring beaam en word die magtiging
ook
geratifiseer sover dit nodig is.
In
‘n verdere eedsverklaring in antwoord op ‘n dupliserende
eedsverklaring en steeds op hierdie punt, heg die Applikant verder
ook ‘n uittreksel tot die notule van Applikant se algemene
jaarlikse vergadering gehou te 25 en 26 Julie 2003 aan, waar die
besluit
geneem is dat die Kimberley Balie die aansoek om skrapping
van die Respondent kan bring in die naam van die Applikant.
Na
my mening is hier genoegsame getuienis dat hier wel magtiging is om
hierdie aansoek te bring in die naam van die Applikant en kan
hierdie
punt geneem deur die Respondent nie staan nie.
Respondent
beweer dat sekere van die dokumentasie wat die Applikant aanvra
geprivilegeerd is, byvoorbeeld leêrs bevattende notas
deur
Respondent gemaak gedurende konsultasies met kliënte en getuies en
instruksies vanaf kliënte met die doel om die kliënt van
regsadvies
te bedien en/of te verdedig. Applikant, betwis nie dat sodanige
dokumentasie gepriviligeerd is nie, en Mnr Botha wat
namens Applikant
verskyn betoog dat die gepriviligeerde dokumentasie nie benodig word
deur die Applikant nie, maar slegs leêrs waarop
opdragte verskyn en
aantekeninge op gemaak is.
Daar
is slegs een bede in die Kennisgewing van Mosie wat die “
inhoud”
van ‘n
leêr aanvra en wat moontlik gepriviligeerd kan wees. Mnr Botha voer
aan dat hierdie bede moontlik gekwalifiseer kan word
om
gepriviligeerde dokumentasie uit te sluit en sodoende die problem te
oorbrug.
Ek
stem saam dat so ‘n benadering die problem van privilegie kan
oorbrug, wat dan ook terserfdertyd afreken met die Respondent se
beswaar van wanvoeging. Die een party wat die Respondent beweer
behoort gevoeg te word tot die aansoek is reeds die klient van die
Respondent wie se leêr aangevra word. Indien gepriviligeerde
dokumentasie uitgesluit word is daar na my mening geen rede waarom
hierdie persoon gevoeg moet word as ‘n party nie, aangesien daar
geen regte van hierdie persoon benadeel of moontlik benadeel staan
te
word nie. Dieselfde geld natuurlik ook vir enige ander sogenaamde
geaffekteerde partye. Sien
Afrisun
Mpumalanga (Pty) Ltd v Kunene NO and Others
1999(2)
SA 599TPD te 610 I
,
waar
Southwood R die benadering uiteensit.
Die
bewering dat die aansoek prematuur is, is na my mening die mees
belangrike punt om te beslis in hierdie aansoek en vorm dit dan
ook
die kern van hierdie aansoek.
Mnr
Human wat namens die Respondent verskyn betoog dat in ‘n geval soos
hierdie waar die Applikant nog nie sy repliserende eedsverklaring
geliasseer het nie, hy slegs blootlegging kan versoek in terme van
Reël 35(12) en nie Reël 35(13) nie. Ter ondersteuning van hierdie
betoog maak die Respondent staat op die uitspraak in
Unilever
plc and Another v Polagric (Pty) Ltd
supra
te 336 D-H waar Thring R die volgende sê:
“It does not
necessarily follow that the respondent should know what its defence
will be without having to inspect the applicants'
documents. The
respondent is not required to depose to or deliver its opposing
affidavits before it has been afforded an opportunity
of inspecting
and copying the documents referred to in Rule 35(12). This is clear
from the following dictum of Marais J, as he then
was, in Protea
Assurance Co Ltd and Another v Waverley Agencies CC and Others
1994
(3) SA 247
(C) at 249B - D:
'Applicant's desire
that second respondent should first have to file his affidavit in
response to the allegations made by Roberts
as to what second
respondent said to him during the telephone conversations which were
recorded on the tape before being allowed
to listen to the tape is
understandable as a forensic strategy, but to gratify it would be to
defeat the object of Rule 35(12). That
Rule plainly entitles a
litigant to see the whole of a document or tape recording and not
just the portion of it upon which his adversary
in the litigation has
chosen to rely. That entitlement, unlike the entitlement to general
discovery for which Rule 35(1) provides,
does not arise only after
the close of pleadings in a trial action, or after both answering and
replying affidavits have been filed
in motion proceedings: it arises
as soon as reference is made in the pleading or affidavit to a
document or tape recording. It is
inherent in that that a litigant
cannot ordinarily be told to draft and file his own pleadings or
affidavits before he will be given
an opportunity to inspect and
copy, or transcribe, a document or tape recording referred to in his
adversary's pleading or affidavits.'
See also Erasmus v
Slomowitz (2)
1938 TPD 243
at 244. It is clear from these decisions
that, otherwise than is the case with discovery under Rule 35(1) and
(2) read with Rule
35(13), a defendant or respondent does not have to
wait until the pleadings have been closed or his opposing affidavits
have been
delivered before exercising his right under Rule 35(12): he
may do so at any time before the hearing of the matter. It follows
that
he may do so before disclosing what his defence is, or even
before he knows what his defence, if any, is going to be. He is
entitled
to have the documents produced 'for the specific purpose of
considering his position”
Ek
stem ten volle saam met die geleerde Regter maar daarbygesê glo ek
nie die bedoeling is dat Reël 35(13) nooit van toepassing
kan wees
voor die finalisering van eedsverklarings nie. Sien in die verband
Saunders
Valve Co Ltd v Insamcor (Pty) Ltd
1985(1)
SA 146 TPD,
MV Urgup: Owners of the MV Urgup v Western Bulk Carriers (Aust)
1999(3)
SA 500 CPD
te 513
E-F
,
Premier
Freight (Pty) Ltd v Breathelex Corporation (Pty) Ltd
2003(6)
SA 190 SECLD
.
Vanuit
hierdie sake en ander is dit duidelik dat die Hof wel ‘n diskresie
het om blootlegging te gelas in terme van reel 35(13)
selfs voordat
alle eedsverklarings geliasseer is, maar dat hierdie diskresie slegs
in uitsonderlike gevalle uitgeoefen moet word.
Die
vraag is nou of hier uitsonderlike omstandighede bestaan wat die
aangevraagde regshulp regverdig.
Ek
stem saam met Mnr. Botha se betoog dat uitsonderlike omstandighede
gemeet moet word aan die breër konteks van die fundamentele
waardes
van regverdigheid en billikheid waarop die Reëls self gebasseer is
sowel as die grondwetlike waardes, openlikheid en deursigtigheid,
soos gestel in die Premier Freight saak
(supra)
te paragraaf 13.
Gemeet
aan hierdie beginsels is ek wel van mening dat hier uitsonderlike
omstandighede bestaan en dat dit ‘n gepaste geval is om
my
diskresie ten gunste van blootlegging uit te oefen.
Die
dokumentasie deur die Applikant aangevra is na my mening relevant tot
die hoofaansoek en hierdie dokumente is in die uitsluitlike
besit en
beheer van die Respondent. Die Applikant beweer in die hoofaansoek
dat die Respondent in die verlede en nog steeds onprofessioneel
optree. Die Respondent se argument dat die Applikant slegs na vier
gevalle van moontlike onprofessionaliteit verwys in die hoofaansoek
en dus slegs geregtig mag wees op dokumentasie ten opsigte van die
vier spesifieke gevalle gaan na my mening nie op nie. Dit is
juis
omdat die Applikant nie toegang het tot die dokumentasie nie dat die
Applikant slegs kan verwys na gevalle waarvan dit spesifiek
kennis
gedra het.
Dit
mag wees dat blootlegging die geskilpunte verbreed wat daartoe mag
aanleididng gee dat verdere eedsverklarings geliaseer moet
word deur
die partye, maar dieselfde resultaat of selfs erger mag volg sou
blootlegging eers plaasvind na die Applikant sy repliserende
eedsverklaring liasseer.
Hierdie
is ‘n spesiale tipe saak. Ingrypende regshulp word teen die
Respondent aangevra in die hoofaansoek. Applikant tree in
hierdie
aangeleentheid op in sy hoedanigheid as waghond, nie net in belang
van sy lede, die regsberoep of die Hof nie maar ook in
die belang van
die breër publiek, wie se regte beskerm moet word. Dit is juis
omdat hierdie saak in die openbare belang is dat
alle relevante
dokumentasie voor die hof moet wees. Dit mag ook natuurlik vanuit
die dokumentasie blyk dat die Respondent geen oortredings
begaan het
nie, wat tog net in sy guns kan tel.
Die
Applikant is boonop genoop deur die bepalings van die Wet op
Advokate, Wet 74 van 1964 om die aansoekprosedure te gebruik vir
die
skrapping van ‘n persoon se naam van die Rol van Advokate. Hier
word spesifiek verwys na artikel 7(1) van die Wet was as volg
bepaal.

g
7 .Skorsing
van advokate in hul praktyk en die verwydering van hul name van die
rol van advokate –
(1) Behoudens
enige ander wetsbepalings, kan ‘n Hof van ‘n afdeling
op
aansoek
iemand in sy praktyk as advokaat skors of beveel dat die naam van
iemand van die Rol van Advokate geskrap word.”
Die
Applikant is dus ontneem van die reg tot outomatiese blootlegging wat
dit sou gehad het indien daar van die aksieprosedure gebruik
gemaak
kon word.
Die
Respondent se betoog dat blootlegging kan geskied nadat die saak vir
getuienis verwys word gaan die verloop van hierdie saak vooruit.

Daar is geen waarborg dat die saak vir getuienis verwys sal word nie.
Op hierdie stadium van die verrigtinge is Reël 35(13) die
enigste
manier hoe die Applikant alle relevante dokumente voor die Hof kan
plaas en ook sy eie posisie kan oorweeg.
Die
Respondent se onderneming gedurende betoog dat hy dokumentasie
beskikbaar sal stel in antwoord op ‘n reël 35(12) Kennisgewing
sal
ook nie die probleem oplos nie. Reël 35(12) sal slegs geld ten
opsigte van dokumente na verwys in die Respondent se antwoordende
eedsverklaring en nie noodwendig alle relevante dokumentasie vir die
juiste beregting van die hoofaansoek nie. ‘n Situasie wat
boonop
weer later op ‘n verdere aansoek in terme van Reël 35(13) kan lei.
Vir die redes hierin genoem is ek van mening dat ‘n
bevel van
blootlegging soos aangevra, met sekere kwalifikasies toegestaan
behoort te word. Die dokument deur die Applikant aangevra
is
duidelik en spesifiek uiteengesit en is dit na my mening ‘n
vermorsing van tyd om te gelas dat die Applikant eers moet voldoen
aan Reël 35(1).
Die
Applikant doen ook aansoek om kondonasie vir die nie-nakoming van die
tydsbepaling in Reël 6(5)e) waarin hul repliserende eedsverklaring
geliasseer moes word en vir ‘n verlenging van tyd vir die
liassering daarvan.
Aangesien
ek van mening is dat blootlegging soos aangevra deur die Applikant
nodig is voor die liassering van die repliserende eedsverklaring
word
die aansoek om kondonasie toegestaan.
Ten
opsigte van koste is ek van oordeel dat die koste van hierdie aansoek
die uitslag moet volg.
In
die omstandighede word die volgende bevel gemaak.
1. Dit word gelas dat die
bepalings van Hooggeregshofreël 35(13) van toepassing is in die
Hoofaansoek onder saaknommer 929/2003
2. Die Respondent word
gelas om binne 7 dae na datum van hierdie bevel die volgende
dokumente vir inspeksie ter insae voor te lê
en die Applikant toe te
laat om afskrifte daarvan te maak.
2.1 Alle kwitansieboeke
gehou deur die Respondent sedert November 1998.
2.2 Leêr
0011 soos na verwys op Aanhangsel “A” tot Aanhangsel “IJN11”
tot die opponerende verklaring, uitgesluit instruksies
en opdragte
van die klient.
2.3 Die
oorspronklike en/of afskrifte van alle opdragvorms en/of brevette,
soos dié aangeheg as Aanhangsels “IJH3”, “IJH2,
“IJH4” en
“IJH10” tot die opponerende verklaring, deur die Respondent
ontvang sedert November 1998.
2.4 Die
“vooltooide vorm en notas” na verwys in paragraaf 3 van
Aanhangsel “IJN14” tot die opponerende verklaring.
2.5 Die
Respondent se “rekords” na verwys in paragraaf 28.3 van die
opponerende eedsverklaring waaruit blyk dat die Respondent
in die
aangeleentheid van Moeng vanaf prokureur Groenewaldt telefoniese
opdrag ontvang het op 25 November 1998 en geen fooie ontvang
het nie.
2.6 Dokumentêre
bewys van die inbetaling en ontvangs deur die Respondent van die
bedrae van R1 200.00 en R1 800.00 na verwys in paragrawe
20.5 en 20.6
van die opponerende verklaring.
2.7 Dokumentêre
bewys van die ontvangs deur die Respondent van die bedrag van R5
000.00 vanaf meneer Heydenreich voor dit as borggeld
inbetaal is, na
verwys in paragraaf 27.2.2 van die opponerende verklaring.
2.8 Dokumentêre
bewys van die ontvangs deur die Respondent van die bedrag van R500.00
vanaf meneer Moeng voor dit as borggeld inbetaal
is, na verwys in
paragraaf 28.2 van die opponerende verklaring.
2.9 Dokumentêre
bewys van die ontvangs deur Respondent van die bedrag van R 1000.00,
aan hom betaal deur Potgieter, soos na verwys
in paragraaf 3 van
Aanhangsel IJN5” tot die opponerende verklaring.
2.10 Dokumentêre
bewys van die ontvangs deur Respondent van die bedrag van R1 450.00,
aan hom betaal deur Potgieter, soos na verwys
in paragraaf 5 van
Aanhangsel “IJN5” tot die opponerende verklaring.
Die
oorspronklike van die skriftelike opdrag gegee deur Potgieter, na
verwys in paragraaf 5 van Aanhangsel “IJN5”.
Alle
foeieboeke gehou deur Respondent sedert November 1998
Alle
debiteurslyste gehou deur Respondent sedert November 1998.
3. Alhoewel nie in alle
gevalle spesifiek genoem nie geld die blootlegging van dokumente in
bede 2) hierbo gelys, nie ten opsigte
van instruksies en opdragte
ontvang vanaf kliente nie.
4. In geval die
Respondent nalaat om aan bogemelde bevel te voldoen, word verlof aan
die Applikant verleen om die Hof op dieselfde
stukke, aangevul waar
nodig, te nader vir ‘n bevel dat die Respondent se opponering
deurgehaal word.
5. Dat die nie-nakoming
van die tydsbepaling in Reël 6(5)(e) deur die Applikant gekondoneer
word en verlof aan die Applikant verleen
word om sy repliserende
verklaring te liasseer binne 10 dae nadat die Respondent voldoen het
aan die bepalings van hierdie bevel.
6. Dat die koste van
hierdie aanoek deur die Respondent betaal word.
______________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Nms.
Applikant
: Adv C Botha
i.o.v
Haarhoffs
Nms.
Respondent
: Adv Human
i.o.v Fletcher’s
Datum
van verhoor
: 24/03/2004
Datum
van uitspraak:
23/08/2004