About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 62
|
|
Thi (Edms) Beperk and Another v Van Zyl (CA & R 154/02) [2004] ZANCHC 62 (21 May 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:CA
& R 154/02
Datum
verhoor:2004-05-17
Datum
gelewer:2004-05-21
In
die appél van
:
THI
(EDMS) BPK EERSTE APPELLANT
TH
HERBERT TWEEDE APPELLANT
versus
HPS
VAN ZYL RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
WILLIAMS
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Op
15 Julie 1997 het daar ân botsing plaasgevind tussen ân voertuig
bestuur deur die Tweede Appellant en ân insleepvoertuig,
die
eiendom van en onder beheer van die Respondent. Gemelde botsing het
plaasgevind op die N1-hoofweg tussen Beaufort-Wes en Drie
Susters.
Uit hoofde van die voormelde ongeluk het die Eerste Appellant aksie
ingestel vir skadevergoeding teen die Respondent
en het die
Respondent, nadat sekere feite bekend geword het aangaande die
identiteit van die bestuurder van Eerste Appellant se
voertuig, die
Tweede Appellant gevoeg as Tweede Verweerder in die aksie.
Doelmatigheidshalwe sal na die partye verwys word hierin
soos hulle
was tydens die verhoor
a
quo
d.w.s. na Eerste Appellant as Eiser, na Tweede Appellant as
Tweede Verweerder en na Respondent as Eerste Verweerder.
Die
Eerste Verweerder het ân teeneis ingestel teen die Eiser vir skade
deur hom gely a.g.v. dieselfde botsing en op grond van
die beweerde
nalatigheid van die Tweede Verweerder.
Die
Landdros, het nadat hy getuienis aangehoor het, bevind dat die
botsing veroorsaak is deur die Tweede Verweerder se nalatigheid
en
het gevolglik vonnis verleen ten gunste van die Eiser teen die
Tweede Verweerder (alhoewel dit nooit so geëis is nie) en het
die
Landdros ook vonnis verleen ten gunste van die Eerste Verweerder,
oënskynlik teen die Eiser. Wat koste aanbetref, het die
Landdros
gelas dat koste aan die Eiser en Eerste Verweerder toegeken word en
dat die koste van die uitstel op 26 Maart 2001 sowel
as koste van
die wysiging as koste in die geding toegestaan word. Hy het ook
gelas dat die onderskeie prokureurs se reiskoste
deel sal vorm van
die gedingskoste. Die Eiser en Tweede Verweerder kom nou in hoër
beroep teen die voormelde uitspraak en bevele
van die Landdros.
Die
gebeure wat aanleiding gegee het tot die voormelde botsing, kan
bondig as volg opgesom word.
4.1 Op
die voormelde datum is die Eerste Verweerder, wat te alle tersaaklike
tye ân insleepdiens van swaarvoertuie te Victoria-Wes
bedryf het,
uitgeroep na ân ongelukstoneel op die N1-hoofpad tussen
Beaufort-Wes en Drie Susters waar hy omstreeks tussen halfvyf
en
vyfuur die namiddag opgedaag het. By sy aankoms het dit geblyk dat
ân swaarvoertuig, bestaande uit ân voorhaker en leunwaens,
op sy
sy gelê het langs die pad. Daar is fotoâs tydens die verhoor
ingedien waaruit hierdie feit blyk.
4.2 Die
Eerste Verweerder het ân verkeersbeampte van Beaufort-Wes wat in
die omgewing gepatrolleer het se hulp ingeroep, ten einde
hom by te
staan met die herwinning van die omgeslane voertuig. Hierdie
verkeersbeampte, Mnr. Jakob Marais, het ook tydens die verhoor
getuig
en sy weergawe stem in breë trekke wesenlik ooreen met dié van die
Eerste Verweerder.
4.3 Een
baan van die N1-hoofweg vir verkeer vanaf Beaufort-Wes na Drie
Susters is vir verkeer gesluit en die ander teenoorgestelde
baan vir
verkeer vanaf Drie Susters na Beaufort-Wes was oop, maar wanneer daar
kabels oor die pad gespan was wat gebruik was deur
die Eerste
Verweerder in sy herwinningsoperasie, dan was dit toegemaak. Die
verkeer is dan gevolglik beurtelings deurgelaat deur
die
verkeersbeampte, Mnr. Marais.
4.4 Volgens
dié twee getuies, die Eerste Verweerder en Mnr. Marais, wat beide in
die Eerste Verweerder se saak getuig het voor die
Landdros, is die
volgende beligting en waarskuwingstekens op die toneel aangebring en
gebruik:
a) Die
verkeersbeampte het ân flitslig in sy hand gehad en het ook ân
reflekterende glimbaadjie aangehad;
b) Die
insleepvoertuig van die Eerste Verweerder se geel roterende ligte op
die kap was aan en daar was ook geel merkers langs die
kant van die
insleepvoertuig;
c) Daar
was kegels op die toneel gepak (die presiese getal is nie duidelik
uit die getuienis nie), waarvan een ân lig bo-op gehad
het;
d) Die
verkeersbeampte se voertuig, wat op sy weergawe vóór die
insleepvoertuig van die Eerste Verweerder geparkeer was op ân
wyse
dat dit duidelik sigbaar sou wees aan verkeer van beide kante, se
roterende blou ligte was ook aangeskakel gewees.
4.5 Die
Eerste Verweerder het getuig dat hy homself beskou as ân deskundige
op die gebied van ongeluksituasies, aangesien hy opleiding
daarin
ontvang het en hy ân instrukteur was wat bestuurders opgelei het in
ongeluksituasies. Hy het die mening uitgespreek dat
daar genoegsame
voorsorgmaatreëls getref was ten einde die toneel te beveilig vir
aankomende motoriste.
4.6 Die
verkeersbeampte, Mnr. Marais, het die voormelde opinie van die Eerste
Verweerder ten aansien van die beveiliging van die ongelukstoneel
gedeel en was hy ook die mening toegedaan dat daar niks verdere
voorsorgmaatreëls met die middele tot sy beskikking op daardie
stadium
getref kon word ten einde die toneel te beveilig nie.
4.7 Die
Tweede Verweerder wat, soos alreeds aangedui is hierin, die
bestuurder was van die voertuig van die Eiser, was oppad vanaf
Saldanha na Gauteng met ân bakkie wat swaar gelaai was met
masjinerie. Hy was vergesel deur ene John Stander. Dit blyk uit die
getuienis van beide Tweede Verweerder en Stander wat namens die Eiser
getuig het, dat hulle om die beurt bestuur het. Stander het
klaarblyklik bestuur tot op Beaufort-Wes waar hulle ân ete genuttig
het en daarna het die Tweede Verweerder die bestuur van die
voertuig
oorgeneem.
4.8 Beide
hierdie getuies getuig dat hulle die roterende amber lig van die
insleepvoertuig van die Eerste Verweerder waargeneem het
toe hulle
die toneel van die ongeluk genader het. Alhoewel die Tweede
Verweerder in sy getuienis te kenne gegee het dat Stander
aan die
slaap was op dié stadium, het Stander dit ontken en getuig hy ook
oor wat hy waargeneem het net voor die ongeluk.
4.9 Volgens
die Tweede Verweerder se weergawe het hy dié roterende amber lig van
die insleepvoertuig heel links van die pad af gesien,
m.a.w. dit was
nie op die ryvlak nie. Hy het glad nie die herwinne swaar voertuig
gesien nie en was van mening dat dit bloot ân
insleepvoertuig was
wat heeltemal weg van die pad getrek was. Hy het aangehou ry en
skielik opgemerk dat dié insleepvoertuig reg
in sy ryvlak geparkeer
is. Hy het weggeswaai en gerem ten einde die voertuig te probeer
vermy, maar hy het toe vasgery in die insleepkabels
wat gelê het
vanaf die insleepvoertuig na die herwinne voertuig. Dit het
veroorsaak dat sy eie voertuig omgeslaan het en het die
slag ook die
insleepvoertuig omgeruk. Volgens die Tweede Verweerder het hy glad
nie die verkeersbeampte, Marais, of sy voertuig
voor die ongeluk
gesien nie. Hy het eers die roterende ligte van die verkeersbeampte
se voertuig ná die ongeluk waargeneem.
4.10 Stander
bevestig in breë trekke hierdie weergawe van die Tweede Verweerder,
naamlik dat hy ook die roterende amber ligte opgemerk
het heel links
aan die kant van die pad. Volgens Stander was daar geen obstruksie
in hulle ryvlak nie. Daar was geen rede vir die
Tweede Verweerder om
spoed te verminder nie en het hy ook geen ander ligte gesien nie. Op
ân baie laat stadium het hy die voertuig
voor hulle in die pad
waargeneem, te wete die insleepvoertuig van die Eerste Verweerder en
het die Tweede Verweerder se pogings om
die voertuig te vermy nie
geslaag nie en het hulle eie voertuig omgeslaan. Hy bevestig ook dat
die slag van die botsing die insleepvoertuig
omgeruk het. Soos die
Tweede Verweerder ontken hy ook die aanwesigheid van enige ander
waarskuwingsligte op die toneel.
Die
enigste geskilpunt tydens die verhoor van die aksie was, welke een
van die Eerste Verweerder of die Tweede Verweerder se nalatigheid
die ongeluk veroorsaak het en indien beide nalatig was, die graad
van elkeen se nalatigheid.
Uit
die opsomming van die getuienis soos voormeld blyk dit duidelik dat
daar voor die Landdros twee botsende weergawes was wat elk
onbestaanbaar met die ander is. Die benadering wat ân hof in so
ân geval moet volg is as volg neergelê in die
Stellenbosch
Farmersâ Winery Group Ltd and another
v
Martell Et Cie and others
2003(1) SA11 (SCA) te 14 I-15E (par. 5).
â
On
the central issue, as to what the parties actually decided, there are
two irreconcilable versions. So, too, on a number of peripheral
areas of dispute which may have a bearing on the probabilities. The
technique generally employed by courts in resolving factual disputes
of this nature may conveniently be summarised as follows. To come to
a conclusion on the disputed issues a court must make findings
on (a)
the credibility of the various factual witnesses; (b) their
reliability; and (c) the probabilities. As to (a), the court's
finding on the credibility of a particular witness
will
depend on its impression about the veracity of the witness. That in
turn will depend on a variety of subsidiary factors, not
necessarily
in order of importance, such as (i) the witness' candour and
demeanour in the witness-box, (ii) his bias, latent and
blatant,
(iii) internal contradictions in his evidence, (iv) external
contradictions with what was pleaded or put on his behalf,
or with
established fact or with his own extracurial statements or actions,
(v) the probability or improbability of particular aspects
of his
version, (vi) the calibre and cogency of his performance compared to
that of other witnesses testifying about the same incident
or events.
As to (b), a witness' reliability will depend, apart from the factors
mentioned under (a)(ii), (iv) and (v) above, on
(i) the opportunities
he had to experience or observe the event in question and (ii) the
quality, integrity and independence of
his recall thereof. As to
(c), this necessitates an analysis and evaluation of the probability
or improbability of each party's version
on each of the disputed
issues. In the light of its assessment of (a), (b) and (c) the court
will then, as a final step, determine
whether the party burdened with
the onus of proof has succeeded in discharging it. The hard case,
which will doubtless be the rare
one, occurs when a court's
credibility findings compel it in one direction and its evaluation of
the general probabilities in another.
The more convincing the former,
the less convincing will be the latter. But when all factors are
equipoised probabilities prevail.â
In
hierdie appél voor ons het die Landdros hoegenaamd geen
geloofwaardigheidsbevindinge ten aansien van enige van die getuies
voor hom gemaak nie. Hy het ook geen uitdruklike bevindinge gemaak
ten aansien van die betroubaarheid van die onderskeie getuies
se
waarnemings nie. Die noodwendige afleiding staan egter vas dat die
Landdros, soos blyk uit sy redes in terme van Landdroshofreël
51 se
voorskrifte, die weergawe soos voorgehou deur die Eerste Verweerder
en Marais aanvaar het en dié van Tweede Verweerder en
Stander
verwerp het. Die vraag is nou:
Was
die Landdros verkeerd in hierdie benadering?
Wat
veral opvallend is is die volgende aspekte:
a) Nóg
die Tweede Verweerder, nóg sy passassier, Stander, ontken dat daar
absoluut geen ligte op die toneel was nie. Inteendeel,
hulle
getuienis is baie duidelik dat daar ten minste een lig, te wete ân
roterende amber lig sigbaar was op die toneel. Dié
twee getuies
het, vreemd genoeg, ontken dat só ân roterende amber lig enige
bestuurder op sy hoede moes plaas en hom moes noop
om van spoed te
verminder.
b) ân
Ander belangrike aspek is die feit dat op beide die Tweede Verweerder
en Stander se weergawes, die Tweede Verweerder nooit
die snelheid van
die voertuig wat hy bestuur het verminder het nadat hy die amber
roterende lig langs die pad opgemerk het nie.
Hierdie getuienis
strook met dié van Eerste Verweerder en veral dié van die
verkeersbeampte Marais, wat aangedui het dat volgens
die dreun van
die aankomende voertuig dit nooit sy snelheid verminder het en dat
hy gevolglik uit die pad moes spring toe dit duidelik
geblyk het dat
die voertuig nie gaan stop by die toneel nie.
Die
ongeluk het naby aan die afdraai na Drie Susters plaasgevind ( dit
was inteendeel sigbaar op die fotoâs wat as bewysstukke
by die
verhoorhof ingehandig is), waar ân snelheidsperksone van 80 km/h
van toepassing was. Die Tweede Verweerder self het beweer
dat hy
teen ongeveer 120 km/h gery het kort voordat die ongeluk plaasgevind
het. Hierdie getuienis strook weereens met dié van
verkeersbeampe
Marais wat aangevoer het dat hy afgelei het uit die dreuning van die
voertuig dat die voertuig tussen 110 en 130
km/h moes reis.
(Alleenstaande sou hierdie getuienis nie veel gewig gedra het nie,
maar soos ek aangedui het, word dit inderdaad
ondersteun deur die
Tweede Verweerder self). Alhoewel daar halfhartig gepoog was om aan
te dui dat getuienis aangaande die 80 km/h
snelheidsperk waar
die ongeluk plaasgevind het, nie korrek is nie, is dit nooit betwis
nie en is geen getuienis tot die teendeel
gelei nie. Uit die fotoâs
blyk dit duidelik dat die afdraai van Drie Susters nie baie ver van
die ongelukstoneel was nie. Uit
waarskynlikhede kan ân mens dus
aanvaar dat daar inderdaad ân snelheidsperk van 80 km/h was.
â
n
Verdere belangrike aspek wat die waarskynlikhede laat oorhel na die
Eerste
Verweerder se saak, na my mening, is die feit dat beide die Eerste
Verweerder en die verkeersbeampte Marais getuig het daar
ongeveer 30
tot 40 voertuie van albei kante suksesvol en veilig deurgelaat is
voor die ongeluk plaasgevind het. Hierdie aspek
is glad nie betwis
in kruisondervraging nie. Ek kan my kwalik voorstel dat so ân
gevaarlike toneel nie beveilig sou gewees het
soos wat die Eerste
Verweerder en Marais getuig het nie.
Mnr.
Van Niekerk, wat namens die Eiser en Tweede Verweerder voor ons
verskyn het, kon nie enige basis aanvoer waarom met die Landdros
se
benadering t.a.v. welke weergawe op die waarskynlikhede te verkies
is, ingemeng behoort te word nie. Hy het bloot verwys na
die feit
dat dit heeltemal onwaarskynlik is dat die Tweede Verweerder sou
voortry teen dieselfde snelheid, ten spyte van al die
waarskuwingsligte op die toneel. Die Tweede Verweerder het in sy
getuienis toegegee dat hy hom vergis het ten aansien van die
korrekte posisie van die amber roterende ligte wat hy gesien het â
dÃt het hy eers
ex
post facto
besef.
Na my mening gaan sy vergissing heelwat verder â hy het hom nie
slegs ook vergis dat sy passassier (Stander) aan die slaap
was nie,
maar was nie eers bewus van ân 80 km/h snelheidsperk in
daardie omgewing nie. Hy was na my mening baie duidelik
nalatig.
Mnr.
Van Niekerk het ons verwys na ân aantal gewysdes tot dien effekte
dat ân blote oordeelsfout nie nalatigheid daarstel nie.
Sien:
South
African Railways v Symmington
1935 AD 37
op 45.
Young
v Workmenâs Compensation Commissioner & Another
1998(3)
SA 1085 (T) op 1096.
Rodriques
v SA Mutual & General Insurance Co.
1981(2) SA 274 (AD) op 281 A.
Hierdie
beslissings handel egter met noodsituasies (
âsudden
emergenciesâ)
en is ontersaaklik in die onderhawige geval. Hier kan hoegenaamd nie
sprake wees van ân noodsituasie nie. Die toneel was duidelik
afgebaken en ân hele aantal waarskuwingsligte was in gebruik om
aankomende motoriste te waarsku.
Die
Landdros was na my mening heeltemal korrek in sy aanvaarding van die
Eerste Verweerder en Marais se weergawe en in sy verwerping
van die
Tweede Verweerder en Stander sân. Mnr. Van Niekerk het tereg
toegegee dat só ân bevinding noodwendig daartoe moet
lei dat die
appél afgewys moet word. Die Landdros se bevel moet egter
gekorrigeer word, soos ek van voorneme is om te doen.
Daar is ân
redelike verduideliking verskaf vir die laat voortsetting van die
appél en behoort die Appellante se versuim in dié
verband
gekondoneer te word. Die Respondent het dan ook, heeltemal tereg,
nie die aansoek bestry nie.
Ek
reik die volgende bevel uit:
A. Die
Appellante se laat voortsetting van die appél word gekondoneer en
die tydperk vir die voortsetting van die appél soos vereis
in
Landdroshofreël 50(1) word verleng na 31 Desember 2002 en dit word
geag dat die Appellante die appél voortgesit het ingevolge
Landdroshofreël 50(1).
B. Die
appél word afgewys met koste.
C. Die
Landdros se bevel word duidelikheidshalwe as volg gekorrigeer: â
Die
Eiser se eis word met koste afgewys. Die Eerste Verweerder se
teeneis teen die Eiser in die bedrag van R63 825.70 slaag
met
koste, welke koste sal insluit die koste van die uitstel op 26 Maart
2001, die koste van die wysiging sowel as die prokureur
se
reiskosteâ
.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CC
WILLIAMS
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV JG VAN NIEKERK SC
NAMENS
RESPONDENT : ADV J SCHREUDER
DATUM VAN VERHOOR : 2004-05-17
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-05-21