Kahalari Oos Waterraad v Booysen (1166/02) [2004] ZANCHC 20 (21 May 2004)

55 Reportability
Environmental Law

Brief Summary

Water Law — Water Tax — Liability for water tax — Kalahari Oos Waterraad claims water tax and charges for water supplied to J H Booysen, the owner of Meidekop farm, for the period 1998-1999 — Booysen contends he is not liable as he did not enter into an agreement for water supply and requested to be removed from the scheme — Court considers whether the water tax is enforceable against the new owner despite the absence of a direct agreement — Held that the water tax is a charge that attaches to the property, and the owner is liable for payment regardless of prior agreements.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 20
|

|

Kahalari Oos Waterraad v Booysen (1166/02) [2004] ZANCHC 20 (21 May 2004)

IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 1166/02
DATUM:
21-05-2004
In
die saak tussen:
KALAHARI
OOS WATERRAAD EISER
teen
J H BOOYSEN VERWEERDER
CORAM:
C.C WILLIAMS R:
U
I T S P R A A K
WILLIAMS
R:
In
hierdie aangeleentheid dagvaar die Eiser die Verweerder, die eienaar
van die plaas Meidekop, eerstens vir waterbelasting gehef
ingevolge
die bepalings van artikel 120(1) van die Waterwet, 54 van 1956 (
“die
Wet”)
vir
die periode 1 Januarie 1998 tot 31 Desember 1999 in die bedrag van
R30 346,95 plus rente en tweedens vir vorderings teen die Verweerder
gehef in terme van artikel 116 van die Wet vir water gelewer aan die
Verweerder op die plaas Meidekop in die bedrag van R5064,67
plus
rente daarop soos vasgestel in artikel 119(2) van die Wet, vir
dieselfde termyn.
Vanwee
die ingewikkelde aard van die geskille tussen die partye is daar by
ooreenkoms besluit dat die aangeleentheid vanaf die Landdroshof
te
Upington oorgeplaas word na hierdie hof vir beregting.
Die
Eiser in hierdie aangeleentheid, die Kalahari-Oos Waterraad, is
kragtens die Wet by Goewermentskennisgewing 2233 van 4 November
1988
ingestel vir die voorsiening van water aan die oostelike gedeelte van
die Kalahari.
Die
Kalahari-Oos gebied het ‘n waterbehoefte ondervind en die Eiser is
spesifiek gestig om ‘n watervoorsieningskema (
“die
skema”
)
te bou en bedryf. Die Vaal Gamagara Staatswaterskema voorsien die
water aan Eiser wat dan deur middel van ‘n pypverspreidingstelsel
insluitend pompstasies en reservoirs water verskaf aan verbruikers
vir veesuipdoeleindes en huishoudelike gebruik.
Twee
derdes van die aanvanklike aanboukostes van die skema is gesubsidieer
deur die Staat en die restant is gefinansier met behulp
van ‘n
Staatsgewaarborgde lening.
Met
die totstandkoming van die Eiser het die plaaseienaars wat belang
gestel het om met water bedien te word vannuit die beoogde waterskema
ooreenkomste geteken met die Eiser om ingesluit te word in hierdie
skema.
Een
van hierdie plaaseienaars wat so ‘n ooreenkoms mat die Eiser
onderteken het is ene mnr. Slabber, die gewese eienaar van die
plaas
Meidekop. Die Verweerder het hierdie plaas vanaf Slabber gekoop.
Ingevolge
die ooreenkoms wat Mnr. Slabber met die Eiser onderteken het het die
eienaar van die grond himself verbind om water te ontvang
van die
Eiser ingevolge die bepalings van die wet, asook ingevolge die
Watervoorsieningsverordeninge wat by die ooreenkoms aangeheg
was.
Die
plaas Meidekop verskyn ook in Goewermentskennisgewing 2233 van 4
November 1988 as deel te vorm van die gebied waarvoor die Eiser
ingestel is.
Slabber
het die plaas Meidekop aan die Verweerder verkoop gedurende Maart
1998. Dit blyk asof die Verweerder nooit water vannuit
die skema
gebruik het nie en ook nie aansoek gedoen het of ‘n ooreenkoms
aangegaan het met die Eiser dat water uit die skema aan
hom gelewer
word nie. Inteendeel het Verweerder op 11 Februarie 1998 ‘n
versoek gerig aan die Eiser dat hy ontlys word van die
skema
aangesien hy nie ‘n behoefte daarvoor gehad het nie. Aan hierdie
versoek is nie voldoen nie en gevolglik het die Verweerder
geweier om
waterbelasting of watervorderings aan die Eiser te betaal.
Die
vraag nou is of die Verweerder aanspreeklik is vir die betaling van
die waterbelasting en vorderings of andersom of die Eiser
geregtig is
om dit teen die Verweerder te hef en te verhaal.
Mnr.
Petrus Nel wat van die begin betrokke was met die ondersoek na die
goedkeuring en bou van die skema en tans sekretaris is van
die Eiser
het namens Eiser getuig. Volgens Mnr. Nel het die Eiser nog voor sy
totstandkoming ooreenkomste of, verbintenisse, soos
hy dit noem, met
die plaaseienaars aangegaan wat belangestel het in die voorgenome
skema. Op hierdie manier kon die Eiser dus bepaal
of daar genoeg
belangstelling was om die skema te regverdig. Mnr Slabber,
Verweerder se voorganger is een van die plaaseienaars
wat op hierdie
wyse homself verbind het tot die skema. Nie al die plaaseienaars in
die Kalahari-Oos gebied het belanggestel in die
skema nie en is hulle
toe ook nie ingeskakel in die skema nie. Plaaseienaars wat agterna
ingesluit wou word by die skema moes daarvoor
aansoek doen en was
daar nie weer ooreenkomste geteken met hulle soos met die aanvanklike
belangstellendes nie.
Dit
is slegs die plase wat op bogenoemde wyse ingeskakel het by die skema
waarteen belasting en vorderings gehef word. Die plase
in die area
waaraan daar nie water voorsien word nie betaal geen gelde aan die
Eiser nie. Daar is tans 283 plase in die Eiser se
gebied wat
voorsien word van water deur die skema.
Die
enigste bron van inkomste wat die Eiser het is die gelde wat ontvang
word van die verbruikers.
Mnr.
Nel erken dat die Verweerder ‘n skriftelike versoek gerig het aan
die Eiser dat hy ontlys word van die skema. Na ontvangs
van die
versoek is ‘n regsopinie deur die Eiser ingewin vanaf Advokaat
Lacock SC, soos hy toe was. Die kern van die regsopinie
lees soos
volg;
“
Opvolgers
in titel van voormelde verbruikers sal egter by onstentenis van ‘n
ooreenkoms om aldus gebonde te wees, nie ingevolge
die ooreenkoms
gesluit met sy voorganger teenoor die konsultant gebonde wees ten
aansien van heffings en/of geld vir verbruik van
water soos waarvoor
in die ooreenkomste voorsiening gemaak is nie. Die aanvanklike
ooreenkoms verleen slegs ‘n persoonlike reg
aan die konsultant
tenoor die ander party . . .
Bygevolg
meen ek nie dat ‘n opvolger in titel van ‘n persoon met wie die
Raad ‘n ooreenkoms gesluit het, kontraktueel teenoor
die Raad
daarkragtens aanspreeklik is nie.”
Hierdie
regsopinie is toe deur die Eiser na die Departement Waterwerke en
Bosbou gestuur. Die Departement se regsafdeling het toe
ook ‘n
opinie geskryf oor die bevoegdhede van die Eiser en tot die slotsom
gekom dat artikel 120 van die Wet van toepassing is,
dat die
waterbelasting aan die eiendom kleef en nie aan die eienaar nie en
dat die eienaar van eiendom dus verplig sal wees om waterbelasting
of
‘n vasgestelde heffing aan die waterraad te betaal al sou so ‘n
eienaar nie ‘n skriftelike kontrak met Eiser hê nie.
Hierdie
laaste regsmening is dan ook die houding wat die Eiser in hierdie
saak inneem.
Dit
is nie in geskil dat alhoewel die Wet in sy geheel herroep is deur
die Nasionale Waterwet, Wet 36 van 1998, dat in terme van artikel
98(3) van die Nasionale Waterwet 36 van 1998 bly die naam,
bedryfsgebied bestuur, eiendom, regte, aanspreeklikhede,
verpligtinge,
bevoegdhede en pligte van die Eiser dieselfde as
onmiddelik voor die inwerkingtreding van die Nasionale Waterwet 36
van 1998 totdat
‘n waterverbruikersvereniging gestig word.
Die
bevoegdhede en verpligtinge van die Eiser word dus steeds bepaal deur
die Wet.
Die
relevante gedeelte van artikel 120 van die Wet bepaal as volg:
“
120.
Waterbelasting
-(1)
Ter bestryding van enige uitgawes wat ingevolge hierdie Hoofstuk of
die kragtens artikel 138 uitgevaardigde regulasies deur hom
aangegaan
is of sal word, kan ‘n waterraad met die goedkeuring van die
Minister jaarliks ooreenkomstig regulasies deur die Minister
in die
algemeen of met betrekking tot ‘n bepaalde waterraad uitgevaardig,
‘n belasting, genoem ‘n waterbelasting, op enige
grond binne sy
gebied hef en invorder.
(2)‘n
Belasting kragtens sub-artikel (1) gehef, moet op die by regulasie
voorgeskrewe tye deur die aldus voorgeskrewe persone betaal
word.”
Artikel
110 van die Wet spel die werksaamhede, bevoegdhede en pligte van ‘n
waterraad uit. Ingevolge artikel 110(1)j) is ‘n waterraad
bevoeg
om;
“
om
behoudens die bepalings hieronder met betrekking tot pryse gemaak,
vir water wat voorsien word vorderings te hef en te verhaal.”
Mnr
Verster wat namens die Eiser verskyn betoog dat die Eiser ingevolge
die bepalings van artikels 120(1), gelees met die bepalings
van
artikel 110(1)j) bevoegd is om waterbelasting te hef op die grond
waarvan die Verweerder die geregistreerde eienaar is.
Dat
artikel 120 ‘n belasting daarstel wat kleef aan die grond word nie
betwis deur Mnr. Van Staden wat namens die Verweerder optree
nie. As
ek hom reg verstaan is die Verweerder se standpunt eerder dat die
Eiser nie die grond belas het in terme van artikel 120
nie maar
belastings hef in terme van die ooreenkomste wat die Eiser aangegaan
het met die eienaars sowel as die verordeninge wat
daarin
geinkorporeer is. Hierdie feit, so betoog Mnr. Van Staden blyk
duidelik uit die regsopinie van Advokaat Lacock SC. Indien
die
belasting gehef is in terme van artikel 120 van die Wet sou dit nie
nodig gewees het vir Eiser om ‘n regsopinie te kry aangaande
sy
bevoegdhede met betrekking tot opvolgers in titel nie, aangesien die
Eiser in terme van artikel 120 belasting mag hef op enige
grond in sy
gebied. Dit blyk ook uit die advokaat se opinie dat hy nie
instruksies gehad het dat artikel 120 tersake was nie.
Artikel
120(1) bepaal dan ook dat ‘n waterraad belasting kan hef ten
opsigte van enige grond binne sy gebied
met
goedkeuring van die Minister jaarliks ooreenkomstig regulasies deur
die Minister in die algemeen of met betrekking tot ‘n bepaalde
waterraad uitgevaardig.
Verder
maak artikel 120(2) voorsiening daarvoor dat die belasting in artikel
120(1) by
regulasie
voorgeskrewe tye deur die aldus voorgeskrewe persone betaal word.
Mnr.
Van Staden betoog dat daar glad nie regulasies afgekondig is ten
opsigte van artikel 120(1) wat betrekking het op die Eiser nie.
In
regulasies wat op 28 April 1967 afgekondig is ingevolge artikel 138
van die Wet bepaal die Minister onder andere:
“’
n
Raad kan, onderworpe aan die bepalings van subartikels (3), (4) en
(5) van artikel honderd-en twintig van die Wet, jaarliks op grond
in
sy gebied waterbelastings hef en invorder. Tensy die Minister se
goedkeuring verkry word, mag sodanige belastings ten opsigte
van
ander verbruikers as bona fide-boere nie R2 per morg per jaar oorskry
nie, of R2 per morg besproeibare grond alleenlik in die
geval van
sodanige boere: Met dien verstande dat ‘n raad nie sodanige
belastings mag hef ten aansien van grond wat die raad nie
van water
kan voorsien nie of nie binne redelike tyd van water sal kan voorsien
nie.”
Die
betoog is dat hierdie bogenomde regulasies nie van toepassing op die
Eiser is nie aangesien die Kalahari-Oos skema geen besproeibare
grond
het nie, soos deur Mnr. Nel getuig is, en hierdie regulasies slegs
slaan op besproeibare grond. Die doel van die stigting
van die skema
deur die Eiser was in elk geval vir die voorsiening van water vir
veesuip en huishoudelike doeleindes.
So
ook identifiseer die betrokke regulasies nie die
”aldus
voorgeskrewe persone”
soos gestel in artikel 120(2) nie. Al wat die regulasies sê is dat
die belastingsaanslag aan die
“betrokke
persone”
gepos of afgelewer moet word. Omdat die betrokke persone nie omskryf
word nie, argumenteer Mnr. Van Staden kan die Eiser ook nie
belastings ingevolge artikel 120 hef nie. Alternatief hiertoe is die
enigste redelike afleiding wat gemaak kan word dat die verbruikers
van water die belastingspligtiges vorm.
Mnr.
Verster is van mening dat die regulasies wel van toepassing is op die
Eiser en dat daar nie te veel gemaak moet word van die
feit dat die
regulasies melding maak slegs van besproeibare grond nie.
Ek
is nie oortuig dat hierdie bepaling in die regulasies so ligtelik
weggedink kan word nie. Hierin lê die kruks van die saak.
Indien
die Eiser waterbelasting wil hef in terme van artikel 120(1) van die
Wet moet daar aan die bepalings van die artikel voldoen
word en die
onus rus op die Eiser om dit te bewys.
Die
regsbeampte van die Departement Waterwese en Bosbou in sy regsopinie
aan die Eiser, meld dat daar wel regulasies bestaan wat deur
die
Minister goedgekeur is, maar verwys nie spesifiek na die regulasies
nie. Die Eiser self het geen ander regulasies voorgelê
behalwe die
van 28 April 1967 hierbo na verwys. Hierdie regulasies is ooglopend
slegs van toepassing op besproeibare grond en nie
die gebied van die
Eiser nie.
Hiermee
vergeleke is dit insiggewend dat daar ten opsigte van die
Kalahari-Wes waterraad spesifieke regulasies afgekondig is in terme
van artikel 120 op 14 Junie 1985.
Die
feit dat die belastings gehef is blykbaar met die goedkeuring van die
Departement Waterwese en Bosbou verander geensins die situasie
nie.
Die
bepalings van artikel 120(1) ten opsigte van regulasies wat deur die
Minister afgekondig moet word is voorskriftelik van aard
en enige
optrede van die Eiser buite sy bevoegdhede is
ultra
vires.
In
Steyn, Uitleg van Wette, 5de uitgawe word die volgende gestel.
“
Die bevoegdheid om
gelde of belastings op te lê word dan ook in die algemeen nie
aangeneem nie, behalwe waar dit duidelik blyk dat
dit die bedoeling
van die Wetgewer was om daardie bevoegdheid te verleen.”
Ek
is nie tevrede dat die Eiser geslaag het daarin om te bewys dat dit
bevoegd is om belastings te hef in terme van artikel 120(1)
nie. Die
enigste wyse waarop die Eiser belastings kan hef en vorder is dus
kontraktueel en is daar geen aanspreeklikheid ten opsigte
hiervan op
die Verweerder nie.
Wat
die eis vir vordering gehef betref is artikel 116 van die Wet
tersaaklik. Hierdie artikel magtig vorderings deur ‘n waterraad
gehef vir die voorsiening van water aan verbruikers. In artikel 107
word
“verbruiker”
omskryf as
“’n
persoon aan wie water voorsien word of wat geregtig is om van water
voorsien te word deur ‘n waterraad of ‘n plaaslike
bestuur.”
Die
Verweerder is duidelik nie ‘n verbruiker soos bedoel in artikel 107
nie. Daar is geen ooreenkoms tussen Verweerder en Eiser
vir die
verskaffing van water nie en op Mnr. Nel se getuienis is dit duidelik
dat die Verweerder nie gebruik maak van die skema se
water nie.
Hierdie eis kan na my mening dus ook nie slaag nie.
Aangesien
die partye ooreengekom het dat die saak na hierdie hof oorgeplaas
word is dit dan nou ook net billik dat kostes in hierdie
aangeleentheid op die Hooggeregshofskaal betaal word.
In
die omstandghede word die volgende bevel gemaak.
a) Die Eiser se eis word
van die hand gewys met koste op die Hooggeregshofskaal.
________________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Nms.
Eiser
: Adv. Jan P Verster
i.o.v.Engelsman,
Benade & Van der Walt
Nms.Verweerder
: Adv.
WH Van Staden
i.o.v
Duncan & Rothman
Datum
van verhoor
: 2-09-2003
Datum
van uitspraak:
21-05-2004