About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 65
|
|
S v Jonas (KS 30/2002) [2004] ZANCHC 65 (30 July 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: KS 30/2002
Datum
Verhoor: 2004-07-27
Datum
Gelewer: 2004-07-30
In
die saak van
:
ERICK
JONAS APPLIKANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK OP
AANSOEK OM VERLOF OM TE APPELLEER
MAJIEDT
R:
Hierdie
is ân aansoek om verlof om te appelleer teen skuldigbevinding en
vonnis. Tesame met hierdie aansoek doen die Applikant
ook aansoek om
verlof om verdere getuienis aan te bied en, omrede die twee
voormelde aansoeke nie binne die voorgeskrewe tydperk
ingedien is
nie, doen die Applikant ook aansoek dat hierdie nalate gekondoneer
word.
Die
Applikant is deur my skuldig bevind op ân aanklag van verkragting
en is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis, met toepassing
van
die bepalings van artikel 51(1)(a) van Wet 105 van 1997. Daarna het
die Applikant aansoek gedoen om verlof om te appelleer
teen sy
skuldigbevinding, welke aansoek toegestaan is na die Volbank van
hierdie afdeling, slegs ten aansien van die vraag of ek
gefouteer
het deur nie die bepalings van artikel 164 saamgelees met die
bepalings van artikel 162 van die Strafproseswet (
âdie
Wet
â)
behoorlik na te kom nie.
Die
Volbank van hierdie Afdeling het op appél die skuldigbevinding en
vonnis tersyde gestel en die aangeleentheid terugverwys vir
die
korrigering van die formele tekortkominge in die klaagster se
getuienis. Dit is belangrik dat ek die bevel uitgereik deur
die
Volbank volledig weergee:
â
In the premises
I make the following order:
1. The
conviction and sentence are set aside.
2. The
case is remitted to the Court
a
quo
with the instruction to recall the complainant as a witness
and
to obtain from her such evidence as would be necessary to remedy the
defect in her evidence
.â
(my
beklemtoning).
Hierna
is die klaagster se getuienis weer aangehoor ooreenkomstig die
voormelde bevel van die Volbank en is die Applikant opnuut
weer deur
my skuldig bevind aan verkragting en weereens gevonnis tot
lewenslange gevangenisstraf. Dit is teen dié laasvermelde
skuldigbevinding en vonnis wat die Applikant nou wil appelleer.
5.1 Die
eerste aspek wat oorweging verg op hierdie stadium, selfs voor die
meriete van die onderskeie aansoeke voor my aangespreek
word, is of
ek hoegenaamd oor die regsbevoegdheid beskik om ân verdere aansoek
om verlof om te appelleer aan te hoor.
5.2 Dit
ly geen twyfel nie dat die aansoek om kondonasie en die aansoek om
verlof om verdere getuienis te lei onlosmaaklik verweef
is in die
aansoek om verlof om te appelleer. Die vraag aangaande my
regsbevoegdheid ontstaan uit hoofde van die feit dat ek alreeds
by ân
vorige geleentheid ân aansoek om verlof om te appelleer gedeeltelik
toegestaan het ten aansien van die Applikant se skuldigbevinding.
In
S
v Singh 1994(2) SASV 653 (D)
het Magid R bevind dat hy
functus
officio
was om ân aansoek om verdere getuienis aan te bied aan te hoor,
omrede hy alreeds voorheen verlof tot appél teen die
skuldigbevinding
geweier het. Hy kom tot hierdie bevinding omdat ân
aansoek om verdere getuienis aan te bied hand aan hand gaan met ân
aansoek
om verlof om te appelleer. Die geleerde Regter bevind
gevolglik dat hy geen regsbevoegdheid het om die aansoek om verdere
getuienis
aan te bied, te oorweeg nie.
5.3 In
die
Singh
saak was die Applikant skuldig bevind aan moord in ân plaaslike
afdeling en is hy gevonnis tot ân termyn van gevangenisstraf.
Hy
het na die vonnis aansoek gedoen vir verlof om te appelleer teen die
skuldigbevinding, welke aansoek deur die Verhoorhof afgewys
is.
Etlike maande later het ân getuie wat by die verhoor getuig het,
die applikant se advokaat in besit gestel van ân eedsverklaring
waarin die voormelde getuie verklaar het dat die getuienis wat hy by
die verhoor gelewer het, geheel en al vals en gefabriseerd was.
Op
grond van hierdie getuienis vervat in die eedsverklaring het die
applikant toe gepoog om weereens aansoek te doen vir verlof
om te
appelleer teen sy skuldigbevinding sodat hy hierdie nuwe getuienis
kon lei ingevolge die bepalings van die destydse artikel
316(3) van
die Wet. Magid R bevind met verwysing na
S
v Masinda en ân ander 1981(3) SA 1157 (A)
te 1164, dat artikel 316(3) duidelik bepaal dat slegs wanneer ân
aansoek om verlof om te appelleer ingevolge artikel 316(1) van
die
Wet gebring word, die bepalings van artikel 316(3) van die Wet
toepassing kan vind (sien 655 i van die beslissing). Die geleerde
Regter bevind verder dat hy
functus
officio
is, omrede hy alreeds ân aansoek om verlof om te appelleer
aangehoor en afgewys het.
5.4 Dieselfde
gevolgtrekking soos dié wat bereik is deur Magid R in die voormelde
beslissing is ook bereik in die volgende beslissings:
R
v Nzimande 1957(3) SA 772 (A)
te 774 H;
R
v Sibande 1958(3) SA 1 (A)
te
6 E;
R
v Maharaj 1958(4) SA 246(A);
S
v Vontsteen 1972(4) SA 1 (T)
te 4 G;
Matjila
v Director of Public Prosecutions, TPD 2002(1) SASV 507 (T)
te 513.
In
die laasvermelde beslissing, te wete dié van
Matjila
,
was
daar ân verdere argument voorgehou aan die geleerde Regter dat die
huidige Grondwetlike bedeling die pre-1994 beslissings onderskei
in
dié verband. Daar is naamlik aangevoer dat die applikant in
Matjila
se
saak ân grondwetlike reg het om ân verdere aansoek om verlof om
te appelleer te loods. Ook hierdie argument het nie byval
gevind by
die geleerde Regter nie en het hy bevind dat die Hof inderdaad
functus
officio
is om ân verdere aansoek vir verlof om te appelleer te oorweeg
(sien 517 c-d van die hofverslag).
5.5 Artikel
316 van die Wet is in sy geheel vervang deur artikel 5 van die
Strafproseswysigingswet, 42 van 2003. Dit het op 1 Januarie
2004 in
werking getree en is dus van toepassing op die onderhawige aansoeke
voor my. Die ooreenstemmende vorige artikel 316(3)
se bepalings
is nou te vinde in artikel 316(5) van die Wet. Dié artikel lees as
volg:
â
5a) ân
Aansoek om verlof om te appelleer kragtens subartikel (1) kan deur 'n
aansoek om verdere getuienis voor te lê (hierna in
hierdie artikel
ân aansoek om verdere getuienis genoem) wat verband hou met die
voorgenome appél, vergesel word.
b) ân Aansoek om
verdere getuienis moet deur ân beëdigde verklaring gesteun word
waarin beweer word dat â
i) verdere
getuienis wat vermoedelik as waar aanvaar sal word, beskikbaar is;
ii) indien
dit aanvaar word dat die getuienis redelikerwys tot ân ander
uitspraak of vonnis aanleiding kan gee; en
iii) daar
ân redelike aanvaarbare verklaring is vir die versuim om die
getuienis voor die afsluiting van die verhoor voor te lê.
c) Die hof wat ân
aansoek om verdere getuienis toestaan, moet â
i) daardie
getuienis en verdere getuienis ontvang wat daardeur nodig gemaak
word, met inbegrip van teenbewys deur die aanklaer geroep
en
getuienis deur die hof geroep; en
ii) die hof se
bevindinge of standpunte met betrekking tot daardie getuienis, met
inbegrip van die bewyskrag en toereikendheid van
die getuienis, en
die gedrag en geloofwaardigheid van ân getuie, aanteken.
Die
vorige artikel 316(3) het op sy beurt as volg gelees:
ââ
Wanneer
in 'n aansoek ingevolge subartikel (1) om verlof om te appelleer, by
beëdigde verklaring bewys word-
(a) dat verdere
getuienis wat vermoedelik as waar aanvaar sal word, beskikbaar is;
(b) dat
indien dit aanvaar word die getuienis redelikerwys tot 'n ander
uitspraak of vonnis aanleiding kan gee; en
(c) behalwe
in buitengewone gevalle, dat daar 'n redelik aanvaarbare verklaring
is vir die versuim om die getuienis voor die afsluiting
van die
verhoor voor te lê,
kan die hof wat
die aansoek aanhoor, daardie getuienis en verdere getuienis ontvang
wat daardeur nodig gemaak word, met inbegrip van
teenbewys deur die
aanklaer geroep en getuienis deur die hof geroep.
5.6 Wat
onmiddellik opval in die bepalings van artikel 316(5)(b) en (c)
hierbo, is dat daar nou âbeweerâ moet word in ân ondersteunende
eedsverklaring(s) dat die feite in artikel 316(5)(b)(i), (ii) en
(iii) wel bestaan. In die vorige artikel 316(3) was die vereiste
gestel dat daar in die beëdigde verklarings â
bewys
â
moes word dat dié feite wel bestaan. ân Verdere belangrike
verskil is te vinde in artikel 316(5)(b)(iii) â daar is geen
verwysing soos in die vorige artikel 316(3)(c) na â
behalwe
in buitengewone gevalle
â
nie. Ek is dit eens met
Du
Toit
et
al
:
Commentary
on the Criminal Procedure Act
(te 31-7) dat die nuwe artikel 316 weinig substantiewe verandering
gebring het. Wat ân aansoek om verdere getuienis aan te bied
betref, sal ân Hof steeds tevrede moet wees dat daar voldoen is aan
die drie vereistes hierbo aangehaal. Die enigste verandering,
myns
insiens, is dat die derde vereiste [artikel 316(5)(b)(iii)] in alle
gevalle (en nie met uitsondering van buitengewone gevalle
soos
voorheen nie) bewys moet word. Die gewysdes wat ek aangehaal het in
paragrawe 5.2 en 5.4 hierbo is dus steeds van toepassing
wat die
regsposisie in die onderhawige geval aanbetref.
Is
die situasie enigsins anders in die onderhawige geval, waar verlof
om te appelleer gedeeltelik toegestaan is en waar die appél
op ân
tegniese aspek suksesvol was en die aangeleentheid terugverwys is na
hierdie Hof vir die aanhoor van getuienis om ân
formele gebrek reg
te stel? Advokaat Nel, wat namens die Applikant verskyn het, het
betoog dat die situasie inderdaad anders
is terwyl Advokaat Birch
wat namens die Staat optree, tot die teendeel submitteer het. Ek is
van mening dat die situasie hierin
presies dieselfde is as dié in
die gevalle waarna ek alreeds verwys het. Na my mening is hierdie
Hof
functus
officio
en is ek nie regsbevoegd om ân verdere aansoek om verlof om te
appelleer te oorweeg nie. Die feit dat die aansoek terugverwys
is
vir die aanhoor van getuienis verander na my mening niks aan die
regsposisie nie. Per slot van sake is die aangeleentheid
terugverwys deur die Volbank juis met die uitsluitlike doel om die
getuienis aan te hoor sodat die tekortkoming in die klaagster
se
getuienis, naamlik om die bepalings soos vervat in artikel 164
saamgelees met die bepalings vervat in artikel 162 van die Wet
na te
kom, aangevul kan word. Daar was dus geen nuwe verhoor nie. Die
bevel van die Volbank wat ek volledig aangehaal het maak
dit baie
duidelik dat die aangeleentheid terugverwys is bloot vir die
regstelling van hierdie formele defek.
Gevolglik
is ek die mening toegedaan dat ek nie regsbevoegd is om hierdie
aansoek om verlof om te appelleer en die daarmee gepaardgaande
aansoeke vir kondonasie en vir verlof om verdere getuienis aan te
bied, te oorweeg nie.
8.1 Selfs
al is ek verkeerd in my voormelde bevinding, is ek in elke geval die
mening toegedaan dat daar absoluut geen meriete in
die onderskeie
aansoeke is nie. Soos ek alreeds aangedui het, is die drie aansoeke
nou verweefd aan mekaar en is dit gevolglik dienstig
om allereers die
aansoek om verlof om verdere getuienis aan te bied te oorweeg.
8.2 Wanneer
die bepalings van artikel 316(5)(b) onder die loep geneem word, is
dit duidelik dat die eerste hekkie wat ân applikant
moet oorkom is
om aan te toon dat die verdere getuienis wat hy wens aan te bied
vermoedelik as waar aanvaar sal word. In die onderhawige
geval het
die Applikant eedsverklarings voorgelê van die volgende voornemende
getuies: Felicity Tier, Elpidia Geweld, Sandra Levleur
en Betsie
Jacobs. Ek ag dit nie nodig vir doeleindes van hierdie uitspraak om
die inhoud van hierdie onderskeie eedsverklarings
volledig weer te
gee nie. Dit is voldoende om te vermeld dat die weergawe vervat in
al hierdie verklarings bloot maar daarop neerkom
dat die klaagster by
een of ander geleentheid ná die Applikant se skuldigbevinding en
vonnis aan die deponente aangedui het dat
nie die Applikant nie, maar
ene Dirk inderdaad haar verkrag het. Dit is nodig dat ek meer
volledig verwys na die eedsverklaring
van Felicity Tier. Volgens
hierdie dame is sy goed bevriend met die klaagster. Die klaagster
het aan haar op ân stadium meegedeel
dat ân man met die naam van
Dirkie haar by die Roomse Katolieke Kerk verkrag het en dat dit nie
die Applikant was wat haar verkrag
het nie. Felicity het op ân
stadium die klaagster, op laasgenoemde se versoek, vergesel na die
polisiestasie waar die klaagster
binnegegaan het en met ene Piet
Jood, klaarblyklik ân polisiebeampte, gaan praat het. Sy wat
Felicity is het buite gewag en nadat
die klaagster teruggekeer het,
het die klaagster aan haar meegedeel dat sy alles vir Piet Jood
vertel het ten aansien van die feit
dat nie die Applikant nie maar
inderdaad die persoon Dirkie haar verkrag het. Volgens Felicity het
die klaagster haar meegedeel
dat die polisiebeampte, Mnr. Jood, al
hierdie besonderhede neergeskryf het. Die Staat opponeer hierdie
aansoek om verlof om verdere
getuienis aan te hoor en het opponerende
eedsverklarings van die klaagster sowel as konstabel Piet Jood
aangeheg by die kennisgewing
van opponering. Die klaagster ontken
heftig in haar eedsverklaring die bewering dat sy aan persone sou
gesê het dat Dirkie en nie
die Applikant nie, haar verkrag het.
Konstabel Piet Jood ontken dat die klaagster ooit op enige stadium by
hom was met ân weergawe
soos dié voorgehou deur die Applikant se
voornemende getuie en dat hy dit neergeskryf het.
Mnr.
Nel het heeltemal tereg toegegee dat die Staat geoorloof is om
opponerende eedsverklarings aan die Hof voor te hou. Hy het
ook
heeltemal geredelik en heeltemal tereg na my mening toegegee dat
daar etlike onwaarskynlikhede is in die voornemende getuies
se
weergawes. Een daarvan is die feit dat die klaagster spontaan aan
hulle sou genoem het dat dit nie die Applikant nie, maar
ene Dirkie
was wat haar sou verkrag het. Waarom sou die klaagster spontaan
hierdie onrusbarende inligting aan hulle oordra? ân
Belangrike
aspek by die oorweging van die vraag of die voornemende getuies se
getuienis moontlik as waar aanvaar sal word is die
posisie van Mnr.
Piet Jood, die polisieman. Hy is na my mening die enigste
onafhanklike getuie van al die deponente van die eedsverklarings
voor my. Ek noem hom onafhanklik omdat al die deponente namens die
Applikant óf bevriend is met hom óf familielede is van hom.
Die
klaagster weer het uiteraard ân wesenlike belang daarin dat haar
integriteit en reputasie gestand bly en het derhalwe ân
beweegrede
om vol te hou dat haar oorspronklike getuienis in die Hof voor my
inderdaad die waarheid is. Konstabel Piet Jood het
geen sodanige
belang nie. Hy was nie die ondersoekbeampte in die saak nie en het
klaarblyklik slegs ân eedsverklaring gemaak
omdat sy naam ter
sprake gekom het in die eedsverklaring van Felicity Tier. Daar is
geen rede aan my voorgehou nie en ek kan aan
geen rede hoegenaamd
dink waarom so ân onafhanklike polisiebeampte so ver sou gaan om
meineed te pleeg, ten einde die weergawe
van ân klaagster in ân
saak waarin hy absoluut geen belang het nie, te probeer ondersteun.
Vir
hierdie redes is ek die mening toegedaan dat daar in elk geval geen
meriete hoegenaamd is in die aansoek om verlof om verdere
getuienis
aan te bied nie. Dit is nodig om te vermeld dat, by die geleentheid
toe die klaagster teruggeroep is ten einde die formele
gebrek in
haar getuienis reg te stel soos gelas deur die Volbank van hierdie
afdeling, Mnr. Nel wat toé ook vir die Applikant
verskyn het dit
aan haar gestel het met vermelding van sekere name dat daar
beweringe is dat sy sou gesê het dat nie die Applikant
nie maar
Dirkie haar verkrag het. Die klaagster het dit heftig en pertinent
ontken. Dit is ân bykomende rede waarom ek meen
dat daar geen
meriete in hierdie aansoek steek nie.
Die
bevinding dat daar geen meriete is in die aansoek om verlof om
verdere getuies aan te bied nie, lei onafwendbaar daartoe dat
bevind
moet word dat daar ook geen meriete is in die aansoek om kondonasie
en aansoek om verlof om te appelleer nie.
Gevolglik
reik ek die volgende bevel uit:
12.1 Die
Applikant se aansoeke om kondonasie en om verlof om te appelleer teen
sy skuldigbevinding en vonnis en om verlof om verdere
getuienis aan
te bied, word almal afgewys.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
NAMENS
APPLIKANT : ADV I NEL
NAMENS
RESPONDENT : ADV T BIRCH
DATUM
VAN VERHOOR : 2004-07-27
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-07-30