s v Mouers (K/S 3/04) [2004] ZANCHC 105 (11 June 2004)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Intent — Accused charged with murder for allegedly stabbing the deceased — Accused claimed the stabbing was accidental — Evidence presented indicated a deliberate act — Court found sufficient evidence of intent to kill. The accused, Koos Mouers, faced a murder charge for allegedly stabbing Arrie Malgas on 30 January 2004. The accused pleaded not guilty, asserting that the deceased accidentally fell onto his knife. Witness testimonies and forensic evidence indicated that the deceased sustained a fatal stab wound consistent with a deliberate act. The legal issue was whether the accused acted with intent to kill or if the act was accidental. The court concluded that the evidence supported a finding of intent to kill, leading to a conviction for murder.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 105
|

|

s v Mouers (K/S 3/04) [2004] ZANCHC 105 (11 June 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: K/S
3/04
Datum
verhoor : 07/06/2004
Datum
Gelewer: 11 / 06 / 2004
In
die saak van
:
DIE
STAAT
versus
KOOS
MOUERS BESKULDIGDE
UITSPRAAK
GOLIATH
WnR:
[1] Die
beskuldigde, Mr Koos Mouers, `n 32 jarige man van Hopetown, staan
tereg op `n aanklag van moord. Dit word beweer dat hy op
of omtrent
30 Januarie 2004 en te Kannastraat 120 wederregtelik en opsetlik vir
Arrie Malgas gedood het deur hom met `n mes te steek.
[2] Die
beskuldigde word deur Advokaat Fourie van die Regshulpraad
verteenwoordig. Hy het onskuldig gepleit en aangevoer dat die
oorledene per ongeluk in sy eie mes geval het. Die beskuldigde
ontken dus dat hy die oorledene sou gesteek het. Die beskuldigde
erken die identitiet van die oorledene. Hulle het mekaar voor die
voorval goed geken. Beskuldigde erken dat die oorledene geen
verdere
beserings opgedoen het vanaf die toedien van die steekwond en die
uitvoering van `n regsgeneeskundige lykskouing deur Dr
Petrus Van der
Walt Vermeulen. Die erkenings is op skrif gestel en ontvang as
Bewysstuk A.
[3] Met
aanvang van die verhoor is sekere bewysstukke by ooreenkoms
ingehandig naamlik `n artikel 212 verklaring van Roelf Jacobus
Neels,
gemerk bewysstuk B, bevattende `n foto album. Die beskuldigde erken
dat die fotos geneem is van die toneel war die voorval
plaasgevind
het asook sekere punte daarop uitgewys deur getuie Jannie Solomon.
Die lykskouingsverslag, bloedmonsterverslag en bloedalkoholverslag
is
onderskeidelik ontvang as bewysstukke E, F en G en `n afskrif van die
oorledene se identitietsdokument is onvang as bewysstuk
H. Die
oorkonde van die borgverrigtinge gehou te landdroshof Hopetown is
ingehandig as bewysstuk J. Beskuldigde erken ook die korrektheid
van
die genoemde regsgeneeskundige lykskouingverslag. Ingevolge hierdie
verslag is die oorsaak van dood kardiale tampomade as gevolg
van die
deursnyding van die linker atruim van die hart. Behalwe die
steekwond het die oorledene twee stomp beserings op sy voorkop
opgedoen.
[4] Die
voorval het op Vrydag 30 Januarie 2004 ongeveer middernag
plaasgevind. Mr Michael Van Wyk getuig dat hy en die oorledene
saam
woonagtig was te Kanna straat 120, Hopetown. Die oorledene het
ongeveer 5 uur die aand vanaf sy werk tuis gekom. Hulle het
beide
tuis gebly en het tussen 8 en 9 uur die aand gaan slaap. Die
oorledene moes blykbaar die Saterdag gaan werk het. Die woning
het
slegs een slaapkamer waar hy slaap. Die oorledene slaap in die
voorhuis op die grond.
[5] Die
aand ongeveer middernag was hy wakker gemaak deur `n klop aan die
deur. Hy het iemand hoor roep en die deur oopgemaak. Hy
het drie
persone opgemerk. Dit was die beskuldigde en `n onbekende man en `n
vrou. Die onbekende man praat toe tsosti taal met
hom. Hy het die
man versoek om nie so met hom te praat nie aangesien hy nie die taal
verstaan nie. Terwyl hy besig was om met die
man te praat het die
beskuldigde verby hom gespring en in die rigting van die oorledene
beweeg. Die oorledene het na hom geroep.
Hy het opgemerk dat die
oorledene vir die beskuldigde aan sy skouers vashou. Die
beskuldigde het vir die oorledene met een hand
voor die bors
vasgehou. Hy het `n blink voorwerp in die beskuldigde se ander hand
gesien maar is nie seker of dit `n mes was nie.
Hulle het beide
regop gestaan en die oorledene het vir die beskuldigde weg van hom af
gestoot.
[6] Die oorledene, geklee
in sy slaapklere, het toe uit die huis uitgehardloop en die
beskuldigde het hom agterna gesit. Hy het die
oorledene en die
beskuldigde agtervolg en sy buurman, Jannie Solomon gaan roep. Hy
het toe na die oorledene gegaan en hom by Jannie
Solomon se hek
gevind. Sy bors was vol bloed. Hy en sy buurvrou het die polisie
ontbied. Volgens hom het die beskuldigde vanaf
die toneel verdwyn.
Die polisie het die oorledene weggeneem. Hy en die beskuldigde was
baie goeie vriende voor die voorval.
[7] Jannie
Solomon getuig dat hy op 30 Januarie 2004 by sy meisie se woning was.
Hy het op `n staduim gedurende die nag buite toe
gegaan om te gaan
rook. Terwyl hy buite staan en rook sien hy die oorledene kom
uitgehardloop uit hul woning en val naby die hek.
Hy let toe op dat
die beskuldigde met `n mes in sy hand voor by die deur van die woning
staan. Hy het die beskuldigde gevra of
hy die oorledene gesteek het.
Die beskuldigde het aan hom geantwoord dat hy geld soek. Hy het
opgemerk dat die oorledene vol bloed
was en het die polisie ontbied.
Hy getuig dat die beskuldigde `n bietjie onder die invloed van drank
was.
[8] Tydens
lewering van sy getuienis het die Staat versoek dat die getuie sy
geheue verfris oor `n sekere aspek van sy verklaring
en dit
ingehandig as bewysstuk A. Die getuie het bevestig dat hy die
volgende in sy verklaring gesê het “
Ek
vra hom het hy nou vir Arrie gesteek. Koos het slegs gesê hy soek
geld.
“
Dit blyk egter dat hierdie aspek nie juis in geskil is nie aangesien
die beskuldigde dit as korrek bevestig.
[9] Dr
Petrus Van der Walt Vermeulen het getuig dat hy `n mediese praktisyn
te Hopetown is serdert 1983.
Hy
lewer tans dienste as distriksgeneesheer vir ongeveer 16 jaar.
Op
7 Februarie 2004 het hy die oorledene ondersoek. Die oorledene het
`n steekwond in sy linkerbors gehad. Die steekwond penetreer
die vel
links van die borsbeen waar die rib aansluit by die borsbeen. Die
wondrigting gaan dan deur die kraakbeenaansluiting waarna
dit die
hartweefsel tref. Die linkerhartkamer is getref en die bloed het
van hier af uitgespuit tot in die hartsak. Die hart was
gevolglik
vasgedruk in die bloed in die hartsak dit het dan gely tot
hartstilstand. Hy getuig dat indien die oorledene met `n mes
gesteek
was, moes daar redelike geweld gebruik gewees het ten einde die
kraakbeenaansluiting te kan deurboor. Die wond dui aan
dat die
steekvoorwerp `n skerppuntige mes moes wees. Die wond was van so `n
aard dat die dood binne `n bestek van 5 minute sou intree
na
toediening van die wond. Die traktus van die wond is skuins van bo na
onder en links af in die bors. Die traktus van die wond
is
versoenbaar met die tipiese steekbeweging waar `n persoon iemand
steek wat direk voor hom sou staan.
[10]
Na sluiting van die Staatsaak het die beskuldigde in sy eie
verdeiging getuig.
Sy
weergawe is dat hy baie goed bevriend is met die staatgetuie Mr
Michael Van Wyk.
Hulle
was soos beste vriende voor die voorval. Hy ken ook die oorledene
goed en daar was geen probleme tussen hulle nie. Op 30 Januarie
2004
ongeveer 2 uur die middag het hy en Michael Van Wyk hul buurvrou,
Jannie Solomon se meisie, se erf skoongemaak. Sy het onderneem
om
hulle later te betaal. Tydens kruisondervraging blyk dit dat hulle
ook die middag by die abatoir was waar hulle afval gekoop
het. Hulle
is laatmiddag Kampong plakkerskamp toe om meisies te gaan soek.
Tussen 5 en 6 uur die aand is hulle toe na `n taverne
waar hulle
gedrink en gedans het.
[11] Na
8 uur die aand is hulle huistoe. Hy was bekommerd dat sy moeder en
meisie alleen tuis is en het Michael Van Wyk gesê dat
hy wil loop.
Hulle
is vanaf die taverne direk na Michael Van Wyk se woning.
Die
oorledene het die deur oopgemaak. Michael Van Wyk is na sy kamer toe
en het weer later sy verskyning gemaak. Die oorledene was
besig om
`n zol te maak langs sy bed voor die tafel. Op `n stadium is Michael
Van Wyk toilet toe. Die oorledene, wie bekend is
as grapmaker, het
speelsgewys na hom windhoue geslaan met sy hande. Hy het `n kombers
om hom gehad. Daar was `n mes langs die oorledene
op die tafel.
[12] Die oorledene het
die mes geneem en speelsgewys na hom gemik met die mes. Die
beskuldigde het gedemonstreer dat die oorledene
die hef van die mes
in sy gebalde vuis gehou het met die lem opwaarts. Soos die
oorledene na hom mik het hy gestruikel oor die kombers
en die tafel.
Die beskuldigde het gekeer dat sy maermerie seerkry by die tafel en
hy help toe die oorledene om op te staan.
[13] Die oorledene het
vooroor, gebukkend gestaan. Hy het die oorledene gevra of hy
seergekry het en die mes van die grond opgetel.
Die mes se punt was
rooi. Michael Van Wyk het nader gekom en gevra wat gaan aan. Hy het
vir hom en die oorledene uitmekaar gemaak.
Hy het vir Michael Van
Wyk verduidelik dat die oorledene gespeel en geval het in die mes en
die mes aan hom oorhandig. Die oorledene
se bors was bebloed.
[14] Die oorledene het by
die deur uitgehardloop. Hy het die mes, ongeveer 30 cm lank, van
Micheal Van Wyk geneem en die oorledene
agtervolg. Toe hy buite kom
vra Jannie Solomon se vrou hom hoekom het hy die oorledene gesteek.
Jannie Solomon het hom ook gevra
of hy die man gesteek het waarop hy
geantwoord het “ek soek net geld.“ Hy het vir Jannie Solomon
verduidelik dat die oorledene
gespeel het en in sy mes geval het.
Michael Van Wyk het op die staduim die mes van hom afgevat en hy het
huistoe gegaan. Michael
Van Wyk het later by sy woning opgedaag en
vir sy moeder verduidelik dat die voorval `n ongeluk was. Hy is die
volgende dag deur
die polisie gearresteer.
[15] Die Staatsgetuies
Michael Van Wyk en Jannie Solomon het nie gesien hoe die oorledene
gesteek word nie. Michael Van Wyk getuig
oor die voorval binne die
huis. Hy het nie `n mes by die beskuldigde gesien nie, en bevestig
dat die oorledene na buite gehardloop
het. Jannie Solomon, wie buite
was op daardie stadium bevestig egter dat hy die beskuldigde gesien
het agter die oorledene hardloop
met `n mes in sy hand. Hy het ook
gesien hoe die oorledene inmekaarsak buite die woning. Uit die
aanloop van die gebeure is dit
duidelik dat die enigste redelike
afleiding wat die hof kan maak is dat die oorledene reeds gesteek is
binne die woning en agterna
uitgehardloop het.
[16] Mr Fourie het tydens
kruisverhoor uitgelig dat die getuie Michael Van Wyk nie in sy
verklaring melding gemaak het dat hy `n blink
voorwerp in die
beskuldigde se hand gesien het nie, maar wel so in die hof kom getuig
het. Die verklaring is ingehandig as bewysstuk
C. Mr Van Wyk het
egter bevestig dat hy nie seker was of dit `n mes was nie. Die hof
is van mening dat hierdie weerspreking nie
wesenlik is nie aangesien
Jannie Solomon wel die mes gesien het. Die beskuldigde het ook, op
sy eie weergawe bevestig dat hy `n
mes in sy hand gehad het toe hy
agter die oorledene na buite gehardloop het. In die verband is daar
dus geen twyfel by die hof dat
die beskuldigde wel `n mes gehad het
nie.
[17] Wat
die hof baie vreemd vind is die beskuldigde se antwoord toe hy
gekonfronteer was deur Jannie Solomon en sy vrou.
Toe
hy gevra word of hy die oorledene gesteek het sê hy net dat hy geld
soek.
Dit
word deur die beskuldigde self bevestig. Die antwoord maak glad nie
sin nie. Die hof sou verwag dat hy onmiddelik vir hulle
van die
ongeluk sou vertel het. Die oorledene was immers sy vriend en daar
was volgens hom geen probleme tussen hulle nie. Tydens
kruisondervraging het die beskuldigde lelik kleigetrap oor die aspek
en het later sy weergawe aangepas en getuig dat hy wel vir Jannie
Solomon gesê het van die ongeluk.
[18]
Dit is insiggewend dat die beskuldigde en Michael Van Wyk se
weergawes totaal verskil. Michael Van Wyk beweer dat hulle glad
nie
die dag saam deurgebring het nie. Verder getuig hy dat die
beskuldigde daar sou opgedaag het met `n man en vrou. Dit word
ontken
deur die beskuldigde.
[19] Volgens die
beskuldigde was Michael van Wyk bewus dat die voorval `n ongeluk was
en het dit selfs so vir sy moeder oorgedra.
Dit word ten sterkste
ontken deur Michael Van Wyk. Inteendeel, sy getuienis is dat as
gevolg van hierdie voorval is hy nie meer
langer bevriend met die
beskuldigde nie. Dit is duidelik dat Michael Van Wyk die beskuldigde
blameer vir die voorval. Dit is onwaarskynlik
dat hy die beskuldigde
sou verwyt het indien hy geweet het dat dit `n ongeluk was. Hulle
was beste vriende en dit is hoogs onwaarskynlik
dat hy die
beskuldigde sou valslik inkrimmineer.
[20] Die
beskuldigde gee te kenne dat Michael Van Wyk vir hom en die oorledene
uitmekaar gemaak het om vas te stel wat die probleem
met die
oorledene was. Michael Van Wyk voer aan dat die beskuldigde die
oorledene voor die bors gegryp het en daarom het hy hulle
probeer
uitmekaar maak. Volgens die beskuldigde het hy die mes in sy hand
gehad toe Michael Van Wyk vanaf die toilet kom. Dit was
op die
stadium dat hy hulle uitmekaar gemaak het, bloot om te kyk wat die
probleem is.
Michael
Van Wyk het toe die mes by hom geneem.
[21]
Die vraag ontstaan dan waarom het die beskuldigde die mes by Michael
Van Wyk teruggeneem net voordat hy die oorledene agtervolg
het. Hy
weet dan die oorledene was beseer as gevolg van die ongeluk en die
mes sou mos geen doel dien nie. Tydens kruisondervraging
was die
beskuldigde hieroor gevra en sy verduideliking is dat hy die mes
geneem het om vir die mense te wys waarin die oorledene
geval het.
Die hof sou redelikerwys verwag het dat hy op die stadium meer
gesteld sou gewees het op die toestand van die oorledene
wie op die
toneel inmekaar gesak het. Hy het geen poging aangewend om hulp te
soek of `n ambulans te ontbied nie.
[22] Die
regsverteenwoordiger van die beskuldigde het dit pertinent aan die
staatsgetuie Michael Van Wyk gestel dat die beskuldigde
aanvoer dat
die oorledene redelik onder die invloed van sterk drank was tydens
die voorval. Die bloedalkoholverslag toon egter aan
dat die
oorledene geen alkohol in sy liggaam gehad het tydens sy dood nie.
Die dokter het getuig dat die metabolisme van die oorledene
tot
stilstand gekom het na sy dood en dat die alkolholvlak tydens die
oorledene se dood `n redelike akkurate aanduiding is dat die
oorledene nugter was tydens die voorval.
[23] Tydens
kruisondervraging was die beskuldigde gekonfronteer oor sy stelling
dat die oorledene redelik onder die invloed was.
Hy het toe sy
weergawe aangepas en aangevoer dat hy `n skyf kon getrek het;
bedoelende dat hy onder die invloed van dwelms kon gewees
het. Hy
voeg by dat die oorledene baie spelerig is wanneer hy `n skyf getrek
het. Dit is duidelik dat die beskuldigde die hof wou
mislei deur
hierdie bewereing om moontlik sy weergawe dat die oorledene
gestruikel het meer geloofwaardig te maak. Die indruk
wat geskep
was deur die beskuldigde was dat die oorledene se besope toestand
bygedra het dat hy gestruikel het oor die tafel.
[24] Michael
Van Wyk en Jannie Solomon het `n goeie indruk op die hof gemaak.
Hulle was beide geloofwaardige en betroubare getuies
wie nie die saak
teen die beskuldigde probeer aandik het nie. Beide erken dat hulle
nie gesien het hoe die steekwond toegedien was
nie. Hul weergawes
vul mekaar egter aan. Die beskuldigde daarenteen was `n uiters swak
en leuenagtige getuie. Hy het voortdurend
sy weergawe probeer aanpas
wanneer hy oor sekere onbevredigde aspekte van sy getuienis
gekonfronteer was.
[25] Dit
is insiggewend om te let hoe die beskuldigde afgewyk het van sy
getuienis soos gelewer tydens sy borgaansoek. Hier het die
beskuldigde aanvanklik ontken dat die oorledene ooit na buite toe
gehardloop het. Hy het dus op geen stadium die oorledene na buite
gevolg met die mes in sy hand nie. Die beskuldigde het die hof
meegedeel dat die ongeluk binne die woning plaasgevind het en dat
die
oorledene daar geval en gesterf het. Die beskuldigde het ook ontken
dat Jannie Solomon of enigeen hom buite sou gevra het of
hy die
oorledene gesteek het. Hy beweer verder dat Michael Van Wyk die mes
uit die oorledene se hande gevat het na die ongeluk.
Op hierdie
weergawe het hy nooit die mes opgetel, of op enige stadium hanteer
nie.
[26] Dit
is duidelik tydens die borgverrigtinge dat die beskuldigde nie bewus
was dat Jannie Solomon hom buite die woning gesien het
nie. Tydens
hierdie verhoor was hy egter met hierdie getuienis gekonfronteer en
het hy sy weergawe verander en erken dat die oorledene
wel
uitgehardloop het. Hy verduidelik dan ook verder dat Jannie Solomon
wel buite die woning met hom gepraat het, wat totaal in
konflik is
met sy weergawe tydens sy borgaansoek.
[27] Die
onwaarskynlikheid van die beskuldigde se weergawe is deur Dr Van der
Walt Vermeulen uitgelig tydens kriusondervraging. Dr
Van der Walt
Vermeulen getuig dat dit onmoontlik is dat die traktus van die wond
afwaarts sou wees indien die oorledene die lem van
die mes opwaarts
gehou het soos beweer deur die beskuldigde. Met inagneming van die
hoogte van die tafel (soos uitgebeeld op bewysstuk
B), asook die feit
dat daar wiele onder die tafel was, moes die tafel tydens die val
beweeg het en sodoende die momentum van die
oorledene saamgeneem het.
Indien die lem van die mes opwaarts was tydens die val, moes die
traktus dan opwaarts gewees het. Volgens
die dokter is die
beskuldigde se beskrywing van die voorval nie versoenbaar met die
aard van die besering nie.
[28] Die
mediese getuienis oor die traktus van die wond pas in by die weergawe
van Michael Van Wyk dat die oorledene en beskuldigde
voor mekaar
gestaan het voordat die oorledene uitgehardloop het. Die hof aanvaar
dat die oorledene tydens die struweling deur die
beskuldigde gesteek
is.
[29] Die
hof verwerp die weergawe van die beskuldigde as vals en aanvaar die
Staatsgetuies se getuienis as geloofwaardig soos alreeds
voorgehou.
In die lig van die getuienis in totalitiet is die enigste redelike
afleiding wat gemaak kan word, dat die beskuldigde
die noodlottige
steekwond toegedien het. Die hof is dus oortuig dat die Staat sy
saak bo redelike twyfel bewys het. Indien gekyk
word na die ligging
van die wond, die manier waarop die steekwond toegedien is en die
tipe wapen wat gebruik is, is die hof oortuig
dat die beskuldigde die
direkte opset gehad het om die oorledene te dood. Beskuldigde word
gevolglik skuldig bevind aan moord met
die opset vorm dolus directus.
[30] Die
hof moet ook dan verder `n bevinding maak of die beskuldigde die
moord op die oorledene beplan het of u dit met voorbedagte
rade
gepleeg het. U en die oorledene was goeie vriende. Die motief vir u
optrede is nie duidelik nie en die hof wil nie spekuleer
oor waarom u
hierdie misdaad gepleeg het nie. Hier is geen getuienis voor die hof
dat u hierdie moord beplan het of met voorbedagte
rade gepleeg het
nie. In
S
v Mandela
1992 (1) SASV 661 (A) het die Appèlhof as volg die verskil tussen
momentele optrede en optrede met voorbedagte rade benader op bladsy
665 B:
g
Die
boosdoener moet onverwyld en in die hitte van die oomblik tot sy
geweldsdaad oorgaan. `n Vertraagde vergeldingshandeling met
voorbedagte
rade is heeltemal die teenoorgestelde van daardie
momentele verlies aan/of inkorting van selfbeheersing wat die
waarmerk van provokasie
dra
.“
Dit blyk dat daar `n
struweling tussen u en die oorledene was en dat die steekwond
daartydens toegedien is in die hitte van die oomblik.
Vervolgens
bevind ek dat u nie die oorledene met voorbedagte rade gedood het
nie.
______________
P
L GOLIATH
WAARNEMENDE
REGTER
(Noord
Kaapse Afdeling)
ADVOKAAT
NAMENS STAAT: ADV. A. De NYSSCHEN
ADVOKAAT
NAMENS BESKULDIGDE: ADV. T. FOURIE
DATUM
VAN VERHOOR: 07/06/2004
DATUM
VAN UITSPRAAK: 11/06/2004