S v Deysel (CA&R 216/03) [2004] ZANCHC 63 (23 June 2004)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Housebreaking and Theft — Appeal against sentence — Appellant convicted of housebreaking with intent to steal and theft of a motor vehicle — Appellant pleaded guilty and was sentenced to four years' imprisonment — Appellant's prior convictions considered as aggravating factors — Court found no merit in the appeal against the sentence, affirming that the sentence was not shockingly inappropriate given the circumstances and the premeditated nature of the crime.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 63
|

|

S v Deysel (CA&R 216/03) [2004] ZANCHC 63 (23 June 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R
216/03
Datum
verhoor: 2005-06-23
Datum
gelewer: 2005-06-23
In
die appél van
:
DANIEL
DEYSEL APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
LACOCK
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die
appellant is in die streekhof skuldig bevind op ‘n aanklag van
huisbraak met die opset om te steel en diefstal van ‘n
motorvoertuig.
Die appellant, wat regsverteenwoordiging geniet het,
het skuldig gepleit op die ten laste gelegde misdryf soos voormeld.
Hy is
gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf. Die appellant kom in
hoër beroep teen die voormelde opgelegde vonnis.
Die appellant was
beskuldigde 2 tydens sy verhoor en is sy verhoor geskei van dié van
sy mede-beskuldigde (die eertydse beskuldigde 1)
nadat
laasgenoemde se pleit van skuldig op diefstal nie deur die Staat
aanvaar is nie.
Dit
blyk uit die appellant se artikel 112(2) skriftelike
pleitverduideliking dat hy en sy makker ‘n Mercedes Benz
motorvoertuig
ter waarde van R18 000,00 van die De Aar
Munisipaliteit, die appellant se eertydse werkgewer, gesteel het.
Dit het hulle
vermag deur in te breek by ‘n stoor van die
munisipaliteit. Die appellant se aandeel in die voormelde huisbraak
en diefstal
soos uiteengesit in sy artikel 112(2) verklaring en soos
aanvaar deur die Staat was die volgende:
(a) Die appellant het
uitkyk gehou terwyl sy makker die slot van die stoor afgeknip het.
(b) Die
appellant het gehelp om ‘n brandweerwa wat in die pad was weg te
stoot, sodat die Mercedes Benz uit die stoor gekry kon
word.
(c) Die appellant het
die motorvoertuig bestuur vanaf Britstown tot by Kimberley.
Dit blyk verder uit die
oorkonde van die verrigtinge dat die motorvoertuig in Kimberley
agtergelaat is (dit sou klaarblyklik verkoop
word aan ‘n koper van
Zimbabwe) en dat dit agterna in ‘n ongeluk betrokke was en dat die
klaer, die De Aar Munisipaliteit,
gevolglik skade gely het. Die
bedrag van die gelede skade is egter nie op rekord geplaas nie.
Die appellant se
persoonlike omstandighede sien as volg daar uit:
(a) Hy is 34 jaar oud,
getroud en die vader van vier kinders waarvan drie nog van ‘n jong
ouderdom is.
(b) Sy vrou is werksaam
as ‘n huishulp waar sy R400,00 per maand verdien.
(c) Die
appellant het, terwyl hy nog voorheen vir De Aar Munisipaliteit
gewerk het, R900,00 per maand verdien maar is hy uit diens
ontslaan
voor die betrokke voorval.
(d) Hy het op die stadium
van vonnisoplegging gewerk as ‘n tuinier waar hy R500,00 per maand
verdien het.
Die
streeklanddros het tydens vonnisoplegging in ag geneem dat die
appellant skuldig gepleit het en hy het dit as ‘n teken van
berou
aangemerk in die appellant se guns. Hy het egter as verswarende
faktor in ag geneem dat die appellant vorige veroordelings
het, meer
bepaald een van roof waarvoor hy 3 jaar en 6 maande gevangenisstraf
waarvan 18 maande voorwaardelik opgeskort was, opgelê
was. Verdere
vorige veroordelings van roekelose of nalatige bestuur van ‘n
motorvoertuig, sowel as die gebruik van ‘n motorvoertuig
sonder
die eienaar se toestemming, het die landdros tereg aangemerk as van
minder belang.
Die
beperkte bevoegdhede op grond waarvan ‘n Hof op Appél kan inmeng
met ‘n opgelegde vonnis is welbekend en verg geen herhaling
hierin
nie. Daar is namens die appellant geen wesenlike mistasting ten
aansien van vonnis aangemerk teen die streeklanddros nie,
tereg so.
Wat die vonnis self aanbetref het Mnr. Van Tonder aan die hand
gedoen dat die skokkend onvanpas is en het hy ons verwys
na twee
beslissings, beide waarvan na my mening onderskeidbaar is van die
onderhawige geval. Ek vind die vonnis glad nie skokkend
onvanpas
nie, inderwaarheid is ek die mening toegedaan dat die streeklanddros
die appellant uiters toegeeflik behandel het. Dit
verg dan ook
vermelding dat die streeklanddros tydens vonnisoplegging die
volgende opmerking gemaak het:
“
As jy vandag nou nie skuldig
gepleit het nie sou ek vir jou ‘n hele aantal jare swaarder gestraf
het, veral in aanmerking jou vorige
veroordelings,. so hierdie vonnis
wat ek jou gee is dan die ligste onder die omstandighede.”
Ek is
dit verder ook eens met Me Jansen namens die Staat, dat hier duidelik
‘n aansienlike mate van voorafbeplanning was tussen
die appellant
en sy makker. Die appellant was deeglik bewus van die omstandighede
waaronder die munisipaliteit se voertuie gestoor
was en het hy dié
kennis misbruik deur hierdie sagte teiken te identifiseer en die
Mercedes Benz motorvoertuig so te steel. Die
norm by vonnisoplegging
vir diefstal van ‘n motorvoertuig is gewoonlik direkte
gevangenisstraf, vanweë die erns daarvan. Waar
die misdryf bykomend
gepaardgaan met huisbraak in omstandighede waar daar voorafbeplanning
was en waar ‘n beskuldigde persoon ‘n
tersaaklike vorige
veroordeling het van roof, meen ek dat ‘n vonnis van vier jaar
gevangenisstraf glad nie as skokkend onvanpas
aangemerk kan word nie.
Ek is gevolglik van
mening dat daar geen meriete is in die appél teen vonnis nie.
Gevolglik word die
appél afgewys en die appellant se skuldigbevinding en vonnis word
bekragtig.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
HJ LACOCK
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV AJ VAN TONDER
NAMENS
RESPONDENT : ADV C JANSEN
DATUM VAN VERHOOR : 2005-06-23
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2005-06-23