S v Louw (K/S 106/03) [2004] ZANCHC 104 (3 June 2004)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Self-defence — Accused charged with murder after fatally shooting the deceased during an altercation — Accused pleads not guilty, claiming self-defence — Evidence presented includes a statement acknowledging the identity of the deceased and the cause of death, alongside a post-mortem report — Court considers the nature of the threat posed by the deceased and the accused's response — Holding that the accused exceeded the bounds of self-defence, resulting in a finding of guilt on the charge of murder.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 104
|

|

S v Louw (K/S 106/03) [2004] ZANCHC 104 (3 June 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: K/S
106/03
Datum
verhoor: 27 / 05 / 2004 Datum Gelewer: 03 / 06 / 2004
In
die saak van
:
DIE
STAAT
teen
ISAK
MAGNUM LOUW BESKULDIGDE
UITSPRAAK
GOLIATH
WnR:
Die
beskuldigde staan tereg op `n aanklag van moord deurdat hy op
3 Augustus 2003 te Groenpunt Kimberley, in die distrik van
Kimberley, wederregtelik en opsetlik vir Andries Teboho Masaile, `n
volwasse man, gedood het.
Hy het onskuldig gepleit
op die klagte hom ten laste gelê. Namens die beskuldigde het sy
regsverteenwoordiger, Mr Fletcher, `n
verklaring in terme van
artikel 115 van die Wet 51 van 1977 ingehandig, gemerk bewysstuk A.
Luidens die verklaring erken die beskuldigde
die identiteit van die
oorledene asook die oorsaak van die dood. Hy erken verder die
korrektheid van die feite en bevindings soos
vervat in `n nadoodse
ondersoek deur Dr Esme Olivier waargeneem op 5 Augustus 2003, gemerk
bewysstuk B, asook die bevindinge soos
vervat `n bloedalkoholverslag
gemerk bewysstuk C. Die nadoodse verslag en bloedalkoholverslag is
by ooreenkoms saam met die artikel
115 verklaring ingehandig. Mr
Fletcher het namens die beskuldigde toegestem dat die erkennings
soos vervat in die artikel 115
verklaring as formele erkennings in
terme van artikel 220 genotuleer mag word.
Die
beskuldigde erken dat hy die oorledene se dood veroorsaak het, maar
voer aan dat hy uit noodweer opgetree het. In die artikel
115
verklaring gee die beskuldigde `n volledige uiteensetting van die
voorval wat daartoe gelei het dat hy die oorledene op die
betrokke
dag gedood het. Hy voer aan dat die oorledene besig was met `n
aanval op hom met `n yster en indien hy nie die oorledene
geskiet
het nie, sou die oorledene hom ernstig aangerand of doodgemaak het.
Namens die Staat het
Twelelo Winnie Moemedi en Dokter Esme Olivier getuig. Beide getuies
is nie ooggetuies tot die voorval nie.
Tswelelo Winnie Moemedi
getuig dat sy vir die afgelope 12 jaar in `n saamleefverhouding met
die oorledene was. Die beskuldigde
was hulle buurman vir ongeveer 3
jaar. Die oorledene was werksaam by Spoornet en het meganiese
ingenieurswerk gedoen. Die verhouding
tussen hulle en die
beskuldigde was aanvanklik goed, maar het egter later versleg. Sy
het `n tuisnywerheid begin en die beskuldigde
het beswaar begin maak
en beweer dat haar kliente hom steur.
Terwyl
die verhouding nog goed was het hulle twee hekke gebou tusen hul
erwe. Nadat die beskuldigde begin kla het, het hy egter
die hek
toegemaak met `n draadheining. Die beskuldigde het blykbaar nie
meer vir hulle gegroet of in hulle belanggestel nie en
sy het die
oorledene aangeraai om ook nie die beskuldigde meer te groet nie.
Daar het verskeie insidente plaasgevind tussen hulle
wat konflik
veroorsaak het. Hulle het onder andere geargumenteer oor die
kinders wat geraas maak en waar hulle sou speel. Die
beskuldigde
het hulle daarvan beskuldig dat hulle towenaars is en hy het
blykbaar dreigend sy vuurwapen aan hulle ten toon gestel
op verskeie
geleenthede. Die beskuldigde het ook by geleentheid gedreig dat hy
die oorledene gaan skiet.
Op 3
Augustus 2003 het die oorledene hul woning om ongeveer 4:30 verlaat
om werk toe te gaan. Die oorledene dra gewoonlik sy kierie
saam om
die honde langs die pad te verwilder. Hy het die dag vergeet om sy
kierie te neem en sy moes hom terugroep en herinner
om sy kierie te
neem. Nadat die oorledene die woning verlaat het, het sy gesit en
televisie kyk en opgemerk dat die beskuldigde
op sy fiets verby hul
woning ry. Die beskuldigde het in die teenoorgestelde rigting beweeg
as wat die oorledene geloop het.
Ongeveer
5 minute nadat die beskuldigde met sy fiets weg is, hoor sy drie
skote. Sy hoor toe `n vroulike persoon skreeu vir haar
dat dit die
oorledene is wat geskiet was. Die persoon het nie tot by haar gekom
nie, dus is sy nie seker wie dit was nie.
Sy
het onmiddelik gehardloop na die toneel.
Sy
het die beskuldigde op die toneel opgemerk waar hy sy vuurwapen in
sy linkersak sit. Beskuldigde het op sy fiets geklim en die
toneel
verlaat.
Die
oorledene het op sy maag gelê met sy gesig op die grond. Sy het om
hulp geskreeu en het daar gesit totdat die ambulans opgedaag
het.
Sy getuig dat haar man `n stil persoon was en geensins aggresiewe
neigings openbaar het nie. Hy was ook nie onder die invloed
van
drank nie, aangesien sy hom nie gesien drink het die dag van die
voorval nie.
Dr
Esme Olivier getuig dat sy werksaam was as `n distriksgeneesheer in
Kimberley vir ongeveer 1 jaar tydens hierdie voorval. Sy
het `n
nadoodse ondersoek op die liggaam van die oorledene uitgevoer op 5
Augustus 2003, ongeveer twee dae na sy dood. Die oorledene
se
liggaam het 8 wonde gehad, waarvan 4 ingangswonde en 4 uitgangswonde
was. Die oorledene is onder andere geskiet in die arm,
bobeen en
twee maal in die bors. Die wonde in die bors was die enigste
dodelike wonde, aangesien dit bloeding rondom beide longe,
veroorsaak het. Die beserings aan beide longe wat gelei het tot
asperasie van die longe het dan uiteindelik die dood van die

oorledene veroorsaak. Sy getuig verder dat swart merke rondom een
van die wonde op die bors aanduidend is dat daar van `n redelike
kort afstand van 2 tot 3 meter op die oorledene gevuur is. Sy gee
toe dat dit moontlik is dat al die ander wonde ook binne `n
radius
van 2 meter toegedien kon gewees het.
Die beskuldigde het nie
getuig in sy verdediging nie en sy saak is namens hom deur sy
regsverteenwoordiger gesluit. Die Staat het
versoek dat die Hof
moet bevind dat die beskuldigde die perke van noodweer oorskry het
en dus wederegtelik opgetree het en hom
moet skuldig bevind aan
moord. In die alternatief, wat die skuldvorm betref, betoog die
Staat dat beskuldigde nie opgetree het
soos `n redelike man in sy
posisie sou nie en dat hy dus moes voorsien het dat hy die dood van
die oorledene kon veroorsaak het
deur ses skote in die rigting van
die oorledene te vuur. Die Staat versoek dus dat die Hof die
beskuldigde aan strafbare manslag
skuldig moet bevind in die
alternatief.
Die
verdediging voer aan dat, indien daar na die omstandighede gekyk
word, kon daar niks meer van die beskuldigde verwag gewees
het toe
hy aangeval word nie. Die oorledene het vorentoe gekom en het
voortdurend sy aanval voortgesit, selfs nadat waarskuwingskote
gevuur was. Daar was pogings aangewend om die oorledene te stop
deur hom in die been te skiet, maar die oorledene het voortgegaan
met die aanval op die beskuldigde. Die verdediging voer aan dat
enige persoon in die omstandighede waarin die beskuldigde hom
bevind
het van oordeel sou gewees het dat hy geregtig was om in noodweer op
te tree, en dat die beskuldigde nie die nodige
mens
rea
gehad het om die oorledene te dood nie.
Dit
is gemenesaak dat daar wel probleme tussen die beskuldigde en die
oorledene was. Die hoof staatsgetuie Tswelelo Winnie Moemedi
was
nie `n ooggetuie nie, maar het die nodige agtergrond aan die Hof
voorgelê wat betref die verhouding en probleme tussen die
beskuldigde en oorledene. Sy het dan ook getuig oor haar
waarnemings op die dag van die voorval toe sy op die oorledene
afgekom
het. Die Hof is tevrede dat sy `n eerlike en betroubare
getuie is en aanvaar haar getuienis soos afgelê. Insoverre sy nie
bevredigend
getuig het oor alle aspekte nie, aanvaar die Hof dat dit
`n baie traumatiese ervaring was en dat daar nie van haar verwag kan
word
om presies alles te onthou nie.
Een
aspek van haar getuienis wat wel kommer wek, is die feit dat sy
genoem het dat daar wel ooggetuies was wat die voorval waargeneem
het, maar dat hulle weier om betrokke te raak. Selfs die vrou wat
haar geroep het om haar in te lig van die skietvoorval het onbekend
en naamloos gebly. Indien dit wel die geval is, is dit uiters
onrusbarend dat hierdie saak afgehandel is sonder dat enige van
die
persone oorreed kon word om te getuig.
Die
beskuldigde beweer dat hy `n afweershandeling op die oorledene, wat
blykbaar met `n aanval besig was op hom, wou uitvoer en
in die
proses vir die oorledene geskiet het. Die vereistes waaraan `n
afweershandeling moet voldoen, is as volg uiteengesit in
Strafreg,
Snyman, Vierde Uitgawe
op
bladsy 106 – 111:
dit
moet teen die aanvaller gerig wees;
die afweershandeling
moet noodsaaklik wees;
daar
moet `n redelike verhouding tussen die aanval en die
afweershandeling wees;
die
aangevallene moet bewus wees dat hy in noodweer optree.
In
die afwesigheid van enige direkte getuienis is daar voor die Hof
slegs die beskuldigde se pleitverduideliking van noodweer en
omstandigheidsgetuienis. Die oorledene was bewapen met `n
vaalkleurige reguit stok, ongeveer 90 cm lank en 64 mm in omvang.

Daar is `n knop aan die einde van die stok ongeveer 75 mm in
omvang. Die stok is redelik swaar en stewig en is gemaak uit `n

tipe plastiek. Die Staat gee toe dat die stok op die oog af lyk
soos `n stuk yster, veral vanweë die vaal kleur.
Volgens die beskuldigde
wou die oorledene hom aanval met die stok en wou hy nie ophou nadat
waarskuwingskote geskiet is nie. Die
beskuldigde het een skoot in
die oorledene se been geskiet, maar die oorledene het voortgegaan en
het steeds dreigend nader gekom.
Die beskuldigde het toe verdere
skote afgevuur om die oorledene te stuit. Die beskuldigde beweer
dat hy onder die indruk was
dat sy lewe in gevaar was of dat hy
ernstig beseer sou word indien hy nie die oorledene geskiet het nie.
Die beskuldigde voer dus
aan dat die oorledene die aggressor was. Die bloedalkoholverslag
wat ingehandig is, toon dat die oorledene
wel 0,06 gram per 100
milliliter alkohol in sy bloed gehad het tydens die nadoodse
ondersoek. Dr Olivier het getuig dat, nadat
die dood intree, is
daar geen liggaamsprosesse nie en die alkoholinhoud ten tyde van die
ondersoek toon aan dat alkohol ten minste
vier tot ses ure voor die
voorval ingeneem was. Alhoewel die staatsgetuie Tswelelo Winnie
Moemedi dit ontken, blyk dit volgens
die mediese getuienis dat die
oorledene wel op die dag van die voorval alkohol gedrink het.
Die
Staat voer aan dat die beskuldigde bloot met sy fiets kon gevlug het
en waarskuwingskote afgevuur het en sodoende die dood van
die
oorledene kon verhoed het. Daar is egter geen verpligting op `n
aangevallene om te vlug nie. Deur te vlug moes die beskuldigde
sy
rug op die aanvaller keer en homself dus blootstel aan `n
voortsetting van die wederregtelike aanval op hom. (Sien:
S
v Mothoana
1992 (2) SASV 383 (O) en
R
v
Zikalala
1953 (2) SA 588
(A) ). Die aangevallene kan homself in noodweer
teen die aanvaller verset selfs deur die aanvaller te dood, selfs al
is dit nie
sy lewe wat deur die aanval bedreig word nie, maar `n
geringer belang, soos sy liggaamlike integriteit. (Sien:
Strafreg,
supra
op bladsy 107)
Verder
hoef daar nie `n eweredige verhouding tussen die aard van die
beskermde en die aard van die aangetaste belang te wees nie.
In
S
v
Van
Wyk
1967(1) SA 488 (A) het die Appèlhof bevind dat `n aangevallene mag
`n persoon in noodweer dood, nie net wanneer sy lewe in gevaar
gestel word nie, maar ook om te voorkom dat hy ernstige beserings
toegedien word, mits daar geen ander wyse is om die bedreiging
op sy
liggaamlike integriteit af te weer nie.
Die
Staat het ook geargumenteer dat die Hof die verskil in die tipe
wapens moet in ag neem, aangesien `n vuurwapen baie gevaarliker
is
as `n stuk yster. In
Ntsomi
v Minister of Law and Order
1990 (1) SA 512
(K) op 529 C-D is beslis dat daar nie `n eweredige
verhouding tussen die wapens van die aanvaller en verdediger hoef te
wees nie.
`n Persoon wat aangeval word, het die reg om hom op enige
wyse te verdedig en in `n noodweersituasie kan nie voorgeskryf word

oor watter wapen geskik is aldan nie. Volgens die beskuldigde het
hy geen ander wyse gehad om homself te beskerm nie. Die Hof
kan dus
nie op hierdie basis bevind dat die beskuldigde homself nie in `n
noodweersituasie bevind het nie.
Die
Hof moet dus bepaal of daar `n redelike moonlikheid bestaan dat die
beskuldigde se optrede redelik was onder die omstandighede
wat daar
geheers het, en of hy redelikerwys geglo het dat hy in gevaar was.
Wanneer `n beskuldigde noodweer pleit, rus die bewyslas
op die Staat
om bo redelike twyfel te bewys dat die beskuldigde wederregtelik
gehandel het en besef het dat die perke van noodweer
oorskry word,
en dat die moontlikheid van dood voorsien is. (Sien:
S
v Teixeira
1980 (3) SA 755
(A)).
Die
beskuldigde het `n verontskuldigende verklaring in terme van artikel
115 van Wet 51 van 1977 gemaak, en verkies om nie te getuig
nie.
Die effek van hierdie verklaring is uiteengesit in
S
v Mothlaping
1988 (3) SA 757
(NC). In hierdie saak het `n volbank van hierdie
afdeling die volgende gesê op 762B-E:
g
(b)
Die pleitverduideliking kan nie as bewysmateriaal ten gunste van die
beskuldigde aangewend word nie.
Die
pleitverduideliking word dwarsdeur die saak ten gunste van die
beskuldigde aangewend in die sin dat die verdediging wat hy
daarin
openbaar deur die Staat bo alle redelike twyfel ongegrond bewys
moet word. Indien aan die einde van die saak daar 'n twyfel
bestaan
of die beskuldigde se verweer van noodweer (of `n alibi of welke
verdediging hy ookal opwerp) nie redelikerwys 'n werklikheid
is
nie, moet die beskuldigde die voordeel van die twyfel ontvang, want
dan het die Staat nie sy saak bo alle redelike twyfel
bewys nie. “
(Sien ook:
S
v Cloete
1994 SASV 420 (A)).
Daar
is geen weerleggende getuienis voor die Hof wat daarop dui dat die
oorledene nie die beskuldigde aangeval het nie. Die oorledene
was
gewapen met die yster en blykbaar ook onder die invloed van alkohol.
Daar is waarskuwingskote gevuur op die oorledene wat
blykbaar geen
doel gedien het nie. Daarna is die oorledene in die been geskiet,
soos gestaaf deur die mediese getuienis. Die
oorledene was egter
vasbeslote om voort te gaan met sy aanval op die beskuldigde.
In
die afwesigheid van enige ander getuienis deur die Staat kan die Hof
nie bevind dat die afweershandeling verrig deur die beskuldigde
nie
redelik was in die lig van die omstandighede wat daar geheers het
nie. (Sien:
S
v Mothlaping
supra en
S
v Trainor
2003 (1) SACR 35
SCA) Daar is geen bewyslas op die beskuldigde nie.
Die Hof is dus tevrede dat die Staat nie bo redelike twyfel bewys
het dat
die beskuldigde wederregtelik opgetree het nie of dat hy die
perke van noodweer oorskry het nie.
Die
beskuldigde se verweer van noodweer slaag en hy word gevolglik
onskuldig bevind en ontslaan
.
________________
P L GOLIATH
WAARNEMENDE
REGTER
ADVOKAAT
NAMENS STAAT: ADV. L. VAN DYK
NAMENS
BESKULDIGDE: MR. FLETCHER
DATUM VAN VERHOOR:
27/05/2004
DATUM
VAN UITSPRAAK: 03/06/2004