Farmers' Services Limited h/a Farmers' Fertilisers Services v Muller (CA & R 196/02) [2004] ZANCHC 64 (1 July 2004)

54 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Locus standi — Appellant failed to prove locus standi in terms of the contract — Appellant's reliance on a clause in the contract contradicted by evidence presented — Legal burden to prove locus standi incorrectly placed on the respondent — Appeal dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 64
|

|

Farmers' Services Limited h/a Farmers' Fertilisers Services v Muller (CA & R 196/02) [2004] ZANCHC 64 (1 July 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:CA
& R 196/02
Datum
verhoor: 2004-07-26
Datum gelewer:
In
die appél van
:
FARMERS’
SERVICES LIMITED APPELLANT
H/A FARMERS’ FERTILISERS SERVICES
versus
RENIER
MULLER RESPONDENT
Coram
:
KGOMO RP, MAJIEDT R
et
OLIVIER
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Ek
het die voordeel daarvan gehad om die breedvoerige, weloorwoë
uitsprake van my geleerde ampsbroeders te lees. Ek is dit eens
met
Olivier R dat die appél van die hand gewys moet word.
Die
Appellant se probleme hierin het myns insiens hul ontstaan te danke
aan die volgende twee fundamentele flaters wat begaan is:
2.1 Die
Appellant het, as
dominus
litis
,
duidelik en ondubbelsinnig in sy dagvaarding gepleit dat die
wesenlike terme van die kontrak gevind kan word in aanhangsel â€œA”
tot die dagvaarding. Daarby ingeslote dus was die gewraakte
klousule 14 waarna my ampsbroeders alreeds volledig verwys het
in hul uitsprake.
Verbasend
genoeg het die Appellant, toe hy gedaag was deur die Respondent om sy
locus
standi
te
bewys gegewe klousule 14 se bepalings, nie net daarin volhard om vol
te hou met dié standpunt nie, maar het hy boonop getuienis
tot die
teendeel van klousule 14 se bepalings aangebied.
2.2 Die
tweede flater is ‘n wanopvatting wat by die Appellant se advokaat
bestaan het tydens die verhoor dat die bewyslas om
locus
standi
(of dan meer korrek die gebrek daaraan) te bewys, op die Respondent
rus.
Die
gesag soos aangehaal deur Olivier R is duidelik tot die
teendeel; sien par. [6] en par. [7] van Olivier R se
uitspraak.
Vir
die redes soos voorgehou deur Olivier R in sy uitspraak is ek
heeltemal tevrede dat daar nie gesê kan word dat die Respondent
warm en koud geblaas het in die formulering van sy verwere nie (die
sg. “
approbate
and reprobate
”).
Dit kom veelvuldiglik voor dat verskillende en selfs op die oog af
botsende verwere in ‘n verweerskrif gepleit word. Daar
is regtens
geen beletsel daarteen nie, mits dit as alternatiewe gepleit word en
mits dit nie vaagheid en verwarring meebring nie.
Ek moet respekvol
verskil met Kgomo RP dat hierdie benadering ‘n verheffing van
“
form
over substance
”
is. Die “tegnies korrekte” benadering van die Respondent slaan
per slot van sake tog op ‘n kernaspek van die Appellant
se saak
wat hy moes bewys, te wete
locus
standi
.
Ek
het groot begrip vir Kgomo RP se sentimente soos ondermeer
uitgespreek in par. 44 van sy uitspraak. Die gevolgtrekking
waartoe die landdros gekom het en wat ondersteun word deur Olivier R
en ekself op appél is ‘n minder bevredigende uitslag.
Dis egter
regstegnies die korrekte bevinding na my mening.
Gevolglik
meen ek, vir die verdere redes voorgehou deur Olivier R, dat
die appél afgewys moet word met koste en word dit aldus
gelas.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
NAMENS APPELLANT : ADV A BESTER
i.o.v. ENGELSMAN BENADE & VD WALT ING
NAMENS
RESPONDENT : ADV PJ GREYLING i.o.v. DUNCAN & ROTHMAN
DATUM VAN VERHOOR : 26 JULIE
2004
DATUM VAN UITSPRAAK :