About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 61
|
|
S v Jacobs (CA & R 6/04) [2004] ZANCHC 61 (10 May 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA
& R 6/04
Datum
verhoor: 2004-05-10
Datum
gelewer: 2004-05-10
In
die appél van
:
WAYNE
JACOBS APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
OLIVIER
R
EX
TEMPORE UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
Appellant is in die Streekhof skuldig bevind aan die volgende
misdrywe:
a) Strafbare
manslag;
b) ân
Oortreding van art 122(1)(a) gelees met bepaalde artikels van Wet 29
van 1989 (hierna verwys as
die
Wet
)
d.w.s. dronkbestuur;
c) ân
Oortreding van art 15 gelees met bepaalde artikels van die Wet d.w.s.
bestuur van ân motorvoertuig sonder ân geldige lisensie.
Die
Appellant is as volg gevonnis op die voormelde misdrywe:
a) Aanklagte
1 en 2 hierbo is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en die
Appellant is tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis;
b) Op
aanklag 3 is hy gevonnis tot ân boete van R300 of 30 dae
gevangenisstraf.
Die
Appellant kom nou in hoër beroep teen beide skuldigbevinding en
vonnis.
Die
Appellant, ân voormalige polisiebeampte te Windsorton, was na
bewering die bestuurder van ân motorvoertuig wat teen die
reling
van ân brug gebots het as gevolg waarvan die oorledene (sy broer)
noodlottig beseer is. Daar is ook van Staatsweë beweer
dat die
Appellant onder die invloed van drank was terwyl hy die
motorvoertuig bestuur het en dat hy sonder ân geldige lisensie
bestuur het.
Die
volgende aspekte was óf gemene saak tydens die verhoor óf was nie
werklik ernstig in geskil geplaas nie:
a) Dat
die betrokke motorvoertuig wat gebots het met die reling en waarin
die oorledene noodlottig beseer is aan die Appellant behoort;
b) Dat
daar ân botsing tussen die voormelde motorvoertuig en die reling
van die brug plaasgevind het;
c) Die
oorledene se identiteit en die feit dat hy geen verdere beserings
opgedoen het na die voormelde botsing nie is erken;
d) Dat
daar ander persone in die motorvoertuig was ten tyde van die botsing;
e) Dat
die Appellant nie oor ân geldige bestuurderslisensie beskik het ten
tyde van die voorval nie is as formele erkenning op rekord
geplaas
namens die Appellant.
f) Dat
die Appellant dermate onder die invloed van drank was dat hy nie ân
motorvoertuig met die nodige behendigheid kon bestuur
nie.
Die
enigste werklike geskilpunt tydens die verhoor ten aansien van die
skuldigbevinding is die vraag of die Staat bewys het bo redelike
twyfel dat die Appellant inderdaad die bestuurder van die voertuig
was ten tyde van die botsing waarna ek alreeds verwys het.
Ten
einde hierdie aspek te bewys het die Staat die getuienis gelei van
verskeie getuies, die belangrikste waarvan die volgende
getuies is,
te wete
Linda
Monekate
,
Isaac
Dassie
en
Jeffrey
Kameel
.
Die polisiebeampte, sersant
Skinner
van die SAPD te Windsorton wat een van die eerste polisiebeamptes op
die toneel was, het getuig dat hy omstreeks 6.30 nm op 15
Desember
1998 die toneel bygewoon het saam met sy kollega, sersant
Bailey
.
Soos wat die fotoâs, bewysstuk A voor die verhoorhof, aandui het
hy ân geel Ford Sierra teen die kant van die brug aangetref.
Dit
was nog lig toe hy op die toneel opdaag en die pad was droog. Hy
het op die toneel gevind dat die Appellant buite die voertuig
was en
het ook met die Appellant gepraat. Die oorledene het dwars op die
agtersitplek gelê, langsaan die getuie Jeffrey Kameel,
wat regop
gesit het. Die oorledene, wat al sy klere aangehad, het toe nog
geleef en hy is per ambulans weggevoer.
Die
drie getuies, Monekate, Dassie en Kameel waarna ek verwys het, het
almal inkriminerende getuienis teen die Appellant gelewer
deurdat
hulle aldrie beweer dat die Appellant die bestuurder van die
voertuig was. Menere Monekate en Dassie het hulle op die
dag van
die voorval bevind by ân delwerswinkel in Windsorton omstreeks 6
uur namiddag. Volgens beide hulle getuienis het die
Appellant en sy
maats daar opgedaag in ân Ford motorkar. Hulle albei getuig dat
die Appellant en sy makkers daar bier gekoop
en gedrink het en ook
snoeker gespeel het. Hierdie twee menere het voor die Appellant en
sy makkers dié betrokke delwerswinkel
verlaat en terwyl hulle
gestap het in die rigting van die brug, is die Sierra verby hulle en
het die oorledene uitgeleun by die
voertuig en het hy hulle gevloek.
Kort daarna het hulle ân slag gehoor en het hulle nader gestap.
Hulle het gevind dat die
voertuig teen die reling van die brug
gebots het. Die polisie was alreeds op die toneel. Beide dié
getuies getuig dat die Appellant
die bestuurder van die betrokke
voertuig was.
Mnr.
Jeffrey Kameel was ân insittende in die voertuig en het getuig dat
beide hy en die Appellant sowel as die oorledene vriende
was. Hulle
het vroeër geswem, vleis gebraai en gedrink by die rivier voor
hulle vertrek na die delwerswinkel te Windsorton waarvan
die vorige
twee getuies ook melding gemaak het. Volgens Mnr. Kameel was daar
ses persone in die voertuig, insluitende hyself.
Hy het bevestig
dat hulle by die delwerswinkel snoeker geskiet het en biere gedrink
het. Hy bevestig ook dat die Appellant die
voertuig bestuur het.
Volgens hom het daar ân bakkie van voor af gekom en is dit die
laaste wat hy kan onthou voordat hy in
die hospitaal wakker geskrik
het. Mnr. Kameel se getuienis is verder van belang deurdat hy
beweer, soos Mnre. Monekate en Dassie,
dat die oorledene op die
agtersitplek gesit het voor die botsing.
Die
Appellant het ook getuig en het bevestig dat hulle vroeër vleis
gebraai, geswem en alkohol gedrink het voordat hulle na die
delwerswinkel vertrek het. Volgens hom was daar geen biere by die
delwerswinkel en het hulle besluit om maar bietjie snoeker te
speel
daar. Hy gee toe dat hulle almal baie dronk was alreeds tydens
hulle rit vanaf die brug na die delwerswinkel. Daar by die
delwerswinkel het sy broer, die oorledene, hom uitgeroep na buite,
waar hulle oor iets gestry het en hy wat die Appellant is het
toe in
die passassiersitplek gaan sit. Hy het daar aan die slaap geraak en
het toe eers in die hospitaal wakker geskrik. Hy het
geen idee hoe
die ongeluk plaasgevind het nie. Hy was egter vas oortuig daarvan
dat nie hy nie, maar sy broer die oorledene, die
voertuig bestuur
het nadat hulle vertrek het vanaf die delwerswinkel.
Die
belangrikste getuies vir die Staat ten aansien van hierdie enkele
geskilpunt waarna ek verwys het, is uiteraard Mnre. Monekate,
Dassie
en Kameel. Hulle getuienis is egter nie sonder kritiek nie. Mnr.
Titus wat namens die Appellant voor ons verskyn het,
het dan ook
uitgewys dat:
a) Die
groot probleem in Mnr. Monekate se getuienis is dat hy ontken dat
die voertuig, sigbaar op die fotoâs (bewysstuk A), die
betrokke
voertuig is wat hy die dag gesien het wat die Appellant bestuur het.
Volgens hom was die voertuig wat hy gesien het ân
2-deur sportmotor
(die voertuig op die fotoâs wat al die ander getuies, insluitende
die Appellant aangevoer het sy eiendom is wat
betrokke was in die
botsing, is ân 4-deur voertuig).
b) Wat
Mnr. Kameel se getuienis aanbetref het hy erken tydens
kruisondervraging dat hy in sy heel eerste getuieverklaring aan ân
polisiebeampte, sersant Brown, beweer het dat hy nie geweet het wie
die voertuig bestuur het nie. Mnr. Titus het toegegee dat Mnr.
Dassie as getuie beter gevaar het as die voormelde 2 getuies.
Die
voormelde kritiek wat uitgespreek word op die getuienis van Mnre.
Monekate en Kameel is geregverdig. Ek is egter die mening
toegedaan
dat die landdros heeltemal korrek was in sy benadering deur te
bevind dat Mnr. Monekate ân
bona
fide
fout
maak deur te beweer dat die voertuig sigbaar op bewysstuk A nie die
voertuig is wat hy die betrokke dag gesien het wat deur
die
Appellant bestuur is nie. Verder stem ek ook saam met die Landdros
se benadering dat, alhoewel Mnr. Kameel ân bevredigende
verduideliking verskaf het oor waarom hy in die eerste verklaring
aan sersant Brown gesê het dat hy nie weet wie die voertuig
bestuur het nie, sy getuienis tog met versigtigheid benader moet
word aangesien hy ân selferkende leuenaar is. Mnr. Kameel het
naamlik verduidelik dat die ander insittendes van die voertuig,
uitgesluit die Appellant, daarop aangedring het dat hulle moet
saamsweer en dat almal moet sê dat hulle nie weet wie die voertuig
bestuur het nie.
Die
beste van dié drie getuies is sonder enige twyfel Mnr. Isaac
Dassie. Hy het by sy weergawe gehou en uit die oorkonde blyk
dit
dan ook dat daar geen wesenlike kritiek teen sy getuienis ingebring
kan word nie, soos wat Mnr. Titus inderdaad tereg toegegee
het voor
ons. Mnr. Dassie was vas oortuig daarvan dat die Appellant die
bestuurder van die voertuig was. Hy word hierin gestaaf
deur Mnre.
Monekate en Kameel, wie as getuies, ten spyte van die voormelde
probleme in hulle getuienis, nie so swak was dat hulle
getuienis
sondermeer verwerp kan word nie. Ek meen die Landdros was korrek
deur hierdie twee getuies se getuienis aan te wend
as aanvaarbare
stawing vir die getuienis van Mnr. Dassie.
Die
Appellant se weergawe was dat hy absoluut niks van die botsing kan
onthou nie. Daar is egter ân wesenlike en kritieke weerspreking
te vinde in dit wat hy getuig het en dÃt wat aan die getuie Mnr.
Jeffrey Kameel deur sy destydse regsverteenwoordiger gestel is.
Toe
Mnr. Kameel getuig het, het die advokaat namens die Appellant dit
aan hom gestel dat:
â
Beskuldigde sê
hyself ook, hy was behoorlik dronk gewees. Die laaste wat hy sê hy
kan onthou was hy nog onder die brug. Kan nie
eens meer verder
onthou nie. Hy sê julle almal was behoorlik dronk gewees. â
Onmiddellik
daarna volg die volgende stelling:
â
En
beskuldigde sê toe hy onder die brug gewees het, toe het julle
besluit julle gaan â
Diggers
Shopâ
toe en sy broer het op daardie stadium bestuur en hy kan niks verder
onthou nie. Nie hoe julle by die â
Diggers
Shop
â
uitgekom het, hy kan nie eens onthou dat julle terug gekom het nie,
hy kan niks van dit onthou nieâ.
In
sy mondelinge getuienis het die Appellant getuig dat hy vanaf die
brug (waar hulle vleis gebraai, geswem en gedrink het vroeër)
self
na die delwerswinkel toe gery het en hy eers daar, nadat hy en sy
broer gestry het, op die passassiersitplek gaan sit het en
dat sy
broer verder bestuur het. Die Appellant het, toe hy met hierdie
wesenlike weerspreking gekonfronteer is, aangevoer dat hy
nooit
sodanige instruksies aan sy advokaat gegee het soos wat gestel is aan
die getuie Kameel nie. Dit is egter opvallend dat die
advokaat self
hoegenaamd geen regstelling daaraangaande gemaak het op enige stadium
nie. Hierdie is ook so ân absoluut belangrike
aspek in die
Appellant se verweer dat dit my verstand te bowe gaan hoedat die
bekwame en deeglike regsverteenwoordiger wat tydens
die verhoor vir
die Appellant opgetree het so ân fatale flater sou begaan.
Ek
is van mening dat die Appellant se getuienis waar dit teenstrydig is
met dié van die staatsgetuies ten aansien van hierdie betrokke
geskilpunt korrek verwerp is deur die Landdros as vals bo redelike
twyfel.
Bo-en-behalwe
die absoluut oorweldigende getuienis van Staatsweë dat die
Appellant wel die voertuig bestuur het, ontstaan die vraag
onwillekeurig by ân mens:
Indien
die oorledene wel die voertuig bestuur het tydens die botsing, hoe
het hy op die agtersitplek beland waar die polisieman,
sersant
Skinner, hom aangetref het na die botsing
?
Na my mening is die afleiding onafwendbaar dat die staatsgetuies
heeltemal korrek was in hulle bewering dat die oorledene inderdaad
hom op die agtersitplek bevind het net voor die botsing.
Gevolglik
is ek van mening dat die Landdros heeltemal korrek bevind het dat
die Appellant die bestuurder van die voertuig was ten
tyde van die
botsing. Die totaliteit van die getuienis dui daarop dat die
Appellant se optrede daar op nalatigheid neerkom wat
gelei het tot
die botsing, wat op sy beurt weer sy broer se dood veroorsaak het.
Dit is ook nie anders betoog deur Mnr. Titus
voor ons nie.
Gevolglik is ek van mening dat daar geen meriete in die appél teen
die skuldigbevinding is nie.
Wat
vonnis aanbetref, is die appél gemik slegs teen die vonnis op
aanklagte 1 en 2 wat saamgeneem is, te wete 3 jaar gevangenisstraf.
Die Appellant se persoonlike omstandighede is uiters rooskleurig,
soos wat die Landdros tereg bevind het tydens sy uitspraak op
vonnis. Hy was naamlik 32 jaar oud ten tyde van vonnisoplegging en
hy was werkloos aangesien hy uit eie oorweging bedank het by
die
SAPD na die voorval. Uit getuienis ter strafversagting komende van
sy suster, het dit geblyk dat die Appellant na die voorval
verskriklik aan die drink gegaan het tot dié mate dat hy homself in
ân rehabilitasiesentrum bevind het en dat sy ontslag uit
die SAPD
feitlik onafwendbaar was. In die lig daarvan het die Appellant toe
uit eie oorweging bedank uit die SAPD. Sy vrou was
ook werkloos.
Hy het 2 kinders van 10 en 3 jaar oud. Hy het ten tyde van
vonnisoplegging los werkies verrig deur byvoorbeeld
te verf en
motorvoertuie te herstel waaruit hy gemiddeld R1500 per maand
verdien het. Sy suster het namens haar en haar familie
ân
ernstige, emosionele pleidooi aan die Landdros gerig om die
Appellant nie gevangenis toe te stuur nie, aangesien hy na haar
mening reeds voldoende gestraf is vir die oortredings. Sy het
daarop gewys dat hy sy werk verloor het, dat hy sy broer, met wie
hy
soos ân tweelingbroer geleef het, ook verloor het en dat sy
skuldigbevinding vir hom groot verwyte van die kant van sy familie
op die hals sou haal. Volgens haar was sy en haar familie steeds
oortuig, ten spyte van sy skuldigbevinding, dat hy nie self
die
voertuig bestuur het nie en derhalwe onskuldig was.
Die
Landdros het op al hierdie aspekte gewys en het dit duidelik wel in
ag geneem tydens vonnisoplegging. Ek is egter die mening
toegedaan
dat hy die erns van die misdryf heeltemal oorbeklemtoon het. Hy het
naamlik bevind dat hierdie ân geval van growwe
nalatigheid is wat
direkte gevangenisstraf regverdig. In
S
v Nxumalo
1982(3) SA 856 (A) te 861 A-E verwys Sy Edele Regter
Corbett na die saak van
S
v Ngcobo
1962(2) SA 333 (N). Ek haal met goedkeuring die volgende
dictum
van Miller R aan:
â
I
do not understand the learned Judges of Appeal to have meant or
intended, however, that the magnitude of the tragedy resulting from
negligence should ever be allowed to obscure the true nature of the
accused's crime or culpability. Whatever the result of the negligent
act or omission, the fact remains that what the accused person in
such a case is guilty of is negligence - the failure to take
reasonable
and proper care in given circumstances. His negligence may
be slight and yet may have the most calamitous consequences, or it
may
be gross and yet be almost providentially harmless in the result.
I venture to suggest that the basic measure for determining fit
punishment for a negligent motorist must be the degree of his
culpability or blameworthiness. In terms of the judgment to which I
have referred, the fact that a death or deaths resulted from such
negligence is a factor which may and should be taken into account
by
the court for purposes of sentence, not so much for its purely
punitive effect on the culprit, who may not deserve severe
punishment,
but for its deterrent effect in emphasising 'the sanctity
of human life' and in warning motorists that negligence on the
highways
may well result in the death of innocent persons and in
severe penalties being imposed upon those responsible therefor.â
In
S
v Greyling
1990(1) SASV 49 (A) het die appélhof by monde van Friedman
WnAR uitgewys dat in gevalle van strafbare manslag wat voortspruit
uit die nalatige bestuur van ân motorvoertuig, die presiese oorsaak
van die ongeluk bepaal behoort te word en dat die beskuldigde
se
verwytbaarheid en sy graad van nalatigheid van dié betrokke
omstandighede afhang. In daardie saak is ân 19-jarige eerste
oortreder
skuldig bevind op ân aanklag van strafbare manslag wat
voortgespruit het uit ân motorongeluk waarin vier tienderjarige
meisies,
wat passassiers was agter op ân oop bakkie wat die
Appellant bestuur het, op slag dood is en ân vyfde het ernstige
permanente
beserings opgedoen. Die opgelegde vonnis van vyf jaar
gevangenisstraf, waarvan die helfte opgeskort is, is op appél deur
die Appélhof
verminder na 12 maande gevangenisstraf.
In
S
v Naicker
1996(2) SASV 557 (A) is ân 30-jarige eerste oortreder skuldig
bevind aan strafbare manslag voortspruitend uit nalatige bestuur
van
ân motorvoertuig omdat hy nie ân behoorlike uitkyk gehou het
voordat hy van bane verander het nie en is hy gevonnis tot
2 jaar
gevangenisstraf. Die Hof, by monde van FH Grosskopf AR, het
beslis dat hoewel dit geregverdig is om die tragiese gevolge
van die
Appellant se nalatigheid in ag te neem, die omvang van die tragedie
voortspruitend uit sy nalatigheid nooit die ware aard
van ân
beskuldigde se misdaad behoort te oorskadu nie. Die Hof verwys ook
met goedkeuring na die benadering in die
Nxumalo
en
Ngcobo
-sake,
hierbo aangehaal en wys daarop dat die omstandighede van die ongeluk
altyd in ag geneem moet word ten einde ân beskuldigde
se morele
verwytbaarheid en graad van nalatigheid te bepaal vir doeleindes van
vonnisoplegging.
Laastens
verwys ek na die beslissing in
S
v Birkenfield
2000(1) SASV 325 (HHA). Daar is die bepaalde appellant in ân
landdroshof skuldig bevind aan strafbare manslag voortspruitend
daaruit dat hy versuim het om met sy motorfiets by ân stopteken
stil te hou en hy toe gebots het met ân voetganger. As ân
gevolg van die voormelde botsing is beide die voetganger en die
appellant se passassier op die motorfiets gedood. Hy is ân vonnis
opgelê van 5 jaar gevangenisstraf ingevolge die bepalings vervat in
art 276(1)(i) van die Strafproseswet, 51 van 1977. Op
appél
na ân provinsiale afdeling is sy vonnis verminder na 3 jaar
gevangenisstraf ingevolge die voormelde wetsartikel se bepalings.
Op verdere appél na die Hoogste Hof van Appél is die voormelde
vonnis bekragtig.
Uit
die voormelde beslissings blyk dit duidelik dat die blote feit van
lewensverlies uiteraard ân faktor is wat in oorweging geneem
moet
word, maar behoort dit nie ân beskuldigde se morele verwytbaarheid
en graad van nalatigheid te oorskadu wanneer dit kom
by die
oorweging van ân gepaste vonnis nie. In die onderhawige geval is
daar geen getuienis oor hoe presies die ongeluk plaasgevind
het nie.
Slegs Jeffrey Kameel verwys bloot so op terloopse wyse na ân wit
bakkie wat na hulle toe aangery gekom het kort voor
die ongeluk.
Die Appellant self maak egter hoegenaamd geen melding daarvan nie
(daar sal onthou word dat hy beweer het dat hy
geslaap het ten tyde
van die botsing). Dit is duidelik dat ân aansienlike mate van
nalatigheid betrokke was by die bestuur van
hierdie voertuig. Ek
meen egter dat dit nie as
growwe
nalatigheid aangemerk kan word nie. Daar is naamlik geen getuienis,
behalwe dié van Mnr. Kameel, dat die voertuig teen ân groot
spoed
verby die getuies Mnre. Dassie en Monekate gery het toe hulle dit
opgemerk het nie. Mnr. Monekate getuig bloot dat die voertuig
âhoog
gedreunâ het. Dié getuienis is nie voldoende om bo redelike
twyfel te kan bevind dat die Appellant roekeloos of selfs
grof
nalatig vinnig gery het nie. Ek is dit eens met die Landdros dat
drank ân groot rol gespeel het by die plaasvind van die
botsing.
Sonder om my op die terrein van spekulasie te begewe, meen ek dat
dit ân redelike afleiding is dat die appellant,
as gevolg van sy
beskonkenheidheid, versuim het om voldoende beheer oor die voertuig
uit te oefen en nalatiglik toegelaat het dat
dit van die pad loop en
teen die reling van die brug regs aan die verkeerde kant van die pad
bots.
Wanneer
die omstandighede van die botsing in aanmerking geneem word meen ek
dat die vonnis van 3 jaar gevangenisstraf op aanklagte
1 en 2
heeltemal té swaar en skokkend onvanpas is. Dit is heeltemal uit
tred met die vonnisse waarna ek alreeds verwys het hierbo.
Bowendien,
en in elk geval, het die landdros na my mening misgetas deur as volg
te bevind:
â
.....die feit
dat u steeds ontken en volhardend ontken dat u die bestuurder van die
voertuig was, is myns insiens verswarend.â
Dit
is enige beskuldigde se goeie reg om vol te hou met ân bepaalde
verweer, selfs ná skuldigbevinding. Dit het uiteraard die
gevolg
dat só ân beskuldigde hom nie kan beroep op berou as ân
strafversagtende faktor nie. Dit beteken egter nie dat só ân
houding as strafverswarend aangemerk kan word nie. Om só te doen
stel na my mening ân mistasting daar.
Na
my mening behoort die Appellant tot ân mate ân geleentheid
gegun te word om te rehabiliteer buite gevangenisverband. Ek
is
dié mening toegedaan veral in die lig van die getuienis van sy
suster tydens vonnisoplegging, waarna ek alreeds verwys het.
Tot
ân groot mate het die Appellant alreeds sy straf uitgedien en sal
hy in lengte van dae steeds geteister word deur sy optrede
wat die
lewe van sy broer geëis het. Ek is die mening toegedaan dat
gevangenisstraf ingevolge die bepalings vervat in art 276(1)(i)
van die Strafproseswet meer vanpas sal wees hierin.
Gevolglik
word die volgende bevel uitgereik:
A. Die
Appellant se appél teen sy skuldigbevinding word van die hand gewys.
B. Die
appél teen die vonnis opgelê op aanklagte 1 en 2 slaag. Die vonnis
wat die Landdros opgelê het op aanklagte 1 en 2 word
tersyde gestel
en vervang met die volgende:
Aanklagte
1 en 2 word saamgeneem vir doeleindes van vonnis. Die Appellant word
gevonnis tot 24 (vier en twintig) maande gevangenisstraf
onderhewig
aan die bepalings vervat in artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet,
51 van 1977.
C. Die
vonnis opgelê op aanklag 3, te wete ân boete van R300.00 of
30 dae gevangenisstraf word bekragtig.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
__________
CJ
OLIVIER
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV E VAN DYK
NAMENS
RESPONDENT : MNR. TITUS
DATUM VAN VERHOOR : 2004-05-10
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-05-10