About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 106
|
|
S v Mouers (K/S 3 /04) [2004] ZANCHC 106 (15 June 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: K/S
3/04
Datum verhoor: 07/ 06/2004
Datum
Gelewer: 15/06/ 2004
In
die saak van
:
DIE
STAAT
teen
KOOS
MOUERS BESKULDIGDE
VONNIS
GOLIATH
WnR:
U is
skuldig bevind aan moord deurdat u op 30 Januarie 2004 te
Kannastraat, Hopetown wederegtelik vir Arrie Malgas gedood het deur
hom met `n mes te steek. Die Strafwysigingswet 105 van 1997 verplig
die hof om aan u vandag die minimum vonnis soos in daardie wet
voorgeskryf op te lê as wat in daardie wet voorgeskryf word, tensy
ek tevrede is dat daar dwingende en wesenlike omstandighede bestaan.
Die misdaad waarin u
skuldig bevind is val binne die kategorie misdrywe vermeld in Deel 2
van die bylae van daardie wet, wat die hof
verplig om aan u `n
minimum vonnis van 15 jaar gevangenesstraf op te lê. In u geval is
u `n tweede oortreder en artikel 51 (2)
van die wet verplig die hof
om u gevangenesstraf vir `n tydperk van minstens 20 jaar op te lê.
Vervolgens
moet die vraag beantwoord word of daar wesenlike en dwingende
omstandighede in u geval aanwesig is wat my sou regverdig
om `n
mindere vonnis as die voorgeskrewe minimum vonnis op te lê. Die term
wesenlike en dringende omstandighede het nie `n vaste
definisie nie
en daar was aanvanklik baie onsekerheid oor hierdie begrip. Die
Appèlhof het egter in
S
v Malgas
2001(2) SASV 112 die nodige riglyne neergelê op bladsy 123 B:
â
If the sentencing
court on consideration of the circumstances of the particular case is
satisfied that they render the prescribed
sentence unjust in that it
would be disproportionate to the crime, the criminal and the needs of
society so that an injustice would
be done by imposing that sentence
it is entitled to impose a lesser sentence.â
Die
Appèlhof het verder gesê dat die Howe moet maar steeds voortgaan en
na die gewone faktore kyk soos die aard en erns van die
misdaad, u
persoonlike omstandighede en die belange van die gemeenskap. Die hof
moet dan tot `n gevolgtrekking kom of die voorgeskrewe
vonnis gepas
is of nie. Indien die hof dus bevind dat `n onreg sal geskied om u
die minimum vonnis op te lê, is die hof geregtig
om in te meng en `n
ligter vonnis op te lê.
Adv.
De Nysschen het die hof toegespreek en die hof versoek om te bevind
dat daar nie wesenlike en dwingende omstandighede is nie.
Sy het
verwys na die Malgassaak op 481 g waar as volg gesê is:-
â
What stands out
quite clearly is that the courts are a good deal freer to depart from
the prescribed sentenced that has been supposed
in some of the
previously decided cases and that it is they who are to judge whether
or not the circumstances of any particular case
are such as to
justify departure. However, in doing so, they are to respect, and
not merely pay lip service to, the Legislatureâs
view that the
prescribed periods of imprisonment are to be taken to be ordinarily
appropriate when crimes of a specified kind are
committed.â
Die
Staat het verder verwys na die volgende uit die Malgassaak op 481j:
ïg
Unless
there are, and can be seen to be, truly convincing reasons for a
different response, the crimes in question are therefore required
to
elicit a severe, standardised and consistent response from the
courts. The specified sentence are not to be departed from lightly
and for flimsy reason
sâ
Wat u
persoonlike omstandighede betref blyk dit dat u tans 34 jaar oud is.
U is in `n saamleefverhouding sedert 1990 en het een kind
wat 9 jaar
oud is.
U
het standard 3 voltooi op skool en was werksaam as `n draadwerker
voor die voorval. U inkomste was R 450.00 wat u elke tweede week
verdien het.
Mr Fourie het aangevoer
dat die volgende aspekte wel as wesenlike en dwingende omstandighede
kwalifiseer. Eerstens was u onder die
invloed van alkohol tydens die
pleging van die misdaad. Hy het aangevoer dat die feit dat hierdie
`n sinnelose daad was wat gepleeg
was teenoor u vriend, moet `n
duidelike aanduiding aan die hof gee dat die alkohol u
oordeelsvermoë moes beinvloed het. Mr Fourie
voer verder aan dat
daar slegs een wond toegedien was en dat indien die hof die
voorgeskrewe vonnis sou oplê dit onbillik sal wees
onder die
omstandighede, soos beslis in die Malgas-saak.
Die hof het oorweging
geskenk aan die argumente en vind die volgende aspekte uiters
verswarend. Die feit dat u, u eie vriend met
`n gevaarlike wapen sou
gesteek het, blykbaar sonder enige motief, beteken dat hierdie
eintlik `n sinlose misdaad was. `n Lewe was
geneem sonder enige
rede. Die oorledene het gelê en slaap voor hierdie noodlottige
aanval op hom en hy was dus weerloos en onbewapen.
Verder is u nie `n eerste
oortreder nie. U kriminele rekord strek sover terug as 1985 en die
hof neem kennis dat voor 1994 die beskuldigde
skuldig bevind was aan
ses oneerlikheids misdade. Hierdie vorige veroordelings is dus nie
so relevant vir die doeleindes van vonnis
nie.
In 1994 is u egter
skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer waar
u lyfstraf opgelê is. Dit blyk dat die
vonnis die beskuldigde
opgelê is toe hy nie meer langer `n jeugdige was nie. Op 4
September 1996 is u skuldig bevind aan moord
en gevonnis tot 8 jaar
gevangenesstraf. U is vrygelaat op parool in 2002. Hierdie misdaad
is gepleeg op 30 Januarie 2004 terwyl
u onder parooltoesig was.
Indien u die volle termyn van 8 jaar uitgedien het, sou u op 30
Januarie 2004 nog in die gevangenes gewees
het. Die feit dat u
hierdie misdaad gepleeg het terwyl u op parool was is `n uiters
verswarende aspek. Dit is duidelik dat die
vonnis van 8 jaar nie die
nodige effek op u gehad het om u te weerhou van misdaad nie. U was
`n geleentheid gegee en vroeg vrygelaat,
en u het dit nie benut nie.
Na my mening oorskadu die
verswarende omstandighede die versagtende aspekte genoem deur u
advokaat. Vervolgens bevind ek dat hier
geen wesenlike en dwingende
omstandighede aanwesig is nie en ek bevind dat dit nie skokkend
onvanpas sal wees met inagneming van
al die omstandighede om die
voorgeskrewe minimum vonnis op te lê nie.
Vervolgens word die
beskuldigde as volg gevonnis:
20
Jaar gevangenesstraf
______________
P
L GOLIATH
WAARNEMENDE
REGTER
(Noord
Kaapse Afdeling)
ADVOKAAT
NAMENS STAAT:
Adv
A. De Nysschen
ADVOKAAT
NAMENS BESKULDIGDE:
Adv
T. Fourie
DATUM
VAN VERHOOR:
07/06/2004
DATUM
VAN UITSPRAAK:
11/06/2004
DATUM
VAN VONNIS
15/06/2004