S v Mitchell and Others (CA&R 5/03) [2004] ZANCHC 9 (12 May 2004)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Robbery — Appeal against conviction — Four appellants convicted of robbery with aggravating circumstances — Appellants claimed they were not present during the commission of the crime — Identification evidence from victims challenged on grounds of reliability — High Court found overwhelming evidence against appellants, including possession of stolen items and eyewitness identification — Appeal dismissed as the appellants' versions deemed implausible and unconvincing.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 9
|

|

S v Mitchell and Others (CA&R 5/03) [2004] ZANCHC 9 (12 May 2004)

VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R 5/03
DATUM:
12-03-2004
In
die saak van:
MERVIN
MITCHELL
EERSTE
APPELLANT
MAC
ESTERHUIZEN
TWEEDE
APPELLANT
BERNARD
GREEF
DERDE
APPELLANT
ASHLEY
MARTIN
VIERDE
APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
MAJIEDT R et WILLIAMS R :
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
Die
vier Appellante is op 23 April 2002 in die streekhof te Kimberley
skuldig bevind op twee aanklagte van roof met verswarende
omstandighede.
Eerste en Tweede Appellante is ook skuldig bevind op
‘n derde aanklag van roof met verswarende omstandighede.
Die
Appellante is gevonnis to 8 (agt) jaar gevangenisstraf per aanklag
wat die verhoorhof gelas het samelopend uitgedien moet word
tot die
effek dat die Eerste en Tweede Appellante effektiewelik 10 (tien)jaar
gevangenisstraf uitdien en die Derde en Vierde Appellante
8 (agt)
jaar gevangenisstraf uitdien.
Die
Appellante kom nou in hoër beroep slegs teen die skuldigbevindings.
Dit
is gemenesaak dat die vier Appellante tesame met twee ander mans
Taswell Vorster en William Smit, wat nie gearresteer is vir die
misdrywe nie, vanaf Kimberley na Barkly-Wes gery het op die aand van
29 Augustus 1999. Die uitstappie is onderneem in ‘n wit Opel
Astra
motorvoertuig bestuur deur die derde Appellant. Die Tweede Appellant
het ook sy vuurwapen saamgeneem.
Wat
die eerste twee aanklagte betref beweer die Staat dat die vier
Appellante die staatsgetuies Morné en Conrad Smith, twee broers,
beroof het deur hulle met geweld en onder dreigement van ‘n
vuurwapen te ontneem van hulle besittings.
Volgens
die staatsgetuies Smith het hulle die betrokke aand tussen 12h30 en
01h00 na ‘n winkelkompleks in Barkly-Wes gegaan waar
Conrad Smith
by ‘n publieke telefoon ‘n oproep wou maak. Terwyl hulle by die
telefoonhokkie was het ‘n wit Astra eers verby
gery en toe voor die
winkel gestop. Eerste, Tweede en Vierde Appellante het uit die
voertuig geklim en in hulle rigting beweeg,
Vierde Appellant na Morné
Smith en Eerste en Tweede Appellante na Conrad Smith. Die Eerste
Appellant het ‘n vuurwapen in Conrad
Smith se mond gedruk terwyl
Tweede Appellant deur sy broeksakke gegaan het. Intussen het die
Vierde Appellant vir Morné Smith gevra
om sy baadjie uit te trek.
Toe hy wil teëpraat het die Eerste Appellant ‘n skoot in sy
rigting afgevuur wat die telefoonhokkie
getref het en veroorsaak het
dat hy splinters in sy oor kry. Vierde Appellant het toe vir Morné
Smith geskop, en geslaan en sy
baadjie, lyfband, sigaretaansteker en
“lip-ice”
afgeneem. Conrad Smith is ontneem van sy beursie, lyfband en
rybewys.
Net
toe het ‘n polisievangwa verby die winkel gery waarop die aanval op
die klaers Smith gestaak is en van die Appellante in die
Astra
voertuig gespring het en weggejaag het met die polisievangwa agterna.
Die
betroubaarheid van die identifikasie getuienis van hierdie twee
klaers is op appél sterk aangeval deur beide Mnr. Greyling wat
vir
die Eerste Appellant optree en Mnr. Van Heerden wat namens Tweede,
Derde en Vierde Appellante optree. Spesifiek is daar verwys
na die
soberheidstoestand van die klaers Smith wat op hul eie weergawe baie
te drink gehad het vroeër die aand, die beligting in
die omgewing
van die winkel, die weersprekings in die getuienis van die klaers en
die feit dat die klaers en Appellante almal op
een stadium saam in
die aanklagkantoor te Barkly-Wes was, wat dus ‘n uitkenning bloot
op grond van die arrestasie van die Appellante
tot gevolg kon hê.
Hierdie
faktore is alles deeglik deur die verhoorlanddros opgeweeg, tot so ‘n
mate dat hy bevind het dat die klaers se identifikasie
van die Tweede
Appellant as een van Conrad Smith se aanvallers nie betroubaar was
nie. Dit is ook so dat daar talle weersprekings
en verskille was in
die getuienis van die twee klaers, wat ek nie hier sal herhaal nie
maar het die verhoorlanddros na my mening
korrek bevind in die
opweging van die getuienis as ‘n geheel dat die weersprekings nie
so wesenlik is dat dit die klaers se weergawe
onbetroubaar maak nie.
Daarenteen
is die Appellante se weergawe van die aand se gebeure soos volg.
Terwyl hulle daar in Barkly-Wes gery het, het die Eerste
Appellant
siek gevoel. Derde Appellant, die bestuurder van die voertuig het
toe voor die winkelkompleks stilgehou waar die Eerste
Appellant,
Taswell Vorster en William Smit uit die voertuig geklim het. Die
Eerste Appellant het daar in die omgewing van die telefoonhokkie,
langs die winkelstoep vormeer, terwyl Vorster en Smit gebruik gemaak
het van die geleentheid om langs die pad af te loop en bier
drink.
Intussen het die derde Appellant besluit om sy neef, wat hulle vroeër
in Barkly-Wes opgetel het, huis toe te neem en is
Eerste Appellant,
Vorster en Smit by die winkel agtergelaat. Die Tweede en Vierde
Appellante sou glo die heeltyd in die voertuig
geslaap het. Met die
terugkeer na die winkel het die Tweede Appellant uit die voertuig
geklim en Smit wat toe ingeklim het, het
vir die Tweede Appellante ‘n
beursie gegee, wat op tweede Appellant se weergawe, hy vir Smit moes
hou. Op daardie stadium het
daar ‘n polisievoertuig aangekom en
die Derde Appellant het toe van die toneel af weggery met slegs Smit
en die Vierde Appellant
in die voertuig, aangesien hy blykbaar nie ‘n
bestuurderslisensie gehad het nie.
Geeneen
van die Appellante het die klaers Smith die aand by die winkel gesien
nie. Volgens Tweede, Derde en Vierde Appellante moes
die roof
plaasgevind het terwyl hulle Derde Appellant se neef huis toe geneem
het, en is die rowers waarskynlik eerste Appellant,
Vorster en Smit
wat by die winkel agtergebly het. Die Eerste Appellant ontken enige
betrokkenheid by hierdie misdrywe en is sy getuienis
dat hy slegs ‘n
onderonsie gehad het met ‘n man wat verby die winkel geloop het en
hom getart het omdat hy daar vomeer. Op die
Eerste Appellant se
weergawe dus moes die klaers deur Vorster en Smit beroof wees terwyl
hy langs die winkelstoep siek was. Nodeloos
om te sê ontken Vorster
en Smit, wat deur die Vierde Appellant as verdedigingsgetuies geroep
is, dat hulle enige aandeel in die
roof gehad het. Hierdie twee
getuies het onskuldig in die straat loop en bier drink terwyl Eerste
Appellant siek was en toe die
voertuig terugkeer na die winkel het
Smit ‘n beursie in die straat sien lê wat hy toe opgetel het en
vir Tweede Appellant gegee
het, wie hy gedog het is die eienaar,
voordat hy self in die voertuig geklim het.
Die
Appellante se weergawes hou na my mening geen water nie.
Op
die Eerste Apellant se weergawe moes die klaers deur Voster en Smith
beroof wees terwyl hy langs die winkelstoep in die omgewing
van die
telefoonhokkie siek was, tog het hy nie die klaers gesien of enige
skote gehoor nie.
Die
klaers het ook getuig dat die wit Astra voertuig voor die winkel
stilgehou het terwyl hulle by die telefoonhokkie op die winkelstoep
was. Die klaers was ook nog op die toneel toe die polisie daar
verbygaan en die Astra voertuig agternasit.
Die
kanse is bitter skraal en die toevalligheid te groot dat daar op
dieselfde aand in ‘n klein dorpie soos Barkly-Wes twee verskillende
wit Astra voertuie op verskillende tye dié aand vanaf dieselfde plek
agternagesit is deur die polisie. Om sake verder te vertroebel
is
Morné Smith se baadjie, lyfband, sigaretaansteker en
“lip-ice”
in die wit Astra bestuur deur Derde Appellant gevind. Conrad Smith
se beursie is in Tweede Appellant se besit gevind. Daar kan
dus geen
twyfel wees dat die wit Astra wat die klaers oor getuig het dieselfde
voertuig is waarmee die Appellante die aand gery het
nie.
Sersant
Kopang wat hierdie aand patrolliediens verrig het se getuienis, wat
nie deur die verdediging aangeval is met die verhoor nie,
bied ook
stawing vir die klaers se weergawe. Hy het getuig dat hy verby
hierdie winkel gery het en ‘n wit Astra daar sien staan
het. Daar
was ook omtrent agt persone op die winkelstoep en dit het gelyk asof
daar ‘n stoeiery aan die gang was. Een persoon
het op die grond
gelê. Toe Kopang sy voertuig omdraai, het van hierdie persone in
die wit Astra geklim en weggejaag.
Na
my mening het die verhoorlanddros die Appellante se weergawe dat
hulle nie op die toneel teenwoordig was toe die klaers beroof
was nie
met reg verwerp.
Die
vraag nou is of die vier Appellante tereg skuldig bevind is op die
basis van die gemeenskaplike-oogmerk-leerstuk soos bevind deur
die
verhoorhof.
Die
vier Appellante was almal op die toneel gewees met die roof van die
klaers. Daar is ook op die toneel ‘n afgevuurde patroondoppie
gevind, wat volgens forensiese getuienis afgevuur is met Tweede
Appellant se vuurwapen. Dit is natuurlik nie genoeg om bloot op
die
toneel te wees met die pleeg van die misdryf nie. (Sien
S
v Jama and others
1989(3)
SA 427(A) te bl. 436). Daar moet ook aktiewe vereenselwiging wees
met die gemeenskaplike oogmerk en hiervoor moet gekyk word
na elk van
die Appellante se rol met die pleging van die misdrywe. Om met die
Eerste Appellant te begin. Hy is uitgeken deur die
klaers as een van
die persone wat vir Conrad Smith beroof het. Op die Eerste Appellant
se eie weergawe was daar ‘n straatlig aan
die oorkant van die
straat wat lig geskyn het op die winkelstoep. Conrad Smith het ook
getuig dat die toneel goed genoeg belig was
vir hom om sy oproep te
kon maak. Verder was die Eerste Appellant ook bekend aan die klaers
omdat hulle op ‘n stadium dieselfde
skool bygewoon het. Eerste
Appellant is ook deur die getuie Japhta geidentifiseer as die persoon
wat later die aand in besit van
die vuurwapen was. Daar is dus geen
rede om die klaers se uitkenning van die Eerste Appellant in twyfel
te trek nie.
Wat
die Tweede Appellant betref is hy die persoon wat die vuurwapen
saamgeneem het en alhoewel die klaers gedurende kruisondervraging
erken het dat hulle hom nie spesifiek kon uitken nie, is dit so dat
hy in besit gevind is van Conrad Smith se beursie. Sy verduideliking
van hoe hy in besit gekom het van die beursie is tereg deur die
verhoorlanddros verwerp.
Die
Derde Appellant was die bestuurder van die Astra voertuig. Die
getuienis van die polisie is dat hy van die toneel weggejaag het,
deur ‘n stuk veld gery het, en uiteindelik in ‘n sloot beland het
waar die polisie hom en die Vierde Appellant in die motor gevind
het.
Op daardie stadium het die voertuig geen nommerplate opgehad nie, en
is die nommerplate eers weer teruggeplaas toe Derde Appellant
se
vader, wat later op die toneel aangekom het waar die voertuig
vasgeval het, dit in die kattebak gevind het. Hierdie optrede strook
nie met Derde Appellant se verduideliking dat hy stadig weggetrek het
toe die polisie by die winkel aankom omdat hy nie ‘n
bestuurderslisensie
gehad het nie. Dit strook myns insiens baie
beter met die landdros se bevinding dat hy die sogenaamde
“get-away”
motor
bestuur het.
Die
Vierde Appellant is deur Morné Smith uitgeken as die persoon wat vir
hom geroof het. Morné Smith getuig dat hy die persoon
se gesig goed
gesien het, omdat hy baie na aan hom gestaan het. Hierdie was ook
nie ‘n vlugtige aanval nie en was daar genoeg
geleentheid om ‘n
goeie waarneming te maak. Morné Smith se gesteelde goedere is ook
in die voertuig gevind met die Derde en Vierde
Appellante.
Daar
is na my mening geen twyfel dat William Smith en Taswell Voster ook
betrokke was by die aanval op die klaers nie, maar wat die
vier
Appellante betref is die getuienis teen hulle oorweldigend.
Hierteenoor is hulle eie weergawes so ongeloofwaardig, dat die
enigste
redelike afleiding wat gemaak kan word uit die getuienis is
dat al vier Appellante hulle aktief vereenselwig het met die roof van
die Smith broers.
Myns
insiens is daar geen meriete in die Appellante se appél teen hierdie
twee skuldigbevindings nie.
Wat
die derde aanklag van roof met verswarende omstandighede betref is
die klaer ene Jacobus Visagie. Visagie se getuienis is dat
hy om en
by 02h00 dieselfde nag by dieselfde winkel as in die eerste twee
aanklagte verbygestap het op pad huis toe. Hy is toe aangerand
deur
die Tweede Appellant wat hom met ‘n mes agter sy kop en onder sy
ken gesteek het. Die Eerste Appellant het op die winkelstoep
gestaan. ‘n Derde persoon wie se gesig hy nie kon sien nie het vir
Visagie gepootjie en laat val en terwyl hy op die grond gelê
het,
het Eerste Appellant en Tweede Appellant hom geskop. Hulle het toe
sy baadjie, T-hemp en R8,00 kontant geneem en hom gedwing
om op sy
knieë te soebat. Hy getuig ook dat Eerste Appellant ‘n vuurwapen
in sy mond gedruk het waarna die Tweede Appellant die
vuurwapen
geneem het en dit toe ook in sy mond gedruk het. Die twee Appellante
het toe die toneel verlaat waarna Visagie die polisie
gebel het vanaf
die telefoonhokkie op die winkelstoep. Die polisie het nie opgedaag
nie en Visagie is toe huistoe en is eers die
volgende oggend ongeveer
10h00 polisiestasie toe om ‘n verklaring af te lê. Hy het ook ‘n
tweede verklaring afgelê omtrent
‘n week na die insident.
Daar
is sterk kritiek gewerp teen die getuienis van Visagie deur die
Appellante se regsverteenwoordigers. Die twee Appellante is
reeds
teen 02h00 die nag gearresteer en kon dus nie op dieselfde tydstip
vir Visagie beroof nie. So ook meld Visagie in geeneen
van sy
polisieverklarings dat hy met ‘n mes aangerand is nie. Die mediese
verslag ten opsigte van Visagie maak ook geen melding
van sny- of
steekwonde nie. Hierbenewens blyk dit ook asof Visagie reeds
ongeveer 02h00 die betrokke nag ‘n verklaring afgelê
het by die
polisie, en nie soos hy getuig het eers 10h00 die oggend nie. Met
hierdie ongerymdhede in Visagie se getuienis poog die
Appellante om
hom te diskrediteer wat betref sy soberheidstoestand die betrokke nag
en sy identifikasie van die twee Appellante as
sy aanvallers.
Die
verhoorlanddros het spesifiek gelet op hierdie ongerymdhede in die
getuienis van Visagie in sy uitspraak. Waar daar geen stawing
was
vir sy getuienis nie, soos byvoorbeeld sy weergawe van ‘n
aanranding met ‘n mes, is sy getuienis verwerp.
Wat
die tyd van sy aanranding aanbetref is dit in alle waarskynlikheid
slegs ‘n heel menslike fout wat Visagie gemaak het. In elk
geval,
nie veel draai om sy tydsbepaling nie aangesien beide Eerste en
Tweede Appellant hulself op die toneel plaas met Visagie.
Eerste
Appellant erken dat hy ‘n onderonsie gehad het met Visagie by die
winkel en die Tweede Appellant se getuienis was eerstens,
dat hy vir
Eerste Appellant gesê het om die persoon (Visagie) met wie hy ‘n
woordewisseling gehad het te los en later gedurende
kruisondervraging, getuig hy dat hy slegs die persoon sien wegstap
het van die Eerste Appellant toe hy by die winkel aankom. Heel
duidelik is hierdie tweede weergawe van die Tweede Appellant ‘n
poging om sy interaksie met Visagie af te water.
Ek
kan nie saamstem met die verhoorlanddros dat hierdie insident met
Visagie plaasgevind het voor dié van die Smith broers nie.
Logieserwys moes hierdie roof van Visagie na die Smith broers se roof
plaasgevind het. Visagie getuig nie dat hy die Astra voertuig
gesien
het nie, ook nie dat hy die Smith broers daar by die winkel gesien
het nie. Eerste en Tweede Appellant se getuienis is ook
dat hulle na
die onderonsie wat Eerste Appellant gehad het met Visagie geloop het
vanaf die winkel om ‘n geleentheid terug Kimberley
toe te soek.
Die enigste redelike afleiding wat hieruit gemaak kan word is dat die
Astra voertuig met Derde en Vierde Appellante
en William Smith reeds
die toneel verlaat het ná die roof van die Smith broers, toe Visagie
geroof word.
Dit
kan ook nie weer bloot toevallig wees dat Eerste en Tweede Appellante
en Taswell Voster daar by die winkel agtergelaat is toe
die polisie
die Astra voertuig agternasit en Visagie dan later deur drie mans by
dieselfde winkel aangerand is en beroof is deur
twee van hulle met ‘n
vuurwapen wat op dieselfde wyse gebruik is soos met die roof van
Conrad Smith nie. Wat die Staat se saak
verder teen die twee
Appellante versterk is dat Eerste en Tweede Appellante gesien is met
‘n vuurwapen in hulle besit deur Chris
Japhta, ‘n heeltemal
onpartydige getuie, wat nie eens ‘n klag wou maak teen die
Appellante nadat hy met die vuurwapen gedreig
is nie.
Daar
is na my mening genoeg stawing vir Visagie se identifisering van die
Eerste en Tweede Appellant as sy rowers om ‘n skuldigbevinding
te
regverdig, nieteenstaande die ongerymdhede te vind in sy getuienis.
Met
betrekking tot wanneer Visagie sy eerste verklaring by die polisie
sou aflê, het die verhoorlanddros bevind dat die polisie moontlik
‘n
fout begaan het deur die tyd aan te dui as 02h00 die betrokke nag.
Die
getuienis is ook dat dit maar taamlik deurmekaar gegaan het die
betrokke nag by die aanklagkantoor. Soos die landdros in sy
uitspraak
noem, was die oomblik moontlik te groot vir die polisiespan
van die normaalweg rustige Barkly-Wes, toe die skielike golf van
misdaad
hulle tref. Die getuienis van Eerste Appellant is in elk
geval ook dat hy eers vir Visagie by die aanklagkantoor gesien het
die
oggend na die arrestasie, wat stawing bied vir Visagie se
weergawe dat hy eers om 10h00 die oggend ‘n verklaring by die
polisie
afgelê het. Die polisie het dus na my mening klaarblyklik
‘n fout gemaak met die tyd wanneer hierdie verklaring afgeneem is,
en behoort dit nie afbreuk te doen aan die geloofwaardigheid van
Visagie nie.
In
die omstandighede word die volgende bevel gemaak.
Die
appél word van die hand gewys.
Die
skuldigbevindings ten opsigte van al die aanklagte word bekragtig.
_______________________
C
C WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam met die bevindinge en slotsom van my geleerde kollega. Ek
ag dit nodig om ‘n onrusbarende aspek in die verrigtinge
te opper.
Die Streeklanddros het toegelaat dat daar tydens kruisondervraging
van die Tweede Appellant verwys word na iemand wat
die gelaatstrekke
van
“‘n
Koelie”
het. Hierdie ongewenstheid het hom by ten minste 3 geleenthede
voorgedoen, te wete op bladsye 476 (2 keer) en 499 van die oorkonde.

Die woord
“Koelie”
word algemeen gebruik as ‘n neerhalende en kwetsende verwysing na
‘n persoon van Indiër afkoms. Die gebruik daarvan in ons
howe is
vir my heeltemal onvanpas en totaal en al onaanvaarbaar. Tot my
teleurstelling het die voorsittende landdros in hierdie
geval dit
bloot toegelaat, sonder enige teregwysing. Die feit dat die betrokke
voorsittende beampte boonop een van ons meer ervare
en bekwame
streeklanddroste is, vererger sake verder. Landdroste moet daarvan
kennis neem dat sulke neerhalende verwysings na mense
in ons
bestaande bedeling hoegenaamd nie geduld behoort te word nie.

e
n
Versuim om sulke aangeleenthede in die reine te stel werp ‘n swak
refleksie op die bepaalde regsprekende beampte en stel ‘n
uiters
swak beeld van ons regspleging in die algemeen daar.
_______________________
S A MAJIEDT
REGTER
Nms.
Appellant: Adv. F Van Heerden
Nms.
Respondent: Adv. R Calitz
Datum
aangehoor: 11 Augustus 2003