S v Plaat (CA&R 172/03) [2004] ZANCHC 23 (19 August 2004)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of raping a 16-year-old girl — Appellant claimed encounter was consensual, while complainant testified to violent assault — Medical evidence corroborated complainant's account of rape — Trial court found appellant's version implausible and accepted the complainant's testimony — Appeal dismissed, with the court affirming the trial court's findings and sentence as appropriate given the circumstances.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 23
|

|

S v Plaat (CA&R 172/03) [2004] ZANCHC 23 (19 August 2004)

Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
172/03
Datum
verhoor: / Date heard:
19/08/2004
Datum gelewer: /
Date delivered:
19/08/2004
In
die saak van:
PLAAT,
TOMMY
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Lacock R et Musi WnR
UITSPRAAK
LACOCK
R:
Die appellant is
te Hopetown in die Streekhof, Afdeling Noord Kaap, skuldig
bevind aan verkragting deurdat hy na bewering ene
Landipho
Sikonyela, ‘n 16-jarige dogter, gedurende die vroeë oggendure van
8 September 2003, verkrag het, en is hy gevonnis
tot twaalf jaar
gevangenisstraf.
Hy kom nou in
hoër beroep teen sy skuldigbevinding en vonnis hom opgelê.
Tydens die
verhoor was die appellant regsverteenwoordig. Hy het onskuldig
gepleit en het sy regsverteenwoordiger ‘n skriftelike
pleitverduideliking aan die Hof voorgehou. Daarvolgens sou die
appellant die klaagster vroeër daardie tersaaklike aand ontmoet
het
en het hulle afgespreek om mekaar later weer te sien. Later daardie
nag het die appellant en die klaagster weer ontmoet.
Sy het agter
ene Jerome gestap, en hy kon sien dat haar klere vol stof was en dat
daar rolbos blare in haar hare was. Die twee
van hulle het mekaar
by ‘n draad gesoen en het hy die klaagster gevra vir seks. Sy sou
ingestem het, waarop hy sy klere op die
grond gegooi het, sy haar
klere uitgetrek het en hulle gemeenskap gehad het. Hierna het hy
haar na haar huis geneem. Op pad na
haar huis sou die appellant haar
gemaan het om nie met Jerome, ‘n getroude man, seks te hê nie, en
ook gedreig om Jerome se
vrou daarvan te vertel. Hierop sou die
klaagster haar vervies het, en het hy haar by haar huis gelaat nadat
sy hom weer gesoen
het.
Die klaagster het
getuig dat sy die appellant slegs by een geleentheid daardie nag
ontmoet het, en dit was toe hy haar verkrag het.
Sy het beweer dat
sy alleen vanaf ‘n taverne na haar huis gestap het. Op pad het sy
die appellant teëgekom wat haar vir seks
gevra het. Toe sy weier,
het hy haar deur die gesig geklap, met ‘n klip agter haar rug
gekap, haar met ‘n mes gedreig en haar
op sy klere wat hy op die
grond gegooi het, neergegooi, haar klere afgetrek en teen haar wil
en terwyl sy seergekry en gehuil
het, met haar gemeenskap gehou.
Sy het ontken dat
sy te enige tyd daardie nag saam met Jerome was of met hom gemeenskap
gehad het. Voorts ontken sy dat sy toegestem
het om met die
appellant gemeenskap te hou.
Sy getuig verder
dat die appellant haar huis toe geneem het, en dat – net toe die
appellant weg is – sy die polisie geskakel het
en meegedeel het dat
sy pas verkrag is.
Die appellant het
in sy eie verdediging getuig en in wese stem sy getuienis ooreen met
die inhoud van sy pleitverduideliking.
Adv Jansen,
namens die Staat, het skriftelike betoogshoofde by ons ingedien,
waarvoor ons haar dank verskuldig is en vra sy dan
ook dat die appél
van die hand gewys sal word.
Die appellant het
vandag ‘n skriftelike betoog aan ons voorgehou wat ontvang is as
BEWYSSTUK A en wat in wese ‘n herhaling is
van sy getuienis wat hy
in die Verhoorhof aangevoer het. Hy vra dan vandag dat ons sal
bevind dat die klaagster inderwaarheid verkrag
was deur die getuie
Jerome en dat sy daarna vrywilliglik met hom gemeenskap gehou het.
Voort voer die appellant aan dat sy vonnis
hom opgelê buitensporig
swaar is en versoek dat indien sy appél op die skuldigbevinding nie
slaag nie, die Hof sal inmeng met die
vonnis hom opgelê.
Die Landdros het
die getuienis van die appellant as nie redelik moontlik waar nie,
verwerp, en die getuienis van die staatsgetuies
aanvaar. Na my
mening was die Landdros korrek, en is die appellant korrek skuldig
bevind.
Die weergawe van
die klaagster naamlik dat sy aangerand en verkrag is, is deur die
mediese getuienis van die getuie Dr Vermeulen
gestaaf. Hy het ‘n
kneusing op die linker lumbale gebied van die klaagster gevind (waar
sy beweer die klip haar getref het);
‘n swelling aan haar linker
wang en temporale area (waar sy beweer het die appellant haar geklap
het); en skeurtjies aan haar
fosenavikularis wat volgens hom
onteenseglik daarop dui dat sy verkrag is.
Die klaagster is
ook gestaaf deur die getuie Jerome wat getuig het dat hy nooit
daardie aand of nag in die geselskap van die klaagster
was nie.
Die weergawe van
die appellant is in die volgende opsigte onwaarskynlik:
Indien die
klaagster deur Jerome verkrag sou gewees het – soos voorgehou deur
die appellant – vind ek dit totaal onwaarskynlik
dat sy oomblikke
daarna sou toestem tot vrywillige seks met die appellant.
Indien sy
vrywillig gemeenskap met die appellant sou gehad het, vind ek haar
handelinge daarna naamlik dat sy die polisie in ‘n
ontstelde en
huilende toestand (soos deur die polisiebeampte getuig) sou skakel
en meedeel dat sy verkrag is, en dit nog voordat
sy die voorval aan
haar huismense rapporteer het.
Indien die
appellant en die klaagster vrywillige gemeenskap sou gehou het en
die appellant, soos hy getuig het, lief was vir die
klaagster en met
haar ‘n liefdesverhouding wou aanknoop, vind ek dit onwaarskynlik
dat hy gedreig het om Jerome se vrou mee te
deel dat sy seks met
Jerome sou gehad het. Dit sou haar ooglopend in ’n onhoudbare
situasie geplaas het, en is myns insiens
onversoenbaar met die
optrede van ‘n man wat beweer hy is lief vir die klaagster.
Laastens: die
appellant het geensins gepoog om óf die beserings aan die gesig en
rug van die klaagster te verduidelik óf beweer
dat sy reeds aldus
beseer was voordat hulle gemeenskap gehad het nie.
Uit hoofde van
die voorgaande kan die appél teen skuldbevinding nie slaag nie.
Wat vonnis
aanbetref, is dit geykte reg dat ‘n Hof van Appél nie ligtelik
sal inmeng met die diskresie van die Verhoorhof daaraangaande
nie,
tensy die Verhoorhof homself wanvoorgelig het of indien gesê kan
word dat die vonnis sodanig onvanpas is dat geen redelike
Hof so ‘n
vonnis sou oplê nie. Sien
S
v M
1982 (1) SA 589
(A) te 592 G
.
Daar is geen
sprake daarvan dat die Landdros homself wanvoorgelig het of
andersinds ‘n mistasting begaan het nie.
Dit kan myns
insiens ook nie gesê word dat die vonnis die appellant opgelê,
skokkend onvanpas was nie. Trouens, ek is van mening
dat, indien
hierdie saak in die eerste instansie voor my sou gedien het, ek
waarskynlik die appellant minstens dieselfde en beslis
nie ‘n
ligter vonnis nie dan dié opgelê deur die Verhoorhof, sou opgelê
het.
Die Landdros was
duidelik korrek deur as verswarend in ag te neem dat die klaagster
slegs sestien jaar oud was, en dat die appellant
haar tot oorgawe
gedwing het deur die toepassing van geweld. Daarbenewens het hy haar
ook nog met ‘n mes gedreig.
Bygevolg word die
volgende bevel verleen:
DIE APPÉL WORD
VAN DIE HAND GEWYS.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
CJ
Musi
WAARNEMENDE
REGTER
Namens
appellant:
In
persoon
Namens
respondent:
Adv CG
Jansen