S v Van Jaarsveld (CA & R 69/04) [2004] ZANCHC 66 (6 August 2004)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Conviction based on single witness testimony — Appellant convicted of theft but State conceded lack of evidence to support conviction — Appellant accused of deceiving complainant into withdrawing funds for non-existent purchases — Court found that the State failed to prove the essential element of appropriation necessary for theft — Conviction set aside due to insufficient evidence and unreliability of single witness.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 66
|

|

S v Van Jaarsveld (CA & R 69/04) [2004] ZANCHC 66 (6 August 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA
& R 69/04
Datum
verhoor: 2004-08-02
Datum
gelewer: 2004-08-06
In
die appél van
:
WILHELMINA
MAGDALENA VAN JAARSVELD APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
TLALETSI
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
Appellant is skuldig bevind op twee aanklagte van diefstal. Sy het
aanvanklik tereg gestaan op drie aanklagte van bedrog,

alternatiewelik diefstal en nog ‘n vierde aanklag van bedrog. Sy
is vervolgens op aanklagte 1 en 2 op die twee alternatiewe aanklagte
van diefstal skuldig bevind en aan die ander aanklagte is sy
onskuldig bevind en ontslaan. Die twee aanklagte is saamgeneem vir
vonnisdoeleindes en die Appellant is toe gevonnis tot vyftien maande
korrektiewe toesig ingevolge artikel 276(1)(h) van die
Strafproseswet,
Wet 51 van 1977 (
die
Wet
)
se bepalings. Sy kom nou in hoër beroep teen haar
skuldigbevinding.
Namens
die Staat het Me Van Dyk voor ons geredelik tydens betoog toegegee
dat die skuldigbevindings op die twee voormelde aanklagte
nie
ondersteun kan word nie. Dit is steeds nodig om ‘n volledige
uitspraak hierin te gee, alhoewel daar nie in groot besonderhede
met
die getuienis gehandel sal word nie, gegewe die voormelde toegewing
deur die Staat.
Die
Staat het in die klagstaat beweer dat, ten aansien van die twee
aanklagte waarop die Appellant uiteindelik skuldig bevind is,
die
Appellant die klaagster, ene Me Elsie Jonkers, bedrieg het ten
aansien van aanklag 1 van ‘n bedrag van R3000.00 en ten
aansien van aanklag 2 van ‘n bedrag van R4000.00. Dit was
gemene saak en het die landdros dit tereg as bewese bevind, dat
die
twee voormelde bedrae wel uit die klaagster se bankrekening onttrek
is op onderskeidelik die
13de
September
1999 en die 6
de
Augustus 1999. Die landdros het, heeltemal tereg ook na my mening,
bevind dat die Staat nie die hoofaanklagte van bedrog bewys
het nie.
Die vraag wat egter ontstaan is of die landdros korrek was in sy
bevinding dat die Staat wel diefstal bewys het op dié
betrokke twee
aanklagte.
Die
getuienis van die klaagster (wat ‘n enkelgetuie was ten aansien
van die inkriminering van die Appellant op dié twee aanklagte)
was
dat sy op dié datums voormeld deur die Appellant, wat in diens was
van die Departement van Welsyn, na die bank geneem is en
waar die
geld onttrek is. Die klaagster beweer dat sy die volle bedrae
oorhandig het aan die Appellant. Wat aanklag 1 aanbetref
sou
die geld onttrek gewees het vir die aankoop van meubels. Volgens
die klaagster het sy nooit enige meubels ontvang nie. Wat
aanklag 2
aanbetref is die geld onttrek vir die aankoop van meubels, te wete
‘n yskas, dubbelbank, 2 matrasse en ‘n paraffienverwarmer
by
Lewis
meubelwinkel te Hartswater. Die Staat het ook die getuienis gelei
van ene Me Mokgoe, ‘n verkoopsdame by die voormelde
Lewis
meubelwinkel te Hartswater. Sy het bevestig dat die Appellant en
die klaagster op die 6
de
Augustus 1999 daar aangedoen het. Die klaagster het die praatwerk
gedoen en aangedui dat sy kom kyk het vir meubels en het self
rondgegaan en die meubels uitgesoek. Die meubels is uiteindelik
ingevolge ‘n afbetaal-verkoopooreenkoms aangekoop en ‘n bedrag
van R450.00 is as deposito inbetaal deur die klaagster, aldus Me
Mokgoe.
Die
Appellant het self getuig in haar saak en het ontken dat sy ooit op
enige stadium enige geld vanaf die klaagster ontvang het.
Sy het
aan die verhoorhof vertel dat sy die klaagster ontmoet het deur ‘n
kollega van haar, ene Me Moolman, aangesien die klaagster
probleme
gehad het met haar pensioenbetalings. Volgens die Appellant het sy
van tyd-tot-tyd die klaagster bygestaan om onttrekkings
te maak
vanuit haar bankrekening, omrede daar ‘n probleem was ten aansien
van die fondse in dié rekening – die besonderhede
waarvan nie nou
tersaaklik is nie. Die Appellant het egter heftig ontken dat sy
self ooit enige geld onttrek het namens die klaagster,
of dat sy
ooit enige geld wat onttrek is deur die klaagster van laasvermelde
ontvang het.
Die
landdros het in sy uitspraak deeglik kennis daarvan geneem dat die
klaagster ‘n enkelgetuie is wat betref die wesenlike elemente
van
die misdrywe waarop die Appellant tereggestaan het op aanklagte 1 en
2. Hy het dan ook kennelik gesoek na waarborge vir betroubaarheid
van die klaagster se weergawe en vir stawing van haar getuienis soos
wat vereis word in artikel 208 van die Wet. Waar ek verskil
van die
landdros se benadering is met sy toepassing van die voormelde
versigtigheidsreël ten aansien van die klaagster se getuienis.
Ek
ag dit dienstig om kortliks te handel met die basis van die
skuldigbevinding op die betrokke aanklagte. Die landdros maak
die
volgende bevinding ten aansien van die klaagster se getuienis:
“
Die
waarskynlikhede toon egter aan dat myns insiens, dat Elsie Jonkers
inderdaad telkemale geld aan u oorhandig het.”
Die
motivering vir hierdie bevinding is die feit dat die klaagster onder
strawwe kruisverhoor volgehou het dat sy geld aan die Appellant
oorhandig het. Die landdros neem ook in ag die klaagster se
getuienis dat sy die Appellant as ‘n persoon in ‘n gesagsposisie
beskou het wat gedoen het wat die Appellant van haar verlang het.
Hierdie motivering gaan na my mening hoegenaamd nie op nie. Ongeag
hoeveel keer ‘n enkelgetuie ‘n bewering herhaal, is dit nie
genoegsame stawing vir so ‘n enkelgetuie se getuienis nie. Per
slot van sake kan ‘n enkelgetuie tog nie hom- of haarself staaf
nie.
Op
aanklag 2 het die landdros bevind dat die Appellant se optrede nie
versoenbaar was met die doel of rede soos wat sy voorgehou
het in
haar getuienis nie. Volgens hom val dit vreemd op dat die Appellant
die klaagster wou help, maar tog uiteindelik toegelaat
het dat die
klaagster die meubels op ‘n afbetalings-verkoopooreenkoms aankoop
met die gepaardgaande hoë rente wat daaraan verbonde
is. Volgens
hom val dit ook vreemd op dat die Appellant nie eerder die klaagster
oorreed het om die goedere kontant te koop nie.
Hierdie benadering
laat heeltemal buite rekening die onbetwiste bewering van die
Appellant dat die klaagster se kontantgeld wat
sy onttrek het
(R4000.00) nie voldoende was om die meubels aan te koop nie.
Bowendien het die landdros gefouteer deur uit die
oog te verloor dat
die klaagster ook met die kontant wat sy onttrek het kruideniersware
aangekoop het. ‘n Verdere probleem
in die klaagster se weergawe
is dat, volgens haar, die Appellant self die meubels uitgesoek het
en self die onderhandelinge gedoen
het ten aansien van die opening
van ‘n rekening vir haar. Dié getuienis is heeltemal teenstrydig
met dié van Me Mokgoe wat
beweer dat dit inderdaad die klaagster
was wat die meubels uitgesoek het.
Die
klaagster se getuienis op die oorkonde skiet heeltemal tekort aan
die maatstaf wat gestel word vir dié van ‘n enkelgetuie,
naamlik
dat sodanige getuienis in alle wesenlike opsigte bevredigend moet
wees. Me Jonkers is uiteraard ‘n ongeletterde en ongekunstelde
bejaarde dame met baie min insig in hofverrigtinge. Tog doen dit
nie afbreuk daaraan nie dat haar getuienis wemel van vaaghede,
verwarring en etlike teenstrydige aspekte. Daarenteen het die
Appellant, oor die algemeen gesien, bevredigende getuienis afgelê.

Daar kan verder nie gesê word dat haar getuienis vals bo redelike
twyfel is nie. Die indruk wat geskep word oor die algemeen
uit haar
weergawe is dat sy gepoog het om pensioenarisse, insluitende die
klaagster, van hulp te wees. Daar is niks op die oorkonde
wat haar
ontkenning dat sy ooit geld van die klaagster ontvang het,
weerspreek nie.
Diefstal
word deur SNYMAN
Strafreg
(4de uitgawe) as volg omskryf (te p.483):
“
Diefstal
is die wederregtelike, opsetlike toe-
eiening
van ‘n roerende liggaamlike saak wat
a) aan iemand
behoort en in iemand anders se besit is; of
b) aan
iemand anders behoort en in die dader se eie besit is; of
c) aan die dader
self behoort maar in iemand anders se besit is en sodanige ander ‘n
reg het om die saak te besit wat regtens voorkeur
geniet bo die dader
se besitreg,
met dien verstande
dat die opset om die saak toe te eien ‘n opset om die saak blywend
te ontneem, insluit.”
Die
element van die toe-eiening (die
contrectatio)
van ‘n ander se saak is uiteraard wesenlik tot die omskrywing van
die misdryf. In hierdie saak het die Staat heeltemal daarin
gefaal
om sodanige toe-eieningshandeling aan die kant van die Appellant te
bewys en het Me Van Dyk derhalwe noodgedwonge die handdoek
ingegooi
wat betref die skuldigbevinding.
Gevolglik
is ek die mening toegedaan dat die skuldigbevinding regtens
onontvanklik is en word die skuldigbevindings en vonnisse
op die
twee aanklagte ter syde gestel.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
LP
TLALETSI
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV F VAN HEERDEN
NAMENS
RESPONDENT : ADV E VAN DYK
DATUM VAN VERHOOR : 2004-08-02
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-08-06