Van Den Heerven v Van Wyk (816/04) [2004] ZANCHC 22 (6 August 2004)

52 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Spoliation — Mandament van Spolie — Application for enforcement of spoliation order pending appeal — Respondent's possession of applicant's land and livestock — Applicant claims irreparable harm from continued overgrazing — Respondent argues temporary overgrazing permitted — Court considers potential irreparable harm to both parties and prospects of success on appeal — Court grants enforcement of spoliation order, emphasizing applicant's greater risk of harm.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 22
|

|

Van Den Heerven v Van Wyk (816/04) [2004] ZANCHC 22 (6 August 2004)

IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 816/04
DATUM:
06-08-2004
In
die saak tussen:
JANETTA
D M J (POPPIE) VAN DEN HEEVER 1ste Applikant
OUSS
BELEGGINGS BK 2de Applikant
(Registrasie
no: 1996/051329/23
teen
ALBERTUS B H (BUKS) VAN WYK
Respondent
CORAM:
C.C WILLIAMS R:
U
I T S P R A A K
WILLIAMS
R:
Hierdie
is ‘n aansoek vir die inwerkingstelling van ‘n bevel deur hierdie
Hof gemaak op 22 Julie 2004 en waarteen die Respondent
op 23 Julie
2004 sy Kennisgewing van Aansoek om Verlof om te Appelleer geliasseer
het.
Die
inwerkingstelling van die bevel is dus opgeskort tensy hierdie hof op
aansoek andersins gelas. Die bevel wat gemaak is op 22
Julie 2004 is
een van Mandament van Spolie wat gelas onder andere dat die
Respondent onverwyld die Applikant se besit van sekere
kampe van die
plaas bekend as
“Koets”
herstel en dat hy onverwyld al sy vee uit die gemelde kampe verwyder.
Op
die Respondent se eie weergawe is daar tans 30 van sy beeste en 240
skaap wat met Applikant se 80 bokke die spesifieke grond bewei.

Applikant in haar eedsverklaring skat die totale opervlak van die
gedeelte op 1300 hektaar. Luidens die Applikant is die aanbevole
drakrag onder normale omstandighede in terme van riglyne uitgereik
deur die Departement Landbou, Noord-Kaap in die Kamieskroon distrik
45 hektaar per groot-vee eenheid wat daarop neerkom dat dit nie
raadsaam is om meer as 29 beeste te laat wei op 1300 hektaar grond
nie. Die aanbevole drakrag onder normale omstandighede vir skape op
die gedeelte is 137 skape en gedurende droogte 92 skape.
Dit
is dus die Applikant se saak dat opskorting van die bevel hangende
appèl langdurige oorbeweiding van die grond sal veroorsaak,
wat jare
sal neem om te herstel en dat sy dus onherstelbare skade sal ly
indien die bevel nie verleen word nie. Hierteenoor kan
die
Respondent met baie min ongerief sy vee terugjaag na die oostelike
gedeelte van die plaas Koets waarop hy vantevore geboer het.
Die
Respondent, alhoewel hy nie die riglyne van die Departement Landbou
soos uiteengesit deur die Applikant betwis nie, voer aan dat
die
Departement wel toelaat dat hierdie weidingskapasiteit tydelik
oorskry word mits die getal kleinvee eenhede per jaar nie oorskry
word nie. Volgens die Respondent kan tot 522 kleinvee eenhede
aangehou word vir ‘n periode van 4 maande.
Volgens
die Respondent is daar op hierdie stadium dus geen sprake van
oorbeweiding nie en sal hy ernstig, benadeel word indien die
bevel
toegestaan word aangesien daar van die ooie is wat nog besig is om te
lam en verskuiwing na Boesmanland, so 320 kilometer vêr,
waar hulle
oorspronklik vandaan kom, tot veeverlies kan ly. Hierbenewens is
daar tans nie weiding in Boesmanland nie aangesien dit
‘n
somerreënvalgebied is. Wat die oostelike gedeelte van die plaas
Koets betref sê die Respondent dat hierdie gedeelte van die
plaas
ongeskik is vir kleinveeboerdery aangesien daar probleme is met
ongediertes wat veeverliese veroorsaak.
Die
doel met die opskorting van ‘n bevel wanneer appèl aangeteken word
is om te verhoed dat die Appellant onherstelbare skade ly
sou die
appèl handhaaf word.
Die
hof aan wie die aansoek gerig is vir die inwerkingstelling van die
bevel het natuurlik ‘n wye diskresie om die bevel toe te
staan of
die aansoek van die hand te wys. Met die uitoefening van hierdie
diskresie moet die hof bepaal wat is billik en regverdig
in die
omstandighede. In
South
Cape Corporation (Pty) Ltd v Engineering Management Services (Pty)
Ltd
1977(3)
SA 534 te 545
lys Corbett AR die volgende faktore wat onder andere in ag geneem
moet word:
“
1) The
potentiality of irreparable harm or prejudice being sustained by the
appellant on appeal (respondent in the application) if
leave to
execute were to be granted;
2) The
potentiality of irreparable harm or prejudice being sustained by the
respondent on appeal (applicant in the application) if
leave to
execute were to be refused;
3) The
prospects of success on appeal, including more particularly the
question as to whether the appeal is frivolous or vexatious
or has
been noted not with the bona fide intention of seeking to reverse the
judgment but for some indirect purpose, e.g. to gain
time or harass
the other party; and
4) where
there is the potentiality of irreparable harm or prejudice to both
appellant and respondent, the balance of hardship or convenience,
as
the case may be.”
Sou
‘n mens kyk na punt 1 hierbo aangehaal – die moontlike
onherstelbare skade wat die Respondent kan ly indien
inwerkingstelling
van die bevel toegelaat word, is daar eerstens wat
die beeste betref geen rede aangevoer waarom die Respondent se beeste
nie verwyder
kan word van die gemelde grond nie. Wat die skape
betref word aangevoer dat hulle nie vervoer kan word nie aangesien
hulle besig
is om te lam en ook nie aan die oostekant van die
gedeelte verskuif kan word nie aangesien daar ongediertes is.
Hierteenoor
en by oorweging van punt 2 hierbo aangehaal erken die Respondent in
wese dat daar volgens die riglyne van die Departement
Landbou vir
normale toestande, die weidingskapasiteit oorskry word. Alhoewel
hierdie weidingskapasitiet volgens Respondent vir 4
maande oorskry
kan word laat dit die vraag wat gebeur na die 4 maande wanneer daar
geen weiding meer oor is nie? Dit moet ook in
aggeneem word dat die
Respondent alreeds sedert Junie sy vee op die gedeelte ter sprake
laat wei het. Die getal skape (240) wat
die Respondent op die
gedeelte aangebring het sluit ook klaarblyklik nie die lammers in wat
intussen gebore is en ook weiding benut
nie.
Die
Applikant maak die verdere bewering dat sy as gevolg van die aantal
vee op die gedeelte ook nie voorsiening kan maar vir somerweiding
nie.
Selfs
as net hierdie twee faktore opgeweeg word is ek reeds oortuig dat die
Applikant se skade nie net nou nie, maar in die toekoms
veel meer sal
wees as die van die Respondent sou die bevel nie inwerkinggestel word
nie.
Sou
daar verder gekyk word na die Respondent se kanse van sukses op appèl
is ek nie so seker soos Mnr. Coetzee wat vir die Respondent
optree
dat daar wel ‘n redelike vooruitsig van sukses op appèl kan wees
nie. Die Respondnet se gronde van appèl is die volgende.
“
1. Dat
die Verhoorhof fouteer het deur te bevind dat die respondent
inderdaad die eerste en tweede applikant in hul besit versteur
het,
alternatiewelik, geregtig was op die bevel soos deur Haar Edele
Regter Williams gemaak.”
In
die Spoliasie aansoek was daar deur Respondent erken dat daar
besitversteuring was, die enigste geskilpunt was of daar ‘n
ooreenkoms
was tussen die partye dat die Respondent besit verkry.
Hierdie ooreenkoms volgens die Respondent word gemanifisteer deur die
feit
dat die Applikant sleutels tot die gedeelte aan die Respondent
oorhandig het welwetend dat hy beoog het om sy vee op die gedeelte
aan te bring. Nêrens in die korrespondensie tussen die partye se
prokureurs wat aangeheg was tot die Respondent se Opponerende
Eedsverklarings is daar sprake van so ‘n ooreenkoms nie.
Inteendeel van so vroeg soos 11 Februarie 2004 het die Applikant se
prokureurs
alreeds gewaarsku dat ‘n hofaansoek gebring sal word en
‘n eis vir skadevergoeding ingestel sal word indien die Respondent
sonder
alle mede-eienaars se samewerking die grond gebruik. Op 11
Junie 2004 rig die Applikant se prokureurs ‘n skrywe aan die
Respondent
se prokureurs (na ontvangs van ‘n skrywe gedateer 10
June 2004 vanaf die Respondent se prokureurs dat Respondent besig is
om sy
vee op die gedeelte te skuiwe) dat hulle opdrag het om
onmiddellik ‘n spoliasie-aansoek te bring.
Hierdie
optrede is na my mening nie sprekend van ‘n ooreenkoms tussen die
partye nie en is Respondent se kanse van sukses op appèl,
op die
gronde aangedui, wat my betref skraal.
Al
hierdie omstandighede in ag geneem is ek van mening dat dit net reg
en billik is dat die spoliasiebevel in werkinggestel word.
Mnr. Van
Niekerk wat vir die Appliakant verskyn betoog dat dit duidelik is dat
die Respondent besig is met ‘n poging om tyd te
wen en dat hy
gepenaliseer moet word met ‘n bestrawwende koste bevel. Ek is nie
oortuig dat die Respondent noodwendig beuselagtig
of kwaadsugtig
opgetree het deur hierdie aansoek te opponeer nie en is dit prematuur
om so ‘n koste bevel te maak alvorens die
aansoek om verlof om te
appelleer aangehoor is.
In
die omstandighede word die volgende bevel gemaak.
a) Dit word gelas dat
die bevel verleen deur hierdie Hof op 22 Julie 2004 onder saaknommer
750/2004, met uitsondering van die koste
bevel daarin vervat in
werking gestel word teen 16h00 Maandag, 9 Augustus 2004.
b) Koste
van hierdie aansoek is koste in die appèl.
_______________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Nms.
Applikant
: Adv. J.G Van Niekerk
i.o.v
Elliot, Marris, Wilmans & Hay
Nms.
Respondent
: Adv W J
Coetzee
i.o.v Duncan &
Rothman
Datum
van verhoor
: 05/08/2004
Datum
van uitspraak:
06/08/2004