About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 102
|
|
S v Malan (CA & R 284/03) [2004] ZANCHC 102 (7 May 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA
& R 284/03
Datum
Gelewer: 07 /05/ 2004
In
die saak van
:
Anna
J.M Malan
teen
Die
Staat
Coram: Kgomo RP et Goliath
WnR
Uitspraak op
Appèl
GOLIATH
WnR:
Die
Appellant het op 11 Julie 2003 te Upington Landdroshof skuldig
gepleit op `n aanklag van bedrog deurdat sy op 11 October 2002
R 8
000-00 onttrek het vanaf haar gewese verloofde se ABSA bankrekening
sonder sy toestemming. Die skuldigbevinding is op 10 Oktober
2003 in
die Upington Streekhof bevestig en Appellant is gevonnis tot 12 jaar
direkte gevangenestraf en gewaarsku in terme van artikel
286 van Wet
51 van 1977. Appellant kom nou in hoër beroep teen vonnis.
Die
Hoofgronde van Appèl is:
Dat die agbare hof
misgetas het deur die persoonlike omstandighede te onderbeklemtoon.
Dat
die agbare hof misgetas het deur die oorbeklemtoning van die aard en
erns van die misdryf, die gemeenskapsbelang asook die vorige
veroordelings van die Appellant.
Dat
die vonnis van 12 jaar direkte gevangenesstraf skokkend onvanpas is.
Op die staduim toe sy
gevonnis is, was die Appellant `n 39 jarige weduwee. Sy het 3
kinders onderskeidelik 7, 11, en 18 jaar oud,
waarvan die oudste twee
in pleegsorg was. Sy ontvang R 3000-00 per maand vanuit haar oorlede
man se pensioenfonds en `n gedeelte
daarvan word aangewend vir die
versorging van die kinders in pleegsorg.
Die
omstandighede waaronder die misdryf gepleeg is spruit voort uit haar
saamleef verhouding met haar gewese verloofde, die klaer
in die saak.
Volgens haar pleitverduideliking, soos aanvaar deur die Staat, was
sy en haar verloofde in `n argument betrokke. Hy
het haar blykbaar
weggejaag en sy is toe weg met sy motorvoertuig.
Sy
bankkaart was in die motor en in Upington het sy `n bedrag van R 8
000-00 getrek vanuit sy rekening sonder sy toestemming. Sy
is `n
maand later gearresteer.
`n Korrektiewe verslag
was aangevra ter oorweging van `n gepaste vonnis. Die Korrektiewe
beampte se hoof bevindinge is as volg:
Dat
die Appellant, alhoewel sy die misdaad erken, geen berou toon vir
haar daad nie.
Appellant
se vorige veroordelings en die gebrek aan die moontlikheid van werk
maak `n gemeenskapsgebaseerde vonnis `n risiko.
Appellant
is `n gevaar vir haarself en die gemeenskap aangesien sy haarself
nie kan beheer nie en dit tot die nadeel van die gemeenskap
strek.
Dat
`n vonnis opsie wat Appellant die geleentheid sou gee om in die
gemeenskap te rehabiliteer, verteenwoordig `n risiko in die
sin dat
die omstandighede vir verdere misdaadpleging weer geskep kan word.
Die Appellant se vorige veroordelings met gepaardgaande
vonnisse het
nie die Appellant weerhou van misdaad nie.
Die
gemeenskap moet beskerm word teen Appellant wat nie oor die vermoë
beskik om haarself te beheer nie.
Die
Appellant het geen geskiedenis van sielkundige en of psigiatriese
behandeling nie. Sy het wel genoem dat sy by `n senuweekliniek
was
in 1992 maar die aard en omvang van die behandeling is onbekend.
Die Appellant het
veertien vorige veroordelings as volg:
Vier oortredings van die
Wet op Huurgelde.
Drie oortredings vir
bedrog.
Vier oortredings vir
diefstal
Een
oortreding vir gebruik van voertuig sonder eienaar se toestemming
Twee oortredings vir
valslik voorgee om `n Lid van die Suid Afrikaanse Polisie Diens te
wees.
Die
Appellant is aanvanklik waarskuwings, boetes en opgeskorte vonnisse
opglê, en daarna kort termyn gevangenestraf. Op 14 Januarie
1997 is
die laaste vonnis van 2 jaar gevangenestraf opgelê en Appellant is
gewaarsku van die bepalings van artikel 286.
Die
hof
a
quo
het oorweging geskenk om die Appellant as gewoontemisdader te
verklaar, maar daarteen besluit omdat dit nie `n billike vonnis sal
wees nie. Die hof voer aan dat so `n vonnis te swaar sal wees. Die
verklaring as `n gewoonte misdadiger beteken dat `n persoon
`n
onbepaalde periode gevangenestraf moet uitdien, maar ten minste 7
jaar. Volgens die bepalings van artikel 38 van Wet 8 van 1959
kan `n
beskuldigde aangehou word vir `n tydperk van minstens sewe jaar en
dat in die reël word so `n persoon nie langer as 15 jaar
aangehou
nie.
S
v Masisi
1996 (1) SACR 147
(O).
Tog
meen die verhoorlanddros dat `n vonnis van 12 jaar direkte
gevangenesstraf `n ligter straf is, as om as gewoontemisdadiger
verklaar
te word. Ek is van mening dat die verhoorlanddros misgetas
het deur so `n bevinding te maak, aangesien `n gewoontemisdadiger in
effek na sewe jaar in oorweging kom vir vrylating.
Die
hof
a
quo
voer aan dat die laaste vonnis van twee jaar nie die gewenste
uitwerking gehad het nie en die hof is van oordeel dat die
Departement
van Korrektiewe Dienste langer kans gegee moet word om
aan Appellant te werk ten einde vir haar te laat rehabiliteer.
Na my
mening het die verhoorlanddros die Appellant se vorige veroordelings
oorbeklemtoon. Sien
S
v Barnabas
1991
(1) SACR 467
(A). Die Appellant het inderdaad `n slegte rekord, maar
dit is my mening dat die verhoorhof onvoldoende aandag geskenk het
aan die
presiese omstandighede waaronder hierdie misdaad gepleeg is.
Die
vraag ontstaan dus of die vonnis opgelê buitensporig swaar is in die
sin dat hierdie hof daarmee behoort in te meng. Vonnis
is altyd iets
wat in `n besondere sin binne die diskresie van die verhoorhof lê.
Dit is my mening dat die verhoorlanddros korrek
bevind het dat
direkte gevangenesstraf `n gepaste vonnis is onder die omstandighede.
Vir
redes vermeld meen ek egter dat daar ingemeng behoort te word met die
vonnis aangesien dit buitensporig swaar is.
In die omstandighede
word die volgende bevel gemaak:
Die appèl teen
vonnis slaag.
Die vonnis word
tersyde gestel en vervang met die volgende:
7 (sewe) Jaar
gevangenesstraf.
(c)
Ingevolge Artikel 282 van die Strafproses
wet
51 van 1977 word die vonnis tot 09 September 2003 teruggedateer.
(d)
Beskuldigde word weereens gewaarsku van die bepalings van artikel
286 van Wet 51 van 1977.
______________
P
L GOLIATH
WAARNEMENDE
REGTER
Ek
stem saam
___________________
F
D KGOMO
REGTER
PRESIDENT
ADVOKAAT
NAMENS APPELLANT:
Adv
T. FOURIE
ADVOKAAT
NAMENS VERDEDEGING:
Adv
E. KAMMIES