About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 103
|
|
S v Lottering (CA & R 73/03) [2004] ZANCHC 103 (7 May 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
CA & R 73/03
Datum
Gelewer: 07/05/2004
In
die saak van
:
ANDRIES
LOTTERING APPELLANT
teen
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram:
Kgomo RP et Golia
th
WnR
Uitspraak op
Appèl
GOLIATH
WnR:
Die
Appellant is in die Streekhof, Prieska skuldig bevind op `n aanklag
van moord. Die Appellant is na skuldigbevinding gevonnis
tot 15
jaar direkte gevangenesstraf en Appellant kom nou in hoër beroep
teen die skuldigbevinding en vonnis. Hy tree in persoon
op.
AD MERIETE
Die
Staat saak was hoofsaaklik gegrond op die getuienis van:
Mr Klaas Nelson.
Menere Pieter van der
Westhuizen en Booi Titus, sogenaamde artikel 204 getuies.
Mej Catharina
Lottering.
Mr
Klaas Nelson getuig dat hy ongeveer 9 uur die oggend van 1 Augustus
1989 in sy agterplaas was toe hy die oorledene gewaar in
die pad
afkom. Die Appellant het van voor af na die oorledene gegaan. Hy
sien toe die Appellant haal `n skêr uit en steek die
oorledene een
maal voor op die bors. Nadat die Appellant die oorledene gesteek
het, het hy sy twee vriende instruksies gegee on
die oorledene te
skop. Die Appellant se suster het op die toneel opgedaag en het
gekeer dat hy in `n sekere erf binnegaan. Toe
die Appellant hom(Mnr
Nelson) sien, toe steek hy die skêrweg onder sy baadjie. Daar was
geen gesprek tussen die oorledene en
die Appellant voor die
steekvoorval nie hy ken Appellant al lank. Appellant het voor hom
grootgeword.
Pieter van der
Westhuizen getuig dat hy, die Appellant, Booi Titus en Mannetjie
van der Westhuizen die betrokke oggend saam geloop
het in Sestiende
Laan. Toe hulle by Sestiende Laan se hoek kom, sien hy die
oorledene aankom. Dit is toe dat die Appellant
die oorledene een
maal met `n skaapskêr steek.
Appellant het aan hom
vroeër die oggend genoem dat die oorledene by sy woning met `n byl
opgedaag het en hom wil vermoor. Die
Appellant het gesê hulle moet
die oorledene skop en hy self het toe voortgegaan en die oorledene
voor die bors geskop. Die Appellant
het die skêr onder sy baadjie
gedruk en geloop na sy suster. Hulle het toe almal saam gestap en
Appellant het aan hom gesê hy
moet verantwoordelikheid vir die saak
neem. Hy het toe so gedoen en aan sy moeder en die polisie vertel
dat hy die oorledene gesteek
het . Hy het egter kop uitgetrek toe hy
die erns van die saak besef. Hy was onder die indruk hy sou lyfstraf
kry maar toe ondek
hy dit sal nie so gebeur nie.
2.3 Booi
Titus getuig dat hy die Appellant ken vir ongeveer 6 maande voor die
voorval. Hy was deel van `n groep bestaande uit Pieter
vander
Westhuizen, Appellant en Mannetjie van der Westhuizen wie in die
rigting van Sestiende
Laan geloop het die betrokke oggend. Die oorledene het van agter af
in hulle rigting gehardloop. Die Appellant het omgedraai en
het die
oorledene een hou voor die bors gesteek met `n mes of skaapskêr.
Die Appellant het onmiddelik die wapen teruggebêre onder
sy
baaidjie. Die Appellant het gesê hulle moet die oorledene skop. Hy
het een maal op die oorledene getrap en Pieter het twee
maal geskop.
Die Appellant se suster het op die toneel opgedaag en kom keer.
Hulle het toe die toneel verlaat. Hy het by Pieter
van der
Westhuizen gehoor dat die oorledene wil hê Pieter moet die saak op
hom neem omdat hy dalk slegs lyfstraf sal kry of na `n
verbeteringsskool gestuur sal word. Hulle is na `n drinkplek waar
Appellant weer genoem het dat Pieter lig gestraf sal word as hy
die
saak vat. Die Suid-Afrikaanse polisie het hom op `n stadium
ingeroep. Hy het aanvanklik gesê dit is Pieter, soos ooreengekom,
maar het later die waarheid vertel, naamlik dat dit nie Pieter van
der Westerhuizen is wie die oorledene gesteek het nie, maar wel
die
Appellant. Hy was aanvanklik bang om die waarheid te praat.
Catherina
Lottering, getuig dat sy die suster van die Appellant is. Sy het
nie die steekvoorval gesien nie en het agterna op
die toneel gekom.
Toe sy op die toneel kom sien sy dat Pieter van der Westhuizen was
besig om die oorledene te skop en trap.
Sy het vir Pieter weg van
die oorledene gevat. Pieter het by die ander aangesluit en hulle
het in die rigting van veertiende
straat geloop.
Die
oggend vroeg voor die steekvoorval was die oorledene by hul woning.
Hy het `n byl by hom gehad en was opsoek na die Appellant.
Haar
moeder het die oorledene egter uit die huis uitgesit en oorledene is
daar weg. Die oorledene het gelyk asof hy kwaad was vir
die
Appellant.
Na
sluiting van die Staatsaak het die Appellant in sy eie verdediging
getuig. Hy getuig dat hy en `n vriend die oggend in `n stryery
betrokke was. Hy het wel die oorledene sien staan met `n
handbyltjie, maar hy het nie met die oorledene gestry nie. Hy het
besluit
om liewer die toneel te verlaat en het in agtiende Laan
aangesluit by Pieter van der Westhuizen. Hulle het besluit hulle
gaan
drink en Booi Titus en Mannetjie van der Westhuizen het ook by
hulle aangesluit. Op die hoek van 16de Laan het hulle gesels en
die
oorledene het op `n stadium om die hoek gekom. Hy getuig dat hy
gesien het Pieter swaai na die oorledene toe met sy arm.
Hy het
opgemerk die oorledene lê skuins in `n sittende posisie en hou sy
maag vas. Mannetjie van der Westhuizen het gesê hy
moet die mes
neem by Pieter van der Westhuizen. Hy het die mes geneem en
versteek dit onder sy baadjie. Nadat hy die mes geneem
het, skop
beide Booi Titus en Pieter van der Westhuizen die oorledene. Hy het
tussenbeide getree en gesê hulle moet nie nog die
man skop nie.
Hulle stap almal na veertiende straat en sy suster vra toe aan hom
wat gaan aan. Hulle almal het verder gestap
en by die hoek van
agtiende straat het hy die mes vir Pieter van der Westhuizen gegee.
Hy ontken dat hy die misdryf gepleeg het.
Hy getuig dat hy op `n
stadium deur die polisie ingeroep was en Pieter van der Westhuizen
het in sy teenwoordigheid erken dat
hy die oorledene gesteek het.
Hy is toe nie gearresteer op daardie stadium nie. Hy is egter later
deur die polisie gearresteer.
Die Appellant se gronde
van Appèl is die volgende:
4.1 Dat
die landdros gefouteer het om die getuienis van Mr. Klaas Nelson te
aanvaar.
Dat
die Landdros gefouteer het om die getuienis van Pieter van der
Westhuizen en Booi Titus te aanvaar en nie met genoegsame
versigtigheid beoordeel het nie.
Dat
die landdros gefouteer het deur die Appellant se weergawe te
verwerp.
Die volgende aspekte is
nie in geskil nie:
Dat die Appellant,
Pieter van der Westhuizen, Booi Titus en Mannetjie van der
Westhuizen was op die toneel tydens die voorval.
Die oorledene was
gesteek met `n mes of skaapskêr.
Appellant het die
moordwapen in sy besit geneem en onder sy baadjie versteek.
Pieter van der
Westhuizen en Booi Titus het die oorledene geskop.
Die Appellant en sy
vriende het die toneel verlaat na die voorval.
Die hoof geskilpunt is
rondom die vraag of die Appellant inderdaad die persoon is wie die
oorledene sou gesteek het.
Mnr Klaas Nelson is `n
onafhanklike oogetuie wat die gebeure vanaf `n afstand dopgehou het.
Sy weergawe stem presies ooreen net
die van die Appellant en die
artikel 204 getuies spesifiek oor die aspekte wat nie in geskil is
nie. Verder het die verhoorlanddros
na my mening korrek bevind dat
die weergawes van Pieter van der Westhuizen en Booi Titus in breë
trekke die van Mnr Nelson staaf,
veral wat die steekvoorval betref.
Die
Appellant se suster, wie ook redelik neutraal was, het die nodige
bevestiging gebied dat daar wel probleme tussen die Appellant
en die
oorledene was.
Dit
is korrek dat daar etlike verskille is tussen die weergawes van die
Staatsgetuies, maar hierdie verskille was na my mening nie
wesenlik
nie. Die hof verwag nie dat twee of meer getuies presies dieselfde
getuienis moet aflê oor dieselfde gebeurtenis nie.
Hierdie voorval
het betreklik vinnig afgespeel en geringe verskille in getuienis is
aanvaarbaar. Sien
S
v Bruiners
1998 (2) SASV 432 (SOKPA).
Die Appellant self was
nie `n geloofwaardige getuie nie. Hy het homself telkemale
weerspreek en het voortdurend afgewyk van sy
getuienis tydens
kruisondervraging. Ek is gevolglik tevrede dat die Landdros
heeltemal tereg die weergawe van die Appellant verwerp
het as nie
redelik moontlik waar nie.
Daar moet in gedagte
gehou word dat Pieter van der Westhuizen tydens die voorval maar nog
`n hoogs beinvloedbare 17 jarige seun
was. Soos dit later sal blyk
het die Appellant `n geweldadige geaardheid en strook dit met die
waarskynlikhede dat hy die skuld
op die kind sal pak en aandadigheid
ontken. Mnr Nelson het nie net gesien dat die Appellant die
oorledene met die moordwapen gesteek
het nie, maar hy het ook gesien
toe die Appellant die voorwerp versteek. Appellant erken self dat hy
in besit van die wapen was
pas na die noodlotige steekhou toegedien
is. Daar kan dus geen redelike twyfel bestaan dat Appellant die
moordenaar is nie.
12.
Na my mening het die verhoorhof korrek bevind dat die totaliteit van
die getuienis oorweldigend dui op die skuld van die Appellant.
Ek is
dus van mening dat daar geen meriete is in die appèl teen
skuldigbevinding nie.
AD
VONNIS
Dit
is gemenesaak dat die misdaad waaraan die Appellant skuldig bevind
was onderhewig is aan die bepalings van die bepalings van
die
Artikel
51(2)(a)(1) van die
Strafregwysigingswet
105 van 1997
wat `n minimum vonnis van 15 jaar voorskryf vir `n eerste oortreder.
Indien die verhoorhof bevind dat daar wesenlike en dwingende
omstandighede is wat `n vonnis ligter as die voorgeskrewe minimum
vonnis regverdig, mag die hof so `n mindere vonnis oplê.
14. Die
korrekte benadering om die diskresie uit te oefen in terme van
Artikel 51(3) van die Wet is as volg uiteengesit in
S
v Homareda
1999(2) SASV 319 (W) op 325h â 326a
ïg
1) The
starting-point is that the prescribed minimum sentence must be
imposed.
2) It is only if a
court is satisfied that substantial and compelling circumstances
exist which justify the imposition of a lesser
sentence, that it may
do so.
3) In deciding
whether substantial and compelling circumstances exist, each case
must be decided on its own facts. The Court is required
to look at
all factors - mitigating and aggravating - and consider them
cumulatively.
If
the Court concludes in a particular case that the minimum
prescribed sentence is so disproportionate to the sentence which
would have been appropriate - bearing in mind that the Legislature
perceives the necessity for sentences emphasising the deterrent
component, but equally bearing in mind that this does not
necessarily lead to an automatic increase of sentences previously
imposed - it is entitled to impose a lesser sentence.â
In
S
v Malgas
2001 (1) SASV 469 (A) het die hof duidelike riglyne neergelê oor
die aspekte wat oorweeg moet word by die bepaling van die vraag
of
daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan.
Op
123B van die beslising som die Appêlhof dit as volg op:
ïg
If
the sentencing court on consideration of the circumstances of the
particular case is satisfied that they render the prescribed
sentence
unjust in that it would be disproportionate to the crime, the
criminal and the needs of society, so that an injustice would
be done
by imposing that sentence, it is entitled to impose a lesser
sentence
.â
16. Indien
die hof dus bevind dat `n onreg sal geskied indien die minimum vonnis
opgelê sou word, is die hof geregtig om in te meng
en `n ligter
vonnis op te lê. Vonnis bly in die diskresie van die verhoorhof en
daar word nie ligtelike met die vonnis ingemeng
nie.
Sien:
S
v Pillay
1977(4) SA 531 (A) op 535E-F en
S
v
M
1982(1) SA 589 (AD) op 592.
17. Die
blatante wyse waarop die oorledene, wie onbewapen was, deur die
Appellant om die lewe gebring is, is inderdaad verswarend.
Die
appellant het geen berou getoon vir sy daad nie en het sy
aandadigheid by die misdaad probeer verberg deur `n jonger,
beinvloedbare
17 jarige te probeer oorreed om die skuld op hom te
neem. Verder is dit duidelik volgens die Appellant se rekord hy `n
neiging tot
geweldsmisdrywe openbaar. Sy vorige veroordelings sien
soos volg daartoe uit:
Besit van vuurwapen
sonder lisensie waar Appellant tot lyfstraf gevonnis is.
Twee veroordelings vir
aanranding gewoon waar lyfstraf en `n boetevonnis opgelê is.
Een
veroordeling vir strafbare manslag waar direkte gevangenesstraf van
4 jaar opgelê is waarvan die helfte opgeskort was vir
`n periode
van 5 jaar. Die opgeskorte vonnis is later wel in werking gestel.
Drie veroordelings vir
aanranding met die opset om ernstig te beseer waar onderskeidelik
direkte gevangenesstraf van 6 maande
op en geleentheid en 3 jaar op
twee geleenthede opgelê is.
Ek is
van mening dat onder die omstandighede die verhoorhof korrek bevind
het dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede
teenwoordig
was nie. Ek vind die toepaslike voorgeskrewe minimum vonnis soos
opgelê geensins skokkend onvanpas nie.
By
gevolg word die volgende bevel gemaak:
1. Die
Appèl word van die hand gewys.
Die skuldigbevinding
en vonnis word bekragtig.
Aangesien die
Appellant in persoon verskyn word die Griffier versoek om `n afskrif
van hierdie uitspraak aan hom te versend.
______________
P
L GOLIATH
WAARNEMENDE
REGTER
Ek
stem saam
___________________
F
D KGOMO
REGTER
PRESIDENT
ADVOKAAT
NAMENS APPELLANT:
IN
PERSOON
ADVOKAAT
NAMENS VERDEDEGING:
Adv
E. KAMMIES