About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 21
|
|
S v Williams (K/S 97/03) [2004] ZANCHC 21 (26 May 2004)
Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno: /
Case number:
K/S
97/03
Datum
gelewer: / Date delivered:
26/05/2004
In die
saak:
DIE STAAT
teen
WILLIAMS,
ANTHONY Beskuldigde
Coram:
Lacock
R
UITSPRAAK
Hierdie uitspraak moet saamgelees word met my
uitspraak van 10 Februarie 2004.
Na ontvangs van my voormelde uitspraak het die
Streekhoflanddros skriftelike redes verstrek vir sy besluit om nie
die beskuldigde
kragtens art 79 van die Strafproseswet vir
waarneming te verwys nie, sowel as sy redes vir skuldigbevinding.
Die Landdros word
hiervoor bedank.
Na bestudering van die Landdros se redes en na aanhoor
van die advokate vir die Staat en die verdediging, is ek die mening
toegedaan
dat dit alleen reg en billik teenoor die beskuldigde sal
wees dat ek hom vir sielkundige waarneming ingevolge die voorskrifte
van
art 79 van die Strafproseswet sal verwys. Beide advokate is dit
dan ook eens, en versoek dat die beskuldigde aldus vir waarneming
verwys word.
Ingevolge die voorskrifte van artikels 77 en 78 van die
Strafproseswet kan ân verwysing kragtens art 79 van die Wet te
enige stadium
gedurende strafregtelike verrigtinge gedoen word. Art
52 (3) (e) van Wet 105 van 1997 verleen aan hierdie Hof ân wye
diskresie
om, na ontvangs van die Landdros se redes soos bedoel in
art 52 (3) (b) van hierdie Wet, sodanige bevel te maak as wat die
Hof
in belang van geregtigheid gerade mag ag. Ek vind niks in
hierdie artikel wat my sou belet om op hierdie stadium van die
strafregtelike
verrigtinge van hierdie saak sodanige lasgewing uit
te reik nie.
Die redes waarom ek meen dat dit reg en billik sal wees
dat die beskuldigde vir waarneming deur ân psigiater of psigiaters
verwys
behoort te word, is kortliks die volgende:
Gedurende die verloop van die verhoor van die
beskuldigde voor die Streekhoflanddros, het die prokureur wat namens
die beskuldigde
verskyn het, teenoor die Landdros aangedui dat daar
twyfel bestaan of die beskuldigde die vermoë het om die verrigtinge
te begryp
tot so ân mate dat hy sy verdediging na behore kon voer.
Die prokureur het aangedui dat hy probleme het om sonder die hulp
van
die pleegmoeder van die beskuldigde instruksies van hom te
bekom.
Ten spyte daarvan dat die Landdros op sterkte van die
voormelde mededeling die beskuldigde na ân maatskaplike werker
verwys het,
het hy nooit hierdie verslag ter insae geneem nadat dit
voorberei is nie, maar bloot die mededeling van die prokureur
aanvaar dat
dit nie nodig sal wees om die beskuldigde te verwys nie.
Nadat die saak vir vonnis na hierdie Hof verwys is, het
ek op versoek van die advokate die getuienis van Mev Oiphant, die
grootmaak
moeder van die beskuldigde, en Dr Lesley Corrie, dieselfde
persoon wat op versoek van die Landdros ân verslag aangaande die
beskuldigde
voorberei het, aangehoor.
Mev Oliphant het getuig dat, na aanleiding van inligting
deur haar ingewin was die ma van die beskuldigde onder die invloed
van drank
met sy geboorte, was ook die beskuldigde by geboorte besope
en het die suster wat hom in die lewe gehelp het gesukkel om hom
wakker
te kry. Sy het verder getuig dat die beskuldigde heelwat
stadiger as kind ontwikkel het as haar ander kinders, en dat hy ook
moeilik
op skool gevorder het en swaar geleer het. voorts het sy
getuig dat sy gedrag tuis soms verdag voorkom deurdat hy byvoorbeeld
oënskynlik
sonder rede en sonder dat hy dit besef met kos mors en
senuagtig heen en weer stap. Hy is ook baie vergeetagtig, doen nie
graag
hande-arbeid nie, en kla soms van ân pyn in sy bors. Soms
slaap hy met ân kussing oor sy oor omdat hy glo
âmense
hoor praat:
. Sy getuig ook dat hy soms in
die nag praat, en as sy hom wakker maak en vra waarom hy praat
antwoord hy dat
âdaar mense by (hom) isâ
.
Sy het by
geleentheid die mense van die kerk gevra om met die beskuldigde te
praat want sy verstaan hom nie altyd nie.
By ân vorige geleentheid waarop die beskuldigde deur
ân distrikhof vir sielkundige waarneming verwys is wou Insp. Van
der Merwe
van die kinderbeskermingseenheid hom self na Bloemfontein
neem omdat sy ook van mening was dat die beskuldigde geestelik
ongesteld
was. Die dag waarop hy na Bloemfontein geneem is, kon sy
hom egter nie vergesel nie.
Uit Dr Corrie se getuienis het dit geblyk dat sy
geensins verstaan het dat sy ân verslag oor die geestestoestand
van die beskuldigde
aan die Hof moes lewer toe die beskuldigde deur
die Landdros na haar verwys is nie. Sy was onder die indruk dat sy
ân voor-vonnis
verslag vir die Hof moes voorberei. Haar destydse
verslag het dan ook nie gehandel met die geestesgesteldheid van die
beskuldigde
nie.
In haar getuienis het sy aangedui dat sy nie ân
psigiater is nie en nie die beskuldigde psigiatries kon evalueer nie.
Sy het nietemin
aangedui dat sy bekommerd was oor die
âstemmeâ
wat die beskuldigde hoor, en ook oor die moontlike gevolge van die
sogenaamde fetale alkohol sindroom (FAS) wat sy as moontlik aanwesig
by die beskuldigde oorweeg het. Sy is ook onseker of FAS as ân
geestesongesteldheid aangemerk kan word. Wat sy wel vermeld is
dat
dit uit die literatuur blyk, en ek haal haar getuienis aan,
âdat
die persoon nie altyd besef wat die gevolge van hulle dade is nie,
wat dan tot ân mate impulsiwiteit by die persoon aanwesig
is. In
hierdie spesifieke geval is daar egter twyfel, het die persoon nie
geweet wat reg en verkeerd is nie?â
Dr Corrie
getuig dan ook dat, indien sy gevra sou word om die beskuldigde te
evalueer ten einde te bepaal of hy toerekeningsvatbaar
was, sy dit
nie sou kon doen nie, maar waarskynlik sou aanbeveel het dat die
beskuldige weer psigiatries evalueer word met spesifieke
ondersoek
deur ân deskundigde op die gebied van FAS.
Uit hoofde van die voorgaande het ek tot die
gevolgtrekking gekom dat daar ân redelike moontlikheid bestaan
dat, vanweë geestesongesteldheid
of geestesgebrek, die beskuldigde
nie oor die vermoë beskik het om die hofverrigtinge dermate te
begryp dat hy sy verdediging
na behore kon voer nie; en of hy, ten
tye van die pleeg van die tersaaklike misdrywe, oor die vermoë
beskik het om die ongeoorloofdheid
van sy handelinge te besef, of om
ooreenkomstig ân besef van die ongeoorloofdheid van sy handelinge
op te tree.
Bygevolg word die volgende bevele hierin verleen:
DIE SAAK WORD UITGESTEL NA 30 JUNIE 2004 OM 09:00 TE
UPINGTON.
BEHALWE VIR DIE DOELEINDES SOOS HIERONDER GELAS, BLY
DIE BESKULDIGDE IN HEGTENIS TOT EN MET DIE VOORMELDE DATUM.
â
N LASGEWING WORD HIERMEE INGEVOLGE DIE
VOORSKRIFTE VAN ARIKELS 77 (1) EN 78 (1) VAN WET 51 VAN 1977
UITGEREIK WAARKRAGTENS âN
ONDERSOEK EN VERSLAG INGEVOLGE DIE
VOORSKRIFTE VAN ART 79 VAN HIERDIE WET VERLANG WORD OF DIE
BESKULDIGDE VANWEÃ GEESTESONGESTELDHEID
OF GEESTEGEBREK
OOR DIE VERMOÃ BESKIK HET OM DIE HOFVERRIGTINGE
DERMATE TE BEGRYP DAT HY SY VERDEDIGING NA BEHORE KON VOER; EN
TEN TYE VAN DIE PLEEG VAN DIE MISDRYWE NIE VIR DIE
TEN LASTE GELEGDE MISDRYWE STRAFREGTELIK TOEREKENBAAR IS, DIT WIL SÃ
OF HY BEVOEG
WAS OM
DIE ONGEOORLOOFDHEID VAN SY HANDELINGE TE BESEF;
EN/OF
OOREENKOMSTIG âN BESEF VAN DIE ONGEOORLOOFDHEID
VAN SY HANDELINGE OP TE TREE.
VIR DOELEINDES VAN UITVOERING VAN DIE VOORMELDE
LASGEWING WORD GELAS DAT DIE BESKULDIGDE NA DIE VALKENBURG HOSPITAAL
VERWYDER WORD
OM DAAR DEUR âN PANEEL VAN TWEE PSIGIATERS, EEN
WAARVAN âN DESKUNDIGDE OP DIE GEBIED VAN FETALE ALKOHOLSINDROOM,
ONDERSOEK
TE WORD.
DIE VOORMELDE PANEEL WORD GELAS OM ONDER ANDERE EN
PERTINET AAN TE DUI OF
DIE BESKULDIGDE GELY HET AAN DIE FETALE
ALKOHOLSINDROOM;
DIE FETALE ALKOHOLSINDROOM âN GEESTESONGESTELDHEID
OF GEESTESGEBREK IS SOOS BEDOEL IN ARTIKELS 77, 78 EN 79 VAN WET 51
VAN 1977;
INDIEN DIE BESKULDIGDE LY AAN DIE FETALE
ALKOHOLSINDROOM, HY
OOR DIE VERMOÃ BESKIK HET OM DIE HOFVERRIGTINGE
DERMATE TE BEGRYP DAT HY SY VERDEDIGING NA BEHORE KON VOER; EN
TEN TYE VAN DIE PLEEG VAN DIE MISDRYWE VIR DIE TEN
LASTE GELEGDE MISDRYWE STRAFREGTELIK TOEREKENBAAR OF VERMINDERD
TOEREKENBAAR
IS, SOOS BEDOEL IN ARTIKELS 77 (1) EN 78 (1) VAN WET 51
VAN 1977.
DIE GENEESKUNDIGE SUPERINTENDENT EN/OF DIE VOORMELDE
PSIGIATERS WORD GELAS OM HUL SKRIFTELIKE VERSLAG INGEVOLGE ART 79
VAN DIE STRAFPOSESWET,
NR 51 VAN 1977 IN VIERVOUD AAN DIE DIREKTEUR
VAN OPENBARE VERVOLGING, KIMBERLEY, VOOR TE LÃ VOOR OF OP 30 JUNIE
2004.
DIE UITSPRAAK VAN DIE LANDDROS IN SAAKNOMMER
RC124/2002, DIE OORKONDE VAN DIE HOFVERRIGTINGE VOOR HIERDIE HOF VAN
10 FEBRUARIE 2004,
DIE REDES VAN DIE LANDDROS VERSTREK INGEVOLGE ART
53 (3) (b) VAN Wet 105 van 1977, HIERDIE VOLLEDIGE UITSPRAAK, EN
ENIGE VERDERE
DOKUMENTASIE WAT DIE PARTYE TERSAAKLIK AG OF WAT DEUR
DIE VOORMELDE PSIGIATERS VERLANG WORD, MOET AAN DIE GENEESKUNDIGE
SUPERINTENDENT
VAN DIE VALKENBURG HOSPITAAL EN/OF DIE GEMELDE
PSIGIATERS VOORGELÃ WORD.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Nms
die Staat:
Adv R
Calitz
Nms
die Beskuldigde:
Adv
RJ Pieterse
(i.o.v.
die Regshulpraad, Kimberley)